Hoofstuk 63
Begin klein
Doen sonder om te forseer.
Werk sonder gedoente.
Proe wat geen smaak het nie.
Maak groot van klein, baie van min.
Beantwoord haat met goedheid.
Werk sonder gedoente.
Proe wat geen smaak het nie.
Maak groot van klein, baie van min.
Beantwoord haat met goedheid.
Pak die moeilike aan terwyl dit nog maklik is.
Doen die groot dinge terwyl hulle nog klein is.
Die moeilikste dinge in die wêreld begin maklik.
Die grootste dinge in die wêreld begin klein.
Doen die groot dinge terwyl hulle nog klein is.
Die moeilikste dinge in die wêreld begin maklik.
Die grootste dinge in die wêreld begin klein.
Daarom probeer die wyse nooit groot dinge doen nie,
en juis daarom bereik hy groot dinge.
en juis daarom bereik hy groot dinge.
Wie maklik belowe, word selde vertrou.
Wie alles maklik opneem, kry baie moeilikheid.
Daarom neem die wyse alles ernstig op,
en uiteindelik is niks vir hom moeilik nie.
Wie alles maklik opneem, kry baie moeilikheid.
Daarom neem die wyse alles ernstig op,
en uiteindelik is niks vir hom moeilik nie.