Tema
Teksgrootte
18px
Hoofstuk 6

Skoon staan

Oorgangsmusiek.
gerardo
(Vrolik-saaklik) Vanmêre het ons leier sy tweede hou geslaan. As weerwraak vir my vader. Glo sestig Lobos-mense laat uithaal en skiet. Dit is soos dit moet wees: terreur teen terreur. Die hele môre het ons sarsies geknal:
nou nie meer net op die markplein nie, maar oral in die stad waar daar ’n goeie muur was. Die wêreld het suur van die kruit begin ruik.
Die volk is al goed bang.
Geen mens op straat nie. Alle vensters gesluit. Uit een huis is ’n petrolbom na ons geslinger — doelloos en sinloos. Net as ’n soort protes. My peloton het daardie huis aan die brand gesteek. Niemand het uitgekom nie.
En, om te dink dat ek twee dae gelede nog te sag was:
Harde klop op deur, en oopgaan. Voetstappe van iemand wat instruikel.
gerardo
Majoor!
Wat is dit? U sien daar so...
majoor e.
Daar het ’n nare ding gebeur, Gerardo.
gerardo
Wat dan?
majoor e.
By die vuurpeloton onder my bevel. Ons moes weer van die arme drommels teen die muur probeer staanmaak. Ons seuns het gelag, gehuil, gevloek en geskiet.
Toe stap sy vorentoe, die meisie; en gaan staan voor een van die wat geskiet moes word.
gerardo
Wie? Wie? ... Ek weet.
majoor e.
Ja? Ek het nie besef nie, Gerardo .. . Ja, dit was die vroueluitenant wat eers by jou Infor-
masiepos gewerk het. “Asseblief, mense,” sê sy. “Moet nie skiet nie, Dit is sonde wat julle doen.”
gerardo
Is sy ... dood?
majoor e.
Sy was byna onmiddellik dood; my manne was eers oorbluf: toe skree een: “Gee pad, ons skiet.”
’n Paar skote het nog geval, eintlik nog maar van die vorige skietery . . . asof die manne nie so dadelik kon ophou nie.
gerardo
(Woes) Dis Alonso! Alónso het haar vermoor. Ek sal hóm vermoor!
majoor e.
(Beslis) Nee, Gerardo! Ek sal jou keer.
En dis so sinloos. Dis onmoontlik. Nou dat hy weet hoe die volk voel en baie van sy eie manne voel, word hy dag en nag bewaak — ook teen ons, sy offisiere.
En hoe sal jy teen hom organiseer? Niemand sal jou geheim bewaar nie — nie in 6ns situasie nie.
gerardo
Nee, ek sal hom nie vermoor nie. Sy sal my nie toelaat nie.
majoor e.
Onthou dit: Lobos kruip nader. As ek hierdie venster oopgooi, hoor jy hom.
Geluid van venster en dan veraf geluid van kanonne.
majoor e.
Ons is nou in die ding. Dis soos ’n vrou as die kind wil kom: jy het nie keuse nie. Jy't lankal gekies. Niemand mag nou moeilikheid maak nie.
gerardo
(Sag) Maar ek mag nie moor nie. En ek mag nie politiek speel nie. Ek mag nie saamsweer nie. Sy sal my nie toelaat nie.
majoor e.
Dis verstandiger. Tot siens, Gerardo. Sterkte, jong.
Dagboek-tema.
gerardo
En ek het haar gewantrou. Ek het kon dink sy lieg. “So met ons liggaam moet ons iets doen,” het jy gesê. En jy het woord gehou.
Nou weet ek waarom in onbewustheid ek hierdie dagboek moes begin skrywe.
Miskien is dit die laaste bladsy hierdie.
As dit is, is dit goed. Want dit is vol van jou.
Vanmiddag het ek jou gaan kyk: wit oorjas vir jou verpleegwerk; die blou luitenantspetjie langs jou kop en krulle. Jy't altyd spelerig van jou “dubbelloop”-beroep gepraat. Maar daar was drie. Aan ’n kettingkie, skuins teen jou nek, nou: die teken van jou derde taak: die kruisie. So wil ek jou onthou as ek moet bly lewe. Al verstaan ek niks van daardie kruis. (Kort pouse)
Klaar is die haat. Klaar is alles wat nie liefde is nie.
Kom net, liefde, kom. (Kort Pouse)
Ons liggaam-self moet ons waag.
Kom, nuwe môre, kom. Dit is my beurt vandag om die teregstellings te lei.
Stemme van groep soldate in die buitelug.
gerardo
Laat die manne inval, Sersant!
sersant
Goed, Kaptein. (Die gewone bevele) Val in! Aandag! Voorwaarts, mars! Marsgeluid van sowat dertig man.
sersant
Waarheen, Kaptein?
gerardo
Sentrale gevangenis; dieselfde as gister en eergister.
sersant
(Goed, Kaptein. (Bevel) Regs wend! Op agtergrond weer die dodemarse of gefloersde trom. Marspas.
gerardo
(Sonder byklank, sy gedagtes) Ek moet nie voorberei wat ek sal sê nie. Dit moet vanself kom. Dit moet vir my gegee word. Met jou liggaam moet jy iets doen. Dit moet ’n persoonlike waagstuk wees. Marspas.
gerardo
(Hardop, met soldate-agtergrond) Sersant, laat hulle halt. En op ’n ry staan.
sersant
Hier? Hier op die plein? Voor ons by die tronk kom?
gerardo
Ja, Sersant.
sersant
(Goed, Kaptein. (Bevel) Halt! (ed.m. om manne op ’n ry te stel)
gerardo
Manne, staan maklik. Staan maar asof julle nie soldate is nie. Staan soos ek en die ander offisiere vir julle leer ken het — as seuns wat uit hierdie eiland gevlug het en in vreemde stede van die vasteland op straathoeke, voor fabrieke in die etensuur gestaan het.
As julle die gewere wil neersit, dóén dit. So het ek julle leer ken. So wil ek julle weer sien. Miskien vir laas.
Daar in die vreemde het ons — en ek — julle kom werf. Ons het vir julle vertel: ons wil ’n invalsleër organiseer om ons land weer vry te maak; om Lobos en sy bende vir wie julle gevlug het, uit te drywe of te vernietig. Om vir hierdie mense rondom ons weer hulle klein bietjie geluk in die lewe te gee.
Julle het met my saam hierheen gekom en dapper geveg. In die buitewyke van hierdie stad veg ons nog om vir Lobos weg te hou.
Maar julle van die vuurpelotons — veg julle nóú teen Lobos en vir die volk?
Waar is die volk van hierdie stad?
Waarom is die straat leeg? en kruip die mense agter toe vensters weg?
Wat is julle gevra om gister te doen? En eergister? En vandag — vandag weer?
Om arm, onnosel mense dood te skiet — juis dié vir wie ons vryheid wou bring. Julle is gevra om self soos Lobos te word.
Ek, vir my, het vannag besluit. Ek gaan dit nie doen nie. En ek gaan nie een van julle vra of bevel gee om dit te doen nie. Nou hóór julle dit. Ek weier om daardie bevel van ons leier, generaal Alonso, uit te voer.
Stemme met ontsteltenis, goedkeuring, onsekerheid; maar sag, soos van verrastes.
gerardo
(Gaan voort) Ek is vir die tweede keer ’n rebel.
En nou vra ek: dié wat voel ek doen verkeerd: skiet my.
(Pouse)
Julle skiet nie.
Ek vra dan: dié wat die gevangenes wil skiet wat ons uit daardie tronk gaan haal — gaan staan daar eenkant.
Verstaan julle wat ek sê? Die wat wil skiet, staan eenkant. Niks sal met julle gebeur nie.
Julle sal net generaal Alonso as leier se bevele uitvoer.
(Pouse) Niemand? Niemand wat wil skiet nie?
uitroepe
Nee, neel
gerardo
Dan is ons ongehoorsaam aan bevele. Dan is ons almal rebelle — rebelle teen ons rebellie. Dan verdien ons straf. Kom! ons gaan vir ons generaal sê: “Hier is ons: ons, die dubbelloop-rebelle. Straf ons! Kom!” (Gaan voort met dieselfde groot vreugde): Sersant! Gee die bevel! Ons marsjeer! Vrolike musiek! Maak dood die dodemusiek!
Hier kom die lewe!
sersant
Waarheen, Kaptein?
gerardo
Regs wend! (Roep) Ons gaan die ander moordpelotons soek en vra of húlle moord wil pleeg!
(Roep)
Regs wend!
Marspas met vrolike musiek.
sersant
Kaptein! Daar kom ’n ander van ons pelotons. Hulle het gevangenes by, wat doodgeskiet moet word.
gerardo
Pragtig. Ons praat met hulle. Wag, ek loop vooruit!
Die gefloersde trom van die tweede peloton kan bier gemeng word met die eerste se vrolike musiek.
gerardo
_ Stilte! Mensel Kêrels! Ons is nie meer soldate nie: ons is wat ons wás:
Ons het besluit ons gaan nie moordenaars wees nie: Ons is ’n ongehoorsame klompie seuns. Ons gaan net nie móór nie. (Kort pouse) Gaan julle?! Wil julle? Of is dit te skielik? (Bevele laat tweede peloton ook halt) Ek gaan julle káns gee.
My eie mense: Staan op aandag! Staan op rus: SO.
So, daar staan hulle. (Sagter, as hy met majoor praat) : Majoor, vergeef my: dit is onhoflik van my. Maar selfs die hoflikheid vergeet ons in so ’n oomblik.
(Hard) Nou júlle, van Majoor se afdeling: as julle ons wil skiet, skiet, skiet dan! Ons staan sommer... ons stáán sommer... Julle skiet nie? Julle skiet ook nie? Dan is julle van ons mense. Majoor, en u?
majoor e.
Ek breek my woord as soldaat. Die eerste keer.
gerardo
Kom! Nee, wag ’n oomblik! Die gevangenes word
nie geskiet nie, maar vir eers bewaar.
Sersant, vat tien man en neem hulle terug. Nou gaan ons na ons generaal!
uitroepe
Ons gaan! Na die Hoofkwartier!
Die kanonne van Lobos donder swaar. Bomme val: kwaai hoorbaar, maar tog nog op 'n afstand.
majoor e.
Dis Lobos se kanonne; en náder. Terwyl ons onder mekaar gaan veg! Lobos weet alles wat ons doen. Hy't oral tussen ons loerders, Kapteintjie.
gerardo
(Ekstaties) Nou mag niks ons keer nie! Nou moet ons doen wat God eis.
Swaar marspas; vrolike musiek; tussendeur bomme.
majoor e.
Kyk daar: Alonso se wag is opgestel.
En swaar bewapen. Hy wag ons in.
skildwag
Halt! Niemand kom nader. Weg van die Hoofkwartier! (Stilte)
stem
Daar kom Alonso self. (Stilte)
gerardo
Aandag! Die Opperbevelhebber!
alonso
(Kalm) Wat soek julle hier? Kaptein de Torres? Majoor? Ek weet wat aan ’t gebeur is. U is albei onder arres. Gee u wapens af.
gerardo
Ek gee dit, Generaal.
uitroepe van sy manne
Nee, neel Moenie, Kaptein! Moenie!
gerardo
(Sag) Ons het net gekom om vir u, ons leier,
die man vir wie ons liefhet, te sê: ons gaan nie langer moordenaars wees nie! Elke ander bevel sal ons gehoorsaam.
alonso
Kaptein, dis muitery! Kolonel van die wag — vang hierdie twee. (Hy roep) En julle, die bataljons wat sonder my bevel hier is... julle gee julle wapens aan my wag af: ek sal drie tel: dan laat ek skiet!
Ben! Tweel ’n Paar los skote van agter êrens.
skildwag
Die generaal is getref!
gerardo
Moenie skiet nie! Moenie skiet nie! Hou óp tog! Hou óp!
alonso
(Sterwend, baie swak) Drie.
Skiet op die muiters. Skiet. Hulle skiet nie.
gerardo
Hy het gesterf soos hy geleef het. (Sag)
Generaal, u onmenslike wil het dit gewil.
Bomme bars en kanonne klink naderby.
gerardo
Soldate! Die generaal is dood. Die Raad van die Verset sal ’n nuwe leier kies, soos ons vooraf besluit het.
Kanonne dreigend.
gerardo
(Sag) Lobos, ek hóór jou. Nou kan ek veg — nou dat ons weer skoon staan. Vir ’n saak wat skoon is, kan ek alles ver-
duur, alles waag, alles gee. (Fluisterend) Maria!
📖

Einde van die Boek

Dankie dat jy Dagboek van 'n soldaat gelees het.

📵 Jy is tans sonder internet.

📥 Laai boek af

Stoor alle hoofstukke op jou toestel sodat jy sonder internet kan lees.

Besig om te laai…