Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 2

Die inval

gerardo
Waarom skrywe ek hierdie dagboek — hierdie nagboek? Is dit uit ydelheid — soos dagboeke meestal geskryf word? Vir bewondering na my dood? Dis moontlik; want, ja, my dood op hierdie avontuur bly altyd moontlik. (Dit glimlaggend)
Ek is soldaat. Vir my vyand is ek rebel. En al sou ons nog vir hom genade hê — sou hy vir ons?
Dis die aand na ons eerste geveg. En ek leef nog; werklik: ek is nog veilig en skryf hier aan ’n dagboek. (Hy begin skrywe)
Ons het vanmêre die hawestad Vera Cruz aangeval en sonder moeite ingeneem.
Hier in terugflits enkele verspreide geweerskote, naby en ver; stoomfluite van skepe in die hawe. Kommandobevele in die verte: onverstaanbaar. Bietjie marsgeluide.
Net ’n paar skote hier en daar. Dit het eintlik te maklik gelyk. Elke manskap van ons het sy werk geweet en sy posisie gevat. As ek wou spog, sou ek sê: goeie beplanning deur ons. Maar: hoe kon dit anders? Ons ken hierdie stad soos ons eie hand — al het die meeste van ons vyf jaar gelede hieruit vir Lobos gevlug.
Vir Lobos se regering is ons inval klaarblyklik ’n verrassing. Daar was geen teenstand: feitlik geen Lobos-troepemag nie; en die Lobos-mense, het hulle spoorloos verdwyn? Gaan die bevolking ons steun? Ons weet dit nie.
Ons het deur die hoofstraatjie afmarsjeer.
Geluid van manne wat marsjeer en sing. Skraal marsmusiek. Af en toe skraal geluid van mense wat toejuig.
Die mense is seker bang om nóú al voluit te juig. Maar ons was so vrolik; ek het byna nie kon glo dat ek vyf jaar weg was nie.
Aan die skraal gejuig en aan die bang gesigte van die mense langs die straat kon ek sien dat hulle vyf jaar van Lobos se yster-diktatuur leer ken het. (Mens sê mos glo altyd: “yster-diktatuur”’?) Maar óns: ons weet: ons bring weer vryheid en geluk vir almal. Vir Almal.
Sterker die marsgeluid en die vrolike musiek; dit gaan weer oor in die Dagboek-tema.
Eerste, ná ek ’n oomblik los was, is ek na my ouers se huis toe. Moeder het oopgemaak.
Geklop, vrolik; ’n aarseling. Moeder praat eers byna in ’n fluisterstem, maar dringend.
moeder
Dag, my kind, dag, my kind. Gerardo. Gerardo. Gerardo. Jy is terug. Jy's veilig terug.
gerardo
(Vrolik) En ons gaan bly hier, Moeder. Ons laat ons nie weer wegja nie. Dis Lóbos wat sal moet trap.
moeder
Moenie praat nie. Moenie hard praat nie. Moenie name noem nie, Gerardo. Kom binne.
moeder
Hoe gaan dit met jou, my kind?
gerardo
Waar is Vader?
moeder
Moenie vra nie! Moenie name vra nie, Gerardo.
gerardo
Maar Moeder, ons kom al dié ellende wegvéég van hierdie eiland van ons af.
moeder
Ja, ja, ja. Moet net geen name noem nie. (Fluisterend) Gaan ons nou wéér ons drie motors hê — as ons bevry word?
gerardo
(Nog vrolik) Mammie! Niemand moet drie motors hê nie. Dis ydelheid. Ek ry met Dapper en Stapper!
moeder
Maar jou vader is 'n buitengewone mens! Hy kan drie motors hê!
Die eerste note van die Dagboek-tema.
gerardo
Hulle het van my moeder ’n ander, vreemde soort mens gemaak. Vroeër so trots, nou so bang. En: weer drie motors! Ons hoër stand was te ryk! Dis dáárom. (Praat met moeder)
Waar is Vader? Is Vader hier?
moeder
Moenie jou vader se naam hardop sê nie!
gerardo
Ag kom, Moeder, dis áls tog nou veilig. Waar is Vader?
moeder
Hy's in die hoofstad. Hy is náby Lobos.
gerardo
Ek dag dit: hy sal ons sentráál lei, al is dit gevaarlik. Tot siens, liewe Moeder. (Vol bewondering) In die hoofstad! In die gevaar. Vandaar af sal hy ons leiding gee! Eerste note van die Dagboek-tema gaan oor tot die geluide van marsjerende troepe, marsmusiek en bietjie af-en-toe gejuig.
’n Alarmklok het vér tussendeur begin lui.
Word Lobos wakker?
Sirenes. Hulle trek uit die buitewyke weg. Maar bomme het hier en daar by ons skepe begin val.
Bomontploffings, ver.
Lobos moet darem seker nog versigtig wees. Hy kan nie sommer ons stad bombardeer nie: Sy eie ondersteuners is nog oral tussen ons deur. Dit is tot dusver ons redding.
Ons deel wapens uit aan die bevolking.
stemme
Ja, gee maar!
Vir my! Hier ook een!
gerardo
Armoedig min wapens het ons. Maar jongmense gryp dit soos kos uit ons hande. Ons en hulle gaan die volk bevry! Gelukkig maak.
Die geluk van hierdie taak is byna groter as wat ek kan dra. Láát hulle bomme gooi! Ons sal die harte, die mense wen, en dáárná hulle bomme vernietig!
Enkele bomontploffings ver op die agtergrond. Hoopvolle musiek.
gerardo
(Vrolik) Ek het vanmiddag al begin om ons Bevrydingsleër se Informasiediens op te rig: ’n kantoorgebou, vyf tiksters en telefoonmeisies: gawe jong kamerade! Ons elektrisiëns en radiomanne is aan die werk! (Ek hoop die sendertjies werk: ek twyfel.)
Eerste note van die Dagboek-tema.
Is omgang met ’n vrou iets?
Ek moet mêre daardie boek oor die elektrisiteit probeer koop — as boekwinkels hier oop is. En iets van Darwin moet ’n mens glo ook lees. Ek wil so baie lees.
Weer bomontploffings.
S.O.S.-tekens oor radio.
(By telefoon) Ja? Sommer so? Ja? Ek begryp. (Ontsteld) Hulle sê: die bomme van Lobos is sommer tussen die mense neergegooi: syne of ons s'n, maak vir hom nie saak nie. (Pouse) Lobos gaan nie beskaafd veg nie. (Dít byna fluisterend)
Dagboek-tema, kort. Dit is laat-nag. Vanaand om elfuur was dit of ’n mens kon hóór hoe die geweldige apparaat aangeskakel word waarmee Lobos ons volk vashou.
Sy troepe en uitlandse tenks begin seker op ons toesak.
Sy sender, Radio-Lobos, het begin bulk:
Radio-Lobos sit in. Dit begin altyd met een of ander skerp kenteken, dan vir flitsberigte ’n soort barbaarse tamboergeroffel. Sluit altyd af
met dieselfde geroffel en drie note. Tipiese diktatortaal.
RADIO-LOBOS: Radio-Lobos hier. Radio-Lobos hier. Die volgende berig is aan ons uitgereik deur ons almal se leier: Sy Eksellensie, Grootmaarskalk Lobos:
'n Groep misdadige jongmanne, gesteun deur die wêreldkapitalisme, het ’n inval in ons vreedsame eiland onderneem. Hierdie bendes wat hulleself die Bevrydingsleër noem, het ’n hawestad beset.
Maarskalk Lobos laat weet aan sy troue ondersteuners: hy sal die misdadige invallers uitwis, verdelg.
Skerp musiek. Luister hier: hier vlieg ons vliegtuie!
Geweldige geronk oor die radio van groot eskaders vliegtuie — heelwat meer as waaroor Lobos beskik; grootdoen hoort by die vak.
Luister hier: hier kom ons tenks!
Geratel oor radio.
Luister hier: hier val ons bomme.
Gepaste geluide.
Hulle bring die dood! Die dood!
Die geluide van vliegtuie, tenks en kanonne bymekaar: eers hard, dan sagter; hulle gaan oor in die kenteken-geroffel waarmee aankondigings begin en eindig.
gerardo
(Sag) Hulle bring die dood. Ons wil die lewe bring. Ons het met ons swak radio probeer antwoord en die wáárheid probeer laat hoor. Ons leier, generaal Alonso, het probeer praat. Maar watter sukkel-radiotjie het óns! Swak radio wat S.O.S.-tekens herhaal.
stem
Vryheidsradio hier! Vryheidsradio hier! Bietjie gekras. Generaal Alonso gaan praat.
alonso
My volksgenote: ek is genl. Alonso. Ken julle my nog? Julle ken my. Ek en duisende is uit hierdie land gejaag toe Lobos julle baas geword het. Máár ons het teruggekom...
Verstorings oor die lug, wat begin by “Lobos
julle baas...” maak sy uitsending dl onhoorbaarder.
gerardo
Lobos kan ons doodskree. Maar óns gaan hom doodveg.
Dagboek-tema.
D4, my dagboek, sluk: Ons was te ryk, vroeër! En baie glo dat ons teruggekom het om die rykes weer ryk te maak. En “hebsug maak wrééd” — het vader geskryf.
Ek is skoon: ek is aan niemand verbind nie: aan geen geld nie; aan geen vrou nie; aan geen geloof nie. Dít is, volgens teorie, glo die drie gevaarlike bindings van ons tyd.
Skryf ek hierdie nagboek miskien vir jou, Lobos? Vroeër toe jy nog besig was om die mag te verower, het jy gesê: ons is te dom vir jou. Jy kon die massas opsweep deur vir hulle hemel op aarde te belowe; ons was te eerlik om
dit te doen. En waarom moes ons eerlik wees? Jy het jou helpers gekies sonder om te vra of hulle hande vuil is of skoon: en met sulke metodes het jy die mag in die hande gekry.
Maar, as jy op ’n dag bladsye lees soos hierdie, sal jy dalk begryp dat daar ook mense soos ons bestaan.
Ek moet nog eintlik onthou om hulle Nuwe Testament te lees. Dis glo baie. interessant — behalwe die wonderwerke.
Wie de duiwel is die meisie van vanmiddag? Mooi is sy. Maar lyk my ’n klein boskat.
Of ’n soetpruim? Kan nie besluit.
Vanmêre begin ons die binneland intrek! (Geesdriftig) My Informasie-afdeling is aan die werk. Ag; ek sien ons manne so: klein klompies waaier ons oor ons groot eiland uit: sonder behoorlike uniforms, swak bewapen; maar sterk in hul geesdrif. En die volk sal saam met ons in opstand kom. Dis nie alleen hóór wat ek by ons veldtelefoon doen nie: dis nie net hóór nie! Ek sién hulle daar in die veld, ons
jong seuns... Geknetter van salvo’s masjiengeweer- en geweervuur. 1STE SOLDAAT: Kêrels, kom ons kruip met hierdie sloot op. Dit bring ons darem ’n bietjie vorentoe. 2DE SOLDAAT: Hulle skiet kwaaier! Netnou was dit maar af en toe, en nou is dit aanmekaar. En kyk daar!
Hulle kom! 1STE SOLDAAT: Sien jy kans om die Bren te gebruik? 2DE SOLDAAT: Ek sal probeer. ’n Paar skote van baie digby — uit bulle eie
Brengeweer.
2DE SOLDAAT: O God!
1STE SOLDAAT: Wat is dit?
2DE SOLDAAT: Hulle hét my!
1STE SOLDAAT: Is jy geskiet?
2DE SOLDAAT: Ja.
1STE SOLDAAT: Kêrels, sleep trug! Sleep hom af van die wal af. En vat jy sy Bren, en skiet, Felipe. Ons moet hulle van ons lyf af hou. As ons nie skiet nie, storm hulle.
3DE SOLDAAT: Goed, Sersant.
1STE SOLDAAT: Kyk julle waar hy die skoot het.
Weer skote van hul eie Bren. Net 'n paar, dan hou dit op.
3DE SOLDAAT: Hy steek vas! Hy werk nie. Die vuil vrek se Bren! Hy skiet nie.
1STE SOLDAAT: Gooi die ding wég. Ons gebruik die gewere.
Skote, enkeld, van naby, wat dof raak. Dagboek-tema.
gerardo
Hulle is in die veld! Ek sit in die Inligtingskamer van ons Hoofkwartier. Ek moet met die gevegstroepe kontak hou. Oor swak veldradio's, geïmproviseerde telefone.
Daardie seuns vir wie ons gewerf en opgelei
het: hoe bang vir die dood — en hoe dapper, hoe dapper. Weer gevegsgeluide. 4DE SOLDAAT: Dit lyk my dis klaar met hom, Sersant. 1STE SOLDAAT: Laat ek sien. Wie's hy ook weer? José? Dis die sesde uit ons tien man. 3DE SOLDAAT: Sersant, ons sal moet retireer. Ons kan nie vorentoe nie. En hulle vuur word swaarder.
Een of twee knalle in die verte; ligte kanonne.
3DE SOLDAAT: Luister! Hulle bring tenks aan.
1STE SOLDAAT: Ek gaan nie trug nie! Nooit. Nooit. Al moet ek met my pistool veg. Al moet ek met ons petrolbottels teen die tenks veg. Hou hulle reg, kêrels! Hou die bottels reg! Ons gaan die vuilgoed van ’n Lobos uitroei.
4pE SOLDAAT: Ek wil deurkom tot by my eie dorp. Onse mense bránd daar om te rebelleer. Ek weet.
3DE SOLDAAT: Kyk daar: die eerste tenk tussen die bome daar. Hy roer. Hy kom.
Swaar knal. Gevegsgeluide verdof. Geluide van die geïmproviseerde telefoonsentrale van die bevrydingsleër: tikmasjiene, af en toe telefoon wat lui. Gedempte stemme, veral van meisies.
gerardo
lnformasiepos van die Hoofkwartier. Informasiepos van die Hoofkwartier. Kaptein Gerardo de Torres. Kaptein de Torres praat. Ek roep Kolonel Palma. Kolonel Palma.
Dowwe stem oor telefoon. Woorde onhoorbaar. Baie ver geweervuur oor die telefoon
hoorbaar.
gerardo
Kan u manne nie na die weste toe aanval nie, Kolonel? Opperbevel vra dat u aanval tussen Sanlucar en Santa Fe.
Die onhoorbare stem oor telefoon.
gerardo
(Goed, ek sal rapporteer. Maar probeer dan in godsnaam vastrap, Kolonel! Trap net vas, as u nie kan vorentoe nie, vra Hoofkwartier. (Klik) Luitenant! Interkom na die Opperbevelhebber!
maria
Goed. U is verbind, Kaptein.
gerardo
lnformasiepos hier! Generaal: die linkervleuel onder kolonel Palma sit vas. Hy rapporteer swaar vuur van die vyand en sowat vyf Lobostenks wat op hom afkom. (Pouse, met dowwe stem oor telefoon) Goed, Generaal. (Klik) (Gerardo gaan voort) Luitenant, probeer u ons brigades een na die ander kry van Alfa af tot by Gamma.
maria
Goed, Kaptein.
Informasiepos van die Hoofkwartier. Informasiepos van die Hoofkwartier. Hoofkwartier roep Alfa-brigade. (Herhaal) Selfs nie vir 'n damestem nie, Kaptein. Anders praat hulle nogal wanneer ’n vrou praat.
gerardo
Gee vir my die foon. (Nors en gesteur) Daar is van ons manne wat enige onhebbelikheid vir 'n vrou sal sê. Alfa-brigade! Alfa-brigade!
Geen kontak. Ek hoop dis net die telefoon wat uit orde is. Oor na Dagboek-tema.
gerardo
Ek het haar nog altyd “Luitenant” genoem. Sy werk by die telefoon in my kantoor. Sy: een van die jong vroue wat dadelik by ons leër aangesluit het. Al teken van haar luitenantskap is die mooi blou kepsie met ’n wit ster daarop gewerk. As sy ’n keer loskom van die telefoon, kan sy lag en vrolik wees: tikmasjiene dokter, syfers regpeuter wat die ander meisies verkeerd maak ...
Ek voel soms: moet ek, as kaptein, nie meer dissipline bewaar nie? Die hele kantoor raak aan die gang. Sy sit meestal met haar rug na my toe, vas aan haar werk. Koel, kalm, presies; en babbel nie. Hoe kan jy nou op so iemand dissipline toepas? As sy lag . . . dis ’n lag soos ek nie ken nie. So vry. So... Ek word sentimenteel.
(Doof uit. Doof in na sy laaste woorde aan Maria, wat hy herhaal.) Luitenant, probeer ons brigades in die veld kry.
maria
Goed, Kaptein. Hoofkwartier roep Alfa-brigade. Hoofkwartier roep Alfa-brigade. Hoofkwartier roep Beta-brigade. (Doof uit; kantoorgeluide)
gerardo
Party van ons is oud-beroepsoffisiere, ongeduldig met ons seuns. Majoor Eduardo byvoorbeeld ...
Kantoorgeluide as agtergrond vir volgende:
majoor eduardo
( Wat binnekom) Alles geimproviseer! Rou rekrute. Niks wérk nie: geweers nie, radio nie. Dis oorlog-spéél hierdie.
gerardo
Alleen die dood is nie speel nie, Majoor.
majoor e.
Hulle moet weet: om vir Lobos uit te kry: dis nie werk vir idealiste en studente en kunstenaars nie.
gerardo
(Ons moes maar kom soos ons is, Majoor.
majoor e.
Teen vuilgoed, Kapt. Gerardo, moet ’n mens vuiler wees. Lobos se regering: daar is ’n paar ordentlikes by; maar die meeste: dis die rampokkers en sadiste, die narkotikabase en bordeelhouers van die hele Amerika wat op hierdie eiland toegesak en die bewind oorgeneem het.
En ék sê: ek sou drie van ons soort seuntjies wou ruil vir elke tronkvoël wat ek kan kry om hierdie werk te doen. Dit sê ek, Kaptein.
Deur wat toeklap. Geluide van Informasiekamer duur voort. ’n Vrouestem op agtergrond sê en herhaal die woorde reeds gegee: oproep van gevegsgroepe, offisiere.
gerardo
Dis moeilik om kontak met ons gevegsgroepies te bewaar. Partykeer is Lobos se radio ons enigste bron van berigte. Jy kan maar aanslaan, dan brul hy.
Radio-Lobos begin met sy gebruiklike kentekens.
RADIO-LOBOS: Radio-Lobos hier. Radio-Lobos hier. Ons leër meld sukses teen die invallers. (Herhaal) Hulle word teruggedrywe tussen Sanlucar en Santa Fe. Baie gee oor: jong boewe sonder wapens en ammunisie, party sonder behoorlike klere en skoene. Teen vanaand sal hulle skepe in die hawe Santa Cruz vernietig wees.
Triomfantelike afsluiting; word uitgedoof.
gerardo
(Sag) Gisteraand is ons skepe vernietig. Wegkom kan ons dus nie. Ons sal hier moet wen of...
En my Informasiepos het byna geen kontak. Radio’s en telefone uit orde. Ons arme mense.
Slagveld geluide.
soldaat
Groep K hier! Groep K hier. Ons roep Groep M. Ons roep Groep M. .. . Geen antwoord.
ander soldaat
As M ook teruggeval het — of (Sag) uitgewis is — dan is ons alleen hier voor. Heeltemal alleen.
Harde knal. Doodse stilte daarna; weer skietery verweg wat uitdoof. Doof in na Informasiepos.
maria
Informasiepos van die Hoofkwartier. Informasiepos van die Hoofkwartier. Ons roep gevegsgroep K. Ons roep gevegsgroep K. .. . Geen antwoord, Kaptein.
gerardo
Probeer M.
maria
Kaptein, ek hét al: M.... is nie meer daar nie.
Doof oor na Dagboek-tema.
gerardo
(Sonder byklank) En toe het dit gebeur. Hulle het agtergekom waar ons Hoofkwartier is. ’n Harde knal en gegil. Glas en hout wat breek.
gerardo
_ (Sonder byklanke) Hulle heel eerste bom het ons Informasiepos getref. ’n Paar van die meisies is dood. Ander gewond.
Deurmekaar gepraat en gekreun — af en toe ’n histeriese gegil.
STEMME, MEESTAL VAN MEISIES: Help my. Help. Help tog. Heilige Maria. Moeder van genade. Moedertjie. Moedertjie.
maria
(Presies en saaklik, tog vol liefde) Nee, laat háár vir eers lê: sy is dood. Sit haar dáár. Help hier ’n bietjie.
Heilige Maria, bid vir haar.
Toe maar, toe maar, my kind: ek sal die bloed keer.
Nee, jou klein . . .! Jy speel al weer toneel!
Een meisie begin gil.
maria
(Sag, maar gebiedend): Hou op skreeu. Stilte! Juanita, as jy nie ophou nie, sal ek jou moet skiet. Jy sal paniek veroorsaak!
Geluid van ’n klap. Snikke en stilte. Doof uit. Dagboek-tema.
gerardo
Ek het haar vandag eintlik eers leer ken. Daar, toe die bom gebars het. Sy het getroos, gehelp, bevéél en sinies nugter gewees, net soos dit
kom; die drie meisies wat dood was in ’n hoek laat dra totdat hulle weggeneem kon word. Ek het nie besef watter krag daar in so ’n jong meisie sit nie. Is sy van die jong vuilgesond geëmansipeerde soort?
Ek kén meisies nie eintlik nie.
Ons het vir die eerste keer mekaar se name gesê.
Dowwe byklanke op agtergrond: die laaste van die bom-toneel.
gerardo
Hoe het jy dit alles so kon doen?
maria
Ek het nog elke mêre kommunie ontvang.
gerardo
Wat is jou naam?
maria
Maria.
gerardo
Myne is Gerardo.
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…