Hoofstuk 5
Die oordeel
VOORSPRAAK, MAN, VROU, JONGMENS en KOOR VAN VOORTREKKERS kom agter op. AANKLAER kom van links-voor op.
(Ligverandering: ligter en nugterder)
voorspraak (lewendig)
Ek kom om vir ’n volk te pleit
wat klein naas al die volke staan,
dat hulle naam nie sal verklink
en tot die stiltes gans vergaan;
maar dat hul sterk voor God durf kom
— rein is die mens wat suiwer streef —
en deur hul reg ’n nageslag
in verre eeue nog kan leef.
wat klein naas al die volke staan,
dat hulle naam nie sal verklink
en tot die stiltes gans vergaan;
maar dat hul sterk voor God durf kom
— rein is die mens wat suiwer streef —
en deur hul reg ’n nageslag
in verre eeue nog kan leef.
koor
Wat was hul dade? Noem dit hier,
opdat die ewige reg geskied.
opdat die ewige reg geskied.
voorspraak
Dan moet ek van swaar dinge praat,
van baie swerwe en verdriet.
van baie swerwe en verdriet.
Hul is die mense wat ’n land
gekry het wyd en oop en mooi:
vol donker glans van blad en druif
en sagte reën; vol bitter brand
oor dorre vlaktes; winters wit
van gras en horison en lug;
groot-skoon, maar hard en houtig soos
die skamele granaat se vrug.
gekry het wyd en oop en mooi:
vol donker glans van blad en druif
en sagte reën; vol bitter brand
oor dorre vlaktes; winters wit
van gras en horison en lug;
groot-skoon, maar hard en houtig soos
die skamele granaat se vrug.
En deur dié land het hul gegaan
steeds verder in die vreemde in,
blind-tastend deur gevare voor,
onwetend wat hul sou begin;
steeds weer verlaat wat dierbaar is,
en rusteloos getrek, gesoek
of êrens nog kon ruimte wees
en vryheid in die wildernis.
steeds verder in die vreemde in,
blind-tastend deur gevare voor,
onwetend wat hul sou begin;
steeds weer verlaat wat dierbaar is,
en rusteloos getrek, gesoek
of êrens nog kon ruimte wees
en vryheid in die wildernis.
Hul het aan geen groot daad gedink
of roem of rykdom, en gesink
eenvoudig sterwend, in die dood,
soos 'n donker fondamentklip val
en nié weet van die suil wat groot
hoog oor hom in die son sal blink.
of roem of rykdom, en gesink
eenvoudig sterwend, in die dood,
soos 'n donker fondamentklip val
en nié weet van die suil wat groot
hoog oor hom in die son sal blink.
aanklaer (fors)
Maar ék staan hier en kla hul aan:
in opstand het hul uitgegaan,
die bande en die wet verbreek,
en dwaas hul in verderf gestort
om grond te roof en ryk te word —
laat die Ewige Reg sy eer nou wreek.
in opstand het hul uitgegaan,
die bande en die wet verbreek,
en dwaas hul in verderf gestort
om grond te roof en ryk te word —
laat die Ewige Reg sy eer nou wreek.
voorspraak
As jy ’n trotse volk verkneg,
word ópstand teen die reg sy reg.
word ópstand teen die reg sy reg.
aanklaer
Dis wetloosheid en eie sin
wat hul gesweep, gedrywe het...
wat hul gesweep, gedrywe het...
voorspraak
Maar eie strenge tug skep in
die nuwe land 'n nuwe wet.
die nuwe land 'n nuwe wet.
aanklaer
Grondhonger...
voorspraak
Grond om vry te wees!
Ook grónd was in die slaweland.
Ook grónd was in die slaweland.
aanklaer
Twee dinge: hongerte en vrees,
lei met mooi woorde die verstand.
lei met mooi woorde die verstand.
voorspraak
Nie wins, maar slegs hul bloed se stem!
Hul het gevolg waar die vryheid lei,
die eer-verlate rus versmaai,
en rykdom in die slawerny.
Hul het gevolg waar die vryheid lei,
die eer-verlate rus versmaai,
en rykdom in die slawerny.
(Kort pouse. Ligverandering: dowwer)
man (ernstig)
Ons het gesterwe, Heer, en het niks meer
van die skone wêreld as die kommernis
om dié wat ons so weerloos moes verlaat;
hul het ons uit die grot van donkerte,
die dood, waar ons moes ingaan, nog verlaas
smekend gesien, en daarom rus ons nie
ook in die dood, rus ons nog nie, o Heer.
Ons bene lê wit in die son, of vlak
in die vreemde aarde toegegooi; ons het
die hoogste offer wat die vryheid vra,
gebring – en nou nog het ons net die pyn
en rus ons nie, ook in die dood nog nie.
Was dit vergeefs, o Heer?
van die skone wêreld as die kommernis
om dié wat ons so weerloos moes verlaat;
hul het ons uit die grot van donkerte,
die dood, waar ons moes ingaan, nog verlaas
smekend gesien, en daarom rus ons nie
ook in die dood, rus ons nog nie, o Heer.
Ons bene lê wit in die son, of vlak
in die vreemde aarde toegegooi; ons het
die hoogste offer wat die vryheid vra,
gebring – en nou nog het ons net die pyn
en rus ons nie, ook in die dood nog nie.
Was dit vergeefs, o Heer?
aanklaer (hooghartig)
Hoe sal 'n klag van stryd of smart
die hoë Reg belet?
die hoë Reg belet?
Die dapperheid is niks as drif
wat selfs die diere het.
wat selfs die diere het.
vrou
Ons oë is nog blind van pyn
en van die dinge wat ons sien;
met smart het ons gebaar
en kommervol geleef in nagte en dae.
Maar ons het hul sien sterf
en self gesterf, Heer, met die bitter wete
dat eie dood die bitterste nie is.
en van die dinge wat ons sien;
met smart het ons gebaar
en kommervol geleef in nagte en dae.
Maar ons het hul sien sterf
en self gesterf, Heer, met die bitter wete
dat eie dood die bitterste nie is.
Was al ons pyn verniet?
aanklaer
Die liggaamspyn ken ook die dier,
en kinders baar en sterf ...
en kinders baar en sterf ...
jongmens (soos ’n kindergebed)
Maar ons was baie klein en teer
en moes nog niks van sterwe weet;
ons moes nog speel
en kinderlike dinge doen, o Heer;
maar skrik en dood was ons twee maats,
en smart ons speelgoed, liewe Heer.
Het U óns dan nooit liefgehad?
en moes nog niks van sterwe weet;
ons moes nog speel
en kinderlike dinge doen, o Heer;
maar skrik en dood was ons twee maats,
en smart ons speelgoed, liewe Heer.
Het U óns dan nooit liefgehad?
Was al óns pyn verniet?
koor van voortrekkers (stadig)
Heer, weeg U móed, weeg U verdriét,
of was ons pyn verniet?
of was ons pyn verniet?
koor (vinniger)
U het hul onder hoewe uitgedors
en teen die westewind gewan, o Heer;
met alle smart het U gemaal,
gebreek, tot daar nie méér
van al hul somerkragte owerig was
as suiwer wil en eenvoud en verdriet —
en teen die westewind gewan, o Heer;
met alle smart het U gemaal,
gebreek, tot daar nie méér
van al hul somerkragte owerig was
as suiwer wil en eenvoud en verdriet —
(Sagter)
het U geen doel met hul gehad?
Was al die pyn verniet?
Was al die pyn verniet?
aanklaer (hooghartig en sterk)
Ons hoor ’n lang en dor verhaal
van nietige en needrige dinge,
'n swak en skaars nog mensetaal
wat nooit deur die sewe heilige kringe
van God se heerlikheid kan dring;
die Reg is ver bo pyn en drif
en hierdie blinde en dwase mense
aan die poorte van Sy huis gegrif
en waai nie met die wil en wense
van sterfelikes blindeling.
van nietige en needrige dinge,
'n swak en skaars nog mensetaal
wat nooit deur die sewe heilige kringe
van God se heerlikheid kan dring;
die Reg is ver bo pyn en drif
en hierdie blinde en dwase mense
aan die poorte van Sy huis gegrif
en waai nie met die wil en wense
van sterfelikes blindeling.
koor (KLAAGSANG) (Begin langsaam en versnel totdat die laaste stansas kragtig opklink)
O wye en droewe land, alleen
onder die groot suidersterre.
Sal nooit ’n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis?
onder die groot suidersterre.
Sal nooit ’n hoë blydskap kom
deur jou stil droefenis?
Jy ken die pyn en eensaam lye
van onbewuste enkelinge,
die verre sterwe op die veld,
die klein begrafenis;
eenvoudige mense wat getrou
en enkeld bitter dinge doen,
en enkeld val soos korrels saad;
stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van dié wat om 'n ander diens
soos knegte jou verlaat.
van onbewuste enkelinge,
die verre sterwe op die veld,
die klein begrafenis;
eenvoudige mense wat getrou
en enkeld bitter dinge doen,
en enkeld val soos korrels saad;
stil daad, klein trou, klein trouloosheid
van dié wat om 'n ander diens
soos knegte jou verlaat.
(Ligverandering: helderder)
Sal nooit 'n magtige skoonheid kom
oor jou soos die haelwit somerwolk
wat uitbloei oor jou donker berge,
en nooit in jou ’n daad geskied
wat opklink oor die aarde en
die jare in hul onmag terge;
'n grootsheid van so suiwer glans;
dat mense in ’n verre land
wat van jou naam die melding hoor
met wilde en helder oog sal staar
soos vroeë vaarders in die nag
verslae gesien het kim bo kim
die nuwe, blom-groot sterre styg
óp uit jou see se wit gevaar?
oor jou soos die haelwit somerwolk
wat uitbloei oor jou donker berge,
en nooit in jou ’n daad geskied
wat opklink oor die aarde en
die jare in hul onmag terge;
'n grootsheid van so suiwer glans;
dat mense in ’n verre land
wat van jou naam die melding hoor
met wilde en helder oog sal staar
soos vroeë vaarders in die nag
verslae gesien het kim bo kim
die nuwe, blom-groot sterre styg
óp uit jou see se wit gevaar?
aanklaer (tree vorentoe)
Ek eis van U Geregtigheid,
wat ewig en flikkerloos
brand, o God, vaster
as die verganklike sterre en stelsels:
gee hul aan my,
dat ek hulle slinger
ál langs die vergetelheid,
die donker steiltes, waar hul
– verdwyn en vernietig —
minder sal wees
as die ongeborenes.
wat ewig en flikkerloos
brand, o God, vaster
as die verganklike sterre en stelsels:
gee hul aan my,
dat ek hulle slinger
ál langs die vergetelheid,
die donker steiltes, waar hul
– verdwyn en vernietig —
minder sal wees
as die ongeborenes.
voorspraak (tree tussen Aanklaer en Boere)
Die reg is dieper as ons wete
en meer verborge as die daad.
en meer verborge as die daad.
man (heftig en vinnig)
Ek gryp U vas, o Heer,
en laat U nie,
U móét my hoor.
en laat U nie,
U móét my hoor.
koor van boere (byna fluisterend)
Hoe kan ons U verlaat?
man (heftig en vinnig)
Ek sal met U worstel, o God,
tot U my hoor en seën;
ek weet U is nie ver,
U is by ons
en róndom soos ’n laer;
My woord sal teen u poorte slaan,
Heer, soos ’n vuis,
omdat ek weet dat U geregtigheid
lank wag, maar altyd waak.
tot U my hoor en seën;
ek weet U is nie ver,
U is by ons
en róndom soos ’n laer;
My woord sal teen u poorte slaan,
Heer, soos ’n vuis,
omdat ek weet dat U geregtigheid
lank wag, maar altyd waak.
koor van voortrekkers (smekend)
Hóór ons, o Heer.
man
Die stem van die vryheid was U stem
wat ons moes volg.
wat ons moes volg.
koor van voortrekkers (sterk)
Ons moes dit volg.
man
Ek weet U lei langs vreemde paaie,
maar, God, U kan ons nie bedrieg.
maar, God, U kan ons nie bedrieg.
U, Heer, was in ons bloed
en in ons wil
toe ons die vreemde land gedaag het
dag en nag,
met die Dood as leier voor ons wa
voortgetrek het;
ek éis U geregtigheid en gryp U vas
en laat nie van U, Heer, laat nooit van U.
en in ons wil
toe ons die vreemde land gedaag het
dag en nag,
met die Dood as leier voor ons wa
voortgetrek het;
ek éis U geregtigheid en gryp U vas
en laat nie van U, Heer, laat nooit van U.
vrou (sag, byna biddend)
As U ons nou verlaat, dan is ons glad verlate,
dan waai ons soos die wolk, áf langs die
berge, Heer,
en is ons glad verloor;
ons leef nie sonder U, dit weet ek helder nou;
ons drywe met ons wil soos hout op ’n rivier
onwetend in U stroom.
dan waai ons soos die wolk, áf langs die
berge, Heer,
en is ons glad verloor;
ons leef nie sonder U, dit weet ek helder nou;
ons drywe met ons wil soos hout op ’n rivier
onwetend in U stroom.
koor van voortrekkers (sag, byna biddend)
My God, my God, het U ons so verlaat,
en was ons kruisiging verniet?
en was ons kruisiging verniet?
koor (weer sterker)
U het hul onder hoewe uitgedors
en teen die westewind gewan, o Heer;
met alle smart het U gemaal,
gebreek, tot daar nie méér
van al hul somerkragte owerig was
as suiwer wil en eenvoud en verdriet...
het U geen doel met hul gehad?
en teen die westewind gewan, o Heer;
met alle smart het U gemaal,
gebreek, tot daar nie méér
van al hul somerkragte owerig was
as suiwer wil en eenvoud en verdriet...
het U geen doel met hul gehad?
Was al die pyn verniet?
aanklaer (nog sterker)
Dit is verniet!
Een ding het my oë gesien,
en daarvoor moet julle buig:
dat die mens nie uitnemend is
bokant die diere,
en enerlei wedervaar
hulle albei uiteindelik.
en daarvoor moet julle buig:
dat die mens nie uitnemend is
bokant die diere,
en enerlei wedervaar
hulle albei uiteindelik.
Die dood is die einde,
en die daad sterwe ook
as hy eenmaal
soos rimpels op water
ten einde gedein het,
of soos die beweging
wat golf langs 'n draad
sy stilstand moet vinde.
Só het jul gesterf,
en sal jul gedagtenis
voortgolf en klink,
maar uiteindelik sterwe.
Ek weet jul is myne;
ek ken my reg, en ek wag.
en die daad sterwe ook
as hy eenmaal
soos rimpels op water
ten einde gedein het,
of soos die beweging
wat golf langs 'n draad
sy stilstand moet vinde.
Só het jul gesterf,
en sal jul gedagtenis
voortgolf en klink,
maar uiteindelik sterwe.
Ek weet jul is myne;
ek ken my reg, en ek wag.
man (fors, biddend)
Heer, gee ons reg, ons eis met diep ontsag
– want wie sal opstaan en van U iets eis —
maar ons weet dat al ons dade nie só sterf,
ons weet dat móed voor U geregtigheid
sy waarde hou soos goud in vuur,
en dat ons daad in hierdie land moet bly,
'n lig wat wink, ’n vlam wat skroei.
– want wie sal opstaan en van U iets eis —
maar ons weet dat al ons dade nie só sterf,
ons weet dat móed voor U geregtigheid
sy waarde hou soos goud in vuur,
en dat ons daad in hierdie land moet bly,
'n lig wat wink, ’n vlam wat skroei.
vrou (triomfantelik)
Ek is die bloed wat deur die jare gaan,
geslagte aan geslagte bind, die vrou;
en in my kring van liefde, blydskap, hoop
en baie pyn, bestaan ’n volk onsterflik
solank hy daardie bloed wil suiwer hou
bo wins en ydel woorde en medely.
Daarom sal ek my pyn nie noem as diens;
dis deel van my, dit is die stroom van lewe
en ewige vreug wat so ’n vreemde skyn
aanneem in my, en daardeur sal ek leef
onsterflik in die wit land van die son
en wind-deurwaaide hooglug, Afrika.
geslagte aan geslagte bind, die vrou;
en in my kring van liefde, blydskap, hoop
en baie pyn, bestaan ’n volk onsterflik
solank hy daardie bloed wil suiwer hou
bo wins en ydel woorde en medely.
Daarom sal ek my pyn nie noem as diens;
dis deel van my, dit is die stroom van lewe
en ewige vreug wat so ’n vreemde skyn
aanneem in my, en daardeur sal ek leef
onsterflik in die wit land van die son
en wind-deurwaaide hooglug, Afrika.
jongeling (juigend)
Ek is die jeug, ek is die sap
wat telkens ná die winterrus
ryk van die lewe in die takke styg
totdat die boom wat dood was,
weer silwerig ritsel in die wind; ...
ek is die jeug, nog in my dood
sal ek deur hierdie nasie trek
’n voortrek wat geen einde kry;
in elke eeu
as rus en rykdom te dierbaar vir hul word,
sal hul die sweep hoor klap,
en deur dié land van son en wind
sal ewiglik die waspoor lê.
wat telkens ná die winterrus
ryk van die lewe in die takke styg
totdat die boom wat dood was,
weer silwerig ritsel in die wind; ...
ek is die jeug, nog in my dood
sal ek deur hierdie nasie trek
’n voortrek wat geen einde kry;
in elke eeu
as rus en rykdom te dierbaar vir hul word,
sal hul die sweep hoor klap,
en deur dié land van son en wind
sal ewiglik die waspoor lê.
aanklaer (fors en somber)
Jul daad sal sterf én sy gedagtenis
asof hy nooit gedaan is;
na enkle eeue sal jul wees
by die geslagte wat vergaan is,
roemloos en uitgedelg.
asof hy nooit gedaan is;
na enkle eeue sal jul wees
by die geslagte wat vergaan is,
roemloos en uitgedelg.
Waar is jul mag?
Want net die magtige volke kan
geweldig oor die aarde gaan
soos die wind in sy prag,
en sy gestaltes vorm soos klei.
geweldig oor die aarde gaan
soos die wind in sy prag,
en sy gestaltes vorm soos klei.
voorspraak (stil, religieus)
Voor God is alle volke klein,
en net die wil se waarde bly.
en net die wil se waarde bly.
koor van voortrekkers (stil en sterk)
Nie om die reg, maar om die wil
wat suiwer was, o Heer;
nie om die smart, maar om die daad
wat die staalwerk van ons mens-wees is,
moet U ons neem.
wat suiwer was, o Heer;
nie om die smart, maar om die daad
wat die staalwerk van ons mens-wees is,
moet U ons neem.
(KLEIN GEBED)
God, ons wat die eenvoudige dinge doen
en nie die donker draaie van U reg
en doel begryp, ons vra alleen
dat U in ruil vir arbeid en verdriet
die eenvoud van ons dade neem.
en nie die donker draaie van U reg
en doel begryp, ons vra alleen
dat U in ruil vir arbeid en verdriet
die eenvoud van ons dade neem.
(Ligverandering: weer donkerder)
koor (GROOT GEBED) (vol en klankryk)
O heilige Geregtigheid,
wat alle dade na hul maat
van smart en mens-wees meet,
verborge Raad, verborge Bron
van onrus, daad en lewe self —
wie sal U duister raadslag weet?
wat alle dade na hul maat
van smart en mens-wees meet,
verborge Raad, verborge Bron
van onrus, daad en lewe self —
wie sal U duister raadslag weet?
U naam moet ons met huiwering noem,
want U onuitspreekbre wese brand
uit God soos ’n vlam in die stilligheid
wat roerloos bo die goue lamp
sy vreemde en vlugtige lewe het —
één wisseling en één vastigheid.
want U onuitspreekbre wese brand
uit God soos ’n vlam in die stilligheid
wat roerloos bo die goue lamp
sy vreemde en vlugtige lewe het —
één wisseling en één vastigheid.
stem van die geregtigheid
Meer as hul weet, het hul gemaak,
en hoër reg voor God behou
met een sterk, harde daad
as alle wysheid wat die woord
in sy blink nette vas kan vang
ná baie soek na Goed en Kwaad.
en hoër reg voor God behou
met een sterk, harde daad
as alle wysheid wat die woord
in sy blink nette vas kan vang
ná baie soek na Goed en Kwaad.
koor van voortrekkers
(met diep ontsag)
Voor U is alle dade klein,
is áls verganklik, en vergaan
ons wete en ons wese SOOS
’n stem wat uitroep in die lug,
en al ons reg ly skipbreuk, sink
in U, verborge, bodemloos.
is áls verganklik, en vergaan
ons wete en ons wese SOOS
’n stem wat uitroep in die lug,
en al ons reg ly skipbreuk, sink
in U, verborge, bodemloos.
Hoe sal ons voor U staan, of dank
waar selfs ons dank so aarselend kom,
en woorde yl en magteloos is?
waar selfs ons dank so aarselend kom,
en woorde yl en magteloos is?
voortrekkers en koor saam
(ekstaties)
Verborge Goedheid, wat ons daad
laat opglans uit sy donkerte
een oomblik deur U luisternis!
laat opglans uit sy donkerte
een oomblik deur U luisternis!
stem van die geregtigheid
Gaan heen en weet dat julle reg
en daad voor God kan staan
omdat dit krag en eenvoud was,
omdat Hy self eenvoudig is:
één suiwer Wil, één ewige Daad
en bokant alle wisseling vas.
en daad voor God kan staan
omdat dit krag en eenvoud was,
omdat Hy self eenvoudig is:
één suiwer Wil, één ewige Daad
en bokant alle wisseling vas.
Hul sal nie sterf, hul lewe het
in daardie land so ingetrek
en ingeweek dat hul sal bly
so lank sy kranse bo die see
se lang skuimkringe uit sal staan,
afsonderlik en trots en vry!
in daardie land so ingetrek
en ingeweek dat hul sal bly
so lank sy kranse bo die see
se lang skuimkringe uit sal staan,
afsonderlik en trots en vry!
alle stemme op verhoog saam
(eers stygend, dan verminderend totdat dit net harder as fluister is)
Nou sal ons swyg, o Heer:
ná alle woorde kom die stilte weer
waarmee U ons omring
van ster tot ster
en kring tot kring
van daardie nag en duisternis,
waar óm die grense van die lig
geen sterre dwaal;
ons sien dat U die straling is
waarin die aarde met sy prag
klein soos ’n stoffie maal,
maar dat U in die suiwer daad
aanwesig is, soos die bron se krag
in die spring-fontein se slanke draad
se styging en sy daling is,
ná alle woorde kom die stilte weer
waarmee U ons omring
van ster tot ster
en kring tot kring
van daardie nag en duisternis,
waar óm die grense van die lig
geen sterre dwaal;
ons sien dat U die straling is
waarin die aarde met sy prag
klein soos ’n stoffie maal,
maar dat U in die suiwer daad
aanwesig is, soos die bron se krag
in die spring-fontein se slanke draad
se styging en sy daling is,