Hoofstuk 14
14. Die Beeste van die Son
Tienuur die aand. Bloom besoek die kraaminrigting waar mev. Purefoy al drie dae lank in kraam is. Daar drink Stephen en 'n klomp mediese studente en praat grof oor geboorte en dood. Die hoofstuk boots die hele geskiedenis van die taal na, van ou plegtige prosa tot moderne straattaal. Ons Afrikaanse weergawe doen dieselfde met die geskiedenis van Afrikaans. – By Homeros: die Beeste van die Son, wat Odusseus se manne slag en eet.
Deshil Holles Eamus. Deshil Holles Eamus. Deshil Holles Eamus.
Stuur ons die helder een, die ligte een, Horhorn, verlewendiging en skootvrug. Stuur ons die helder een, die ligte een, Horhorn, verlewendiging en skootvrug. Stuur ons die helder een, die ligte een, Horhorn, verlewendiging en skootvrug.
Hoepsa boetieboet hoepsa! Hoepsa boetieboet hoepsa! Hoepsa boetieboet hoepsa!
Universeel word daardie persoon se akumen as baie min perseptief geag aangaande watter sake ook al deur sterflinge met sapiënsie begaaf as die profytlikste om bestudeer te word gehou word, wie onkundig is van dit wat die in leerstelling mees geleerdes en sekerlik vanweë daardie in hulle hoë gees se ornament verering-waardiges konstant handhaaf wanneer hulle by algemene konsensus affirmeer dat, ander omstandighede gelyk synde, deur geen eksterieure luister die prosperiteit van 'n natie effektiewer geassereer word as deur die maat van hoe ver vooruit die tribuut van sy sollisitude gevorder mag hê vir daardie proliferente kontinuering wat, van euwels die origineel indien dit absent is, wanneer fortuinlik present, die sekere teken konstitueer van die omnipollente natuur se ongekorrumpeerde benefaksie. Want wie is daar wat iets van enige signifikansie geapprehendeer het maar nie bewus is dat daardie eksterieure luister die oppervlak mag wees van 'n afwaartsneigende lutulente realiteit nie, of daarenteen is daar iemand so ongeïllumineerd dat hy nie persipieer nie dat, soos geen natuur se gawe teen die mildheid van vermeerdering kan kontendeer nie, dit elke mees regverdige burger betaam om die eksortator en admonieerder van sy semblabels te word en te sidder dat wat in die verlede deur die natie ekselent gekommenseer is, in die toekoms nie met gelyke ekselensie geakkomplisseer mag word nie indien 'n inverekonde gewoonte die eerbare deur voorvaders getransmitteerde gebruike geleidelik getradukseer sal hê tot daardie dáárheen van profunditeit dat daardie een eksessief audasieus sou wees wat die vermetelheid sou hê om op te staan met die affirmasie dat geen odieuser misdryf vir enigeen kan wees nie as om aan obliviale nalatigheid daardie evangelie te konsigneer, simultaan gebod en belofte, wat op alle sterflinge met profesie van oorvloed of met verminderings dreigement daardie verhewe van herhaaldelik prokreërende funksie ooit onherroeplik geïnjungeer het?
Dit is nie waarom ons ons dus sal verwonder indien, soos die beste historici relateer, onder die Kelte, wat niks wat nie in sy natuur admirabel was geadmireer het nie, die kuns van medisyne hoog geëer sal gewees het nie. Om nie te praat van herberge, melaatsekampe, sweetkamers, pesgrafte nie, het hulle grootste dokters, die O'Shiels, die O'Hickeys, die O'Lees, sedulêr die diverse metodes neergeskryf waardeur die sieke en die teruggevallene weer gesondheid gevind het, of die kwaal nou die bewende verwelking of die los boyconnell-vloed gewees het. Sekerlik moet in elke publieke werk wat in hom enigiets van gravitas bevat, die preparasie met die belangrikheid kommensuraat wees, en daarom is deur hulle 'n plan geadopteer (of deur vooraf te oorweeg of as die maturasie van ervaring is moeilik in gesê te word, wat die diskrepante opinies van latere ondersoekers tot op hede nie gekongrueer is om manifes te maak nie) waardeur moederskap so ver van alle toevalsmoontlikheid verwyder was dat watter sorg ook al die pasiënt in daardie alleruurste van vroue-uur hoofsaaklik benodig het, en nie slegs vir die kopieus opulentes nie maar ook vir haar wat, nie voldoende bemiddeld nie, skaars en dikwels nie eens skaars kon subsisteer nie, dapper en vir 'n onaansienlike emolument voorsien is.
Vir haar was niks reeds toe en van toe af hoegenaamd in staat om molesterend te wees nie, want dit het veral alle burgers gevoel, behalwe met proliferente moeders voorspoed glad nie te kan wees nie, en soos hulle die ewigheid ontvang het, gode sterflinge geslag om hulle te pas, haar aanskouende, toe die geval hom so gehou het, barend in voertuig daarheen dra begeerte onmeetlik onder almal mekaar het voortgedryf haar om ontvang te word in daardie domisilie. O ding van verstandige natie nie slegs in gesien word nie maar ook selfs in vertel word waardig om geprys te word dat hulle haar by antisipasie gaande sien moeder, dat sy deur hulle skielik om op die punt te wees om gekoester te word begin was het sy gevoel!
Eer gebore had blijschap die bloedjie. Binne baarmoeder won hy bewondering. Wat in dat een geval gedaen, gemackelijck gedaen was. Een leger deur vroetvrouwen bedient met heylsame spijse rustgevend, reynste luyers asof voortbrenging nou gedaen was ende deur wijse voorsienicheit gestelt: maer hiertoe nie min van watter artsenijen daer nood is ende chirurgijnsgereetschap wat tot haer geval behoort, nie nalatende aensicht van alle seer verstrooiende schouspelen in diverse breedten deur onse aertsche kloot gebode, saem met beelden, goddelijck ende menschelijck, waervan die bepeinsing deur afgesonderde vrouwen tot swelling bevorderlijck is of die uytkoms verlicht in die hooge sonhelder welgeboude schoone huys der moeders wanneer, schijnbaer ver heen ende voortteelsaem, dit deur haer daertoe gekomen is om in te leggen, haer tijt om.
Een man die wandelende was stont by die huysdeur met die nacht se aenkomst. Van Israel se volck was die man die op aerde wijt swervende gevaren had. Stercke deernis des mans sijn boodschap die hem alleen gelei het tot daerdie huys.
Van daerdie huys is A. Horne heer. Seventich bedden hout hy daer waer teelrijcke moeders gewoon is om te leggen om te verduur ende gesonde kinders voort te brengen soos Godt se engel tot Maria sprack. Wakers twee wandel daer, wit susters in wake slapeloos. Smerten stillen si, siecte sussende: in twaelf manen driemael een hondert. Trouste beddienaers sijn die twee, vir Horne houdende waecksaemste wacht.
In wacht waecksaem die waker hoorende dat die man sachtmoedich come, weer opstaende met hals gewimpelt het vir hem haer poort wijt ontdaen. Siet, blixem springende verlicht in oogwenck Ierlant se westelijcke welcken. Seer vreesde si dat Godt die Wreker al die menschdom sou verdelgen met water om hulle quade sonden. Christus se kruys maeckte si op borstbeen ende trock hem dat hy haest sou ingaen onder haer dack. Die man, haer wil wetende, weerdich het ingegaen in Horne se huys.
Ongaerne om te hinderen in Horne se hal, hoet houdende, stont die soeker. By haer stede was hy eertijts woonende met lieve vrou ende lieflijcke dochter die doe oor lant ende seebodem negen jaer lanck uytgeswerft had. Eens haer in die stadshaven ontmoetende had hy vir haer sijn buyging nie afgehaelt nie. Haer om te vergeven smeeckte hy nou met goede grond deur haer toegestaen dat dat van hem gauwgesien aensicht, hare, so jonck doe gelijck het. Licht snel ontstaecken haer oogen, bloesem van blosen sijn woord winnende.
Soos haer oogen doe sijn swarte gewaet gewaer wert, vreesde si daerom droefheit. Blij daerna was si dat eerst bevreest was. Haer vraechde hy of O'Hare Doctor tijdinge gesonden het van verre kust ende si met grimmige sucht antwoorde hem dat O'Hare Doctor in die hemel was. Droef was die man om dat woord te hooren dat hem so verswaerde in ingewanden rouwmoedig. Alles vertelde si hem daer, rouwende om die doot van vrient so jonck, nochtans seer onwillich om Godt se gerechticheit te weerspreken. Si seide dat hy een schoone soete doot gehad het deur Godt Sijn goetheit met mispriester om te bichten, heylich sacrament ende sieckenolie op sijn ledematen. Die man vraechde doe recht ernstich die non van watter doot die dode man gestorven was ende die non antwoorde hem ende seide dat hy gestorven was op Mona-eylant aen buyckkrab drie jaer geleden tegen Kinderkensdach ende si bad tot Godt die Albarmhertige om sijn lieve siel in sijn onsterflijckheit te hebben. Hy hoorde haer droeve woorden, in gehouden hoet droef starende. So stonden hulle daer beyde een wijl in wanhoop treurende die een met die ander.
Daerom, Elckerlijc, siet na dat leste eynde wat u doot is ende die stof die grijpt op elcken mensch wat van een vrouwe gebooren is, want soos hy naeckt voortgecomen het uyt sijn moeders schoot, so naeckt sal hy hem keeren ten leste om te gaen soos hy gecomen het.
Die man wat in die huys gecomen was, sprack doe tot die voestervrouwe ende hy vraechde haer hoe het ginck met die vrouwe die daer in kinderbedde lach. Die voestervrouwe antwoorde hem ende seide dat dat vrouwe nou al vol drie dagen in barensnood was ende dat het een harde geboorte sou wees, swaerlijck te dragen, maer dat het nou binnen korts sou wees. Si seide daerby dat si menige geboorte van vrouwen gesien het maer nooit was daer geen so hard as daerdie vrouwe se geboorte nie. Doe leyde si het hem alles uyt want si kende die man wat die tijt in die nabijheit van daerdie huys gewoont het. Die man luysterde na haer woorden want hy voelde met verwondering die vrouwen se wee in die arbeyt wat hulle van moederschap het ende hy verwonderde hom om op haer aensicht te kijcken wat een schoon aensicht was vir enige man om te sien, maer tog was si na lange jaren een dienstmaecht gebleven. Negen twaelf bloetvloeyingen berispende haer kinderloos.
Ende terwijl si spraken wert die deur van die casteel geopent ende daer naderde hulle een groot geraes als van menige die daer aen tafel saten. Ende daer quam tegen die plaets waer si stonden een jonge leerridder genaemt Dixon. Ende die reysiger Leopold was hem bekent want het het geschiet dat si met mekaer te doen gehad het in die huys van barmherticheit waer dese leerridder lach, om die reden dat die reysiger Leopold daer gecomen is om genesen te worden want hy was seer gewont in sijn borst deur een spere waermee een gruwelijcke ende vreeselijcke draeck hem geslagen het, waervoor hy een salf liet maken van vluchtich sout ende chrisma so veel as hy mocht volstaen. Ende hy seide nou dat hy sou ingaen in daerdie casteel om vrolijck te maken met hulle wat daer was. Ende die reysiger Leopold seide dat hy elders heen sou gaen want hy was een man van listen ende een subtiele. Ook was die vrouwe van sijn advijs ende berispte die leerridder alhoewel si wel geloofde dat die reysiger iets geseit het wat vals was om sijn subtijlheit. Maer die leerridder wou nie hooren neen seggen nie, noch haer bevel doen, noch hem in iets tegendraeds tot sijn lust hebben nie, ende hy seide hoe het een wonderbaerlijcke casteel was. Ende die reysiger Leopold ginck in die casteel om hem een wijl te rusten, seer van lede na menige marschen wandelende in diverse landen ende somtijts op jacht.
Ende in die casteel was een tafel gestelt wat van die berckenhout van Finlant was ende si wert opgehouden deur vier dwergmannen van dat lant maer hulle durfde nie meer roer nie om toverij. Ende op dese tafel was vreeselijcke swaerden ende messen wat gemaeckt word in een groote spelonck deur swoegende duyvels uyt witte vlammen wat hulle dan vasmaeck in die horens van buffels ende herten wat daer wonderlijck oorvloedich is. Ende daer was vaten wat gewrocht word deur toverij van Mahoen uyt seesant ende die lucht deur een tovenaer met sijn asem wat hy daerin blaes gelijck aen bobbels. Ende so vol schoone onthael ende rijck was op die tafel dat geen wicht een voller noch rijcker sou kon bedencken nie. Ende daer was een vat van silver wat deur kunst beweech wert om oop te gaen, in hetwelck lach vreemde vissen sonder hoofde, alhoewel ongeloovige mannen ontkennen dat dit moontlijcke dinck is ten sij hulle dit sien; nochtans is si so. Ende dese vissen lê in een olieachtige water daer gebracht uyt Portugael-lant om die vetheit wat daerin is, gelijck aen die sappe van die olijfpers. Ende ook was het een wonder om te sien in daerdie casteel hoe hulle deur toverij een mengsel maeck uyt vrugbare tarwenieren uyt Chaldea wat met behulp van seeckere toornige geesten wat hulle daerin doen wonderlijck opswel gelijck aen een groote bergh. Ende hulle leer die slangen daer om hulle op te slingeren aen lange stocken uyt die gront ende uyt die schubben van dese slangen brou hulle een brousel gelijck aen mede.
Ende die leerridder liet giet vir jonkheer Leopold een dronck ende hielp daertoe terwijl al hulle wat daer was dronck, elck een. Ende jonkheer Leopold deed sijn vizier op om hem te behagen ende nam openlijck ietwat in vrientschap want hy dronck nooit geen manier van mede nie, wat hy doe ter sijde sette, ende aenstonts vol heymelijck stortte hy die meeste deel in sijn buerman se glas ende sijn buerman wist nie van dese list nie. Ende hy sat neer in daerdie casteel met hulle om hem daer een wijl te rusten. Gedanckt sij die Almachtige Godt.
Ondertusschen stont dese goede suster by die deur ende smeeckte hulle ter eerbiedenis van Jesus, onse aller leenheer, om op te houden met hulle wassail-drincken want daer was bo een levende met kint, een edele vrouwe, wie se tijt snel naderde. Heer Leopold hoorde op die bovenvloer een kreet in die hoochte ende hy wonderde watter kreet dat was, of van kint of van vrou, ende ick verwonder my, seide hy, dat het nie al gecomen is nie. My dunckt het duur te lanck. Ende hy wert gewaer ende sach een jonker wat Lenehan heette aen dat kant van die tafel wat ouder was as enige van die ander, ende omdat hulle beyde ridders deugtsaem in die een onderneming was ende ook omdat hy ouder was, sprack hy hem seer sachtkens toe. Maer, seide hy, eer het lanck is sal si voortbrengen deur Godt Sijn mildheit ende vreugde hebben van haer kinderbaren want si het wonderlijck lanck gewacht. Ende die jonker wat gedroncken het, seide: Verwacht elcke oogenblick dat dit haer volgende is. Ook nam hy die beker wat voor hem stont want hy had nooit geen vraag noch begeerte van iemant nodich om te drincken nie, ende, Drinckt nou, seide hy, vol verrukkelijck, ende hy slurpte so ver as hy mocht op haer beyder gesontheit want hy was een uytnemend goede man van sijn lustigheit. Ende heer Leopold, wat die beminnelijckste gast was wat ooit in die geleerdensael geseten het ende wat die sachtmoedichste man ende die vriendelijckste was wat ooit huysvaderlijcke hant onder een hen geleyt het, ende wat die alder trouste ridder van die werelt was wat ooit minnedienst aen edele vrouwe gedaen het, dronck hem hoofs toe uyt die beker. Vrouwen se wee met verwondering bepeinsende.
Nou laet ons spreken van daerdie geselschap wat daer was met die opset om dronken te worden indien hulle mocht. Daer was een soort geleerden aen weerskanten van die tafel, dat is te weten, Dixon genaemt die jongere van sinte Mary Merciable met ander sijn gesellen Lynch ende Madden, geleerden in die medicijne, ende die jonker wat Lenehan heette ende een uyt Alba Longa, een Crotthers, ende jonge Stephen wat die gelaet had van een broeder ende aen die hoofd van die tafel was, ende Costello wat die mannen Punch Costello noem, al om een meesterstuck van hem eertijts verricht (ende van hulle almal, behalve jonge Stephen, was hy die dronkenste, wat nog steeds meer mede geeys het), ende langs die sachtmoedige heer Leopold. Maer op jonge Malachi het hulle gewacht, want hy het belooft om te come, ende sulcke as niks goets voorgehad het, seide hoe hy sijn gelofte gebroken het. Ende heer Leopold sat met hulle want hy droech vaste vrientschap aen heer Simon ende aen dese sijn soon jonge Stephen, ende omdat sijn matheit hem daer kalm gemaeckt het na langste swervinge, insoverre hulle hem vir dat tijt in die eerbaerste manier onthael het. Deernis het hem geraden, liefde het hem gelei met lust om te swerven, ongaerne om te laten.
Want hulle was recht geestige geleerden. Ende hy hoorde hulle redeneringe, elck tegen die ander, aengaende geboorte ende gerechticheit, jonge Madden die volhou dat, stel so een geval, het hard was dat die vrou moes sterf (want so het het voorgevallen, een saeck van sommige jaer geleden, met een vrou van Eblana in Horne se huys wat nou uyt dese werelt oorgegaen is, ende die selfde nacht onmiddellijck voor haer doot het al die heelmeesters ende apothekers raed gehou oor haer geval). Ende hulle seide verder dat si moes lewe want in die begin, seide hulle, moet die vrou met smerte voortbrengen, ende waerom hulle wat van dese meening was, bevestich het hoe jonge Madden die waerheit gesê het want hy had gewetensbeswaer om haer te laet sterf. Ende nie weynigen, ende van dese was jonge Lynch, was in twijfel dat die werelt nou recht boos geregeer word soos dit nooit anders was nie, hoewel die gemeene volck anders geloof het, maer die wet noch sijn rechters het geen remedie voorsien nie. Godt gunne herstel. Dit was skaars gesê of almal het met een stem uytgeroep nee, by onse Maecht Moeder, die vrou moet leef ende die kint sterf. Om welcke reden hulle heet wert op daerdie punt, wat met redeneering ende wat met hulle drincken, maer die jonker Lenehan was elcke keer vaerdich om hulle ael te giet sodat ten minste vrolijckheit nie mocht ontbreek nie. Doe het jonge Madden die heele saeck uytgeleyt ende geseit hoe si doot was ende hoe, om heylige religie wil, op raed van pelgrim ende gebedsman ende om een gelofte wat hy aen Sint Ultan van Arbraccan gemaeck het, haer goede man haer doot nie wou belet nie, waeroor hulle almal wonderlijck bedroefd was. Aen wie jonge Stephen dese woorden gehad het wat volg: Gemompel, heren, is ook dickwils onder leecken. Beyde kint ende ouer verheerlijck nou hulle Maker, die een in voorhelse duysternis, die ander in loutervuur. Maer, grootdanck, wat van daerdie Godmogelijckte sielen wat ons nachtelijcks onmogelijck, wat die sonde tegen die Heylige Geest is, Waerachtige Godt, Heer ende Gever van die Leven? Want, heren, seide hy, ons lust is kort. Ons is middelen vir daerdie kleyne schepselen binne-in ons ende die natuur het ander eynden as ons. Doe vraech Dixon junior vir Punch Costello of hy wist watter eynden. Maer hy het oormatich gedroncken ende die beste woord wat hy uyt hem kon kry, was dat hy altijt een vrou sou onteer, wie si ook mocht wees, of vrou of maecht of boeleerster, indien het hem so geluckte om van sijn milt van wellust verlos te word. Waerop Crotthers van Alba Longa jonge Malachi se lof gesing het van daerdie dier die eenhoorn, hoe hy eens in die duysent jaer kom by sijn horen, die ander die heele tijt aengespoor met hulle spotternije waermee hulle hem gekwel het, ende almal ende elck getuych by sint Foutinus sijn werktuygen dat hy in staet was om enige manier van dinck te doen wat in een man lê om te doen. Daerop lach hulle almal recht vrolijck, alleen jonge Stephen ende heer Leopold nie, wat nooit te openlijck durf lach nie om rede van een vreemde humeur wat hy nie wou verraai nie, ende ook omdat hy deernis had met haer wat gebaer het, wie si ook mocht wees of waer ook al. Doe sprack jonge Stephen hovaerdich van moeder Kerck wat hem uyt haer schoot sou werp, van die wet der canons, van Lilith, beschermvrou der afdrijvinge, van swangerschap gewrocht deur wint van saden van helderheit of deur macht van vampiere mont aen mont of, soos Virgilius seg, deur die invloed van die westen of deur die walm van maenblom of indien si lê met een vrou by wie haer man so pas gelegen het, effectu secuto, of misschien in haer bad volgens die meeninge van Averroës ende Moses Maimonides. Hy seide ook hoe aen die eynde van die tweede maent een menschelijcke siel ingestort word ende hoe onse heylige moeder in alles altijt sielen vergaer vir Godt se groter glorie, terwijl daerdie aertsche moeder, wat maer een moerdier was om beestelijck te baer, volgens canon moet sterf, want so seg hy wat die visser se segel hou, ja, daerdie geseende Petrus op welcke rots die heylige kerck vir alle eeuwe gegrondvest is. Al daerdie vrijgesellen vraech doe vir heer Leopold of hy in gelijcke geval haer persoon so sou waag dat hy lewe sou riskeer om lewe te red. Met een waecksaemheit van gemoed sou hy antwoord soos almal gepas het, ende met die hant aen die kaeck seide hy veinsende, soos sijn gewoonte was, dat soos hem meegedeel is, hy wat altijt die kunst der geneeskunde liefgehad het soos een leeck mocht, ende ook in ooreenstemming met sijn ervaring van so seldsaem-gesien een voorval, het goed was dat moeder Kerck daermee wellicht in een slag geboorte- ende doodpenning had, ende op sulcke wijse het hy hulle vrae behendich ontglip. Dat is waerheit, by Godt, seide Dixon, ende, of ick dwaal, een swanger woord. Wat jonge Stephen hoorende, een wonderlijck blije man was, ende hy het betuyg dat hy wat van die arme steel, aen die Heer leen, want hy was van een wilde manier as hy dronken was, ende dat hy nou in daerdie toestand was, het spoedich gebleek.
Maer heer Leopold was uytnemend ernstich ondancks sijn woord omdat hy steeds deernis had met die skrikverwekkende geskreeu van skelle vrouwe in hulle barensnood, ende soos hy gedachtich was aen sijn goede vrouwe Marion wat hem een enige manskint gebaer het, wat op sijn elfde dach in die lewe gestorwe het, ende geen man van kunst kon hem red nie, so donker is die noodlot. Ende si was wonderlijck getroffe van hart om daerdie quade lot ende vir sijn begrafnis het si hom een schoone borstrok van lamswol aengedoen, die blom van die kudde, opdat hy nie heeltemal mocht vergaen ende verkleumd lê nie (want het was doe omtrent in die middel van die winter), ende nou heer Leopold, wat van sijn liggaem geen manskint vir een erfgenaem had nie, het hom sijn vrient se soon aengekijk ende was toegesluyt in droefheit om sijn vervloge geluck, ende so bedroeft as hy was dat hem een soon van so edele moed ontbreek het (want almal het hom van echte begaafdheit geag), so het hy hom ook in nie mindere mate bedroef om jonge Stephen omdat hy losbandich lewe met daerdie verkwisters ende sijn goed vermoor met hoere.
Omtrent daerdie selfde tijt het jonge Stephen alle bekers vol gemaeck wat leech gestaen het, sodat daer maer weynich meer oorgebleef het indien die voorsichtiger nie hulle nadering vir hem verberg het nie, wat dit nog steeds seer ijverich voortgedrijf het, wat, biddende vir die voornemens van die opperste pontifex, hulle as pant die stedehouder van Christus gegee het, wat ook, soos hy gesê het, die stedehouder van Bray is. Nou drinck ons, sprack hy, uyt dese napp ende slurp gij dese mede, wat waerlijck nie deel van mijn lichaem is nie, maer mijn siels verlichaemding. Laet gij die breking van die broot aen hulle wat by broot alleen leef. Weest ook nie bevreest vir enige gebreck nie, want dit sal meer troost as die ander ontmoedig. Siet gij hier. Ende hy het hulle glinsterende munte van die schatting getoon ende goudsmitsbriefjes ter waerde van twee pont negentien schellingen wat hy, seide hy, vir een liet gehad het wat hy geschrijf het. Almal het hulle verwonder om die voorseyde rijckdom te sien in so een schaersheit van geld as wat hiervoor was. Sijn woorden was doe dese, soos volg: Weet alle menschen, seide hy, die tijt se puinhope bouw die ewicheit se woninge. Wat beteken dit? Die begeerte se wint verseng die doornboom, maer daerna word hy van een braambos tot een roos op die kruys van die tijt. Let nou op my. In die vrou se schoot word die woord vleesch, maer in die gees van die maker word al vleesch wat verbygaen die woord wat nie sal verbygaen nie. Dit is die naschepping. Omnis caro ad te veniet. Geen twijffel nie of haer naem is machtich wat die dierbare lijck van onse Wederkooper, Heelmeester ende Herder, gedraegen het, onse machtige moeder ende moeder alder eerbiedwaerdichst, ende Bernardus seg treffend dat Si een omnipotentiam deiparae supplicem het, dat is te weten, een almachticheit van bede, want si is die tweede Eva ende si het ons gewin, seg Augustinus ook, terwijl daerdie ander, onse grootmoeder, aen wie ons vasgeschakel is deur opeenvolgende anastomose van naelstringe, ons almal verkoop het, saet, broet ende geslacht, vir een penningappel. Maer hier is nou die saeck. Of si het hom gekend, daerdie tweede, seg ick, ende was maer schepsel van haer schepsel, vergine madre, figlia di tuo figlio, of si het hom nie gekend nie, ende dan staen si in die een ontkenning of onwetenheit met Petrus Piscator wat woon in die huys wat Jack gebou het, ende met Josef die schrijnwercker, beschermheilige van die geluckige afsterwe van alle ongeluckige huwelijcken, parceque M. Léo Taxil nous a dit que qui l'avait mise dans cette fichue position c'était le sacré pigeon, ventre de Dieu! Entweder transsubstantialiteit oder consubstantialiteit, maer in geen geval subsubstantialiteit. Ende almal het uytgeroep daerteen as een seer schurfte woord. Een swangerschap sonder vreugde, seide hy, een geboorte sonder smerte, een lichaem sonder smet, een buyck sonder dickte. Laet die ontuchtigen met geloof ende vuur aenbid. Met wil wil ons weerstaen, weerspreek.
Hierop het Punch Costello met sijn vuys op die tafel geslaen ende wou een ontuchtige deuntjie sing, Staboo Stabella, oor een deern wat in die peul gesit is deur een vrolijcke swierbol in Duytslant, wat hy nou onverwijld aengepack het: Drie maende lanck was sy nie wel, Staboo, toe hier suster Quigley van die deur toornich hulle gebied het om stil te bly, gij behoort u te schaem, noch was dit nie betamelijck nie, soos si hulle herinner het, want haer sin was om alles ordelijck te hê teen dat heer Andrew sou kom, want si was angstich dat geen schandelijcke beroering die eer van haer wacht mocht verkort nie. Het was een oude ende een stemmige matrone van een besadichde aensicht ende christelijcke wandel, in donckere gewaet passende by haer hoofpijne ende gerimpelde aengesicht, noch het haer vermaning sijn uytwerking gemis nie, want onverwijld is Punch Costello deur hulle almal berisp ende hulle het die lomperd bekeer, sommige met burgerlijcke onbeschoftheit, ende ander het hom geschud met dreygement van vleijerije, terwijl hulle almal met hom gekijf het, die pest haal die domkop, wat de duyvel wou hy aenvang, gij lummel, gij nietige, gij in ertestroo verwek, gij deugniet, gij pensbeuling, gij rebelsgebroet, gij slootgeworpene, gij misdracht gij, om sijn dronke kwijl toe te sluyt uyt daerdie, gelijck aen een vloek van Godt, aep, die goede heer Leopold, wat vir sijn wapenteken die blom van stilte had, marjolein edel, wat ook die geleentheit van die tijt as heylichst ende waerdichst om heylichst te wees aenbeveel. In Horne se huys moet rus regeer.
Om kort te gaen, was dese voorval skaers verby of Meester Dixon van Maria in Eccles, wel grijnsende, vraechde jonge Stephen wat die oorsaeck was waerom hy nie besloten had om monnicksgeloften af te leggen nie, ende hy antwoordde hem: gehoorsaemheit in die schoot, kuysheit in die graf, maer onvrijwillige armoede al sijn dagen. Meester Lenehan maeckte hierop weerwoord dat hy van daerdie snoode daden gehoort had ende hoe, soos hy daervan hoorde vertellen, hy die lelie-deucht van een vertrouwende vrouwspersoon besoedelt had, wat verderving van minderjarigen was, ende si toonden het almal onder mekander ook, vrolijck wordende ende drinckende op sijn vaderschap. Maer hy seyde seer stellich dat het heel tegen haer vermoeden was, want hy was die eeuwige soone ende ooit maecht. Daerop wies die vrolijckheit in hulle te meer ende si verhaelden hem sijn curieuse rite van huwelijck vir die ontkleding ende ontmaeghding van bruyden, soos die priesters gebruycken in Madagascar-eylandt, si om te wees in gewaet van wit ende saffraen, haer bruydegom in wit ende scharlaken, met branding van nardus ende waskaersen, op een bruydbedde terwijl klercken kyries songen ende die lofsang Ut novetur sexus omnis corporis mysterium tot si daer ontmaeght was. Hy gaf hulle doe een seer bewonderenswaerdige bruydlofts-minim van daerdie delicate poëten Meester John Fletcher ende Meester Francis Beaumont wat is in hulle Maid's Tragedy wat geschreven was vir een gelijcke vereeniging van minnaers: Te bed, te bed was die refreyn daervan, om gespeelt te worden met toepasselijcke concent op die virginael. Een exquisite dulcete epithalamium van meest mollificatieve suadentie vir amoureuse juvenielen wat die odoriferente flambeeuwen van die paranymphen geëscorteert het na die quadrupedale proscenium van connubiale communie. Goet getroffen waren si, seyde Meester Dixon, verheught, maer, hoort gij, jonge heer, beter waren si genaemt Beau Mount ende Lecker, want, by mijn trouw, uyt sulcke vermenging mocht veel voortcomen. Jonge Stephen seyde inderdaet dat, na sijn beste heugenis, si maer die een slet tusschen hulle had, ende die uyt die badhuysen, om mee rond te comen in amoureuse geneuchten, want die leven liep seer hooch in die dagen ende die gewoonte des landts keurde het goet. Meerder liefde dan dese, seyde hy, en heeft niemant, dat iemant sijn wijf sette voor sijnen vrient. Gaet gij heen ende doet desgelijcks. Aldus, of woorden van dien strekking, seght Zarathustra, eertijts regius professor der Fransche letteren aen die universiteyt van Osstert, noch het daer ooit een man geademt aen wie die menschdom meer verschuldicht was. Brengt een vreemdeling binnen uwen toren, het sal hart gaen of gij sult die tweede-beste bedde hebben. Orate, fratres, pro memetipso. Ende al het volck sal seggen: Amen. Gedenckt, Erin, uwe geslachten ende uwe dagen van ouds, hoe gij weynich op my geacht hebt ende op mijn woord, ende eenen vreemdeling ingebracht hebt in mijne poorten om hoererije te bedrijven voor mijn aengesicht ende vet te worden ende achteruyt te slaen gelijck Jeschurun. Daerom hebt gij gesondicht tegen mijn licht ende hebt my, uwen heere, gemaeckt tot een slaef der dienstknechten. Keert weder, keert weder, Clan Milly: vergeet my niet, o Milesiër. Waerom hebt gij dese gruwel voor my gedaen, dat gij my versmaet hebt om eenen koopman in jalappe, ende my verloochent hebt voor den Romein ende voor den Indiaen van duystere spraecke met wien uwe dochteren weelderich gelegen hebben? Siet nu uyt, mijn volck, over het landt der belofte, ja, van Horeb ende van Nebo ende van Pisga ende van die Hoornen van Hatten tot een landt vloeyende van melck ende geldt. Maer gij hebt my gesoogt met een bittere melck: mijne maen ende mijne sonne hebt gij uytgebluscht voor eeuwich. Ende gij hebt my alleen gelaten voor eeuwich in die duystere wegen mijner bitterheit: ende met een kus van asch hebt gij mijnen mont gekust. Dese tenebrositeyt des binnensten, voer hy voort te seggen, is niet verlicht geworden deur die wijsheit der septuaginta, noch soveel as vermelt, want die Opganck uyt der hooghte, wat die poorten der helle gebroken heeft, heeft een duysternis besocht wat buytenlandts was. Assuefactie minoreert atrociteyten (soos Tullius seght van sijn lieve Stoïcijnen) ende Hamlet sijn vader toont die prins geen blaer van verbranding. Die adiaphane in die middach des levens is een plage van Egypten wat in die nachten der prenativiteyt ende postmortemiteyt haer eygenste ubi ende quomodo is. Ende gelijck die eynden ende uytersten van alle dingen in eenige maet ende mate ooreenstemmen met haer beginselen ende oorspronck, die selfde menichvuldige concordantie wat wasdom uyt geboorte voortleydt, volbrengende deur een terugwaertsche metamorphose daerdie vermindering ende afneming na die eynde toe wat die natuur genegen is, so is het met ons ondersonnelijcke wesen. Die oude susters trecken ons in die leven: wy weenen, mesten, spelen, omhelsen, omklemmen, scheyden, slincken, sterven: oor ons doden buygen si. Eerst, gered uyt die wateren van die oude Nijl, onder die biesen, een bedde van gebonden tenen: ten leste die holte van een bergh, een verborgen graf te midden van die geschreeuw van die bergkat ende die beenbreecker. Ende gelijck geen mensch die waer-heit van sijn grafheuvel ken nie, noch tot watter processen wy daerdeur ingeleydt sullen worden, noch of na Tofet of na Edenstadt, op gelijcke wijse is alles verborgen wanneer wy agteruyt wou sien uyt watter streke van verheit die watheit onser wieheit sijn waervandaenheit gehaelt heeft.
Daerop het Punch Costello luyt uytgebrul Etienne chanson, maer hy beval hulle luyde: siet, die wijsheit heeft haer een huys gebouwt, dit wijde majestueuse langgevestigde gewelf, die kristallen paleys des Scheppers, al in appeltaert-orde, een stuyver vir hem wat die erte vindt.
Siet die woonplaets van Jan den konstenaer gebout,
Siet het mout in menich vloeyende sack behout,
In Janjan se trotsche kring, sijn leger stout.
Siet het mout in menich vloeyende sack behout,
In Janjan se trotsche kring, sijn leger stout.
Een swarte slach van gedruys op straet, och, sloech weerom met kracht. Luyt links het Thor gedonder: in toorn ontsachlijck die hamerwerper. Nu quam die storm wat sijn hart stil gemaeckt het. Ende Meester Lynch het hem beveel om op te pas om te spotten ende geestich te sijn want die godt self was vertoornt om sijn hellepraet ende heydendom. Ende hy wat eers uytgedaech het om so dapper te sijn, wert bleeck, soos hulle almal mocht sien, ende kromp ineen, ende sijn hoochte wat eers so hovaerdich opgehef was, was nou skielijck heeltemal neergetrock ende sijn hart het gebeef binne die kooy van sijn borst toe hy die gerucht van daerdie storm proef. Doe het sommige gespot ende sommige gegeck ende Punch Costello het weer hart aen sijn ael gegaen, wat Meester Lenehan geswore het hy daerna sou doen, ende hy was inderdaet maer een woord ende een slach op die minste schijn. Maer die snoeffende grootspreker het uytgeroep dat as een oude Nobodaddy in sijn bekers was, het hem veelal onverschillich was, ende hy sou nie agter sijn voorbeelt aensleep nie. Maer dit was slechts om sijn wanhoop te verf terwijl hy, verbluf, in Horne se hal gehurk het. Hy het inderdaet in een teug gedrinck om moed te vat van enige genade, want het het lanck rommelend oor al die hemelen gedonder sodat Meester Madden, wat somtijts godvreesend was, hom op sijn ribben geklop het by daerdie oordeelsslach, ende Meester Bloom, aen die grootspreker se seyde, het hom kalmerende woorden toegespreeck om sijn groote vrees te laet sluymer, hom verwittigende hoe het niks anders was nie as een rumoerich geraes wat hy gehoor het, die ontlading van vloeystof uyt die donderwolck, siet gij, wat plaesgevind het, ende alles van die orde van een natuyrlijcke phenomeen.
Maer was jonge Grootspraek se vrees oorwonne deur Bedaerder se woorden? Nee, want hy het in sijn boesem een doorn gehad genaemt Bitterheit wat nie deur woorden weggedoen kon worden nie. Ende was hy dan nie kalm soos die een nie of godvreesend soos die ander nie? Hy was nie die een of die ander so veel as hy graag sou wou gewees het nie. Maer kon hy hom nie beyver het om weer te vinden, soos in sijn jeucht, die fles Heylicheit waermee hy doe geleef het nie? Waerlijck nee, want Genade was nie daer om daerdie fles te vind nie. Hoor hy dan in daerdie slach die stem van die godt Voortbreng of, wat Bedaerder geseyt het, een rumoer van Phenomeen? Hoor? Wel, hy kon nie anders as hoor nie, tenzij hy hom die buys Verstand toegestop het (wat hy nie gedaen het nie). Want deur daerdie buys het hy gesien dat hy in die lant van Phenomeen was, waer hy op seeckere een dach moet sterf, want hy was soos die res ook een verbijgaende vertoning. Ende sou hy nie aenvaer om te sterf soos die res ende te vergaen nie? Geenszins sou hy, alhoewel hy moes, noch sou hy meer vertoninge maeck volgens wat menschen met vrouwen doen, wat Phenomeen hulle beveel het om te doen deur die boeck Wet. Wist hy dan niks van daerdie ander lant wat genaemt word Gelooft-in-My nie, dat is die lant der belofte wat behoort aen die koning Verlustiging ende sal wees vir eeuwich, waer daer geen doot is ende geen geboorte, noch vrijen noch moederen, waer almal sal kom, so veel as daerin gelooft? Ja, Vroom het hem van daerdie lant vertelt ende Kuysch het hem die weg gewijs, maer die reden was dat hy op die weg ontmoet het met seecker hoer van een ooghbehagelijcke uytwendicheit wie se naem, seyde si, is Vogel-in-die-Hant, ende si het hem verkeerdelijck van die ware pat verleydt deur haer vleijerije wat si vir hem geseyt het, soos: Ho, gij mooie man, draey hier af ende ick sal u een braeve plaets wijs, ende si het hem so vleiend toegeleg dat si hem in haer grot had wat genaemt word Tien-in-die-Lucht of, deur sommige geleerden, Vleeschelijcke Begeerlijckheit.
Dit was dit waerna al daerdie geselschap wat daer aen die gemeene tafel in die Huys der Moeders geseten het die meeste gelust het, ende indien hulle met dese hoer Vogel-in-die-Hant ontmoet het (wat binne-in al vuyle plagen, monsters ende een boose duyvel was), sou hulle die leste krachten inspan maer hulle sou op haer afgaen ende haer bekennen. Want aengaende Gelooft-in-My seyde hulle dat het niks anders as inbeelding was nie ende hulle kon geen gedachte daervan ontvang nie, want eerstelijck, Tien-in-die-Lucht, waernatoe si hulle gelock het, was die alderbeminnelijckste grot, ende daerin was vier kussens waerop vier kaertjies was met dese woorden daerop gedruck: Abbarug ende Onderstebo ende Skaemgesicht ende Wang-aen-Wang; ende tweedens, vir daerdie vuyle plaeg Alpocken ende die monsters het hulle nie omgegee nie, want Voorbehoed het hulle een sterck schilt van ossederm gegee; ende derdens, dat hulle geen leet mocht ly nie, ook nie van Nakomelinck, wat daerdie boose duyvel was, uyt kracht van dese selfde schilt wat genaemt was Kinderdoot. So was hulle almal in hulle blinde inbeelding, mnr. Haerklover ende mnr. Somtijts Godvreesend, mnr. Aep Bierswelger, mnr. Valsche Jonker, mnr. Fijne Dixon, jonge Grootspraek ende mnr. Voorsichtige Bedaerder. Waerin, o ellendige geselschap, was gij almal bedroge, want dat was die stem van die godt wat in een seer swaere toorn was, dat hy weldra sijn arm sou ophef ende hulle sielen uytstort om hulle misbruycke ende hulle uytstortinge deur hulle gedaen tegen sijn woord in, wat brandend beveel om voort te breng.
Soo Donderdach den 16en Junij Patk. Dignam in de klei geleyt aen een beroerte, ende naer harde droochte, Godt lof, geregent, een schuytevoerder te water incomende een vijftich mijl of daeromtrent met turf, seggende het saet wil niet uytspruyten, die velden dorstich, seer droefverwich ende stonck geweldich, die moerassen ende erven mede. Benauwt om te asemen ende al die jonge heggen schoon verteert sonder besprenging dese lange tijt herwaerts, soo als niemant hem heugde sonder te wesen. Die rooskens knoppen al bruyn geworden ende uytgespreyt tot klodders, ende op die heuvels niet dan droogh riet ende takkebossen die by 't eerste vuur souden vatten. Al die werelt seggende, voor soo veel si wisten, dat die groote wint van verleden Februarij een jaer, die 't lant soo deerlijck verwoest heeft, een cleyn dinck was by dese onvruchtbaerheyt. Maer allenskens, soo geseyt, desen avont naer sonnenondergang, den wint in 't westen sittende, grootachtige geswolle wolcken te sien soo den nacht toenam, ende die weerkundigen daerop staerende, ende eerst eenige weerlicht ende daernaer, over thien uyren, een groote slach met een lange donder, ende in een handomdraeyen alles hals over kop binnenshuys voor die rokende bui, die mans beschutting maeckende voor haer strohoeden met een lap of doeck, die vrouwvolck wechhuppende met die rocken opgeschort so haest die stortbui quam. In Ely place, Baggot street, Duke's lawn, van daer deur Merrion green op tot Holles street een golf water vloeyende wat te voren beendroogh was, ende geen draechstoel of koets of fiaker daer omtrent gesien, maer geen slach meer naer die eerste. Tegen over die deur van den Ed. Heer Regter Fitzgibbon (die met mnr. Healy den advocaet sal sitten over die collegegronden) Mal. Mulligan, een heeren heer, die eerst gecomen was van mnr. Moore den schrijver (die een papist was maer nu, seyt die volck, een goet Williamiet is), toevallich tegen Alec. Bannon aenloopende met gecort hayr (wat nu in de mode is met danskapen van Kendal-groen), die nieuw ter stede gecomen was van Mullingar met die postwagen, waer sijn neef ende Mal M. se broeder noch een maent sullen blijven tot Sint Swithin, ende vraecht wat ter werelt hy daer doet, hy op weg naer huys ende hy naer Andrew Horne gaende, opgehouden om een beker wijn te kraecken, soo seyde hy, maer sou hem vertellen van een schichtige vaers, groot voor haer jaren ende vleesch tot aen die hielen, ende al die tijt regende het, ende soo beyde saem naer Horne. Daer Leop. Bloom van Crawford se journael gesellich sittende met een vlucht grappenmaeckers, waerschijnlijck twistsoeckende gasten: Dixon jun., student van mijn vrouw van Barmherticheyt, Vin. Lynch, een Schotse kerel, Will. Madden, T. Lenehan, seer bedroeft om een renpaert waer hy op gemunt had, ende Stephen D. Leop. Bloom daer om een matheyt wat hy had maer nu beter was, hy die nacht gedroomt hebbende een vreemde fantasie van sijn vrouwe Mev. Moll met roode muylen aen in een paer Turcksche broecken, wat deur die kenners gehouden word voor een verandering te beduyden; ende Vrouw Purefoy daer, die ingecomen is deur op haer buyck te pleyten, ende nu op die stoelen, arme siel, twee dagen over haer tijt, die vroetvrouwen seer in die nood ende kan niet verlos, sy mislijck vir een kom rijspap, wat een felle opdroger van die ingewanden is, ende haer asem seer swaer, meer dan goet, ende sou een stoere knaep wees na die stampe, seyt men, maer Godt geef haer haest uytkomst. 't Is haer negende kuyken wat leef, hoor ick, ende op Maria-Boodschap het si haer leste kuyken se naels afgebijt wat doe een jaer oud was, ende met ander drie, almal gesoogt, wat gestorven is, uytgeschreven in een schoone hant in des Koninghs bijbel. Haer man vijftich ende ietwat ende een methodist, maer neem die sacrament ende is op enige mooie sabbath te sien met een paer van sijn jongens by Bullock harbour dobberende op die sont met een swaer-geremde katrol of in een platboomschuyt wat hy het, slepende vir bot ende pollack, ende vang een fraeye vangst, hoor ick. In somma een oneyndich groote regenval, ende alles verquickt, ende sal die oogst noch seer vermeerder, alhoewel die kenners seyt na wint ende water sal vuur kom, volgens een voorspelling van Malachi se almanack (ende ick hoor dat mnr. Russell een profetische besweringe van die selfde strekking gedaen het uyt die Hindoestanisch vir sijn boere-gazette) om drie dingen in alles te hê, maer dit 'n bloote versinsel sonder grond van reden vir ou wijfies ende kinders, alhoewel si somtijts die regte gissing tref met haer vreemdicheden, niemant weet hoe.
Hierop kom Lenehan toe op tot by die voet van die tafel om te seg hoe dat die brief in daardie aand se koerant gestaan het, en hy het hom gehou of hy dit by hom soek (want hy het met 'n eed gesweer dat hy hom moeite daarom gegee het), dog op Stephen se aanraai het hy die soekery laat staan en is genooi om naby te kom sit, wat hy toe ook bra rats gedaan het. Hy was 'n soort sportheer wat vir 'n hanswors of 'n eerlike platjie deurgegaan het, en wat daar ook aan vroumense, perdevleis of warm skandaal te wete te kom was, dit het hy op sy duim gehad. Om die waarheid te seg, hy was maar skraal van fortuin en het meestal rondgehang in die koffiehuise en lae taveernes met sielverkopers, stalknegte, wedmakers, leeglêers, lopers, platmusse, onderbaadjiedraers, juffers van die badhuis en ander skelms van die spel, of met 'n toevallige geregsdienaar of 'n stafdraer, dikwels deur die nag tot helder dag, van wie hy tussen sy warm melkbiere heelwat los geskinder opgetel het. Hy het sy gewone maaltyd by 'n gaarkok genuttig, en as hy maar net 'n bord afvalkos of 'n skottel pens in hom gekry het met 'n kaal sesstuiwer in sy beurs, kon hy hom altyd met sy tong uit die nood help, een of ander geil kwinkslag wat hy by 'n slet of wie ook al opgedoen het, dat elke moedersiel van hulle sy sye kon skeur van die lag. Die ander, Costello naamlik, wat die praatjies hoor, vra toe of dit 'n gedig of 'n vertelsel is. Ag, nee, seg hy, Frank (want so was sy naam), dis alles oor Kerry-koeie wat weens die pes geslag moet word. Maar hulle kan maar gaan hang, seg hy met 'n knipoog, wat my aangaan, met hul blikkiesbeesvleis, die pokke daarop. Daar's nog net so goeie vis in hierdie blik as wat ooit daaruit gekom het, en baie vriendelik bied hy aan om van 'n paar sout sprotte te neem wat daar naby staan, waarna hy intussen verlangend geloer het, en hy het die plek gevind wat inderdaad die hoofdoel van syn gesantskap was, want hy was skerp van honger. Mort aux vaches, seg Frank toe in die Fransche taal, want hy was as leerjonge ingeskrywe by 'n brandewynverskeper wat 'n wynkelder in Bordeaux het, en hy het Frans gepraat soos 'n heer ook. Van kindsbeen af was hierdie Frank 'n deugniet, wat syn vader, 'n veldkornet, wat hom swaar op skool kon hou om syn letters te leer en die gebruik van die aardbol, by die universiteit laat inskrywe het om die meganika te studeer, dog hy het die stang tussen syn tande geneem soos 'n rou hings en was meer bekend by die landdros en die koster as by syn boeke. Die een keer wou hy toneelspeler word, dan 'n soetelaar of 'n wedder wat sy skuld nie betaal nie, dan kon niks hom weghou van die beregat en die hanegeveg nie, dan wou hy weer die oseaan op of saam met die sigeuners die paaie plat loop, en 'n jonker se erfgenaam by maanlig ontvoer, of meidens se linne gaps, of hoenders agter 'n heining verwurg. Hy was so dikwels weg as wat 'n kat lewens het, en net so dikwels weer terug met kaal sakke by syn vader die veldkornet, wat 'n pint trane gestort het so dikwels as hy hom gesien het. Wat, seg Mijnheer Leopold met syn hande gevou, wat graag die strekking daarvan wou weet, gaan hulle dan almal slag? Ek betuig dat ek hulle nog vandag die oggend na die Liverpool-bote sien gaan het, seg hy. Ek kan skaars glo dis so erg, seg hy. En hy het ervaring gehad van sulke broeibeeste en van kalfverse, vetterige jaaroudlammers en hamelwol, want hy was 'n paar jaar tevore klerk by Mijnheer Joseph Cuffe, 'n agtenswaardige afslaer wat syn handel in lewende hawe en weilandvendusies gedryf het naby Mijnheer Gavin Low se werf in Prussia street. Ek verskil daar met jou, seg hy. Meer waarskynlik is dit die longwurm of die houttong. Mijnheer Stephen, effens bewoë, dog baie hoflik, seg toe vir hom niks van die aard nie, en dat hy berigte ontvang het van die keiser se hoof-stertkielier wat hom bedank vir die gasvryheid, en wat Dokter Runderpes oorstuur, die hoogsgenoteerde koeivanger in die hele Moskowië, met 'n pil of twee medisyne om die bul by die horings te pak. Kom, kom, seg Mijnheer Vincent, reguit praat. Hy sal homself op die horings van 'n dilemma bevind as hy met 'n bul lol wat Iers is, seg hy. Iers van naam en iesegrimmig van aard, seg Mijnheer Stephen, en hy laat die bier rondborrel, 'n Ierse bul in 'n Engelse porseleinkas. Ek verstaan jou, seg Mijnheer Dixon. Dis dieselfde bul wat na ons eiland gestuur is deur boer Nicholas, die dapperste beesteler van hulle almal, met 'n smaragring in syn neus. Jy praat waar, seg Mijnheer Vincent oorkant die tafel, en 'n kol in die bul se oog op die koop toe, seg hy, en 'n vetter en deftiger bul, seg hy, het nog nooit op klawer gekak nie. Hy het horings in oorvloed gehad, 'n jas van goudlaken en 'n soet rokerige asem wat uit syn neusgate kom, so dat die vroumense van ons eiland, wat hul deegballe en rolstokke laat staan, agter hom aangeloop en syn bulsheid met madeliefiekettings behang het. Wat daarvan, seg Mijnheer Dixon, maar voordat hy oorgekom het, het boer Nicholas, wat 'n eunug was, hom behoorlik laat sny deur 'n kollege van dokters wat self nie beter af was as hy nie. Gaan nou maar, seg hy, en doen alles wat my volle neef die lord Harry jou seg, en neem 'n boer se seën, en daarmee klap hy hom baie hard op syn agterstewe. Maar die klap en die seën het hom goed te pas gekom, seg Mijnheer Vincent, want om dit goed te maak het hy hom 'n streek geleer wat twee van die ander werd is, so dat meid, vrou, abdis en weduwee tot vandag toe verklaar dat hulle enige tyd van die maand eerder in syn oor wil fluister in die donker van 'n koeistal of 'n lek in die nek kry van syn lang heilige tong as om te lê by die fraaiste fris jong verkragter in die vier velde van die hele Ierland. 'n Ander het toe syn woordjie ingesit: En hulle het hom aangetrek, seg hy, in 'n kanthemp en onderrok met 'n skouermanteltjie en gordel en geplooide kraffies om syn polse, en hulle het syn kuif geknip en hom oral met walvisolie ingevryf en stalle vir hom gebou by elke draai van die pad, met 'n goue krip in elkeen vol van die beste hooi op die mark, sodat hy na hartelus kon slaap en mis. Teen hierdie tyd was die vader van die gelowiges (want so het hulle hom genoem) so swaar geword dat hy skaars weiveld toe kon loop. Om dit te verhelp het ons slinkse dames en jonkvroue hom syn voer in hul voorskootskote gebring, en sodra syn pens vol was, het hy op syn agterbene gesteier om hul edeles 'n verborgenheid te wys en gebrul en gebulk in bultaal, en hulle almal agter hom aan. Ja, seg 'n ander, en so vertroetel was hy dat hy niks in die hele land wou laat groei nie behalwe groen gras vir homself (want dit was die enigste kleur na syn sin), en daar is 'n bord opgesit op 'n heuweltjie in die middel van die eiland met 'n gedrukte kennisgewing wat seg: By die Lord Harry, Groen is die gras wat op die grond groei. En, seg Mijnheer Dixon, as hy ooit die reuk gekry het van 'n beesdief in Roscommon of die wildernis van Connemara, of van 'n landbouer in Sligo wat net 'n handvol mosterd of 'n sak raapsaad saai, dan het hy amok gemaak oor die halwe platteland en met syn horings uitgewroet wat daar ook geplant was, en dit alles op lord Harry se bevel. Daar was eers kwaad bloed tussen hulle, seg Mijnheer Vincent, en die lord Harry het boer Nicholas uitgeskel vir al die Ou Nicks van die wêreld en 'n ou hoereloper wat sewe slette in syn huis aanhou, en ek sal my met syn sake bemoei, seg hy. Ek sal daardie dier die hel laat ruik, seg hy, met die hulp van daardie goeie bulpees wat my vader vir my nagelaat het. Maar op 'n aand, seg Mijnheer Dixon, toe die lord Harry syn koninklike pels skoonmaak om te gaan eet ná hy 'n roeiwedstryd gewen het (hy het spaderieme vir homself gehad, maar die eerste reël van die baan was dat die ander met hooivurke moes roei), het hy in homself 'n wonderlike gelykenis aan 'n bul ontdek, en toe hy 'n swartgeduimde volksboekie optel wat hy in die spens gehou het, het hy sowaar gevind dat hy 'n linkerhandse afstammeling was van die beroemde kampioenbul van die Romeine, Bos Bovum, wat goeie moeras-Latyn is vir baas van die boel. Daarna, seg Mijnheer Vincent, het die lord Harry syn kop in 'n koeidrinkbak gesteek in die teenwoordigheid van al syn hofdienaars, en toe hy dit weer uittrek, vir hulle almal syn nuwe naam vertel. Toe, met die water wat van hom afloop, het hy in 'n ou smok en rok geklim wat aan syn grootmoeder behoort het, en 'n grammatika van die bultaal gekoop om te studeer, maar hy kon nooit 'n woord daarvan leer nie behalwe die eerste persoonlike voornaamwoord, wat hy groot uitgeskryf en uit die kop geleer het, en as hy ooit gaan wandel het, het hy syn sakke vol kryt gestop om dit te skrywe op wat ook al syn oog gevang het, die kant van 'n rots of 'n teehuistafel of 'n baal katoen of 'n kurkdobber. Kortom, hy en die bul van Ierland was gou so dik vriende soos 'n gat en 'n hemp. Dit was hulle, seg Mijnheer Stephen, en die einde was dat die mans van die eiland, toe hulle sien geen hulp is te wagte nie, want die ondankbare vroumense was almal van een sin, 'n vlot gebou het, hulself en hul bondels besittings aan boord gelaai, alle maste regop gesit, die rae beman, die loef gehaal, bygedraai, drie seile in die wind gespan, haar kop tussen wind en water gesit, die anker gelig, die roer bakboord gegooi, die swart vlag gehys, driemaal drie hoera geroep, die bulmasjien laat loop, in hul smousboot afgestoot en see toe gegaan om die vasteland van Amerika te bereik. Wat die aanleiding was, seg Mijnheer Vincent, dat 'n bootsman daardie uitbundige matroselied gemaak het:
—Pous Petrus is maar 'n bedpieper.
'n Man is 'n man ondanks dit al.
Ons waardige bekende Mijnheer Malachi Mulligan het nou in die deuropening verskyn, net toe die studente hul sedeverhaal klaarmaak, vergesel van 'n vriend wat hy so pas teëgekom het, 'n jong heer met die naam Alec Bannon, wat onlangs stad toe gekom het, want dit was syn voorneme om 'n vaandel of 'n kornetskap in die landweer te koop en vir die oorloë in te skrywe. Mijnheer Mulligan was beleefd genoeg om enige behae daarin te betuig, des te meer omdat dit gestrook het met 'n plan van homself vir die genesing van juis die euwel wat aangeroer was. Waarop hy aan die geselskap 'n stel bordpapierkaartjies uitgedeel het wat hy dieselfde dag by Mijnheer Quinnell laat druk het, met 'n opskrif in fraai skuinsdruk: Mnr. Malachi Mulligan. Bevrugter en Uitbroeier. Lambay-eiland. Syn plan, soos hy verder uiteengesit het, was om hom te onttrek aan die kringloop van ydele vermaak soos die hoofbesigheid uitmaak van jonker Pronkmeneer Papegaai en jonker Melkmuil Nuuskierig in die stad, en hom te wy aan die edelste taak waarvoor ons liggaamlike organisme geskape is. Wel, laat ons dit hoor, my goeie vriend, seg Mijnheer Dixon. Ek twyfel nie of dit ruik na meidejaery nie. Kom, gaan sit, julle albei. Sit kos nie meer as staan nie. Mijnheer Mulligan het die uitnodiging aangeneem en, terwyl hy oor syn ontwerp uitwei, aan syn toehoorders vertel dat hy tot hierdie gedagte gelei is deur 'n beskouing van die oorsake van onvrugbaarheid, sowel die inhiberende as die prohiberende, hetsy die inhibisie op haar beurt te wyte was aan huwelikse ergernisse of aan 'n suinigheid van die balans, en ook hetsy die prohibisie voortgespruit het uit aangebore gebreke of uit aangeleerde neigings. Dit het hom pesterig gegrief, seg hy, om die huwelikssponde van haar dierbaarste pande beroof te sien: en om na te dink oor soveel aangename vroulike persone met ryk weduweegeld, 'n prooi vir die laagste bonses, wat hul fakkel onder 'n maatemmer wegsteek in 'n onaangename klooster, of hul vroulike bloei verloor in die omhelsing van een of ander onverklaarbare muskaatjonker, terwyl hulle die toegange tot geluk kon vermenigvuldig, en die onskatbare juweel van hul geslag opoffer terwyl honderd fraai kêrels byderhand was om te liefkoos, dit, het hy hulle verseker, het syn hart laat ween. Om hierdie ongerief te beteuel (wat hy beslis het te wyte was aan 'n onderdrukking van latente hitte), het hy, nadat hy met sekere raadgewers van gewig te rade gegaan en die saak deeglik ondersoek het, besluit om in volle eiendom vir ewig die vrypag van Lambay-eiland te koop van syn houer, lord Talbot de Malahide, 'n Tory-heer van aansien wat baie in die guns staan by ons Ascendancy-party. Hy was voornemens om daar 'n nasionale bevrugtingsplaas op te rig, met die naam Omphalos, met 'n obelisk uitgekap en opgerig na die mode van Egipte, en syn pligsgetroue boerediens aan te bied vir die bevrugting van enige vroulike persoon van watter stand ook al wat haar daar na hom sou wend met die begeerte om die funksies van haar natuur te vervul. Geld was geen beswaar nie, seg hy, en hy sou ook nie 'n duit vir syn moeite neem nie. Die armste kombuismeid net so min as die vermoënde dame van die mode, indien hul gestel en hul gemoed warm voorspraak vir hul versoek was, sou in hom hul man vind. Vir syn voeding het hy getoon hoe hy hom uitsluitlik op 'n dieet van smaaklike knolle en vis en konyne daar sou voed, want die vleis van laasgenoemde vrugbare knaagdiere word ten sterkste vir syn doel aanbeveel, sowel gerooster as gestowe met 'n blaadjie foelie en 'n peul of twee rissies. Ná hierdie preek, wat hy met groot warmte van betuiging gelewer het, het Mijnheer Mulligan in 'n kits 'n sakdoek van syn hoed afgehaal waarmee hy dit beskut het. Hulle was albei, so lyk dit, deur die reën oorval, en ten spyte van hul versnelde pas het hulle water gemaak, soos te sien was aan Mijnheer Mulligan se kniebroek van grys boerelaken, wat nou ietwat bont gevlek was. Syn plan is intussen baie gunstig deur syn toehoorders ontvang en het van almal hartlike lofsange verwerf, behalwe dat Mijnheer Dixon van Mary's beswaar daarteen gemaak het en met 'n fynerige houding gevra het of hy ook voornemens was om water see toe te dra. Mijnheer Mulligan het egter die geleerdes die hof gemaak met 'n gepaste aanhaling uit die klassieke, wat, soos dit in syn geheue vasgesit het, vir hom 'n gesonde en smaakvolle stut vir syn bewering gelyk het: Talis ac tanta depravatio hujus seculi, O quirites, ut matresfamiliarum nostrae lascivas cujuslibet semiviri libici titillationes testibus ponderosis atque excelsis erectionibus centurionum Romanorum magnopere anteponunt, terwyl hy vir dié van growwer verstand syn punt tuisgebring het met vergelykings uit die diereryk wat beter by hulle maag pas: die bok en die ooi van die woudopening, die mannetjieseend en die wyfie op die werf.
Omdat hy hom nie min op syn sierlikheid laat voorstaan het nie, want hy was inderdaad 'n welgemaakte man van persoon, het hierdie praatsieke hom nou op syn kleredrag toegelê, met nogal driftige aanmerkings oor die skielike gril van die atmosferiese verskynsels, terwyl die geselskap hul lofbetuigings oor die plan wat hy voorgestel het, kwistig uitgestort het. Die jong heer, syn vriend, so oorgelukkig as wat hy was oor 'n voorval wat hom onlangs oorkom het, kon hom nie weerhou om dit aan syn naaste buurman te vertel nie. Mijnheer Mulligan, wat nou die tafel gewaar, het gevra vir wie daardie brode en visse bestem was, en toe hy die vreemdeling sien, het hy 'n beleefde buiging vir hom gemaak en geseg: Ag, meneer, was u in nood van enige professionele bystand wat ons kon gee? Wie hom op syn aanbod baie hartlik bedank het, dog met behoud van syn behoorlike afstand, en geantwoord het dat hy daar gekom het oor 'n dame, nou 'n inwoner van Horne se huis, wat in 'n interessante toestand was, arme mens, van vrouesmart (en hier het hy 'n diep sug geslaak), om te verneem of haar geluk al plaasgevind het. Mijnheer Dixon, om die tafel om te keer, het onderneem om Mijnheer Mulligan self te vra of syn beginnende boepensigheid, waaroor hy hom gespot het, 'n ovoblastiese swangerskap in die prostatiese utriculus of manlike baarmoeder voorspel, of te wyte was, soos by die bekende geneesheer Mijnheer Austin Meldon, aan 'n wolf in die maag. Ten antwoord het Mijnheer Mulligan, in 'n storm van gelag oor syn broek, homself dapper onder die diafragma geslaan en uitgeroep, met 'n bewonderenswaardige snaakse nabootsing van Moeder Grogan (die voortreflikste skepsel van haar geslag, al is dit jammer dat sy 'n slons is): Daar's 'n pens wat nog nooit 'n baster gedra het nie. Dit was so 'n gelukkige inval dat dit die storm van vrolikheid hernu en die hele vertrek in die geweldigste roering van verrukking gegooi het. Die lewendige babbelaar sou in dieselfde trant van nabootsing voortgegaan het, was dit nie vir een of ander alarm in die voorkamer nie.
Hier het die toehoorder, wat niemand anders was nie as die Skotse student, 'n klein vuurvreter van 'n kêrel, blond soos vlas, die jong heer op die lewendigste wyse gelukgewens, en, terwyl hy die verhaal op 'n treffende punt onderbreek, nadat hy syn visavis met 'n hoflike wenk versoek het om die vriendelikheid te hê om hom 'n fles hartversterkende water aan te gee, het hy terselfdertyd deur 'n vraende knik van die kop (’n hele eeu van hoflike opvoeding het nog nie so 'n fyn gebaar tot stand gebring nie), waarmee 'n gelykwaardige maar teenoorgestelde kanteling van die bottel verenig was, die verteller so duidelik as wat ooit in woorde gedoen is gevra of hy hom op 'n koppie daarvan mag trakteer. Mais bien sûr, edele vreemdeling, seg hy opgewek, et mille compliments. Dit mag u, en baie te pas. Niks het ontbreek nie as net hierdie beker om my geluk te kroon. Maar, genadige hemel, al was ek gelaat met niks as 'n korsie in my knapsak en 'n koppie water uit die put nie, my God, ek sou dit aanneem en dit in my hart vind om op die grond neer te kniel en dank te betuig aan die magte daarbo vir die geluk wat my geskenk is deur die Gewer van alle goeie dinge. Met hierdie woorde het hy die beker na syn lippe gebring, 'n selfvoldane teug van die hartsterking geneem, syn hare gladgestryk en, terwyl hy syn bors ontbloot, het daar 'n medaljon uitgewip wat aan 'n syelint gehang het, daardie selfde portret wat hy gekoester het vandat haar hand daarin geskrywe het. Terwyl hy na daardie gelaatstrekke staar met 'n wêreld van teerheid, seg hy: Ag, Monsieur, het u haar maar aanskou soos ek met hierdie oë in daardie aangrypende oomblik, met haar fyn kraagdoekie en haar nuwe koketmussie (’n geskenk vir haar feesdag, soos sy my lieftallig vertel het), in so 'n kunslose wanorde, van so 'n smeltende teerheid, op my gewete, selfs u, Monsieur, sou deur u edelmoedige natuur gedring gewees het om u geheel en al in die hande van so 'n vyand oor te gee, of die slagveld vir ewig te verlaat. Ek verklaar, ek was nog nooit in my hele lewe so geroer nie. God, ek dank U, as die Outeur van my dae! Driewerf gelukkig sal hy wees wat so 'n beminlike skepsel met haar gunste sal seën. 'n Sug van toegeneentheid het welsprekendheid aan hierdie woorde verleen en, nadat hy die medaljon weer in syn boesem gesit het, het hy syn oog afgevee en weer gesug. Weldadige Uitdeler van seëninge aan al U skepsels, hoe groot en algemeen moet daardie soetste van U dwingelandye nie wees nie, wat die vrye en die gebondene in die ban kan hou, die eenvoudige herdersknaap en die gepoleerde windmaker, die minnaar in die fleur van roekelose hartstog en die eggenoot van ryper jare. Maar waarlik, meneer, ek dwaal af van die punt. Hoe gemeng en onvolmaak is al ons ondermaanse vreugdes nie. Vervloekbaarheid! roep hy in angs uit. Wou God die voorsorg het my maar daaraan herinner om my mantel saam te neem! Ek kon huil as ek daaraan dink. Dan, al het dit sewe buie gegiet, was nie een van ons 'n stuiwer slegter daaraan toe nie. Maar verdraaid, roep hy en slaan syn hand teen syn voorkop, môre is 'n nuwe dag en, duisend donders, ek ken 'n marchand de capotes, Monsieur Poyntz, by wie ek vir 'n livre so 'n knus mantel van die Fransche mode kan kry as wat ooit 'n dame droog gehou het. Toet, toet! roep Le Fécondateur, wat ingetrippel kom, my vriend Monsieur Moore, daardie volleerde reisiger (ek het pas 'n halwe bottel avec lui oopgemaak in 'n kring van die beste vernuftelinge van die stad), is my gesag dat hulle by Kaap Hoorn, ventre biche, 'n reën het wat enige, selfs die stewigste mantel, sal deurweek. 'n Deurdrenking van daardie geweld, seg hy, sans blague, het al meer as een ongelukkige kêrel in alle erns poste haste na 'n ander wêreld gestuur. Foei! 'n Livre! roep Monsieur Lynch. Die lomp goed is duur teen 'n sou. Een sambreel, al is dit nie groter as 'n feëpaddastoel nie, is tien sulke noodhulpe werd. Geen vrou van enige vernuf sou een dra nie. My liewe Kitty het my vandag vertel dat sy liewer in 'n sondvloed sou dans as om ooit in so 'n ark van redding uit te hongers, want, soos sy my herinner het (terwyl sy pikant bloos en in my oor fluister, al was daar niemand om haar woorde op te vang nie as net giggelende skoenlappers), het Moeder Natuur dit deur die goddelike seën in ons harte geplant, en dit het 'n huishoudelike gesegde geword, dat il y a deux choses waarvoor die onskuld van ons oorspronklike kleed, onder ander omstandighede 'n vergryp teen die betaamlikheid, die geskikste, ja, die enigste kledingstuk is. Die eerste, seg sy (en hier het my lieftallige filosofe, terwyl ek haar in haar tilbury help, om my aandag vas te hou, saggies met haar tong die buitekamer van my oor aangeraak), die eerste is 'n bad... Maar op hierdie punt het 'n klokkie wat in die saal tingel 'n gesprek kortgeknip wat so dapper beloof het om ons voorraad kennis te verryk.
Te midde van die algemene ydele vrolikheid van die vergadering het 'n klok gelui en, terwyl almal gis wat die oorsaak kon wees, het Mejuffrouw Callan binnegekom en, nadat sy 'n paar woorde op 'n sagte toon met die jong Mijnheer Dixon gewissel het, met 'n diep buiging voor die geselskap teruggetree. Die teenwoordigheid, al was dit maar vir 'n oomblik, te midde van 'n party losbandiges, van 'n vrou wat met elke deug van sedigheid bedeel was en nie minder streng as skoon nie, het die geestige uitvalle selfs van die mees ongebondenes bedwing, dog haar vertrek was die sein vir 'n uitbarsting van ontugtige praatjies. Slaan my dood, seg Costello, 'n lae kêrel wat besope was. 'n Verduiwelde fraai stuk koeivleis! Ek sal sweer sy het met jou 'n afspraak gemaak. Wat, jou hond? Het jy 'n manier met hulle? Gats, en hoe, seg Mijnheer Lynch. Dis die bedsy-maniere wat hulle in die Mater-hospitaal gebruik. Verdomp, krou Dokter O'Gargle nie die nonne daar onder die ken nie? So waar as ek hoop om gered te word, ek het dit van my Kitty, wat al sewe maande lank saalmeid daar is. Here bewaar ons, dokter, roep die jong bloed in die primulageel onderbaadjie, wat 'n vrouagtige glimlaggie aanneem en met onbeskaamde kronkelinge van syn lyf, hoe terg u 'n mens tog! Sies tog, die man! Seën my, ek is heeltemal wieberig-woeberig. Nee maar, u is net so erg soos die liewe klein Pater Soenhulletog, dis wat u is! Mag hierdie pot bier my half verwurg, roep Costello, as sy nie in die familie-omstandighede is nie. Ek ken 'n dame wat 'n wit swelling het so gou as wat ek my oë op haar slaan. Die jong chirurg het egter opgestaan en die geselskap gevra om syn aftog te verskoon, want die verpleegster het hom so pas meegedeel dat hy in die saal benodig word. Die barmhartige voorsienigheid het dit goedgevind om 'n einde te maak aan die lyding van die dame wat enceinte was, wat sy met prysenswaardige moed gedra het, en sy het geboorte gegee aan 'n frisse seuntjie. Ek het geen geduld nie, seg hy, met diegene wat, sonder vernuf om te verlewendig of geleerdheid om te onderrig, 'n veredelende beroep beskimp wat, behoudens die eerbied wat die Godheid toekom, die grootste mag tot geluk op die aarde is. Ek is seker daarvan as ek seg dat ek, indien nodig, 'n wolk van getuies kan voortbring vir die voortreflikheid van haar edele werksaamhede, wat, ver daarvan om 'n spotwoord te wees, 'n glorieryke aansporing in die menslike boesem behoort te wees. Ek kan hulle nie verdra nie. Wat? So iemand belaster, die beminlike Mejuffrouw Callan, wat die luister van haar eie geslag en die verbasing van die onse is? En dit op 'n oomblik, die gewigtigste wat 'n nietige kind van klei kan oorkom? Weg met die gedagte! Ek ril as ek dink aan die toekoms van 'n geslag waar die saad van sulke boosaardigheid gesaai is en waar geen regte eerbied aan moeder en maagd in die huis van Horne bewys word nie. Nadat hy hom van hierdie teregwysing ontslae gemaak het, het hy die aanwesiges in die verbygaan gegroet en hom na die deur begeef. 'n Gemompel van goedkeuring het van almal opgegaan, en sommige was daarvoor om die lae suiplap sonder verdere omhaal uit te gooi, 'n voorneme wat uitgevoer sou gewees het, en hy sou ook niks meer as syn blote verdienste ontvang het nie, as hy nie syn oortreding verkort het deur met 'n afgryslike vloek (want hy het met 'n ronde hand gevloek) te verklaar dat hy net so 'n goeie seun van die ware kudde was as wat ooit asem getrek het nie. Mag my binnegoed verskrompel, seg hy, dit was nog altyd die gevoelens van eerlike Frank Costello, wat ek baie partikulier opgevoed is om jou vader en jou moeder te eer, wat die beste hand gehad het vir 'n rolpoeding of 'n kitspoeding as wat jy ooit gesien het, waarop ek altyd met 'n liefhebbende hart terugkyk.
Om terug te keer na Mijnheer Bloom, wat ná syn eerste binnekoms bewus was van sommige onbeskaamde spotternye, wat hy egter verdra het as synde die vrugte van daardie ouderdom waarvan algemeen beweer word dat dit geen deernis ken nie. Die jong windmakers was, dis waar, net so vol buitensporighede as oorgroeide kinders: die woorde van hul rumoerige besprekings was moeilik verstaanbaar en nie dikwels fynbesnaard nie: hul prikkelbaarheid en hul skandalige mots was van so 'n aard dat syn verstand daarvoor teruggedeins het: en ook was hulle nie noulettend bewus van die betaamlikhede nie, al het hul fonds van sterke dierlike lewenslus in hul guns gespreek. Dog die woord van Mijnheer Costello was 'n onwelkome taal vir hom, want hy het gewalg van die ellendeling, wat vir hom gelyk het na 'n afgekortoorde skepsel met 'n wanskape boggel, buite die egte gebore en soos 'n kromrug, met tande en met die voete eerste, in die wêreld ingestoot, waaraan die duik van die chirurg se tang in syn skedel inderdaad 'n skyn van waarheid verleen het, sodat dit hom laat dink het aan daardie ontbrekende skakel in die skepping se ketting waarna die oorlede vernuftige Mijnheer Darwin gesoek het. Dit was nou al meer as die middelste spanne van ons toegemete jare dat hy deur die duisend wisselvallighede van die bestaan gegaan het, en, omdat hy van 'n behoedsame afkoms was en self 'n man van seldsame versiendheid, het hy syn hart aanbeveel om alle bewegings van opkomende toorn te onderdruk, en deur hulle met die gereedste voorsorg te onderskep, in syn boesem daardie volheid van verdraagsaamheid te koester waarmee lae gemoedere spot, onbesonne oordelaars smaal en wat almal verdraaglik vind en net-net verdraaglik. Aan diegene wat hulself tot vernuftelinge opwerp ten koste van die vroulike fynheid ('n geestesgewoonte waarmee hy nooit saamgestem het nie), aan hulle sou hy nie toestaan om die naam te dra of die oorlewering van 'n behoorlike opvoeding te erwe nie: terwyl daar vir sulkes wat, nadat hulle alle verdraagsaamheid verloor het, niks meer kan verloor nie, die skerp teengif van die ervaring oorgebly het om hul onbeskaamdheid 'n halsoorkop en roemlose aftog te laat blaas. Nie dat hy nie kon meevoel met die vurige jeug nie, wat, sonder om iets te gee om die gesigte wat ou kindse mense trek of die gebrom van die strenges, altyd (soos die kuise verbeelding van die Heilige Skrywer dit uitdruk) daarop uit is om te eet van die boom wat verbied is, dog nie so ver dat dit menslikheid onder enige voorwaarde hoegenaamd mag versuim teenoor 'n vrou van stand wanneer sy met haar wettige sake besig is nie. Ten slotte, terwyl hy uit die suster se woorde op 'n spoedige verlossing gereken het, was hy, dit moet erken word, nie min verlig deur die tyding dat die uitkoms, so gunstig voorspel ná 'n beproewing van sulke dwang, nou weer eens getuig het van die genade sowel as van die milddadigheid van die Opperwese nie.
Gevolglik het hy syn gemoed aan syn buurman ontbloot en geseg dat, om syn begrip van die saak uit te druk, syn mening (hy wat miskien geen mening behoort uit te spreek nie) was dat 'n mens 'n koue gestel en 'n ysige aard moes hê om nie verheug te wees oor hierdie varsste nuus van die voldinging van haar kraambed nie, aangesien sy in sulke pyn was sonder enige skuld van haar kant. Die uitgevatte jong windmaker seg dit was haar man se skuld wat haar in daardie verwagting gebring het, of ten minste behoort dit so te wees, tensy sy 'n tweede Efesiese matrone was. Ek moet u meedeel, seg Mijnheer Crotthers, terwyl hy op die tafel klap om 'n weerklinkende kommentaar van nadruk te ontlok, ou Glorie Allelujurum was vandag weer hier, 'n bejaarde man met lang bakkebaarde, wat deur syn neus 'n versoek ingedien het om tyding van Wilhelmina, my lewe, soos hy haar noem. Ek het hom aangesê om hom gereed te hou, want die gebeurtenis sou nou-nou losbars. Bloedvrek, ek sal reguit met u wees. Ek kan nie anders as om die manlike potensie van die ou knaap te prys wat nog 'n kind uit haar kon slaan nie. Almal het aan die prys daarvan gegaan, elkeen op syn eie manier, al het dieselfde jong windmaker by syn vorige mening gebly dat 'n ander as haar egvriend die man in die gaping was, 'n geestelike in die orde, 'n fakkeldraer (deugsaam) of 'n rondreisende verkoper van artikels wat in elke huishouding nodig is. Sonderling, het die gas met homself gepraat, die wonderlik ongelyke vermoë van metempsigose wat hulle besit, dat die kraamslaapsaal en die dissekteersaal die kwekerye van sulke ligsinnigheid moet wees, dat die blote verwerwing van akademiese titels genoeg moet wees om binne 'n knippie tyd hierdie dienaars van ligtheid te omskep in voorbeeldige beoefenaars van 'n kuns wat die meeste mans van enige aansien as die edelste beskou het. Maar, het hy verder bygevoeg, dit is miskien om die opgekropte gevoelens te verlig wat hulle gesamentlik onderdruk, want ek het meer as een keer opgemerk dat soort soek soort en saam lag.
Maar met watter gepastheid, laat dit gevra word fan di edele lord, syn beskermheer, het hierdi uitlander, wi deur di toegewing fan 'n genadige prins tot burgerregte toegelaat is, homself tot opperheer fan ons binnelandse bestuur aangestel? Waar is nou di dankbaarheid wat getrouheid hom moes aangeraai het? Gedurende di onlangse oorlog, elke keer as di vyand 'n tydelike voordeel met syn granate gehad het, het hierdi ferraaier fan syn soort nie daardi oomblik aangegryp om syn roer af te trek op di ryk waarfan hy 'n huurder op wil is, terwyl hy gebewe het fir di veiligheid fan syn vier persent? Het hy dit fergeet soos hy alle weldade wat hy ontvang het fergeet? Of is dit dat hy fan 'n bedrieër fan ander ten laaste syn eie onnosele slagoffer geword het, soos hy, as di gerug hom nie belieg nie, syn eie en syn enigste genieter is? Ver sy dit fan di opregtheid om di slaapkamer fan 'n agtenswaardige dame te skend, di dogter fan 'n dapper majoor, of om di verste ferwyt op haar deug te werp, maar as hy daar di aandag uitdaag (soos dit inderdaad hoogs in syn belang was om nie te gedoen het nie), laat dit dan so wees. Ongelukkige vrou, sy is te lank en te hardnekkig haar wettige voorreg geweier om na syn skelwoorde te luister met enige ander gevoel as di spot fan di wanhopige. Hy se dit, 'n sedemeester, 'n regte pelikaan in syn vroomheid, wat nie geskroom het nie, fergeetagtig fan di bande fan di natuur, om ongeoorloofde omgang te probeer met 'n diensmeid wat uit di laagste lae fan di samelewing kom! Ja, as di flerrie se skropborsel nie haar beskermengel was nie, sou dit haar net so swaar gegaan het as fir Hagar, di Egiptiese! In di kwessie fan di weigronde is syn suur nors berug, en in Mijnheer Cuffe se teenwoordigheid het dit hom fan 'n ferontwaardigde veeboer 'n bytende antwoord op di hals gehaal, in woorde so reguit as wat hulle boers was. Dit pas hom sleg om daardi ewangelie te preek. Het hy nie nader aan huis 'n saailand wat braak lê by gebrek aan di ploegskaar nie? 'n Gewoonte wat in di puberteit laakbaar is, word 'n tweede natuur en 'n skande in di middeljare. As hy syn balsem fan Gilead moet uitdeel in kwaksalwery en kernspreuke fan twyfelagtige smaak om 'n geslag fan onvolgroeide losbolle weer gesond te maak, laat syn praktyk dan beter strook met di leerstellings wat hom nou besig hou. Syn egtelike bors is di bewaarplek fan geheime wat di betaamlikheid huiwer om aan te voer. Di ontugtige wenke fan een of ander ferlepte skoonheid mag hom troos fir 'n eggenote wat ferwaarloos en ferleid is, maar hierdi nuwe ferkondiger fan sedes en geneser fan kwale is op syn beste 'n uitheemse boom wat, toe hy in syn geboortelike Ooste gewortel was, gedy en gebloei het en oorvloedig was in balsem, maar, oorgeplant na 'n gematigder lugstreek, het syn wortels hul voormalige krag ferloor, terwyl di goed wat daarfan afkom staan, suur en kragteloos is.
Di tyding is, met 'n omsigtigheid wat herinner aan di seremoniële gebruike fan di Ferhewe Porte, deur di tweede vroulike siekeversorgster aan di junior inwonende geneesheer oorgedra, wat op sy beurt aan di afvaardiging aangekondig het dat 'n erfgenaam gebore is. Toe hy hom na di vrouevertrek begewe het om di foorgeskrewe seremonie fan di nageboorte by te woon, in teenwoordigheid fan di staatsekretaris fir binnelandse sake en di lede fan di geheime raad, het di afgevaardigdes, stil in eenparige uitputting en goedkeuring, ongeduldig oor di lengte en plegtigheid fan hul nagwaak, en in di hoop dat di blye gebeurtenis 'n vrypostigheid sou ferskoon wat di gelyktydige afwesigheid fan kamenier en ferloskundige des te makliker gemaak het, onverwyld in 'n tongestryd losgebars. Tevergeefs is di stem fan Mijnheer Kanvasseerder Bloom gehoor wat poog om aan te dring, te fersag, te weerhou. Di oomblik was te gunstig fir di fertoon fan daardi wydlopigheid wat di enigste band fan eenheid tussen so uiteenlopende gemoedere geblyk het. Elke fase fan di toestand is agtereenvolgens ontweid: di foorgeboortelike afkeer tussen broers uit dieselfde moederskoot, di keisersnee, nageborenheid ten opsigte fan di fader en, daardi seldsamer vorm, ten opsigte fan di moeder, di broedermoordsaak bekend as di Childs-moord en gedenkwaardig gemaak deur di hartstogtelike pleidooi fan Mijnheer Advokaat Bushe, wat di vryspraak fan di onregverdig beskuldigde ferseker het, di regte fan eersgeboorte en di koning se beloning ten aansien fan tweelinge en drielinge, miskrame en kindermoorde, geveins of ferbloem, di hartlose foetus in foetu en aprosopie weens 'n kongestie, di agnatie fan sekere kenlose Chinese (aangehaal deur Mijnheer Kandidaat Mulligan) as gevolg fan gebrekkige hereniging fan di kaakknoppe langs di middellyn, sodat (soos hy gese het) di een oor kon hoor wat di ander praat, di weldade fan narkose of skemerslaap, di ferlenging fan di barensweë in gevorderde swangerskap weens druk op di aar, di foortydige ontslag fan di vrugwater (soos in di onderhawige geval geïllustreer) met gevolglike gevaar fan sepsis fir di moederskoot, kunsmatige inseminasie deur middel fan spuite, di inkrimping fan di baarmoeder ná di menopouse, di vraagstuk fan di foortplanting fan di spesie in di geval fan vrouens wat deur misdadige ferkragting bevrug is, daardi ontstellende wyse fan ferlossing wat di Brandenburgers Sturzgeburt noem, di opgetekende gevalle fan meersadige, tweelinggeteelde en monsteragtige geboortes wat tydens di maandstonde of uit bloedverwante ouers ferwek is—in een woord al di gevalle fan menslike geboorte wat Aristoteles in sy meesterwerk met kromolitografiese illustrasies geklassifiseer het. Di ernstigste vraagstukke fan di ferloskunde en di geregtelike geneeskunde is met net soveel lewendigheid ondersoek as di gewildste volksgelowe aangaande di staat fan swangerskap, soos di ferbod aan 'n swanger vrou om oor 'n plaashekkie te stap, opdat di naelstring nie deur haar beweging haar skepseltjie sou ferwurg nie, en di foorskrif dat sy, in geval fan 'n hunkering wat vurig en vrugteloos gekoester word, haar hand moet lê teen daardi deel fan haar persoon wat langdurige gebruik as di setel fan tugtiging geheilig het. Di abnormaliteite fan hasielip, borsmoesie, oortollige vingers, negerkol, aarbeimerk en portwynvlek is deur een aangevoer as 'n prima facie en natuurlike hipotetiese ferklaring fir daardi varkkoppige (di geval fan Madame Grissel Steevens is nie fergeet nie) of hondharige kinders wat af en toe gebore word. Di hipotese fan 'n plasmiese geheue, foorgestel deur di Kaledoniese gesant en waardig aan di metafisiese tradisies fan di land wat hy ferteenwoordig het, het in sulke gevalle 'n stilstand fan di embrioniese ontwikkeling foorsien op een of ander stadium wat di menslike foorafgaan. 'n Uitheemse afgevaardigde het teen albei hierdi sienings, met soveel vuur dat dit byna oortuig het, di teorie gehandhaaf fan paring tussen vrouens en di mannetjies fan redelose diere, en sy gesag was sy eie ferklaring ter stawing fan fabels soos dié fan di Minotauros, wat di genie fan di elegante Latynse digter in di bladsye fan sy Metamorfoses aan ons oorgelewer het. Di indruk wat sy woorde gemaak het, was onmiddellik maar kortstondig. Dit is net so maklik uitgewis as wat dit opgeroep is, deur 'n toespraak fan Mijnheer Kandidaat Mulligan in daardi trant fan skertsery wat niemand beter as hy kon aanneem nie, waarin hy as di allerhoogste foorwerp fan begeerte 'n nette skoon ou man gepostuleer het. Terselfdertyd, nadat 'n vurige twis ontstaan het tussen Mijnheer Afgevaardigde Madden en Mijnheer Kandidaat Lynch oor di juridiese en teologiese dilemma wat geskep word ingeval een Siamese tweeling vóór di ander te sterwe kom, is di moeilikheid met wedersydse toestemming na Mijnheer Kanvasseerder Bloom ferwys fir onmiddellike foorlegging aan Mijnheer Koadjutor Diaken Dedalus. Hy, tot dusver stil, hetsy om deur 'n bonatuurlike erns di eienaardige waardigheid fan di gewaad waarmee hy beklee was, beter te toon, hetsy uit gehoorsaamheid aan 'n innerlike stem, het kortliks en, soos sommige gemeen het, pligshalwe di kerklike ferordening uitgespreek wat di mens ferbied om te skei wat God saamgevoeg het.
Maar Malachias se ferhaal het hulle begin laat ys fan afgryse. Hy het di toneel foor hulle oë opgetower. Di geheime paneel langs di skoorsteen het teruggeskuif en in di nis het ferskyn... Haines! Wi fan ons het nie gefoel hoe syn vel kruip nie! Hy het 'n portefeulje fol Keltiese letterkunde in di een hand gehad, in di ander 'n flessie gemerk Gif. Ferbasing, afgryse, walging was op alle gesigte geskilder terwyl hy hulle met 'n spookagtige grynslag aankyk. Ek het so 'n ontfangs ferwag, begin hy met 'n onaardse lag, waarfoor, so lyk dit, di geskiedenis te blameer is. Ja, dis waar. Ek is di moordenaar fan Samuel Childs. En hoe word ek gestraf! Di hel het geen ferskrikking fir my nie. Dit is di foorkoms wat op my is. Gits en gaats, hoe sal ek ooit rus kry, mompel hy dik, en ek wat al di tyd deur Dublin loop met my deel fan liedjies en hy agter my aan soos 'n soulth of 'n bullawurrus? Myn hel, en Ierland s'n, is in hierdi lewe. Dit is dit wat ek geprobeer het om myn misdaad uit te wis. Afleidings, kraaieskiet, di Ierse taal (hy het 'n bietjie opgese), laudanum (hy het di flessie na syn lippe gelig), kampeer in di oop lug. Tefergeefs! Syn spook sluip agter my aan. Net di pil maak my stil... Ag! Ferderf! Di swart panter! Met 'n kreet het hy skielik ferdwyn en di paneel het teruggeskuif. 'n Oomblik later het syn kop in di deur oorkant ferskyn en gese: Ontmoet my by Westland Row-stasie om tien oor elf. Hy was weg. Trane het uit di oë fan di losbandige gasheer gegulp. Di siener het syn hand na di hemel gelig en gemurmel: Di bloedwraak fan Mananaun! Di wyse het herhaal: Lex talionis. Di sentimentalis is hy wat wil geniet sonder om di ontsaglike skuldenaarskap fir 'n gedane ding aan te gaan. Malachias, oorweldig deur ontroering, het opgehou. Di geheim was ontsluier. Haines was di derde broer. Syn regte naam was Childs. Di swart panter was self di spook fan syn eie fader. Hy het dwelms gedrink om uit te wis. Fir hierdi ferligting baie dank. Di eensame huis by di kerkhof is onbewoon. Geen siel sal daar woon nie. Di spinnekop span haar web in di eensaamheid. Di nagtelike rot loer uit syn gat. 'n Vloek rus daarop. Dit spook. Moordenaarsgrond.
Wat is di ouderdom fan di siel fan di mens? Soos sy di deug fan di trapsoetjie het om haar kleur te ferander by elke nuwe nadering, om frolik te wees met di froliges en treurig met di neerslagtiges, so is ook haar ouderdom feranderlik soos haar gemoed. Leopold, soos hy daar sit en peins, en di herkouing fan herinnering kou, is nie langer daardi bedaarde agent fan reklame en houer fan 'n beskeie kapitaaltjie in di fondse nie. 'n Twintig jaar is weggewaai. Hy is jong Leopold. Daar, soos in 'n terugskouende rangskikking, 'n spieël binne 'n spieël (hokus-pokus, presto!), aanskou hy homself. Daardi jong figuur fan toe word gesien, foorlik manlik, terwyl hy op 'n bytende oggend fan di ou huis in Clanbrassil street af na di hoërskool stap, syn boeksak bandeliersgewys oor hom, en daarin 'n goeie homp koringbrood, 'n moeder se gedagte. Of dit is dieselfde figuur, 'n jaar of so later, in syn eerste harde hoed (ag, dit was 'n dag!), al op di pad, 'n folwaardige reisiger fir di familiefirma, toegerus met 'n bestelboek, 'n geparfumeerde sakdoek (nie net fir di wys nie), syn kissie blink snuisterye (helaas! 'n ding fan di ferlede nou!) en 'n pylkoker fol inskiklike glimlaggies fir hierdi of daardi half-gewonne huisfrou wat dit op haar fingerpunte uitreken, of fir 'n ontluikende maagd wat skamerig (maar di hart? se my!) syn ingestudeerde baisemoins erken. Di geur, di glimlag, maar, meer as dit, di donker oë en olierige foordrag, het met skemer menige bestelling huis toe gebring na di hoof fan di firma, wat ná soortgelyke arbeid met Jakob se pyp by di faderlike haard sit (’n maaltyd noedels, daarfan kan jy seker wees, is aan di warm word) en deur ronde horingbrilglase 'n koerant lees uit di Europa fan 'n maand tefore. Maar hokus-pokus, op di spieël word geasem en di jong dolende ridder wyk terug, krimp, slink tot 'n klyn stippeltjie binne-in di mis. Nou is hy self faderlik en hierdi rondom hom kon syn seuns wees. Wi kan se? Di wyse fader ken syn eie kind. Hy dink aan 'n motreënnag in Hatch street, naby di doeanepakhuise daar, di eerste. Saam (sy is 'n arme swerwerkind, 'n kind fan skande, joune en myne en almal s'n fir 'n kaal sjieling en haar gelukspennie), saam hoor hulle di swaar tred fan di nagwag terwyl twee reënmantelskaduwees by di nuwe koninklike universiteit ferbygaan. Bridie! Bridie Kelly! Hy sal nooit di naam fergeet nie, altyd di nag onthou: eerste nag, di bruidsnag. Hulle is ferstrengel in di onderste duisternis, di willer met di gewilde, en in 'n oomblik (fiat!) sal lig di wêreld oorstroom. Het hart na hart gespring? Nee, skone leser. In een asemteug was dit klaar, maar—wag! Terug! Dit mag nie wees nie! In doodsangs vlug di arme meisie weg deur di donkerte. Sy is di bruid fan di duisternis, 'n dogter fan di nag. Sy durf nie di sonnegoue kind fan di dag dra nie. Nee, Leopold. Naam en herinnering troos jou nie. Daardi jeugdige illusie fan jou krag is fan jou weggeneem—en tefergeefs. Geen seun fan jou lendene is by jou nie. Daar is nou niemand om fir Leopold te wees wat Leopold fir Rudolph was nie.
Die stemme meng en smelt saam in 'n bewolkte stilte: stilte wat die oneindigheid van die ruimte is: en snel, stil word die siel weggevoer oor streke van kringlope van geslagte wat geleef het. 'n Streek waar grys skemering altyd neerdaal, nooit val nie, op wye saliegroen weivelde, waar sy haar skemer uitstort en 'n ewige dou van sterre strooi. Sy volg haar moeder met lompe treë, 'n merrie wat haar vulletjie lei. Skemerskimme is hulle, maar tog gegiet in die profetiese grasie van gestalte, slanke welgevormde boude, 'n soepel peesagtige nek, die sagmoedige skrikkerige skedel. Hulle verdof, treurige skimme: alles is weg. Agendath is 'n woesteny, 'n woning van naguile en die sandblinde hoephoep. Netaim, die goue, is nie meer nie. En op die grootpad van die wolke kom hulle aan, met die mompelende donder van opstand, die geeste van die diere. Hoeuh! Hoor! Hoeuh! Parallax sluip agter hulle aan en drywe hulle voort, hy wie se voorhoof se deurborende weerligte skerpioene is. Eland en jak, die bulle van Basan en van Babel, mammoet en mastodon, hulle kom in troppe aangestap na die versonke see, Lacus Mortis. Onheilspellende wraakgierige leërskare van die diereriem! Hulle kerm terwyl hulle op die wolke verbytrek, horingdraers en steenbokhoringdraers, die getrompetteerdes met die slagtandiges, die leeugemaandes, die reusegewydes, snoeter en kruiper, knaagdier, herkouer en dikvel, hul hele bewegende kermende menigte, moordenaars van die son.
Voort na die dooie see stap hulle om te drink, onversadig en met afskuwelike slukke, die sout slaperige onuitputlike vloed. En die perdeteken groei weer, vergroot in die verlate hemele, ja, tot die grootte van die hemel self, totdat dit ontsaglik oor die huis van Virgo opdoem. En kyk, wonder van metempsigose, dit is sy, die ewige bruid, voorbode van die môrester, die bruid, altyd maagd. Dit is sy, Martha, jy verlorene, Millicent, die jonge, die liewe, die stralende. Hoe kalm rys sy nou op, 'n koningin onder die Sewester, in die voorlaaste uur voor die dagbreek, geskoei met sandale van blink goud, gekap met 'n sluier van hoe noem 'n mens dit nou gaas. Dit sweef, dit vloei om haar stergebore vlees en los stroom dit, smarag, saffier, mauve en heliotroop, gedra op strome van die koue wind tussen die sterre, kronkelend, krullend, sommer net swaaiend, wringend en wriemelend in die lug 'n geheimsinnige wriemelskrif, totdat dit, ná 'n duisendvoudige gedaanteverwisseling van teken, opvlam, Alfa, 'n robynrooi en driehoekige merk op die voorhoof van Taurus.
Francis het Stephen herinner aan jare gelede toe hulle in Conmee se tyd saam op skool was. Hy het gevra na Glaukon, Alkibiades, Peisistratos. Waar was hulle nou? Geeneen het geweet nie. Jy het van die verlede en sy skimme gespreek, sê Stephen. Waarom aan hulle dink? As ek hulle oor die waters van Lethe tot lewe roep, sal die arme skimme nie op my roepstem aangetrop kom nie? Wie veronderstel dit? Ek, Bous Stephanoumenos, bulbevriende bard, is heer en gewer van hul lewe. Hy het sy rondswerwende hare met 'n kroon van wingerdblare omkrans en vir Vincent geglimlag. Daardie antwoord en daardie blare, sê Vincent vir hom, sal jou beter pas wanneer iets meer, en veel meer, as 'n hoedvol ligte odes jou genie vader kan noem. Almal wat jou goed gesind is, hoop dit vir jou. Almal begeer om te sien dat jy die werk voortbring waaroor jy peins, om jou as Stephaneforos toe te juig. Ek wens van harte dat jy hulle nie sal teleurstel nie. O nee, Vincent, sê Lenehan en lê 'n hand op die skouer naaste aan hom. Moenie vrees nie. Hy kon tog nie sy moeder 'n weeskind laat nie. Die jongman se gesig het versomber. Almal kon sien hoe swaar dit vir hom was om aan sy belofte en aan sy onlangse verlies herinner te word. Hy sou hom van die feesmaal onttrek het as die geraas van stemme nie die steek versag het nie. Madden het vyf dragmes op Sceptre verloor, uit 'n gril oor die ruiter se naam: Lenehan nog soveel. Hy het hulle van die wedren vertel. Die vlag het geval en, hoeuh! weg, galop, die merrie het vars uitgehardloop met O. Madden in die saal. Sy het die veld gelei. Alle harte het geklop. Selfs Phyllis kon haar nie inhou nie. Sy het haar serp gewuif en geroep: Hoera! Sceptre wen! Maar in die regte stuk op pad huis toe, toe almal in noue orde was, het die donker perd Throwaway gelyk gekom, bygekom, haar verbygesteek. Alles was nou verlore. Phyllis het stilgebly: haar oë was treurige anemone. Juno, het sy uitgeroep, ek is vergaan. Maar haar minnaar het haar getroos en vir haar 'n blink goue kissie gebring waarin 'n paar ovaal suikerpruimpies gelê het, waarvan sy genuttig het. 'n Traan het geval: net een. 'n Bliksems fyn ruiter, sê Lenehan, is W. Lane. Vier wenners gister en drie vandag. Watter ruiter is soos hy? Sit hom op die kameel of die luidrugtige buffel, die oorwinning in 'n kort galop bly nog syne. Maar laat ons dit dra soos die ou gebruik was. Genade vir die ongelukkiges! Arme Sceptre! sê hy met 'n ligte sug. Sy is nie meer die vul wat sy was nie. Nooit, by hierdie hand, sal ons so 'n ander aanskou nie. By gad, meneer, 'n koningin onder hulle. Onthou jy haar, Vincent? Ek wens jy kon vandag my koningin gesien het, sê Vincent. Hoe jonk was sy en stralend (Lalage sou skaars skoon gewees het naas haar) in haar geel skoene en rok van moeselien, ek weet nie die regte naam daarvan nie. Die kastaiings wat ons beskadu het, was in bloei: die lug het swaar gehang van hul oorredende geur en van stuifmeel wat by ons verbydryf. In die sonnige kolle sou 'n mens maklik op 'n klip 'n bak van daardie bolletjies met Korintiese vrugte in kon gaargemaak het wat Periplipomenes in sy stalletjie naby die brug verkoop. Maar sy het niks vir haar tande gehad nie as die arm waarmee ek haar vasgehou het, en daaraan het sy ondeund geknabbel wanneer ek te na gedruk het. 'n Week gelede het sy siek gelê, vier dae op die rusbank, maar vandag was sy vry, lewenslustig, het met gevaar gespot. Sy is dan meer bekoorlik. Haar ruikers ook! Dol stoeiding wat sy is, sy het gepluk soveel sy wou terwyl ons saam agteroor gelê het. En in jou oor, my vriend, jy sal nie raai wie ons ontmoet het toe ons die veld verlaat nie. Conmee self! Hy het langs die heining geloop en gelees, glo ek, 'n brevier met, ek twyfel nie, 'n geestige briefie daarin van Glykera of Chloë om die bladsy te merk. Die liewe skepsel het alle kleure verskiet in haar verwarring en gemaak of sy 'n klein wanorde in haar drag regtrek: 'n stukkie ruigte het daar vasgeklou, want selfs die bome aanbid haar. Toe Conmee verby was, het sy na haar lieflike weerkaatsing gekyk in daardie spieëltjie wat sy saamdra. Maar hy was vriendelik gewees. In die verbygaan het hy ons geseën. Die gode is ook altyd vriendelik, sê Lenehan. As ek swak geluk gehad het met Bass se merrie, sal hierdie teug van hom my miskien gunstiger dien. Hy het sy hand op 'n wynkruik gelê: Malachi het dit gesien en sy handeling teruggehou, en na die vreemdeling en na die skarlaken etiket gewys. Behoedsaam, fluister Malachi, bewaar 'n druïde-stilte. Sy siel is ver weg. Dit is miskien net so pynlik om uit 'n visioen gewek te word as om gebore te word. Enige voorwerp, intens beskou, kan 'n poort van toegang word tot die onverganklike eon van die gode. Dink jy nie so nie, Stephen? Theosophos het my so vertel, antwoord Stephen, hy wat in 'n vorige bestaan deur Egiptiese priesters in die geheimenisse van die karmiese wet ingewy is. Die here van die maan, het Theosophos my vertel, 'n oranjevurige skeepsvrag van die planeet Alfa van die maanketting, wou nie die eteriese dubbelgangers aanneem nie, en hierdie is daarom deur die robynkleurige ego's van die tweede sterrebeeld vleesgeword.
Maar, om eintlik die waarheid te sê tog, die belaglike vermoede dat hy in 'n soort van 'n windstilte of iets was of gemesmeriseer, wat heeltemal te wyte was aan 'n misverstand van die oppervlakkigste aard, was glad nie die geval nie. Die persoon wie se gesigsorgane terwyl bogemelde aan die gang was, op hierdie tydstip begin het om simptome van lewe te toon, was net so skerp as nie skerper nie as enige lewende mens, en enigeen wat die teendeel vermoed het, sou homself baie gou-gou aan die verkeerde adres bevind het. Gedurende die afgelope vier minute of daaromtrent het hy styf gestaar na 'n sekere hoeveelheid nommer een Bass, gebottel deur mnre. Bass en Kie te Burton-on-Trent, wat toevallig tussen 'n klomp ander reg oorkant hom gestaan het en wat beslis bereken was om enigeen se opmerking te trek vanweë sy skarlaken voorkoms. Hy was eenvoudig en uitsluitlik, soos dit later aan die lig gekom het om redes wat hy self die beste ken, wat 'n heel en al ander kleur op die verrigtinge gesit het, ná die oomblik tevore se opmerkings oor kinderdae en die renbaan, besig om twee of drie private transaksies van sy eie te onthou waarvan die ander twee net so wedersyds onskuldig was as die ongebore kind. Uiteindelik het hulle twee se oë egter ontmoet, en sodra dit by hom begin daag het dat die ander een probeer om homself van die ding te bedien, het hy onwillekeurig besluit om hom self te help en het hy gevolglik die nek van die middelslag-glashouer vasgegryp wat die gesogte vloeistof bevat het, en 'n ruim gat daarin gemaak deur 'n klomp daarvan uit te skink met, ook terselfdertyd egter, 'n aansienlike mate van oplettendheid om nie enige van die bier wat daarin was oral rond te mors nie.
Die debat wat gevolg het, was in sy omvang en verloop 'n beknopte beeld van die lewensloop. Nóg plek nóg vergadering het aan waardigheid ontbreek. Die debatteerders was die skerpsinnigste in die land, die onderwerp waarmee hulle besig was die verhewenste en mees lewensbelangrike. Die hoë saal van Horne se huis het nog nooit 'n vergadering so verteenwoordigend en so verskeie aanskou nie, en die ou dakbalke van daardie inrigting het ook nog nooit na 'n taal so ensiklopedies geluister nie. 'n Dapper toneel het dit waarlik gebied. Crotthers was daar aan die voetenent van die tafel in sy treffende Hooglandse drag, sy gesig nog gloeiend van die brakkerige luggies van die Mull of Galloway. Daar ook, teenoor hom, was Lynch, wie se gelaat reeds die stigmata van vroeë verdorwenheid en ontydige wysheid gedra het. Langs die Skot was die plek aan Costello, die sonderling, toegewys, terwyl die plomp gestalte van Madden in onversteurbare rus aan sy sy gesit het. Die stoel van die inwonende geneesheer het wel leeg voor die vuurherd gestaan, maar aan weerskante daarvan het die figuur van Bannon in ontdekkingsreisigersmondering van tweedkortbroek en gesoute beesvelskoene skerp afgesteek teen die primulagele elegansie en stadsgekweekte maniere van Malachi Roland St John Mulligan. Laastens was daar aan die hoof van die tafel die jong digter wat 'n toevlug van sy arbeid van pedagogie en metafisiese ondersoek gevind het in die gesellige atmosfeer van Sokratiese bespreking, terwyl daar regs en links van hom plek gemaak is vir die ligsinnige voorspeller, vars van die renbaan, en daardie waaksame swerwer, besoedel deur die stof van reis en stryd en bevlek deur die modder van 'n onuitwisbare oneer, maar uit wie se standvastige en trou hart geen lokaas of gevaar of dreigement of vernedering ooit die beeld kon uitwis van daardie wellustige lieflikheid wat die besielde potlood van Lafayette vir eeue wat nog kom, afgeteken het.
Dit moet liewer hier en nou by die aanvang gestel word dat die verwronge transendentalisme waaraan die betoog van mnr. S. Dedalus (Div. Scep.) hom skynbaar taamlik erg verslaaf bewys, lynreg indruis teen aanvaarde wetenskaplike metodes. Die wetenskap, dit kan nie te dikwels herhaal word nie, handel oor tasbare verskynsels. Die man van die wetenskap moet, net soos die man in die straat, hardkoppige feite in die oë kyk wat nie weggeknip kan word nie, en dit so goed as wat hy kan verklaar. Daar mag, dit is waar, sommige vrae wees wat die wetenskap nie kan beantwoord nie – tans nie – soos die eerste probleem wat deur mnr. L. Bloom (Pubb. Canv.) voorgelê is in verband met die toekomstige bepaling van geslag. Moet ons die mening aanvaar van Empedokles van Trinakria dat die regter eierstok (die tydperk ná die menstruasie, beweer ander) verantwoordelik is vir die geboorte van seuns, of is die al te lank verwaarloosde spermatosoë of nemasperme die onderskeidende faktore, of is dit, soos die meeste embrioloë geneig is om te meen, soos Culpepper, Spallanzani, Blumenbach, Lusk, Hertwig, Leopold en Valenti, 'n mengsel van albei? Dit sou neerkom op 'n samewerking (een van die natuur se gunstelingmiddele) tussen die nisus formativus van die nemasperm aan die een kant en aan die ander kant 'n gelukkig gekose posisie, succubitus felix, van die lydende element. Die ander probleem wat deur dieselfde ondersoeker geopper is, is skaars minder lewensbelangrik: kindersterftes. Dit is interessant omdat, soos hy treffend opmerk, ons almal op dieselfde manier gebore word, maar almal op verskillende maniere sterwe. Mnr. M. Mulligan (Hyg. et Eug. Doc.) blameer die sanitêre toestande waarin ons grylongige burgers adenoïede, longkwale ens. opdoen deur die bakterieë in te asem wat in stof skuil. Hierdie faktore, het hy beweer, en die walglike skouspele wat ons strate bied, afskuwelike reklameplakkate, godsdienstige leraars van alle kerkgenootskappe, verminkte soldate en matrose, blootgestelde skeurbuiklyende koetsiers, die opgehangde karkasse van dooie diere, paranoïese oujongkêrels en onbevrugte duennas – hierdie, het hy gesê, is verantwoordelik vir enige en elke agteruitgang in die gehalte van die ras. Kalipedie, het hy voorspel, sou binnekort algemeen aanvaar word, en al die bevalligheid van die lewe, egte goeie musiek, aangename letterkunde, ligte wysbegeerte, leersame prente, gipsafgietsels van die klassieke beelde soos Venus en Apollo, artistieke gekleurde foto's van pryswenner-babas, al hierdie klein attensies sou dames wat in 'n besondere toestand verkeer, in staat stel om die tussenliggende maande op 'n uiters genotvolle wyse deur te bring. Mnr. J. Crotthers (Disc. Bacc.) skryf sommige van hierdie afsterwes toe aan buikbeserings in die geval van werksvroue wat aan swaar arbeid in die werkplek en aan huweliksdissipline in die huis onderwerp word, maar die oorgrote meerderheid verreweg aan verwaarlosing, privaat of amptelik, wat uitloop op die weggooi van pasgebore suigelinge, die praktyk van misdadige vrugafdrywing of op die gruwelike misdaad van kindermoord. Al is eersgenoemde (ons dink aan verwaarlosing) ongetwyfeld maar al te waar, is die geval wat hy aanhaal van verpleegsters wat vergeet om die sponse in die buikvliesholte te tel, te skaars om as norm te dien. Inderdaad, wanneer 'n mens daarna begin kyk, is die wonder dat soveel swangerskappe en bevallings so goed afloop as wat hulle doen, alles in ag genome en ten spyte van ons menslike tekortkominge wat die natuur dikwels in haar voornemens dwarsboom. 'n Vindingryke voorstel is die een wat deur mnr. V. Lynch (Bacc. Arith.) geopper is, naamlik dat sowel geboorte- as sterftesyfer, asook alle ander verskynsels van die evolusie, getybewegings, maanfases, bloedtemperature, siektes in die algemeen, alles, kortom, in die natuur se uitgestrekte werkplaas, van die uitdowing van een of ander afgeleë son tot die oopbloei van een van die tallose blomme wat ons openbare parke versier, onderworpe is aan 'n wet van getalle wat nog nie vasgestel is nie. Tog moet die eenvoudige reguit vraag waarom 'n kind van normaal gesonde ouers, en skynbaar 'n gesonde kind wat behoorlik versorg word, onverklaarbaar in die vroeë kinderjare beswyk (al doen ander kinders uit dieselfde huwelik dit nie), beslis, in die woorde van die digter, ons laat stilstaan. Die natuur, kan ons gerus wees, het haar eie goeie en dwingende redes vir alles wat sy doen, en na alle waarskynlikheid is sulke sterftes te wyte aan een of ander wet van vooruitlopendheid waarvolgens organismes waarin sieklike kieme hulle intrek geneem het (die moderne wetenskap het onweerlegbaar aangetoon dat net die plasmiese stof onsterflik genoem kan word) geneig is om op 'n al vroeër stadium van ontwikkeling te verdwyn, 'n reëling wat, hoewel dit pyn veroorsaak aan sommige van ons gevoelens (veral die moederlike), nietemin, meen sommige van ons, op die lange duur heilsaam is vir die ras in die algemeen deurdat dit sodoende die oorlewing van die sterkste verseker. Mnr. S. Dedalus (Div. Scep.) se opmerking (of moet dit 'n onderbreking genoem word?) dat 'n alledende wese wat met pluskwamperfekte onversteurbaarheid sulke veelsoortige voedselstowwe kan kou, sluk, verteer en klaarblyklik deur die gewone kanaal laat gaan as kankeragtige vroue uitgeteer deur baring, korpulente professionele here, om nie te praat van geelsugtige politici en bleeksugtige nonne nie, moontlik maagverligting sou vind in 'n onskuldige ligte maal van wankelkalf, onthul soos niks anders kon nie en in 'n baie onsmaaklike lig die neiging waarna hierbo verwys is. Ter verligting van dié wat nie so intiem vertroud is met die fynhede van die munisipale slagpale as wat hierdie sieklik ingestelde estetikus en embrio-filosoof, wat ten spyte van al sy aanmatigende verwaandheid in wetenskaplike sake skaars 'n suur van 'n alkali kan onderskei, hom daarop beroem om te wees nie, moet daar miskien gemeld word dat wankelkalf in die gemene taal van ons laerklas-drankhandelaars die kookbare en eetbare vleis van 'n kalf beteken wat pas van sy moeder gevalle het. In 'n onlangse openbare twisgesprek met mnr. L. Bloom (Pubb. Canv.) wat plaasgevind het in die gemeenskaplike saal van die Nasionale Kraamhospitaal, Holles Street 29, 30 en 31, waarvan, soos welbekend, dr. A. Horne (Lic. in Midw., F. K. Q. C. P. I.) die bekwame en gewilde meester is, het hy volgens ooggetuies glo gesê dat sodra 'n vrou die kat in die sak laat klim het ('n estetikus se toespeling, vermoedelik, op een van die mees ingewikkelde en wonderbaarlike van al die natuur se prosesse – die daad van geslagtelike gemeenskap), sy dit weer moet uitlaat of dit lewe gee, soos hy dit gestel het, om haar eie te red. Met gevaar vir haar eie, was die treffende teenwerping van sy gespreksgenoot, nie minder doeltreffend nie vanweë die gematigde en afgemete toon waarop dit gelewer is.
Intussen het die vaardigheid en geduld van die geneesheer 'n gelukkige accouchement teweeggebring. Dit was 'n lang, lang, vermoeiende tyd gewees vir pasiënt sowel as dokter. Alles wat chirurgiese vaardigheid kon doen, is gedoen en die dapper vrou het manmoedig meegehelp. Ja, sy het. Sy het die goeie stryd gestry en nou was sy baie, baie gelukkig. Hulle wat heengegaan het, wat ons voorgegaan het, is ook gelukkig terwyl hulle neerkyk en glimlag oor die aandoenlike toneel. Kyk eerbiedig na haar soos sy daar lê met die moederlig in haar oë, daardie smagtende honger na babavingertjies ('n lieflike gesig is dit om te sien), in die eerste bloei van haar nuwe moederskap, terwyl sy 'n stille dankgebed opsend na Een daarbo, die Algemene Eggenoot. En terwyl haar liefdevolle oë haar kleinding aanskou, wens sy net nog een seëning, om haar liewe Doady daar by haar te hê om haar vreugde te deel, om daardie stukkie van God se klei in sy arms te lê, die vrug van hul wettige omhelsinge. Hy is nou ouer (jy en ek mag dit fluister) en 'n ietsie krom in die skouers, maar in die maalkolk van die jare het 'n ernstige waardigheid gekom oor die pligsgetroue tweede rekenmeester van die Ulster Bank, College Green-tak. O Doady, geliefde van ouds, getroue lewensmaat nou, dit sal nooit weer wees nie, daardie verre tyd van die rose! Met die ou skuddinkie van haar mooi kop roep sy daardie dae terug. God! Hoe mooi nou deur die newel van die jare! Maar hul kinders staan in haar verbeelding om die bed gegroepeer, hare en syne, Charley, Mary Alice, Frederick Albert (as hy gelewe het), Mamy, Budgy (Victoria Frances), Tom, Violet Constance Louisa, liewe klein Bobsy (vernoem na ons beroemde held van die Suid-Afrikaanse oorlog, lord Bobs van Waterford en Kandahar) en nou hierdie laaste pand van hul verbintenis, 'n Purefoy as daar ooit een was, met die ware Purefoy-neus. Klein Hoopvol sal gedoop word as Mortimer Edward, na die invloedryke derde neef van mnr. Purefoy in die kantoor van die Treasury Remembrancer, Dublin Castle. En so sukkel die tyd voort: maar vader Kronion het hier saggies gehandel. Nee, laat geen sug uit daardie boesem breek nie, liewe sagte Mina. En Doady, klop die as uit jou pyp, die deurgerookte briar waarvan jy nog hou wanneer die aandklok vir jou lui (mag dit 'n verre dag wees!) en blaas die lamp dood waarby jy in die Heilige Boek lees, want die olie het ook min geword, en so met 'n geruste hart bed toe, om te rus. Hy weet en sal roep op Sy eie goeie tyd. Jy het ook die goeie stryd gestry en jou mansdeel getrou gespeel. Meneer, hier is my hand. Mooi so, goeie en getroue dienskneg!
Daar is sondes of (laat ons hulle noem soos die wêreld hulle noem) bose herinneringe wat die mens in die donkerste plekke van die hart wegsteek, maar hulle bly daar en wag. Hy mag hul herinnering laat verdof, hulle laat wees asof hulle nie gewees het nie en homself byna oortuig dat hulle nie was nie, of ten minste anders was. Tog sal 'n toevallige woord hulle skielik te voorskyn roep, en hulle sal opstaan om hom in die mees uiteenlopende omstandighede te konfronteer, 'n gesig of 'n droom, of terwyl tamboeryn en harp sy sinne sus, of te midde van die koel silwer stilte van die aand, of by die feesmaal, om middernag, wanneer hy nou vol wyn is. Nie om hom te hoon soos een wat onder haar toorn lê, sal die gesig kom nie, nie uit wraak om hom van die lewendes af te sny nie, maar gehul in die erbarmlike kleed van die verlede, stil, veraf, verwytend.
Die vreemdeling het op die gesig voor hom nog steeds 'n stadige terugwyking gadegeslaan van daardie valse kalmte daar, opgelê, so het dit geskyn, deur gewoonte of een of ander bestudeerde kunsgreep, op woorde so verbitterd dat dit by hul spreker 'n ongesondheid verraai, 'n flair vir die rouer dinge van die lewe. 'n Toneel maak hom los in die waarnemer se geheue, opgeroep, so wil dit voorkom, deur 'n woord van so 'n natuurlike huislikheid asof daardie dae werklik daar teenwoordig was (soos sommige gemeen het) met hul onmiddellike genietinge. 'n Geskeerde stuk grasperk op 'n sagte Meiaand, die welbekende bossie seringe by Roundtown, pers en wit, geurige slanke toeskouers van die spel, maar met baie werklike belangstelling in die balletjies soos hulle stadig vorentoe oor die grasmat rol of bots en stilhou, een teen sy maat, met 'n kort, wakker skok. En ginds om daardie grys urn waar die water soms in peinsende besproeiing beweeg, het jy nog 'n net so geurige susterskap gesien, Floey, Atty, Tiny en hul donkerder vriendin met ek weet nie wat van boeiends in haar houding toe nie, Ons Liewe Vrou van die Kersies, 'n bevallige paartjie daarvan wat aan 'n oor hang en die uitheemse warmte van die vel so fyntjies laat uitkom teen die koel gloeiende vrug. 'n Seuntjie van vier of vyf in linnewol (bloeityd, maar daar sal vrolikheid wees by die vriendelike haard wanneer die rolballe binnekort bymekaargemaak en weggebêre word) staan op die urn, beveilig deur daardie kring van meisiesagtige liefdevolle hande. Hy frons 'n bietjie, net soos hierdie jongman nou doen, met 'n miskien al te bewuste genot van die gevaar, maar moet tog af en toe kyk na waar sy moeder toekyk van die piazzetta wat op die blomtuin uitsien, met 'n flou skaduwee van afsydigheid of van verwyt (alles Vergängliche) in haar blye blik.
Let verder hierop en onthou. Die einde kom skielik. Gaan daardie voorportaal van die geboorte binne waar die leergieriges vergader is en let op hul gesigte. Niks, so lyk dit, daar van roekeloos of gewelddadig nie. Rustigheid van bewaking eerder, wat hul stand in daardie huis betaam, die waaksame wag van herders en van engele rondom 'n krip in Betlehem van Juda lank gelede. Maar soos voor die weerlig die aaneengeslote stormwolke, swaar van oorweldigende oormaat vog, in geswelde massas opgeblase uitgerek, aarde en hemel in een geweldige sluimering omvang, dreigend oor uitgedorde veld en lomerige osse en verskroeide groei van struik en groenigheid, totdat 'n flits in 'n oomblik hul middelpunte oopskeur en die wolkbreuk met die nagalm van die donder sy stortvloed uitgiet, so en nie anders nie was die gedaanteverwisseling, gewelddadig en oombliklik, by die uitspreek van die woord.
Burke's! slinger my heer Stephen uit, wat die kreet aanhef, en die hele hoop gespuis agter hom aan, haantjie, apie, wedskelm, pilledokter, stiptelike Bloom op die hakke, met 'n algemene gegryp na hoofdeksels, esseskrops, slagswaarde, panamahoede en skedes, Zermatt-bergstokke en wat nog al. 'n Dedaliese doolhof van fris jeug, edel elke student daar. Suster Callan, oorbluf in die gang, kan hulle nie keer nie, en ook nie die glimlaggende chirurg wat met die tyding van die nageboorte se afhandeling die trap afkom nie, 'n volle pond as dit 'n milligram is. Hulle hits hom aan. Die deur! Is dit oop? Ha! Hulle is uit, rumoerig, weg vir 'n minuut se wedloop, almal dapper op die bene, Burke's op die hoek van Denzille en Holles hul verdere doel. Dixon volg en gee hulle skerp taal, maar ruk tog ook 'n vloek uit, hy ook, en voort. Bloom bly 'n oomblikkie by die verpleegster agter om 'n vriendelike woord te stuur aan gelukkige moeder en suigeling daarbo. Dokter Dieet en Dokter Stilte. Lyk sy ook nie nou anders nie? Die waak in Horne se huis het sy verhaal vertel in daardie uitgewaste bleekheid. Toe almal weg is, met die hulp van 'n blik van moederwit, fluister hy kort in die weggaan: Mevrou, wanneer kom die ooievaar vir jou?
Die lug daarbuite is deurtrek van reëndouvog, hemelse lewensessens, glinsterend op Dublinse klip daar onder sterreblink coelum. God se lug, die Alvader se lug, vonkelende alomvattende wykende lug. Asem dit diep in jou in. By die hemel, Theodore Purefoy, jy het 'n manhaftige daad verrig en geen knoeiwerk nie! Jy is, ek sweer dit, die merkwaardigste verwekker, niemand uitgesonder, in hierdie kwetterende allesomvattende allermengelmoesigste kroniek. Verbysterend! In haar het daar 'n Godgeraamde Godgegewe voorafgevormde moontlikheid gelê wat jy met jou bietjie manswerk bevrug het. Kleef aan haar! Dien! Swoeg voort, werk soos 'n regte kettinghond en laat geleerdes en alle Malthusiaste gaan hang. Jy is al hulle pappas, Theodore. Sak jy ineen onder jou las, bemodder met slagtersrekeninge tuis en goudstawe (nie joune nie!) in die rekenkantoor? Kop op! Vir elke nuwe verwekte sal jy jou homer ryp koring insamel. Kyk, jou vag is deurweek. Beny jy Darby Dullman daar met sy Joan? 'n Skynheilige papegaai en 'n leepoog-straatbrak is al hulle nageslag. Sjuh, sê ek jou! Hy is 'n muil, 'n dooie buikpotige, sonder fut of uithouvermoë, nie 'n gebarste kreutzer werd nie. Paring sonder bevolking! Nee, sê ek! Herodes se kindermoord sou die ware naam wees. Groente, waarlik, en onvrugbare saamwoning! Gee haar biefstuk, rooi, rou, bloeiend! Sy is 'n grysharige pandemonium van kwale, geswelde kliere, pampoentjies, keelsweer, eelte, hooikoors, bedsere, omloop, swerfnier, Derbyshire-nek, vratte, galaanvalle, galstene, koue voete, spatare. Weg met klaagliedere en dodemisse en jeremiades en al sulke aangebore afsterwende musiek! Twintig jaar daarvan, moenie hulle betreur nie. By jou was dit nie soos by baie wat wil en sou en wag en nooit – doen nie. Jy het jou Amerika gesien, jou lewenstaak, en het gestorm om te dek soos die bison van oorkant die water. Hoe sê Zarathustra? Deine Kuh Trübsal melkest Du. Nun Trinkst Du die süsse Milch des Euters. Kyk! dit bars in oorvloed vir jou oop. Drink, man, 'n uiervol! Moedersmelk, Purefoy, die melk van menslike goedgeslagtigheid, melk ook van daardie ontluikende sterre daarbo, rooiglansend in dun reëndamp, ponsmelk, soos dié wat daardie rumoermakers in hul suiphol sal wegslaan, melk van waansin, die heuningmelk van die land Kanaän. Jou koei se speen was taai, wat? Ja, maar haar melk is warm en soet en vetmakend. Geen slap klodder dié nie, maar dik ryk dikmelk. Op haar af, ou aartsvader! Pap! Per deam Partulam et Pertundam nunc est bibendum!
Almal weg vir 'n jol, arm-in-arm, skreeuend in die straat af. Bona fides. Waa' het djy laas nag geslaap? Timothy van die gedeukte halfjack. Soos die blerrie duiwel. Enige sambrele of gumboots in die famielie? Waa's die Henry Nevil se sawbones en ou klere? Ek wiet nie 'n moer nie. Hoera daar, Dix! Vorentoe na die linttoonbank. Waa's Punch? Alles kief. Jirre, kyk die dronk dominee wat uit die kraamhospitool kom! Benedicat vos omnipotens Deus, Pater et Filius. Gee 'n sent, mister. Die Denzille Lane-laaities. Hel, vrek julle! Skoert. Reg so, Isaacs, stamp hulle uit die bleddie kalklig. Julle join ons, liewe meneer? Glad g'n hinbraak nie. Lou baie goeie man. Al-dieselle dié klomp. En avant, mes enfants! Skiet los, nommer een op die kanon. Burke's! Burke's! Daarvandaan het hulle vyf parasange opgeruk. Slattery se berede voetvolk. Waa's daai bleddie otteur? Dominee Steve, die afvalliges se geloofsbelydenis! Nee, nee, Mulligan! Agteruit daar! Stoot aan. Hou die klok dop. Uitsmyttyd. Mullee! Wat makeer jou? Ma mère m'a mariée. Britse Saligsprekinge! Retamplatan digidi boumboum. Die ja's het dit. Gedruk en gebind te word by die Druïdedrom-pers deur twee slinkse vroumense. Kalfsleerbande van gepisgroen. Laaste woord in kunskleure. Mooiste boek wat in my tyd uit Ierland gekom het. Silentium! Skud 'n been. Aandag. Marsjeer na naaste kantien en annekseer daar drankvoorrade. Mars! Tramp, tramp, tramp, die boys (houding!) dorsjeer. Bier, biefstuk, besigheid, bybels, bulhonde, bombardeerskepe, boggery en biskoppe. Of dit op die hoë galg is. Bier, biefstuk, vertrap die bybels. Wanneer vir Ierlandlief. Vertrap die vertrappers. Donderweer! Hou die verdomde milletêre pas. Ons val. Biskoppe se suipkis. Halt! Gaan lê by. Rugby. Skrum in. Nie buitekant toe skop nie. Eina, my toontjies! Seergekry? Verskriklik verbasend jammer!
Vraag. Wie staan vir dié jol hie'? Trotse eienaar van fokkol. Verklaar misère. Wed tot by die toue. Ek nantee saltee. Nie 'n rooi duit by my die afgelope week nie. Joune? Mede van ons vaders vir die Übermensch. Dittoo. Vyf nommer eens. Djy, meneer? Gemmerkordiaal. Haai jinne, die huurkoetsier se slaapdrankie. Prikkel die kalorie. Opwen van sy tikker. Kortweg gaan staan om nooit weer te loop toe die ou. Absint vir my, verstaan djy? Caramba! Vat 'n eiernog of 'n prêrie-oester. Vyand? Oompie het my uurwerk. Tien voor. Verskriklik verplig. Nie te danke nie. Het 'n borskasbesering, nè, Dix? Posetief waar. Gestiek deu' 'n hommelbôj toe hy in sy tuintjie sit en slaap'it. Woon daar bo naby die Mater. Gehaak is hy. Ken djy sy dona? Ja, sowaar ek doen. So breed soos 'n deur. Sien haar in haar desjebiellie. Skil af, 'n kredietpunt. Liefie liefietjie. Niks van jou maer koeie nie, nie veel nie. Trek die blinding af, skat. Twee Ardilauns. Dieselfde hie'. Maak gou. As jy val, moenie wag om op te staan nie. Vyf, sewe, nege. Lekker! Het 'n prima paar kykers, no kidding. En sy vat my na rus en haar anker rum. Moet gesien word om geglo te word. Jou honger oë en heelbepleisterde nek het my hart gesteel, o lympot. Meneer? Aartappel teen die rumatiek? Alles twak, djy sal my verskoon dat ek dit sê. Vir die hoi polloi. Ek vriet djy's 'n grote gek. Nou, dok? Terug van Lapland? Jou korporositeit sagasieer O K? Hoe gaan dit met die squaws en papoeses? Vroumens nou op die strooi gegaan? Staan en lewer. Wagwoord. Daar's hare. Ons s'n die wit dood en die rooi geboorte. Hei! Spoeg in jou eie oog, baas! Mommer se telegram. Afgeskryf uit Meredith. Gejesuïtiseerde, georgideerde, polisimiese jesuïet! Tannie myne skryf vir Pa Kinch. Stoutstout Stephen lei soetsoet Malachi op 'n dwaalspoor.
Hoerê! Gryp die bal, laaitie. Rond mit die nappie. Hie', Jock, fraai Hooglander, daar's jou garsbrou. Lank mag jou skoorsteen rook en jou koolpot kook! My drankie. Merci. Op ons. Hoe's daai? Been voor paaltjie. Moenie my splinternuwe sitbroek vlek nie. Gee 'n skud pieper, djy daar. Kry hou. Karwy-saad om weg te karwei. Snap djy? Gille van stilte. Elke outjie na sy deftige cherrie. Venus Pandemos. Les petites femmes. Stout slegte meisie van die dorp Mullingar. Sê vi' haa' ek't na haa' gevraag. Hou Sara aan die pens vas. Op die pad na Malahide. Ek? As sy wat my verlei het maar net die naam gelos het. Wat wil djy hê vir negepennie? Machree, macruiskeen. Vuil Moll vir 'n matrasdansie. En almal saam trek. Ex!
Wag djy, baas? Allerafvalligste. Wed jou stewels daarop. Soort van verstom, siende dat daar g'n blinkers aankom nie. Verstruikstaan djy? Hy't die klinkers ad lib. Het amper drie pon' op hom gesien 'n ruk gelede wat hy gesê het syne is. Ons kom reg in op djou uitnodiging, sien? Djou saak, maatjie. Uit met die pitte. Twee bob en 'n tiekie. Het djy daai streek gelee' by daai Franse skelms? Sal nie hie' was nie, glad nie, nooit. Klein kind baie jammel. Ek's die oulikste coon hie' by ons kant. God se waarheid, Chawley. Ons is nie gesuip nie. Ons is nie só gesuip nie. Au reservoir, mossoo. Tenks djou.
Is so, seker. Wat sê djy? In die smokkelkroeg. Poegaai. Ek shien djou, meshneer. Bantam, twee dae droog. Suip niks as klaret nie. Ag gaan! Kyk 'n slag, toe. Gits, ek's gedaan. En by die barbier was hy al. Te vol vir woorde. Met 'n spoorweg-ou. Hoe kom djy so? Opera waarvan hy sal hou? Rose of Castile. Rye van gietyster. Polies! 'n Bietjie H2O vir 'n heer wat flou geword het. Kyk na Bantam se blomme. Gemini. Hy gaan skree. Die colleen bawn. My colleen bawn. O, los dit! Druk sy bleddie bakoond toe met 'n ferm hand. Het vandag die wenner gehad totdat ek hom 'n doodsekere tip gegee het. Die duiwel vat die kop van Stephen Hand wat my die moeë perdjie aangesmeer het. Hy kry 'n telegramseun, paddock-draad, grootkop Bass na die depot. Druk hom 'n tiekie in die hand en grahamiseer. Merrie op vorm, warm bestelling. 'n Ghienie teen 'n appelliefie. Vertel 'n kluitjie, dit. Evangeliewaar. Misdadige afleiding? Ek dink dat ja. Sure thing. Sal hom in die tjoekie laat beland as die gattes die speletjie uitvang. Madden wed op Madden, Madden se wed maak mal. O lus, ons toevlug en ons sterkte. Hy smeer. Moet djy gaan? Weg na mammie toe. Staan nader. Iemand, steek my bloos weg. Alles verby as hy my raaksien. Kom huis toe, ons Bantam. Orrevwar, mong vjoe. Moenie die sleutelblommetjies vir haarself vergeet nie. Konfiedensieel. Wie't djou daai vul gegee? Pel tot pel. Eerlikwaar. Van John Thomas, haar eggenoot. Nie gekul nie, ou Leo. So help my, regtig waar. Mag my planke bewe as ek het. Daar's 'n groot dik heilige monnik. Vaarom djy my nie sê nie? Nu, sê ek, as dit nie 'n sheeny nachez is nie, nu, dan kry ek misha mishinnah. Deur jou, ons Here, Amen.
Stel djy 'n mosie voor? Steve ou boet, djy gaan hom. Nog bleddie drinkgoed? Sal hoogs uitspattigprag standhouer toelaat dat een student van uiterste armoede en een grootmaat-grandiose dors een duur ingehuldigde plengoffer beëindig? Gee 'n blaaskans. Kroegbaas, kroegbaas, het djy goeie wyn, staboo? Hoots, man, 'n klein drappie om te proe. Sny en kom weer. Reg. Boniface! Absint vir die hele spul. Nos omnes biberimus viridum toxicum diabolus capiat posterioria nostria. Sluitingstyd, menere. Hè? Room-dop vir die Bloom-larny. Hoor ek jou uie sê? Bloo? Bedel advertensies. Fotomeisie se pappie, by alles wat pragtig is. Speel laag, pêl. Glip weg. Bonsoir la compagnie. En strikke van die pokkeduiwel. Waa's die bok en Namby Amby? Skelm weg? Met die bene borg gestaan. Nou ja, djy moet maar jou pad gaan. Skaakmat. Koning na toring. Vriendlike Kristin wil djy jong man help hoos vrind bungalo sleuttel gevat het om plek te kry waar om kroon van sy kop 2 nag neer te lê. Jissis, ek's amper geskiet. Ewig verdomp my skene as dit nie die bestste mooiste langbreek tot nog toe is nie. Item, kroegman, 'n paar koekies vir hierdie kind. Kot se ploed en prandewynpalle, niks! Nie 'n pyt sjees nie? Stoot sifilis af hel toe en saam met hom daardie ander gelisensieerde geeste. Tyd, menere! Wat deur die wêreld dwaal. Gesondheid almal! À la vôtre!
Gits, wat de hel is daai ou in die macintosh? Dusty Rhodes. Loer na sy klere. By die magtig! Wat het hy? Jubileum-skaapvleis. Bovril, by James. Wil dit baie erg hê. Ken djy kaalsokkies? Verslonsde vent in die Richmond? Rawwerig! Het gedink hy het 'n neerslag lood in sy penis. Prulwaansin. Bartle die Brood noem ons hom. Dit, meneer, was eens 'n welvarende burger. Man verflenter en verskeur wat 'n maagd getrou het heel verlate en vertreur. Het die hasepad gekies, sy het. Hier sien verlore liefde. Wandelende Macintosh van die eensame kloof. Eet en kruip in. Skeduletyd. Nix vir die gattes. Ekskuus? Hom vandag gesien by 'n grabefnis? Pel van djou wat sy kaarte ingegee het? Lieweheretjie! Arme piccaninnies! Djy gaan my mos nie dit vertel nie, Pold veg! Het ou boetie grootplas-huiltrane gegrens want vriend Padney is in swart sak weggevat? Van al die darkies was Massa Pat die allerbeste. Ek het nog nooit so iets gesien vandat ek gebore is nie. Tiens, tiens, maar dit is wel droewig, dit, my geloof, ja. O, kom, rev op 'n helling een in nege. Lewendige-as-aandrywing is gesoup. Wed djou twee teen een Jenatzy klop hom bleddie hol. Jappies? Hoëhoekvuur, inyah! Gesink deur oorlogspesiale. Sal erger wees vir hom, sê hy, as enige Roesiaan. Tyd almal. Daar's elf van hulle. Trap julle. Voorwaarts, dronk waggelaars! Nag. Nag. Mag Allah die Uitnemende jou siel vannag ewig geweldig bewaar.
Julle aandag! Ons is nie só gesuip nie. Die Leith-polisie stuur ons huis toe. Die liess tolisie. Pas op vir die valke vir die ou wat kots. Onwel in sy abominale streke. Joeka. Nag. Mona, my ware liefde. Joek. Mona, my eie liefde. Oek.
Luister! Hou jou obstrapolus toe. Pflaap! Pflaap! Brand aan. Daar gaan sy. Brandweer! Draai skip. Mount Street se kant. Hardloop! Pflaap! Tally ho. Kom djy nie? Hol, skarrel, jaag. Pflaaaap!
Lynch! Hè? Teken aan saam met my. Denzille Lane hierlangs. Oorklim hier vir Hoerhuis. Ons twee, het sy gesê, sal die kaaie soek waar skaduryke Mary is. Reg so, enige ou tyd. Laetabuntur in cubilibus suis. Kom djy saam? Fluister, wie de roet-hel is die ou in die swart klere? Sjuut! Gesondig teen die lig en selfs nou is daardie dag op hande wanneer hy sal kom om die wêreld deur vuur te oordeel. Pflaap! Ut implerentur scripturae. Sit 'n ballade in. Toe spreek uit mediese Dick tot sy kameraad mediese Davy. Christikel, wie's hierdie strontgeel evangelis op die Merrion-saal? Elia kom! Gewas in die bloed van die Lam. Kom aan, julle wynbruisende, jenewersissende, drankslukkende bestaantjies! Kom aan, julle verdomde, bulnekkige, kewerbrouige, varkkakebeen-, grondboontjiebrein-, weselogige bluffers, vals alarms en oortollige bagasie! Kom aan, julle drievoudige ekstrak van skande! Alexander J. Christ Dowie, dis my naam, wat byna die helfte van hierdie planeet na die heerlikheid toe opgeruk het, van Frisco-strand tot Wladiwostok. Die Godheid is g'n nikkel-en-dime-boemelvertoning nie. Ek sê vir julle Hy is op die square en 'n bliksems fyn besigheidsvoorstel. Hy's die grootste ding nog en moenie dit vergeet nie. Skree verlossing in Koning Jesus. Djy sal verbrands vroeg moet opstaan, djy sondaar daar, as djy die Almagtige God wil kul. Pflaaaap! Nie half nie. Hy het 'n hoesmengsel met 'n skop daarin vir jou, my vriend, in sy agtersak. Probeer dit net.
"Deshil Holles Eamus": Iers deiseal (sonsrigting, regs om – 'n gelukbringende draai), Holles street (waar die National Maternity Hospital is) en Latyn eamus ("laat ons gaan"). "Horhorn" is dr. Andrew Horne, hoof van die kraamhospitaal; "Hoepsa boetieboet" is die vroedvrou se uitroep by die geboorte van 'n seun.
Homeriese skakel: in die Odyssee (boek 12) slag Odusseus se manne die heilige beeste van die songod Helios en word daarvoor gestraf. Hier is die "sonde" die spot met vrugbaarheid en geboorte; die donderslag is die god se teken.
Joyce boots in hierdie hoofstuk die hele geskiedenis van Engelse prosa na, van Latynse prosa en Angel-Saksiese allitererende verse tot Malory, die Elizabethane, Bunyan en Pepys se dagboek. Die vertaling volg die geskiedenis van Afrikaans en sy voorganger: plegtige Latynagtige prosa, Middelnederlands (die Elckerlijc is die Nederlandse Everyman), die Statebybel van 1637 en die VOC-dagboek.
effectu secuto: "as die gevolg intree". Omnis caro ad te veniet: "alle vlees sal na U kom" (Ps. 65). omnipotentiam deiparae supplicem: "die smekende almag van die Godbaarster". Ut novetur sexus omnis corporis mysterium: "dat die geslag vernuwe word, die geheimenis van die hele liggaam". Orate, fratres, pro memetipso: "bid, broeders, vir my self".
vergine madre, figlia di tuo figlio (Italiaans, Dante): "maagd en moeder, dogter van jou seun". Die Frans: "omdat mnr. Léo Taxil ons vertel het dat dit die heilige duif was wat haar in daardie verdomde posisie gesit het, by God se maag!" Taxil was 'n Franse spotter met die Kerk. Entweder … oder (Duits): "óf … óf".
"Beau Mount ende Lecker": Joyce se woordspel op Beaumont en Fletcher (Fletcher – "lecher", wellusteling). "Fransche letteren" is by Joyce "French letters", Engelse sleng vir kondome; "Osstert" is Oxford ("Oxtail").
"Vogel-in-die-Hant" en "Tien-in-die-Lucht": by Joyce Bird-in-the-Hand en Two-in-the-Bush, uit Bunyan se The Pilgrim's Progress en die spreekwoord; hier die Afrikaanse/Nederlandse vorm van dieselfde spreekwoord. Etienne chanson (Frans): "Stephen se liedjie".
Malachi Mulligan is "jonge Malachi"; "heer Simon" is Simon Dedalus, Stephen se pa. Mr Justice Fitzgibbon, Tim Healy, George Moore en George Russell (AE) was bekende Dubliners van 1904.
Mort aux vaches (Frans): "Dood aan die koeie" – in Franse sleng ook "dood aan die polisie". Die bulverhaal is 'n satire in die trant van Swift: die pouslike bul Laudabiliter (1155) van pous Adrianus IV (Nicholas Breakspear, die enigste Engelse pous) het Ierland aan Hendrik II gegee; "lord Harry" is Hendrik VIII, wat met Rome gebreek en homself koning van Ierland verklaar het.
Die Latyn: "So groot en so erg is die bederf van hierdie eeu, o burgers, dat ons huismoeders die wellustige gekielie van enige Libiese halfman verre verkies bo die swaar testikels en verhewe ereksies van Romeinse hoofmanne."
Omphalos (Grieks): naeltjie – die heilige steen by Delphi wat as die middelpunt van die wêreld gegeld het; Mulligan noem die toring in hoofstuk 1 ook so.
Die Efesiese matrone: 'n weduwee in Petronius se Satyricon wat by haar man se graf deur 'n soldaat verlei word. Sturzgeburt (Duits): stortgeboorte, 'n baie vinnige bevalling.
Die Childs-moord: in 1899 is Samuel Childs van Dublin aangekla dat hy sy bejaarde broer vermoor het; sy advokaat Seymour Bushe het hom vrygepleit. Mananaun (Manannán mac Lir) is die Keltiese seegod; Lex talionis (Latyn): die wet van vergelding, oog vir oog.
Die style in hierdie deel volg Joyce se Engelse prosa van Swift, Addison en Steele, Sterne, Goldsmith, Burke, Junius en Gibbon tot die Gotiese roman en Charles Lamb; ons spieël dit in Kaapse Hollands en die vroeë Afrikaans van Di Patriot (1876), met spelling soos di, fan en fir.
Hierdie deel boots agtereenvolgens die prosa na van De Quincey (die droomvisioen), Landor, swak koerantprosa, Macaulay, Huxley se wetenskapstyl, Dickens, Newman, Pater, Ruskin en Carlyle; dan breek die taal uiteen in dronk kroegsleng van allerlei dialekte en eindig in Amerikaanse evangelistestyl.
Agendath Netaim (Hebreeus, "plantersmaatskappy") is die Sionistiese plantasie-advertensie wat Bloom in hoofstuk 4 gelees het. Lacus Mortis (Latyn): "Meer van die Dood", 'n vlakte op die maan. Die rooi driehoek is die handelsmerk op Bass-bier se etiket.
Bous Stephanoumenos (Grieks): "Stephen die bul, gekroonde os"; Stephaneforos: "kroondraer". Throwaway is die buitestaanderperd wat die Goue Beker gewen het; Sceptre was die gunsteling.
Lord Bobs: lord Roberts, Britse opperbevelhebber in die Anglo-Boereoorlog wat in 1900 Bloemfontein en Pretoria ingeneem het.
alles Vergängliche (Duits, Goethe se Faust): "alles wat verganklik is". Zarathustra (Nietzsche): "Jy melk jou koei Bedroefdheid. Nou drink jy die soet melk van die uier." Per deam Partulam et Pertundam nunc est bibendum (Latyn): "By die godin Partula en Pertunda, nou moet ons drink" – Romeinse godinne van die bevalling en die ontmaagding.
Latyn in die kroeg: Benedicat vos omnipotens Deus, Pater et Filius: "Mag die almagtige God julle seën, die Vader en die Seun"; Nos omnes biberimus...: kombuislatyn vir "Ons sal almal die groen gif drink, mag die duiwel ons agterstewe vat"; Laetabuntur in cubilibus suis: "Hulle sal jubel op hul legplekke" (Ps. 149); Ut implerentur scripturae: "sodat die Skrifte vervul sou word".
Frans: En avant, mes enfants: "Vorentoe, my kinders"; Ma mère m'a mariée: "My ma het my laat trou"; Bonsoir la compagnie: "Goeienaand, geselskap"; À la vôtre: "Op julle gesondheid"; Tiens, tiens: "Kyk, kyk". Rose of Castile is 'n opera; die raaisel speel op "rows of cast (iron)", rye gietyster, oftewel 'n spoorlyn.
Alexander J. Dowie: Skots-Amerikaanse gebedsgenesingsprediker wat homself die teruggekeerde profeet Elia genoem het. Machree (Iers): "my hart"; sheeny is 'n Engelse skimpwoord vir 'n Jood; nachez en misha mishinnah (Jiddisj, verbaster): "vreugde" en "'n gewelddadige dood".