Hoofstuk 3
Die beleg
Musiekoorgang gee aanduiding van ’n nuwe fase in die handeling.
Uit die doof kom die Dagboek-tema op.
Uit die doof kom die Dagboek-tema op.
gerardo
Ek sien haar byna nie meer nie: ek twaalf uur in die loopgrawe; sy: aan't verpleeg.
Vanmêre is dit duidelik dat ons eerste opmars gestuit is. Oral kom honger en vermoeide seuns terug die stad binne.
Ek weet nog nie wat daardie antwoord van haar beteken nie: “Ek ontvang elke mêre kommunie.” Ek verstáán dit nie.
Dagboek-tema, baie kort.
Om 11-uur is daar vergadering van alle offisiere by ons opperbevelhebber, genl. Alonso.
Oorgang tot ’n kamer met gedempte mannestemme; afwagting.

stem
Aandag! Die Kommandant-generaal!
Aandag! Die Kommandant-generaal!
alonso
Sit, menere. (Geluid van stoel) Menere! Ek as bevelvoerder het u bymekaar geroep om aan u die toestand van ons Bevrydingsleër uiteen te sit.
U weet reeds: wegkom kan ons nie. Oorgee aan Lobos kan en sal ons nie. Op sogenaamd “bevriende wêreldmagte” vertrou ek nié om ons te help nie. Hulle is vinnig om aan te moedig; stadig om hulp te gee. Vir hulle is ons maar een pion op hulle skaakbord. En nou: ons Spesiale Diens het die kosvoorraad in hierdie stad nagegaan. Onwillige winkeliers laat ek onskadelik maak. (Stemme wat ontsteld is, maar baie gedemp) Ook mense wat kos opgaar. Weet u, menere: een dame het vyftig hoenders in ’n groot koelkas gehad. $y gaan verslank.
En nou die feite? Vir die twintigduisend mense in hierdie stad, plus ons tweeduisend, is daar skraal kos vir vier maande.
En ek het besluit: ek gaan hier in hierdie stad vastrap solank as daar nog een geweer en een koeël is — en dié kan ons per lug nog kry.
Ons posisie tussen hierdie heuwels om die stad, is militêr baie sterk: ek wil net nie sê: “onneembaar” nie, want ons is min.
As die kos min word, sal ek die eters moet verminder. Nutteloses sal ek uitjaag: Lobos kan hulle voer. Elkeen wat wil eet, sal loopgrawe moet grawe, en werk. ’n Volk wat wil bevry word, moet ophou rustig lewe! En ek gaan hierdie stad hou, al hou ek sy ashoop. Die volk sal kan sien Lobos is nie almagtig nie; dan sal hulle opstaan. Die wêreldmening kan verander: dan kry ons hulp. En dán: dan reken ons met Lobos af. Die vergadering is beëindig, menere.

majoor eduardo
Mag ek ’n mening gee omtrent die uitwerking van u maatreëls op die burgerbevolking, wie se guns ons juis wil behou?

Niemand se guns nie! Ek wil die stad behou, Majoor. U kan u mening skriftelik voorlê. Goeiendag, menere! Manne wat opstaan; stoele. Doof oor na Dagboek-tema.

So is besluit vir ons. En Lobos merk. Sy troepe trek saam om die stad. Aanvalle word sterker. Hulle vóél, vóél na die swak punte in ons verdediging. Gelukkig kom ons wapens nog gereeld aan. Ons manne se moreel is uitstekend. Vandag was daar ’n gerug dat twintig of vyfen-twintig van ons seuns vermis word. Dros sal hulle nie. Waar is hulle? Gevang? “Nuus” word in ons ingebrul deur Radio- Lobos. Radio-Lobos met die gewone inleiding.

aankondiger
Radio-Lobos hier. Radio-Lobos hier. Ons groot leier, maarskalk Lobos, kondig aan:
Ons Geheime Staatspolisie het 12,441 persone oor die hele land gearresteer van wie lank al aan die polisie bekend is dat hulle met die invallerbendes van Alonso simpatiseer.
In ons hoofstad alleen is meer as sesduisend van hierdie ondermynende element in bewaring geneem.

(Terwyl die laaste woorde van hierdie vorige sin gedoof word) Die hoofstad! Vader is in die hoofstad!

(Gaan voort) Onder die gearresteerdes is die verloopte advokaat, Ramon de Torres...

(Sag) Vader, Vader.
(Sag) Vader, Vader.
aankondiger
. . . ’n berugte leier van dié wat ons volksdemokrasie kwaadgesind is — ’n roekelose intellektueel.
Soos by sy soort gewoon is, het die advokaat, ná hy betrap is, baie van sy mede-verraaiers verraai. Lank lewe ons leier, Lobos!
Geskandeerde handegeklap van ’n grammofoonplaat kom oor die radio. Dit gaan oor in die afsluitteken van Radio-Lobos.

(Tussen die geklap op agtergrond deur) O, die gespuis! Hulle moor en martel nie net nie, maar bevuil en belaster.
Vader! Jy is gemartel! Ek moet vir hulle geen genade hê nie. Ja, selfs hulle applous word vir die onnoseles voorgelieg. Op plate. Geesdrif op plate. Vader. My vader. Telefoon? Het die telefoon gelui? (Hy luister) Moeder práát nie. (Pouse) Vader. (Byna verbaas) Watter soort mens is jy? Wat gaan jy dóén? Klop. Deur oop.

moeder
Wat doen hulle aan Vader! Wat doen hulle aan Vader? Het jy gehóór? Het jy gehoor?

Ek het gehoor, Moeder.
Ek het gehoor, Moeder.
moeder
Wat sê jy, wat dóén jy, júlle, julle generaal Alonso? Vader is julle leier.

Ons kan nou niks doen nie, Moeder. En hy's nie dood nie. As hy dood was, sou hulle dit aangekondig het.

Nee, dood is hy nie. Maar wat dóén hulle aan hom? Daar's niks afgrysliks wat Lobos nie sal doen nie. (Sagter, dringend) Jou vader is nie ’n sterk man nie. Hy kan min pyn verduur. En hy is nie jonk nie. Hy sal nie wil verraai nie. (Woes) Hulle lieg, lieg. Maar as hulle hom te veel martel? (Sag) Gerardo, hy weet dit: hy het vir my ’n paar tekens gegee toe hy weg is — as hy kans kry om berig te stuur. (Fluister feitlik) Dit is sy tekens: ek sê hulle elke uur op om te onthou; as hy laat weet: “Ek is in meer as beste welstand”, beteken dit: “Ek is gemartel.” (Woes) Hy wou nie hierdie teken maak nie — ek het hom gedwing. Hy wóú nie van martel praat nie. (Weer fluisterend) As hy sê: “Uit my ope hart sê ek alles openlik” — beteken dit: “Ek het dit reggekry om niks van ons organisasie te verraai nie.” As hy laat weet: “Ek, as sondige mens” — dan beteken dit: “Ek het name en feite verraai.” “Ek as sondige mens” — jy weet jou vader is nie ’n gelowige nie. Hy het geglimlag toe hy dit bedink, en nog gesê: “Al my tekens moet in slegte smaak wees; dit pas juis by my volk.” (Sy keer heeltemal in haarself in) Ek moet hulle onthou, onthou, onthou: die tekens. (Prewel) “In meer as die beste welstand,” “in meer as die beste welstand.” (Herhaal) “Uit my ope hart sê ek openlik”, “uit my ope hart”, “uit my ope hart.” (Soos ’n kind wat sy les leer) “Ek as sondige mens”, “ek as sondige mens”, “ek as sondige mens.” (Herhaal en doof uit) Doof in na Dagboek-tema.

Sy gaan deur dinge wat vir haar te diep is, vrees ek.
(Baie sag) Vader? Ek ken jou byna nie meer nie, na vyf jaar. Ek het jou skaars geken, toe nog. Jy was altyd stil en ’n bietjie streng. Toe is ek weg.
Ek het so verlang om jou weer te sien. Om jou te leer ken. Ek het jou boeke geken. Maar
ek wou saam met jou werk. Saam met jou in die politiek werk. Die woorde van jou leer verstaan, dié wat ek onthou. Dié soos: “Dis beter om geslaan te word as om te slaan.” (Heftig en bitter) Ek sou hulle kon martel, die wat vir jou gevang het. Ek sou vir Lobos met my eie hande aan sy vuil keel wou wurg. (Sag) Maar ek is bang, jy, my vader, sou sê: “Nee, moet liewer nie.” Dit was so dikwels jou woorde: “Nee, moet liewer nie.” (Herhaal, en doof uit na):

(Nog steeds) Vanaand het 'n paar van ons op diens in die Hoofkwartier gesit. Die radio aangeslaan.
Oorgang tot kamer-met-mense; gedemp en harder gepraat: manne- en vrouestemme. Radio-Lobos se kenteken. Die praat verstil.
RADIO-LOBOS: Landgenote! Ons groot leier, maarskalk Lobos, kondig aan: 23 van die bende dierlike perverte wat ons land binneval is in die buitewyke van Santa Cruz gevang.

(Gevang! Hul's gevang.
RADIO-LOBOS: Hulle word onmiddellik doodgeskiet.
Hier volg die name van die 23 misdadigers: Felipe Moratin . . . Pablo Valdés .. . Benito Blanco. (By die aflees van die name is daar telkens woorde en/of uitroepe van herkenning, skrik en jammerte van die groepie manne en vroue wat na die berig luister. So word daar
onder andere gehoor:

Dis moord! Moord!
Dis moord! Moord!
stem
Die hond van ’n Lobos! Die wolf! Die dier!

Moordenaars! Vyf jaar gaan dit al so.
Radio-Lobos lees voort aan die name, met dl hoe meer woede van die luisteraars:
RADIO-LOBOS: Jerónimo Romanos... Luis Reinoso ... Igna-
cio Valdes.
Dit doof oor na Dagboek-tema en:

_ Felipe. Pablo. Dis van ons bestes! Benito: 19
jaar oud; Jerónimo: 20 sowat. Byna kinders nog; wat vir my en my politiek gevolg het. Ek, ook eintlik nog maar ’n kind.
Radio-Lobos doof in op die agtergrond en gaan voort met die lees van name:
RADIO-LOBOS: Risela Romanos... José Forner . . . Francisco Quintana . .. Juan Fajardo.
(Kort pouse)
Ons leier het beveel dat aan hierdie skurke geen geestelike bystand gegee word voordat hulle boet vir hulle misdade. Viva Lobos!

(Bitter) Ja, party van dié seuns van ons glo ongelukkig nog dat dit náár is om dood te gaan sonder ’n bidder om jou ore.

maria
(Prewel van tyd tot tyd) Mag God hulle siele genadig wees. Heilige Maria, bid vir ons, sondaars, nou en in die uur van ons dood...
Dit gaan oor in ’n stilte waarin net swaar asemhaal en snikke geboor word; doof oor na:

_ (Sonder byklank) Vir haar, vir Maria, het ek later in ons leë kantoor gevind waar sy kniel en aaneen saggies daardie gebede van haar prewel — vir jong manne wat sy nie geken het nie. Glo net omdat daar nie by hulle dood gebid, of iets, is nie.
Ons Informasiekantoortjie is feitlik vernietig.
Die vreemde gebedslewe: ek het onverwags ons kantoortjie binne gekom. Toe sy my hoor, het sy opgestaan.

Pardon, Kaptein.
Pardon, Kaptein.
gerardo
Pardon, Luitenant. Dis my fout. Ek steur u.
Pardon, Luitenant. Dis my fout. Ek steur u.
maria
Dis u kantoor hierdie, Kaptein.
Dis u kantoor hierdie, Kaptein.
gerardo
(Glimlaggend, maar tog baie ernstig) Ek dag ons sou sê “Maria” en “Gerardo”.

Dis waar, Kaptein.
Dis waar, Kaptein.
gerardo
Vir my maak dit baie saak.
Vir my maak dit baie saak.
maria
U vader is deur Lobos-hulle gevang!
U vader is deur Lobos-hulle gevang!
gerardo
Jy was aan die bid.
Jy was aan die bid.
maria
Ja, vir jongmense wat so sonder voorbereiding
vermoor word.
Ja, vir jongmense wat so sonder voorbereiding
vermoor word.
gerardo
Van die bid weet ek nie. Ek het jonk hier weggevlug. Ek kon, ek wou nie die volksbygelowe versterk nie. My vader het nie gebid nie; my moeder wél.

Gevlug, en nie leer bid nie. Waarom het sy jou nie leer bid nie?

Gevlug toe ek al weer die kinder-bid afgeleer het. Ek het gehoop om by my vader weer ’n soort draad te kan opvang: soos byvoorbeeld om één ding te verstaan wat hy geskryf het: “Ons moet leer om nie aan onsself te glo nie.” Hiervan verstaan ek geen woord nie.

Maar dis tog eenvoudig: ons moet aan God glo, nie aan onsself nie — wat feilbare en sondige mense is...

Dit kan dit skaars beteken. My vader was nie gelowig nie. En sóndig? (Bietjie spottend) Jy is tog nie sondig nie, Maria?

(Ernstig) Ek is sondig.
(Ernstig) Ek is sondig.
gerardo
Hoe kán dit? Tog nie werklik nie?
Hoe kán dit? Tog nie werklik nie?
maria
Selfs wanneer ek nie bose dinge doen nie, dan
doen ek nog so min wat positief goed is.

Beteken jou bid iets? Ddéén dit iets?
Beteken jou bid iets? Ddéén dit iets?
maria
Ek glo: waar net een mens aanhoudend stil bid, maak dit die ganse, ganse wêreld ’n bietjie beter.

Jassim! Meisie, sou jy my kon liefhê?
Jassim! Meisie, sou jy my kon liefhê?
maria
Ek het jou lief. Maar ...
Ek het jou lief. Maar ...
gerardo
Dankie. Sal jy met my trou?
Dankie. Sal jy met my trou?
maria
Ek glo dis nie moontlik nie.
Ek glo dis nie moontlik nie.
gerardo
Is daar iemand anders?
Is daar iemand anders?
maria
Ja, eintlik iemand anders: van my veertiende
jaar af het ek in myself besluit om non te word.

Maar jy is nie.
Maar jy is nie.
maria
Nee, ek is nie.
Nee, ek is nie.
gerardo
Maar ek verstáán dit nie. Jy is ’n praktiese mens: jy werk hier so... so doeltreffend ... by die tiksters, as verpleegster .. . jy kan tog nie net bid nie.

(Vrolik) Nonne is omtrent die mees praktiese en .. . doeltreffende mense wat ek ken: daarvoor is hulle nonne! Hulle wil nie net fraaiing wees nie.
Oor na Dagboek-tema.

Agterna eers het ek aan die vreemde soort frase gedink wat hulle glo gebruik, al het sy geglimlag: non-word is glo vir hulle: bruid-word van Christus.
My werk as Informasie-offisier beteken in hierdie dae min. Ons is in hierdie stad uitgesluit van die wêreld — ongeveer soos Maria uit haar God uitgesluit is.
Alleen: dit lyk my sy stuur en ontvang informasie. Ek nie.
En: waaraan moet ek glo as ek nie aan myself glo nie? Waaraan bly glo my vader daar tus. sen die boewe van Lobos?
En toe het ons vir die eerste keer in hierdie stryd die stem van Lobos self gehoor...
Radio-Lobos: Die gewone inleiding, en dan:

Geagte luisteraars! Hier volg ’n spesiale uitsending. Sy Eksellensie, maarskalk Lobos, wil self met sy volk praat. Sy Eksellensie!

lobos
(Met 'n sagte, innemende stem) Liewe, liewe landgenote! Tot dusverre was ek te besig: besig om ons dierbare land te beskerm en om vir u almal se veiligheid op te tree; sodat ek nie met u kon praat nie — wat ek sê verlang het. My hart het na u uitgegaan waar u so dapper teen ons woeste aanvallers geveg het, of u huis en haard verdedig het. (Doof laaste sin geleidelik uit)

offisier
(Koud) Hy paradeer weer die sagte stem!
(Koud) Hy paradeer weer die sagte stem!
ander offisier
Die brul laat hy aan ander oor!
Die brul laat hy aan ander oor!
lobos
Ons land is binnegeval deur die mees roekelose
bende wat al ooit ’n rustige vrye staat verstoor het. Roof, brandstigting, moord, verkragting — alles wat vuil en beesagtig is, het hulle oor ons kom uitstort. My mond weier om die ergste dinge te noem. O, my liewe landgenote, ek
wou saam met julle ly. My hart het gebloei... bloe - bla - bla - bla (Die laaste sin word uit-
gedoof)

Hoe kin ’n mens so lieg!
Hoe kin ’n mens so lieg!
offisier
(Koud) Die duiwel was nog altyd ’n leuenaar en die vader van leuens.

(Word ingedoof) Maar: my liefde vir my volk waak oor hierdie volk. Sal u, liewe landgenote, voordat u gaan slaap, iets goeds dink van my, om my op dié innige wyse te versterk vir die swaar taak wat ek vir u almal se welvaart verrig? O, my liewe volk, my hele lewe is diens aan julle...
Doof die vorige sin geleidelik uit terwyl daar geskreeu word:

Slaan af! Slaan af! Hierdie toneelspeel, hierdie heiligheid is erger as sy ergste beesagtigheid.
Dagboek-tema.

Ek het met Maria ’n oomblik alleen kon praat.
(In sy gewone spreekstem) Dit maak my hart koud, Maria: daardie stem wat sag en byna redelik die leuen versprei totdat goeie, eenvoudige, lieflike mense verstrik is in lieg en in haat. Dan moes hy liewer skreeu, skreeu, brul! soos sy radio.

Jy was weg. Jy moes, soos ons, vyf jaar lank geluister het hoe hy die soet gif by ons mense indrup. Tot die mense selfs die Kerk verlaat het om by Lobos die mensliefde te kry.

Is dit dáárom dat jy ...?
Is dit dáárom dat jy ...?
maria
Ja, ek vir myself het besluit dat ek teenoor al die leuens en die verwardheid net een ding kan stel: gebed, die gebed sonder einde.

Maria.
(Dagboek-tema, langer as gewoonlik) En toe het ons opperbevelhebber sy middels tot weerwraak teen Lobos aangekondig.
Weer geluide van stoele, mannestemme en dies meer.

(Offisiere! Here!
U weet nou dat die oorlog teen ons met die mees genadelose middels gevoer word. U weet wat aan’t gebeur is.
Die vyand se optrede dwing ons om ons eie optrede daarby aan te pas. Tot dusver het ek slegs nuttelose eters uit die stad laat “vertrek”.
Van vandag af word dit anders: die bevol-
king van hierdie stad sal vir ons gyselaars word. Gedempte ontsetting by toehoorders.
Ja, almal wat nie by ons aansluit nie. Min hét!
En: elkeen wat ooit lid was van Lobos se party — ons besit die lyste — word op die oomblik deur my Spesiale Polisie gearresteer; as u skrik, menere: dit is al, volgens my oorlosie (Pouse, terwyl hy kyk) aan die gang, en: afgeloop.
Ek hét hulle . . . (Onverskillig) en hulle vrouens en kinders. Spesiale bewaarskole sal ingerig word.
Ons radio sal oor ’n halfuur aan Lobos bekendmaak:
Ten eerste: vir elke leuenberig oor hulle radio, sal ek vyf partygenote van hulle ophang — let wel: ophang!
Ten tweede: vir elke bom wat hulle op hierdie stad gooi: twintig . . . óphang.
Ten derde: vir elke aanval wat op ons gedoen word: honderd.
Gemompel van ontsetting en afkeuring onder party van die offisiere: Tog nie! Nee!

majoor e.
Generaal, ek is ’n oud-offisier, ’n beroepsoldaat...
Generaal, ek is ’n oud-offisier, ’n beroepsoldaat...
alonso
Nie oud-offisier nie, Majoor! maar offisier in diens onder my. Oud-offisier van die vorige regering.
Ja?

Ek wil protesteer, as offisier. Dis nie beskaafde oorlogvoering nie, hierdie.

(Geen oorlogvoering, ook nie u beroepsoorlog, is beskaafd nie, Majoor. En ons oorlog is bevryding! Ek dra die volle verantwoordelikheid.

Met u verlof, Generaal: voor die wêreld dra ons almal die verantwoordelikheid.

(Ironies) Die wêreld... ? Die wêreld sal vir ons verdra, as ons wen. So nie — vir hulle! (Pouse) Iemand anders?
(Ironies) Die wêreld... ? Die wêreld sal vir ons verdra, as ons wen. So nie — vir hulle! (Pouse) Iemand anders?
ander offisier
Ek as offisier glo dat u reg doen: die tyd is verby om met handskoene te boks.

Maar, Generaal: dis mense wat u so wil uitroei!
Maar, Generaal: dis mense wat u so wil uitroei!
alonso
(Kalm) Ons jongmanne wat geskiet en opgehang word, is ook mense. Béter mense. As daar geslaan word, wil ek harder trugslaan.

stemme
Hoorhoor! (Nie hard soos op ’n politieke vergadering nie!)
Hoorhoor! (Nie hard soos op ’n politieke vergadering nie!)
gerardo
(Sag en bedees) Generaal.
(Sag en bedees) Generaal.
alonso
Kaptein Gerardo de Torres het die woord.
Kaptein Gerardo de Torres het die woord.
gerardo
(Generaal, ek is die jongste hier. Maar ek het ons jong vlugtelinge vir hierdie inval help werf; en .. . hulle is nie mense wat gyselaars sal vermoor nie.

Kaptein, u gaan uself te buite. Ek laat nie die woord “vermoor” vir 'n krygsoperasie gebruik nie.

'n offisier
As hulle nie wil nie, moet hulle gedwing word, Generaal. Hulle is nou soldate.

Hoor-hoor!
Hoor-hoor!
gerardo
(Generaal...
(Generaal...
alonso
Ek het u menings gehoor, menere. Dankie. Dit wéég by my. Maar my eie besluit is na rype oorweging geneem. Majoor, u sal die eerste eksekusie-afdeling voorberei .. . Die kleinere.

Generaal, ek vra dat u my, by my eer, verskoon.
Generaal, ek vra dat u my, by my eer, verskoon.
alonso
U word nie verskoon nie, Majoor. Dis 'n bevel.
En u, Kolonel, lei die tweede, vermoedelik die meer uitgebreide. U, kaptein Gerardo de Torres, die derde. Besonderhede sal aan u ver-
skaf word, here.
Ek dank u, menere.
Stoele e.d. van ’n vergadering wat uitmekaar gaan. Oor na Dagboek-tema.

(Ons sal voortaan moordenaars word. Ons sal
mense doodskiet van hierdie arme volk vir wie ons kom bevry het: mense wat aan Lobos se patty behoort — sommige omdat hulle geïntimideer is; party eerlikes of idealiste wat met soet woorde verlei is; mense wat min weet, min verstaan, meestal nie eens van politiek wil hóór nie omdat hulle met hulle eie sakies wil voortgaan; mense wat deur Lobos se politieke masjien opgesuig is, en nou — ek móét dit sê — deur ons politieke masjien gaan vernietig word.
So het ons dit nie bedoel nie.
Ek het met Maria gepraat.
In gewone spreekstem maar baie opgewonde:
Kyk, dis iets verskrikliks, Maria! Ons het 'n eed van trou aan ons generaal, genl. Alonso, afgelê. Nie dat ’n “eed” vir my so veel behoort te wees nie, maar ... ja... ’n eed kan 'n mens tog nie breek nie, nê? En: ons het dit duidelik uitgepraat dat ons sy bevele tot op die uiterste sal gehoorsaam. Ons weet dis die enigste manier om hierdie arme volk te bevry .…

Gerardo: gehoorsaam, net om gehoorsaam te wees, dit kán nie. Ek weet nie hoe om dit te sê nie. Net God kan sê: jy moet aan My gehoorsaam wees, wát ook al. (Prewel, soos in gebed) Vergewe my as ek sondig; vergewe my, Here.
Gerardo, ek weet van die politiek niks nie. Miskien moet ek nie daarvan weet nie. Miskien wil God nie hê ek moet iets daarvan weet nie.

Maar as ons nie vir Lobos keer met dieselfde soort terreur as wat hy toepas nie... ?

Maar dan word ons álmal soos Lobos. En ons wou juis van Lobos wégkom.

Maar juis: hy sit hier; hy't die mag! Hy sit in hierdie eiland soos die duiwel in die middelpunt van die wêreld sit-en-heers!

Ek dink: ook teen die duiwel mag ons nie duiwelagtig wees nie. Net God kan die duiwel
uitdryf.

En waar is God? Waarom dóén Hy niks nie?
En waar is God? Waarom dóén Hy niks nie?
maria
Hy is altyd doende. Maar ons moet Hom vind.
En dan “doen” Hy deur ons. Dit lyk my: God verdra die Duiwel; en deur die so te sê “verdrade” duiwel word ons getoets.
Oor na Dagboek-tema.
Hy is altyd doende. Maar ons moet Hom vind.
En dan “doen” Hy deur ons. Dit lyk my: God verdra die Duiwel; en deur die so te sê “verdrade” duiwel word ons getoets.
Oor na Dagboek-tema.
gerardo
Ek moet dit waag om met genl. Alonso te gaan praat. Toe ons nog albei vlugtelinge daar in die buiteland was, het ek hom leer ken; leer bewónder: hy was so eenvoudig, so opreg. Hoe kan hy nou anders wees?
Klop aan deur, wat oopgemaak word.

Binne. Naand, Kaptein.
Binne. Naand, Kaptein.
gerardo
Naand, genl. Alonso.
Naand, genl. Alonso.
alonso
(Nie onvriendelik nie) Wat is dit, Gerardo?
(Nie onvriendelik nie) Wat is dit, Gerardo?
gerardo
Ek is bly u noem my sê — en nie net ,Kap-
tein” nie. Ek moet met u praat, Generaal — en, as ek mag: soos ons gepraat het toe ons hierdie inval beplan het: toe ons gedink het aan die geluk van hierdie volk.

Ek dink; altyd dink ek aan hierdie volk.
Ek dink; altyd dink ek aan hierdie volk.
gerardo
(Generaal, ’n uur gelede het u ons gevra om 'n verskriklike ding te doen. Vir my het u bevel gegee om dit te doen. Ek smeek u, laat ons dit nie doen nie! Onnosel mense ophang nie.

Goed. Ek laat hulle doodskiet. Al kos dit
koeels.
Goed. Ek laat hulle doodskiet. Al kos dit
koeels.
gerardo
U spot met my! U wéét wat ek vra.
U spot met my! U wéét wat ek vra.
alonso
(Na ’n pouse) Gerardo, ek is moeg, moeg vanaand. En jy moet weet: dis daardie selfde harde besluit van my wat my moeg gemaak het.

Ek is bly u sê dit! So ken ek u. U is nie wreed nie. U gaan hierdie ding nie doen nie. U weet hoeveel mense volg vir Lobos net uit vrees...

Ek weet, ek weet! Ek weet dit beter as Lobos self dit weet — hy wat nie kán weet in sy verwaandheid van “grootleierskap” nie.
En tog gaan ek doen wat jy sê wat so “verskriklik” is. Dis die enigste wat vir Lobos se mense sal bangmaak: sy ware mense: dié wat in hom glo, dié wat sy vuil werk doen en wil doen; geweid is die enigste taal wat hulle ken: harder slaan as wat hulle kan slaan. Ek het vanaand meer van hulle mense in die hande as hulle van my. Dus kan ék die hardste slaan.

(Sag) Generaal, ek glo nie eers Lobos gee 6m as daar van syne doodgeskiet word nie.

Dis waar. Maar: as sy boewe sien dat hy, Lobos, hulle nie teen ons kan beskerm nie!

Generaal, ek kan enigiets doen, en enigiets ly, as ek weet dis vir ’n skoon saak. Nou kan ek nie.

(Sag) Gerardo, ek sal my mense dinge moet jAat doen wat hulle nie wil nie. Ek het my eie afsku moes oorwin toe ek gesweer het om hierdie volk vry te maak. Ek het afsku in myself vir wat vuil is — maar: ek sal die vuil ding doen as dit moet; en ek sal ander daartoe dwing as dit moet. Ek sal vir Lobos kleinkry — al moet ek erger word as hy is.

(Na ’n pouse) My vader is in sy hande.
(Na ’n pouse) My vader is in sy hande.
alonso
Ek weet. Ek het jou baie jammer. Maar, Gerardo, jou vader het die risiko aanvaar wat elke
soldaat aanvaar. Elke soldaat kan verloor, kan sterf. (Driftig) En as ek sou dink dat jy hier teen my beslissing kom pleit om sake vir jou vader makliker te maak . . . ! Ons is in ’n krisis. In ’n krisis moet elkeen sy eie gevoelens laat vaar en moet elkeen alleen die bevel volg van die man wat die leiding het en die verantwoordelikheid dra.

(Generaal, dit is al vir u gesê: in ’n krisis dra almal die verantwoordelikheid — u nie meer as ons nie. En ek sweer voor God: dis nie om my vader te red dat ek met u praat nie.
Dis nou eers, nou dat u dit noem, dat ek insien: u kon dink ek kom praat met u om hom te red.
Dis verskriklik, maar dis wáár: ek het hom byna vergeet; en ek het met u kom praat om ons hande skóón te hou, om my eie gewete skoon te hou... Ek het hom vergeet, vergeet: my vader.

U moet nie histeries word nie, Kaptein. Dan sal ek u moet versoek...

Dis u wat histeries is, Generaal: dis u wat vir ons dwing om te moor ... om te...

Kaptein de Torres! (Stilte) Ek sal my bevel laat uitvoer, al sou ek self met ’n uitgesoekte skietpeloton boewe agter die skietpeloton moet loop wat die bevel gekry het. Goeienag.