Hoofstuk 5
Die tweede gedeelte (1)
Die tweede gedeelte
DIE TWEEDE GEDEELTE
OU VROU:
Ná Paardeberg, my seun, was ons moed vereers gebreek.
Ons, die volk wat dáár so vas kon staan,
ons het begin hardloop as die kakies net êrens gesien word.
Ja, dis waar. Ons moet dit weet, ons moet dit weet:
ons was bang, lafhartig, met elke smadelike woord wat ons taal besit.
Generaal De Wet het tevergeefs met die sambok sy mense probeer terugslaan.
As hy op een plek keer, dan vlug hulle op 'n ander.
Twee perde het hy dié dag kapot gery.
En president Kruger het dit self aanskou.
Oud en siek soos hy was, het hy na die front toe gekom waar ons burgers aan't terugstroom was – nee, laat ek die waarheid sê: aan't weghardloop was.
En magteloos het hy in sy Kaapse kar gesit en met sy kierie gedreig teen die burgers wat verbyjaag; die Pretoriase polisie beveel om elkeen wat weghardloop, dood te skiet. Want ons het toe nog niemand van ons eie volk geskiet nie. Ook nie burgers wat weghardloop nie.
Ons het gevlug en gevlug.
Ons was bang.
Ons was op ons velle versot.
[Kort pouse]
Toe het die skeur in ons volk gekom en die skeur in die man wat jou vader was.
Jou grootvader, my man, het nou met Steyn gaan praat.
Hy kón, want ons was gesiene mense . . .

[Erens in die Vrystaatse vlakte: Kommandant Jan Visser by tafeltjie. Hy skryf iets. Pres. Steyn op]
PRESIDENT:
Jou vader is hier. Hy wil glo met my praat.

JAN:
Moet ek loop, President?
Moet ek loop, President?
PRESIDENT:
Nee, bly hier. Daar is hy al. Kom nader, Oom.

[Grootvader op]
GROOTVADER:
Nou het dit dan hiertoe [Wys] gekom, Theunis: dat ons hoofstad, Bloemfontein, deur die vyand ingeneem is. En wie gaan keer dat hulle Pretoria ook vat? Wie? Môre, seun. [Hy draai na president en wys na seun] Moet hy by wees en hoor?

[Knik] Hy's van my staf. Ja, dit het so ver gekom. Die oormag van die vyand.
[Knik] Hy's van my staf. Ja, dit het so ver gekom. Die oormag van die vyand.
GROOTVADER:
Moet jy nóú van oormag praat? Het julle dit nie geweet nie? Engeland se mag . . .
Moet jy nóú van oormag praat? Het julle dit nie geweet nie? Engeland se mag . . .
PRESIDENT:
Ek hét dit geken.
Ek hét dit geken.
GROOTVADER:
En tog het jy . . .
En tog het jy . . .
PRESIDENT:
En tog het ek hierdie oorlog aangedurf. En as ons weer gestaan het soos vier maande gelede, sou ek wéér. Ek sou wéér die stryd aanknoop. Wéér, wéér!

Maar as 'n land se hoofstad ingeneem word, dan moet dié land tog oorgee. So was dit nog altyd. In beskaafde oorloë. Ons is nie 'n wilde stam wat dan mense in die bossies gaan voorlê nie!

Miskien moet ons nog 'n nuwe soort oorlog leer.
Miskien moet ons nog 'n nuwe soort oorlog leer.
GROOTVADER:
Theunis, ek wil openhartig met jou praat. Ons het die oorlog verloor – nie net ons hoofstad nie. Vir my is die Hand van die Here hierin. Ons het Hom gevra om oor ons saak te beslis. Ons land is ingeneem . . .

[Heftig] Dis nie waar nie! Nie ons land nie!
[Heftig] Dis nie waar nie! Nie ons land nie!
GROOTVADER:
[Gaan heftiger voort] Ons leërmagte is gevang of uitmekaar gejaag. Die burgers tóú huis toe. Hulle is klaar, hulle is moeg. Hulle wil hulle eie werk doen. Hulle sê: laat die Engelsman dan maak wat hy wil. Laat hom 'n regering maak as hy wil.

[Kalmer] Oom, ek vra nou geduldig: wat dan van ons volk onder 'n Engelse regering? Wat van ons volk? Ons het nou vyftig jaar onsself geregeer. Gaan ons nou knegte van Engeland word?

Engeland maak nie van mense knegte nie. Die vroue wat by Cronjé gevang is – my eie dogter – is hulle nou knegte? Vir wie werk hulle dan? Hulle is weer by hulle huise, veilig, vry! As die Engelse hierdie land vat, sal ek nog 'n boer op my plaas wees. Jy sal kan advokaat wees, of regter. Is daar nie Afrikaanse regters in die Kaap nie? Sê my!

Ons moet veg . . . om . . . om ons siel te red.
Ons moet veg . . . om . . . om ons siel te red.
GROOTVADER:
Jy moet vir die Here bid as dit 'n kwessie is van jou siel red. Dis om julle haat dat hierdie straf oor ons gekom het. Julle het die Engelse altyd gehaat. En onthou: die meeste daarvan is die liefde.

Dít laat ek my nie sê nie. Waar het ons trouer Engelse burgers as in die Vrystaat? Die Brebners, Gordon Fraser, McHardy, Morgan, Brounger, Dixon, Ramsbottom – hiér het Afrikaner en Engelsman mekaar leer ken; dít was die liefde. Hier kan ons 'n volk word! Dít moes jy nie gesê het nie. Dít nie.

[Kommandant Jan Visser luister hier baie skerp. Hy wil iets sê. Steyn wys van "nee"]
GROOTVADER:
Julle praat altyd van volk, Theunis. Ek praat van ons mense elkeen apart; van jou en my, van ons vrouens, ons kinders, van elke boer, ryk of arm, apart.

Wat is 'n volk? Ons kan ook 'n deel van die Engelse volk wees. Ons praat tog al baie Engels. En hoe gaan ons die vólk red as ons ménse uitgeroei word? Ek sê vir jou: ons sondig teen die Here as ons hierdie onheilige oorlog voortsit. Óns het dit begin, en die Here se hand het ons swaar geslaan.
JAN:
[Kan homself nie bedwing nie] En as die Here nou niks met die saak te doen het nie, Vader?
[Kan homself nie bedwing nie] En as die Here nou niks met die saak te doen het nie, Vader?
GROOTVADER:
Is jy gek? Hy het. Hy het. Die Heer der Leërskare. Is daar nie gesê nie dat 'n Koning sig vrage moet of hy magtig is met tienduisend te ontmoet dengenen die met twintigduisend tegen hem komt. Sê die Bybel nie: die Here verander de tijden, Hij zet die koningen af en Hij bevestigt die koningen . . . [Vir Steyn] As Hy jou afgesit het? En 'n ander oor ons volk aanstel?

Verskoon, President. Vader, kom ons laat die Bybelpraatjies uit. Onsself, onsself! Mag teen Mag! Bul teen Bul! Dít is ons stryd.

Baälspriester! Is jý my seun?
Baälspriester! Is jý my seun?
PRESIDENT:
Wag, Oom. Kyk, ek wou nie in die oorlog gaan nie. Ek het dit oor en oor gesê. Maar ek het ook gesê: "As ons gedwíng word, ás ons ingaan, moet julle nie by my van oorgee praat nie."

Waar sal jou kastige regering nou regeer?
Waar sal jou kastige regering nou regeer?
PRESIDENT:
Op enige dorp, op enige plaas, onder enige doringboom waar die president is: daar sal die regering wees.

[Bars uit van die lag] Agter elke bossie! In elke klipskeur! En dít 'n regering!
[Bars uit van die lag] Agter elke bossie! In elke klipskeur! En dít 'n regering!
PRESIDENT:
Loop nou!
Loop nou!
GROOTVADER:
Ek sál loop! Ek loop! Maar ek sê vir jou: as jy weghardloop, ek bly in Bloemfontein. As Lid van die Volksraad gaan ek werk vir die behoud van ons mense – dié vir wie julle wil uitroei. Ek is 'n man van vrede.

Vrede is goed, Oom. Maar onthou u eed van trou aan hierdie Staat. Onthou hom!
Vrede is goed, Oom. Maar onthou u eed van trou aan hierdie Staat. Onthou hom!
GROOTVADER:
Hoe lank gaan jy aanhou? Tot watter uiterste toe?
Hoe lank gaan jy aanhou? Tot watter uiterste toe?
PRESIDENT:
Tot ek my Gideonsbende het. [Pouse]
Tot ek my Gideonsbende het. [Pouse]
GROOTVADER:
Mag die Here ons land teen jou beskerm, Steyn. Verlos ons van die Bose. [Grootvader af]
Mag die Here ons land teen jou beskerm, Steyn. Verlos ons van die Bose. [Grootvader af]
PRESIDENT:
Jy het gehoor. Jou vader is 'n ordentlike man, 'n godsdienstige man. 'n Man van vrede. En ons? Jy en ek? Wat is ons?

[Aarsel] My vader het te veel godsdiens.
[Aarsel] My vader het te veel godsdiens.
PRESIDENT:
[Sag] Kán 'n mens?
[Sag] Kán 'n mens?
JAN:
[Ongeduldig] Of hy het 'n verkeerde beskouing . . .
[Ongeduldig] Of hy het 'n verkeerde beskouing . . .
PRESIDENT:
Is joue reg? Dat die Here opsy moet staan? En ons: Bul teen bul.

President, laat ek u eerlik vra: het u wat ouer as ek is, al daaraan gedink dat 'n mens godsdienstig kan wees omdat jy oud is – te oud vir nog groot sondes? Of omdat jy ryk is: dat die Here tog net jou besittings moet bewaar . . . jou ryk moet laat bly in die land wat Hy glo aan jou vadere gegee het? My vader is oud. My vader is ryk.

[Pieter kom op]
PIETER:
Generaal De Wet het my gestuur, President. Hy kom netnou en bring 'n afgevaardigde van Transvaal saam. Hy wil sake bespreek.

Goed, Pieter. Gesond?
Goed, Pieter. Gesond?
PIETER:
Dankie ja, President.
Dankie ja, President.
PRESIDENT:
Dis goed dat julle twee hier is. Dis met julle jongmense wat ek moet praat. Generaal De Wet wil nie hóór dat ons verslaan is nie. Maar ék? Ek is die hoof. Ek veg nie self nie. As daar moet ingestorm word in die koeëls, dan is dit julle wat moet instorm; julle wat kan doodgeskiet word . . . Sê julle vir my. Sê vir my. Hoeveel kan ek van die volk eis? Moet ek vrede maak? Sê júlle vir my . . . Wil ons volk voortgaan? Durf ek sê hy móét voortgaan? Julle is van ons bestes . . .

[Heftig] President, as ons met vinnige kommando's deurgebreek het Durban toe, Kaap toe, Baai toe; die spoorweë beset het, die klomp slap Kaapnaars wakker geklop of geláát het – dan was die Engelse nou in die see, nie in Bloemfontein nie.

Hou op! Hier staan 'n man uit die Kolonie! Jy, Kapenaar?
Hou op! Hier staan 'n man uit die Kolonie! Jy, Kapenaar?
PIETER:
As ons dit alles, soos wat Jan sê, as ons dít alles kon reggekry het met ons ou volkie . . .

Julle antwoord nie my vraag nie. Nie "as", "as" nie, maar soos sake nou staan; kan ek die volk vra om voort te gaan? Durf ek? Hóé durf ek, hoe dúrf ek ander se lewes vra, ander lewes offer.

[Die lig begin verdonker tot alleen Steyn sigbaar is]
Hoe durf ek
– dalk met politieke slinterslae –
mense aanhits tot die stryd?
oproep tot offers?
sélf-opoffering
tót in die dood?
Waarom roep U my net om te offer?
Waarom roep U my nie
om offerdier te wees?
Waarom gebruik U nie die domkrag van mý eie vrees
– my eie menslike vrees vir die dood –
om my uit hierdie barre leierskap te hef
en met die bangstes van my volk één te laat wees nie.
Here, laat my nie in versekerheid verval nie.

[In hierdie toneel – wat in Steyn se gewete afspeel – moet die hooflig op hom val. Die gestaltes verskyn van oral af: soms 'n hele figuur, soms net 'n gesig, soms groepe, soms net stemme. Die president praat self byna niks, reageer alleen op die stemme en beelde. Die stemme moet mekaar baie vinnig opvolg. Sommige stemme sal fluister, ander weer iets harder, ander baie hard]
STEMME:
[Fluisterend, dan harder] Steyn! Steyn! Steyn!

VROUESTEM:
Dis maklik vir jou! Jy veg nie self nie!
Dis maklik vir jou! Jy veg nie self nie!
GROOTVADER:
Hou op met hierdie oorlog! Steyn, hou op!

GROEP VROUESTEMME:
Ons sal verdúúr, ons sal ly:
dat ons kinders nie knegte word nie.
Here, gee ons die krag om uit te hou . . .

Die president het baie krag. Het hy al in hierdie oorlog gely? Soos óns gely?

DERDE VROUESTEM:
My twee kinders is dood.
Twee voet diep in die rooi-klei begrawe.
Ek kon nie dieper grawe nie.
My twee kinders is dood.
Twee voet diep in die rooi-klei begrawe.
Ek kon nie dieper grawe nie.
GROOTVADER:
As die Here jou afgesit het? En 'n ander oor ons volk aanstel?
As die Here jou afgesit het? En 'n ander oor ons volk aanstel?
VROUESTEM:
Die kakies trap en trap op ons land!
Die kakies trap en trap op ons land!
DE WET:
[Woedend] Die kapitaliste! Dié laat hulle knegte trap en trap op ons land!

GROEP MANSTEMME:
Ons het verloor, verloor.
Na watter gebed van ons het die Here geluister?

STEM:
[Hard] Steyn, jou daag ek voor die geskiedenis!
[Hard] Steyn, jou daag ek voor die geskiedenis!
GROEP VROUESTEMME:
Ons kinders gaan dood, en as hulle doodgaan, gaan ons volk dood!

MANSTEM:
[Sing spottend] Oom Paul het 'n vark gery,
Afgeval en seergekry.

MANSTEMME:
[Juigend] Opgeklim en weer gery!
[Juigend] Opgeklim en weer gery!
VROUESTEM:
Julle is die vlug-regering,
die hardloopregering.
Julle is die vlug-regering,
die hardloopregering.
VROUESTEMME:
[Vinnig]
die wegkruip-regering
die kapkar-regering
die tering-regering
die huil-kommando's
[Vinnig]
die wegkruip-regering
die kapkar-regering
die tering-regering
die huil-kommando's
[Gelag]
MANSTEM:
Waar waai ou Steyn se manelpante nou?
Waar waai ou Steyn se manelpante nou?
VROUESTEMME:
[Sing baie vinnig]
Bobbejaan klim die berg
so haastig, so lastig;
bobbejaan klim die berg
om die kakies te vererg.
Hoerê vir die Rooi Nekke.
[Sing baie vinnig]
Bobbejaan klim die berg
so haastig, so lastig;
bobbejaan klim die berg
om die kakies te vererg.
Hoerê vir die Rooi Nekke.
MANSTEMME:
Hoera, hoera, ons ry op nuwe saals.
Hoera, hoera, die kakies word gewals.
Ons orders word mooi uitgevoer
en Engeland moet betaal
tot haar oliepotjie droog is.
Hoera, hoera, ons ry op nuwe saals.
Hoera, hoera, die kakies word gewals.
Ons orders word mooi uitgevoer
en Engeland moet betaal
tot haar oliepotjie droog is.
OU VROU:
Jy het ons volk so sterk gelei in die stryd;
lei hom tot nuwe krag en opbloei.
Jy het ons volk so sterk gelei in die stryd;
lei hom tot nuwe krag en opbloei.
GROOTVADER:
[Fluister]
Is dit jou eie eer wat jy soek?
Bid dat jou gees verlig word,
bid die Heilige Gees
dat jy jou eie hart en sonde leer ken.
[Fluister]
Is dit jou eie eer wat jy soek?
Bid dat jou gees verlig word,
bid die Heilige Gees
dat jy jou eie hart en sonde leer ken.
PRESIDENT:
Ek bid u, Heer, laat dit nie 'n politikus se sekerheid wees nie;
laat dit selfs nie 'n staatsman se versekerheid wees nie.
Ek is 'n sondige mens; my oordeel is vol van my:
vol van my wens, mý eersug, my gebrék aan insig:
ek: Steyn; ek arme, ellendige mens.

Gaan jy nóú vrede maak?
Nou dat my seuns dood is?
Gaan jy nóú vrede maak?
Nou dat my seuns dood is?
MANSTEMME:
Waarvoor het ons gesterwe?
Waarvoor het ons gesterwe?
VROUESTEM:
Die Here het gegee, die Here het geneem . . .

DE WET SE STEM:
Ons sal veg: nie 'n maand nie, 'n jaar nie;
maar drie jaar, ses jaar . . .
tót sy oliepotjie droog is.

Dis net Steyn en De Wet wat die gemors laat aanhou!

STEMME VAN KAAPSE REBELLE:
[Saam] En ons, die Kaapse rebelle! Gaan julle ons veilig verraai?
[Saam] En ons, die Kaapse rebelle! Gaan julle ons veilig verraai?
DE WET SE STEM:
[Hy sal geleidelik soos hy praat al hoe meer sigbaar word] Jy meen, President, dat jy self nie in gevaar kom nie! Glo my, daar is nou nie meer 'n front nie, en veilig-ver-van-die-front nie; oral is front. Jy, President, is in die vuurlinie voortaan.

[Dit is asof Steyn ontwaak]
PRESIDENT:
Dankie, dankie, De Wet.
Dankie, dankie, De Wet.
[Die lig word helder en Pieter, Jan Visser en Steyn in posisie soos vóór fantasmagorie. De Wet wenk vir kaptein Wolmarans om op te kom]
DE WET:
Toe, President, hoe lyk die kêrels so bedruk! 'n Mens sou sê dis nog vrede! Soek julle nog planne met Milner om nie oorlog te maak nie! Ek het hier 'n Transvaler aan die oor: kaptein Wolmarans.

WOLMARANS:
[Gee 'n brief aan Steyn oor] Ek is gestuur, President, u sien deur wie.
[Gee 'n brief aan Steyn oor] Ek is gestuur, President, u sien deur wie.
PRESIDENT:
[Terwyl hy vlugtig brief lees] Gee u boodskap.
[Terwyl hy vlugtig brief lees] Gee u boodskap.
WOLMARANS:
Ons bevelhebber laat weet hy sal moet terugval en terugval in Transvaal.
Ons bevelhebber laat weet hy sal moet terugval en terugval in Transvaal.
PRESIDENT:
Die generaal sien geen kans om die vyand te keer nie?
Die generaal sien geen kans om die vyand te keer nie?
WOLMARANS:
Teen die oormag, nee. Oral waar ons probeer keer, trek hy óm ons en dreig om ons te omsingel.

Ek weet, ons weet maar te goed uit eie ervaring.
Ek weet, ons weet maar te goed uit eie ervaring.
DE WET:
[Vir president, maar praat met Wolmarans] Maar President weet tog ook hoe ons dit hier in die Vrystaat begin doen. Die vyand trek 'n lang slang – honderde myle lank; van voor kan ons hom nie keer nie. Maar in die ribbes skiet, sy voorrade vang! Treinspore breek . . . dat hy netnou met duisende sonder kos sit.

Ek weet en dis mooi.
Ek weet en dis mooi.
JAN:
Net: daar sal altyd van ons mense wees wat slag . . . en kos verkoop. Ons ken ons ou volk . . .

En dan, President, kom die kwessie: Johannesburg en die goudmyne.
En dan, President, kom die kwessie: Johannesburg en die goudmyne.
PRESIDENT:
En die steenkoolmyne.
En die steenkoolmyne.
WOLMARANS:
Ja. Daar's van ons Transvalers wat hulle vooruit wil vernietig. Dinamiet. Sommer tonne. Al die gate toeskiet, toegooi.

Pragtig!
Pragtig!
PRESIDENT:
Ja. En . . .? [Pouse] Jou boodskap, Kaptein?
Ja. En . . .? [Pouse] Jou boodskap, Kaptein?
WOLMARANS:
Ons kommandant-generaal sê: hy sal dit nie toelaat nie. As dit gedoen word, bedank hy.

Dit ook nog! Cronjé wou nie sy waens verlaat nie. Ander wou nie vir Bloemfontein verlaat nie. En vir Kroonstad nie. President, ek sê vir u, dis goed ons het ons wa-laers afgeskaf; ons kanonne in die veld laat lê, ons vrouens en kinders, ons dorpe, ons plase verlaat . . . Nou is dit: elke man te perd met sy geweer. Nou is ons sterk, nou is ons net óns. En hier hoor ons dat ons nie mýne mag vernietig nie.

Hol gate en sandhope! President, Generaal, wáár is die goud? Is dit in Transvaal? Of is dit oor die see? Sê my bietjie, Kaptein!

[Vir Wolmarans] Besef die generaal wat die steenkool vir die vyand sal beteken? Dat sy treine vry deur ons land sal kan loop? Manne, kos, ammunisie, kanonne sal kan aanbring? Beséf julle mense dit? Ons sou hom kon dwing om skepe-vol steenkool te moet bring. [Glimlag]: Regtig carry coals to Newcastle. [Sag]: En minder mense en minder doodmaakgoed. Besef julle dit alles?

President, ek wil praat . . .
President, ek wil praat . . .
PRESIDENT:
U is die een man wat altyd mag praat. Maar ek wil net eers sê: die goud is – of dalk wás Transvaal s'n. Hulle moet besluit. Nie ons nie.

Maar ek sê: kom ons vernietig daardie myne, skiet hulle toe, kom ons pak hulle vol klippe, laat hulle vol water loop . . . As die vyand dan hierdie land uitgeroei en afgebrand het, as daar geen lewe hier is nie –
laat hulle dán by hulle goud kom!
Elke huis 'n murasie,
elke boord afgekap,
elke skaap doodgesteek of gemutton
elke ploegland vol klippe
alles gevreet en uitgepurgeer
elke witmens dood
elke swarte verhonger.
Laat hulle só by hulle goud kom.
Laat hulle die land kaal kry soos ons hom gekry het.

Kom, wat my betref, kaptein Wolmarans, het u ons republiek se antwoord gehoor. Maar dit sal vir julle-mense wees om te besluit. Dag en groete.

[Wolmarans af]
JAN:
[Vir De Wet] Generaal, u is, naas De la Rey, die enigste generaal aan wie ek nog geglo het – ons moet ons mense leer om gehoorsaam te wees soos 'n pompdonkie gehoorsaam is: as jy hom slaan, loop hy: as jy hom losmaak en jy slaan hom in die put in, loop hy in die put in. Soos die Engelse vandag.

Vroeër sou ek "Kommandant" gesê het, nou sê ek "boetie". Boetie, as jou volkies so reggeslaan is dat jy net kan sê "loop" dan loop hulle . . . [Pouse]

[Gretig] Ja, Generaal . . .?
[Gretig] Ja, Generaal . . .?
DE WET:
Dan wil ek hulle nie hê nie.
Dan wil ek hulle nie hê nie.
JAN:
Wat dan? . . . [Begryp nou nie]
Wat dan? . . . [Begryp nou nie]
DE WET:
Man, jy weet nog min. Ek het probeer om burgers met hierdie sambok te bekeer. Glo my, dit kan nie.