Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 4

Die verhoor

Oor na Dagboek-tema.
gerardo
Oor my vader sal daar vanaand berig kom — deur Lobos se radio. Weer ’n spesiale aankondiging”: dat die kreatuur wat deur hulle tot hoofregter gemaak is — dink net: die man wat regspraak moet gee! — dat hy voor die radio sal optree in ’n vraag-gesprek met... met .. . Vader. (Sag) Hoe moet die growwe propaganda, die slegte smaak, nie vir hom pynig niel Hy wat die eer self is.
Radio-Lobos met sy gewone inleiding en pligplegings.
moeder
Gerardo, hulle gaan vader láát praat! Hy sal nie self wil nie!
gerardo
Moeder, Moeder. Moet liewer nie luister nie. Ek sal luister. Kom liewer weg.
moeder
Nee, nee, nee! Daar moet niks met hom gebeur waar ek nie by is nie. Laat ek luister! Ek sal.
RADIO-LOBOS: U hoor nou sy Edelagbare, ons Hoofvolksregter; daarná die advokaat De Torres, rebelleleier.
regter
Erken u, Advokaat, dat u in die geheim aan die hoof staan van die bendes wat ons land binnegeval het.
advokaat
Ek is, of wás die leier teen die regering.
regter
In die geheim? Nie openlik nie? Mag ek vra: Skelm?
advokaat
(Sag) Kon dit ánders?
regter
By iemand soos u kan dit seker nie anders nie.
En mag ek verder vra: Het u gewerk, saamgesweer, teen die regering van u eie land?
advokaat
Ek sou meen dit spreek vanself: die regering wat nou oor my land staan.
regter
Is u nie skaam om dit te erken nie?
advokaat
Ek is skaam... vir my land.
regter
U moet u vir uself skaam, Advokaat! Met u
lánd is niks verkeerd nie! Geklap uit ’n grammofoonplaat word gehoor.
gerardo
Wat ’n gruwelike komedie. En vader moet daarin saamspeel.
moeder
(Ingehoue woede) Die vuil, vuil vuilgoed. Die nastergal wat op ons ashope gegroei het.
regter
(Na applous-op-plate stil is) En nou, sal u
verklaar? nadat u gevang is, is u deur ons geregpleging goed behandel?
moeder
(Sag, van hewige angs) Wat? Wat, wat?
advokaat
(Na ’n kort aarseling, stadig en met nadruk) Ek is in meer as beste welstand.
Applous, waarteen op voorgrond:
moeder
(Woes) Die teken! Hy is gemartel! (Prewel,
baie vinnig) Ek is in meer as, ek is in meer as, ek is in meer as beste welstand.
regter
(Na applous verdoof is) Onderwerp u u aan
die geregtigheid van u eie volk, Advokaat?
advokaat
Ek stel my voor die geregtigheid.
regter
U het die name van u medesamesweerders aan ons verskaf; . . . is dit deur u eie, vrye wilsbesluit?
advokaat
Uit my ope hart sê ek alles openlik. (Na ’n pouse) Die name wat u het, kan u gebruik. Weer dawerende applous wat na die agter-
grond gedoof word.
moeder
Die teken! “Uit my ope hart”... “uit my ope hart”!
gerardo
Hy't nie verraai nie!
moeder
(Met ’n soort dowwe waansin van haat) Hy't
name van hulle eie mense gegee. Hulle sal mekaar verskeur, vermoor. Heerlik. Heerlik. Hulle moor mekáár uit.
regter
(Ná applous) Het u geen spyt vanaand nie?
advokaat
Nee. (Na ’n pouse) Dag, my seun. Dag my vrou. Dag, jy. (Baie kortaf: hy weet hy word geknip)
regter
(Bulder) Still! (Salwend) Hoor u, luisteraars, met watter dierlike verstoktheid ons, as regters, te doen het? Van “spyt” geen teken
nie. Máár, Advokaat: u hoef geen spyt te hê nie. Ek is ook ’n advokaat. Ons dwing u nie.
Nooit dwing ons. Net dit: ons volksteg sal geskied. En u, my landgenote, onthou: ons regbank waak oor u. Goeie, goeie nag. Ons, en ek, waak oor u, Hier praat ook hy sag soos 'n bruidegom. Die gebruiklike knal-afsluiting van Radio- Lobos volg.
moeder
(Smikkend) Hy is gemartel.
gerardo
En nog met ons gepraat. Gepráát. Vider, Vader.
📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…