Aansig Indeks Kaart Klassiek
Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 1

Die naamlose

Die weg wat uitgespel kan word,
is nie die ewige Weg nie.
Die naam wat genoem kan word,
is nie die ewige Naam nie.
Sonder naam is dit die begin van hemel en aarde.
Met 'n naam is dit die moeder van die tienduisend dinge.
Daarom: wie vry is van begeerte, sien die wonder daarvan;
wie vol begeerte is, sien net die buiterande.
Hierdie twee kom uit dieselfde bron,
maar dra verskillende name.
Saam noem ons hulle die geheimenis —
geheimenis binne geheimenis,
die poort na al die wonders.
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…