Hoofstuk 24
Op jou tone
Wie op sy tone staan, staan nie vas nie.
Wie te groot treë gee, kom nie ver nie.
Wie homself wys, word nie gesien nie.
Wie volhou dat hy reg is, word nie geglo nie.
Wie spog, kry geen erkenning nie.
Wie verwaand is, hou nie lank nie.
Wie te groot treë gee, kom nie ver nie.
Wie homself wys, word nie gesien nie.
Wie volhou dat hy reg is, word nie geglo nie.
Wie spog, kry geen erkenning nie.
Wie verwaand is, hou nie lank nie.
Vir die Weg is dit soos oorskietkos en 'n onnodige geswel.
Almal kry 'n afkeer daarvan.
Daarom bly wie die Weg het, weg daarvan.
Almal kry 'n afkeer daarvan.
Daarom bly wie die Weg het, weg daarvan.