Hoofstuk 4
Voorspel
Saal van die geregtigheid · Gedempte lig · Koor van hemelse figure
eerste halwe koor
Watter dowwe glans kom hier
— soos mis wat teen die hange kruip —
deur ons wit sterre styg?
— soos mis wat teen die hange kruip —
deur ons wit sterre styg?
Watter skemering van stemme
fluister hier soos sagte reën,
en watter smarte hoor ons hyg?
fluister hier soos sagte reën,
en watter smarte hoor ons hyg?
tweede halwe koor
Hierheen kom elke mensgeslag
met al die sonde of heerlikheid
van sy kort aardse weg,
sy dade en sy verborge kwaad,
sy dieper smaad van dadeloosheid —
en staan voor die Ewige Gereg.
met al die sonde of heerlikheid
van sy kort aardse weg,
sy dade en sy verborge kwaad,
sy dieper smaad van dadeloosheid —
en staan voor die Ewige Gereg.
hele koor
O donker smartlike bestaan,
o verre aarde, ver van rus
en van óns glans versteek;
waar pyn is en die wenteling
van dinge, en sterwe, en ons wit lig
tot soveel vreemde kleure breek.
o verre aarde, ver van rus
en van óns glans versteek;
waar pyn is en die wenteling
van dinge, en sterwe, en ons wit lig
tot soveel vreemde kleure breek.
eerste halwe koor
Dié wat daar kom, lyk stil en vroom,
maar aarselend ná die lange tog
voor hierdie hoë saal,
soos mense wat min woorde het,
of smart gehad het en onthou
en nou nog deur herinnerings dwaal.
maar aarselend ná die lange tog
voor hierdie hoë saal,
soos mense wat min woorde het,
of smart gehad het en onthou
en nou nog deur herinnerings dwaal.
tweede halwe koor
Hul kom van ’n volk wat klein, alleen
op ’n dorre hoogland uitgeskud,
aan weerskante belaag
van mens en dier en son en dors,
nog blindelings stry, half redeloos nog
groot dinge onwetend waag.
op ’n dorre hoogland uitgeskud,
aan weerskante belaag
van mens en dier en son en dors,
nog blindelings stry, half redeloos nog
groot dinge onwetend waag.
hele koor
Daar kom hul aan, so klein, so min,
en bleek soos mense wat die dood
en bitter dinge ken;
maar rustig, ry ná yle ry,
gelate, eenvoudig, droewig, stil,
en aan ons glans nog skaars gewen.
en bleek soos mense wat die dood
en bitter dinge ken;
maar rustig, ry ná yle ry,
gelate, eenvoudig, droewig, stil,
en aan ons glans nog skaars gewen.
(Biddend)
O heilige Geregtigheid,
wat alle dade na hul maat
van smart en mens-wees meet,
verborge Raad, verborge Bron
van onrus, daad en lewe self —
wie sal U duister raadslag weet?
wat alle dade na hul maat
van smart en mens-wees meet,
verborge Raad, verborge Bron
van onrus, daad en lewe self —
wie sal U duister raadslag weet?