Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 1

Proloog

Die Ou Vrou vertel
PROLOOG
[Ou Vrou verskyn]
OU VROU:
Wat is 'n volk?
Uit stof en stof-in-tyd is ons gemaak:
Boere en knegte, trein-masjiniste,
passers, laboratorium-assistente,
motoriste, meisies in swemklere,
bestuurders, direkteure en rekenmeesters,
meisies op voorblaaie en agter
op motorfietse; anoniem: 'n massa,
maar elkeen met sy naam en eie aard,
elkeen met sy kiesheid, wat 'n kuisheid kan word.
En stof-in-oordeel? Goeies, slegtes, dapperes –
dapperes en banges – niemand
heilig voor God nie, maar
almal sondaars:
Van die slegtes soms verloste sondaars;
van die goeies soms hovaardig op hul goed-
heid en hul strewe;
geen dappere altyd dapper,
en banges soms tog bang om bang te wees.
Ja, stof is ons – uit sulke stof gemaak.
En stof-in-tyd: 'n groot tyd
toe ons volk gesif is, of gebrei,
of bo die loutervlamme gelaat brand,
maar geen volk het ooit rus van loutervlamme.
[Ou Vrou beweeg oor na syvlak van waar sy haar vertelling as grootmoeder sal doen. Sy tel 'n familie-album op wat sy deurblaai en roep die jong Marthinus na haar toe. Hierdie jong man aan wie sy die geskiedenis vertel, sien die gehoor nooit. Grootmoeder praat met hom asof hy by haar sit. Die syvlak kan 'n stoep voorstel. Daar is 'n stoel of bank, verder 'n klein lae tafeltjie waarop die album kan lê]
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…