Hoofstuk 6
Die tweede gedeelte (2)
Die tweede gedeelte
JAN:
En met die geweer? Dit is wat die Engelse doen as 'n soldaat dros of verraai.

DE WET:
Ons nie.
Ons nie.
JAN:
[Heftig]: President, Generaal... dan kan die banges maar wegkruip, mense kan huis toe gaan as hulle verlang, hulle kan wegloop om te gaan ploeg, te gaan oes! Dan is ons mos verlore. Dan praat my vader die waarheid. Dan is ons mos geen volk nie. 'n Hoop los sand wat deur jou vingers loop! Met so 'n volk, 'n gepeupel wil ek niks...

Keer jou, Kommandant. Ek sal jou sê hoe dit is: Ons kan net dié soort man gebruik wat self kom en sê: ek wil veg, ek sal nie dros nie; as ek dros, straf my!

Dié soort sal ons moet uitsoek, uitsif soos diamante. En dan sal ons veg. Tien van dié soort is meer werd as honderd bymekaarraapsels.
JAN:
[In wanhoop]: Dan gaan ons verlore. Dan moes ons nooit begin veg het nie. Ons is g'n volk nie. Ons was nooit g'n volk nie. President, u sal my verskoon?

[President knik. Jan af. Die president en De Wet kyk hom agterna, dan na mekaar]
DE WET:
Ek vrees... ek wonder en vrees... President.

PIETER:
Generaal, hoe het u gesê moet 'n mens sê? Ek sê dit, Generaal. "Ek sal veg, ek sal nie dros nie; as ek dros... skiet my dood."

OU VROU:
Kent gij dat volk vol heldenmoed: Pieter!
En my seun, jou vader, hoe was hy?
Reguit, opreg en dapper
met iets wat hy van sy vader geërf het;
streng ook teen homself al was hy nog jonk.
Hy't baie gegee en baie geëis.
Hy't nog nie die President se eindelose geduld
met ons volk geken nie –
geduld en liefde ook vir die swakkes en banges;
hy't nog nie ons volk vertrou, net soos dit is, nie:
swak, met sterkte daardeur gevleg,
onwys, met wysheid net hier en daar soos goudstof in die slik:
'n gewone volk op onmerkwaardige aarde.

En tog, nadat hy sy vertroue in ons verloor het, het hy nog voortgegaan – maande lank op gevaarlike togte, meestal saam met Pieter; naby die president – sy vertroude boodskappers wat alles sou waag en deurkom.
Op 'n aand het hy by my aangekom – déúr die vyand en die gevaar gekom.
[Jan op en by sy moeder]
OU VROU:
Jan.
Jan.
JAN:
Moeder.
Moeder.
OU VROU:
Jan, jy waag verskriklik!
Jan, jy waag verskriklik!
JAN:
As ek geskiet word of gevang, dan is alles klaar vir my, alles opgelos.
As ek geskiet word of gevang, dan is alles klaar vir my, alles opgelos.
OU VROU:
My kind, jy's moeg en oorspanne. Vannag slaap jy hier in jou ouerhuis.

Nie slaap nie. Nee, al lê ek.
Nie slaap nie. Nee, al lê ek.
OU VROU:
Wat is dit, my seun?
Wat is dit, my seun?
JAN:
Ek glo nie meer in ons saak nie.
Ek glo nie meer in ons saak nie.
OU VROU:
En jy's só by ons president en by De Wet. Ek is trots hulle hou jou naby hulle.

Vader oordeel reg, al is hy hóé verkeerd. Hy's teen die aanhou, maar hy was ook teen die oorlog. Ek was vír die oorlog: ek sou geveg het, – en, Moeder, ek is nie bang vir sterf nie, nie ná ek soveel góéie manne sien sterf het nie – ek sou geveg en gesterf het, desnoods, as ons volk soos een sterk vuis was, een en vas en 'n vuis teen die oormag – dat hulle ons platgeslaan het, uiteindelik, maar ons tot op die laaste: hard en bitter en trots... En nou hierdie uitmekaar-loop, hierdie verbrokkel soos donkies wat los wei...

My kind, so is mense maar...
My kind, so is mense maar...
JAN:
Hier wegloop; daar vee verkoop aan die vyand. "Môre-neef-sê" vir die Boere, en "Good morning" vir die Rooinek. "Ja-baas-sê" as jy vasgekeer word... Moeder, ek walg van ons.

Die Here moet seker soms walging kry van ons mensdom op aarde; dis maar goed dat Hy liefde is.

Ek loop, Ma. Ek wens hulle vang my.
Ek loop, Ma. Ek wens hulle vang my.
[Jan af]
OU VROU:
Die president het vir hulle twee, Pieter en Jan, naby hom gehou. Miskien om vir hulle elkeen apart te sorg, en volgens elkeen se eie behoefte.

[Reitz. Twee groepies boere – al is dit twee, drie per groep – by hulle vure in die aand. Groep A manne van De Wet se vaste kommando. Groep B 'n paar wat pas aangekom het. Hulle maak vure aan die brand; trek reg teen 'n saal of 'n kissie of 'n sak. By elke groep kan een effens hoër sit op 'n veldstoeltjie of 'n kissie. Iemand speel op mondfluitjie af van verhoog af. Perdepote word gehoor. Vermaas op. Hy gaan eers na groep A]
VERMAAS:
Naand, kêrels.
Naand, kêrels.
EERSTE BURGER:
[Nie baie vriendelik nie]: Naand. Wie's neef?

Vermaas. Van kommandant Burger se mense. Ek moet 'n boodskap vir die president bring. Is hy vanaand hier op Reitz?

DERDE BURGER:
Weet nie. Sal moet uitvind.
Weet nie. Sal moet uitvind.
TWEEDE BURGER:
[Praat met Hollandse uitspraak]: Waar is je brief dan?
[Praat met Hollandse uitspraak]: Waar is je brief dan?
VERMAAS:
Wie se manne is julle?
Wie se manne is julle?
EERSTE BURGER:
Ag, sommer so.
Ag, sommer so.
TWEEDE BURGER:
[Kwasi-ernstig]: Ons is kommandant Zomaar Zo z'n manne. Zum Befehl. [Hy maak asof hy salueer]

Julle hou julle laf. En julle sal verantwoordelik wees as ek nie gou by die president kom nie.
Julle hou julle laf. En julle sal verantwoordelik wees as ek nie gou by die president kom nie.
EERSTE BURGER:
Broeder, gaan gee jou brief by veldkornet Davel af.
Broeder, gaan gee jou brief by veldkornet Davel af.
VERMAAS:
Waar's die?
Waar's die?
EERSTE BURGER:
[Wys na 'n plek van die verhoog af]: Daar oorkant by daardie vure.

[Vermaas stap oor na groep B wat besig was om hulle vuurtjie te pak terwyl vorige toneel afgespeel het]
TWEEDE BURGER:
Hoe lyk dit vir julle?
Hoe lyk dit vir julle?
EERSTE BURGER:
[Tog onseker]: Die wagte het hom darem deurgelaat. Dit sal seker reg wees.
[Tog onseker]: Die wagte het hom darem deurgelaat. Dit sal seker reg wees.
TWEEDE BURGER:
Ek weet nie... maar ek ruik muishond.
Ek weet nie... maar ek ruik muishond.
[Vermaas nou by groep B]
VERMAAS:
Naand, kêrels.
Naand, kêrels.
VIERDE BURGER:
[In groep B, vriendeliker]: Naand; wil Neef nader skuif? [Hy wys na die vuur]

Nee, later. Ek is vereers haastig. Vermaas is die van. Is die president vanaand hier op Reitz?
Nee, later. Ek is vereers haastig. Vermaas is die van. Is die president vanaand hier op Reitz?
VIERDE BURGER:
[Gee hand]: Vanner Merwe. Regtig Neef. Ons weet nie. Ons het vanaand maar aangekom. [Hy is duidelik nie van die slimstes nie]

By wie se kommando is julle?
By wie se kommando is julle?
VYFDE BURGER:
Nog nie by iemand se kommando nie. Môre...
Nog nie by iemand se kommando nie. Môre...
VERMAAS:
Is generaal De Wet hier?
Is generaal De Wet hier?
VYFDE BURGER:
Nee. Dit het ek vir seker gehoor. Hy's Lindley toe.
Nee. Dit het ek vir seker gehoor. Hy's Lindley toe.
VERMAAS:
[Vir vierde burger]: Wie's van die generaal hier? Wie is die hoogste onder julle hier? Julle moes tog gesien het wie baas is!
[Vir vierde burger]: Wie's van die generaal hier? Wie is die hoogste onder julle hier? Julle moes tog gesien het wie baas is!
VIERDE BURGER:
Neef, vanmiddag het die ou groot konstabel met die rooi baard hier verby gekom. En toe ek hom so sien loop, sê ek vir my sigselwers: daar loop die baas van hierdie plek. Neef, jy kon dit sien.

Rooi baard?
Rooi baard?
VIERDE BURGER:
Neef, weet, so vosserig; nat vos, so te sê.
Neef, weet, so vosserig; nat vos, so te sê.
VERMAAS:
En waar is die... die nat vos nou?
En waar is die... die nat vos nou?
[Eerste burger het intussen nader aan groep B gestap]
VIERDE BURGER:
Ek weet nie reg nie, maar hy's sommer...
Ek weet nie reg nie, maar hy's sommer...
EERSTE BURGER:
Praat jy nie vanaand weer te veel nie?
Praat jy nie vanaand weer te veel nie?
VIERDE BURGER:
Ek wou maar sê... so onder hierdie mense [Wys in die rondte] êrens rond.

Dankie, Neef, ek sal gaan soek. Ek is haastig.

[Af, aan teenoorgestelde kant van waar president straks sal opkom]
VIERDE BURGER:
Lyk soos 'n skaap met domsiek.
Lyk soos 'n skaap met domsiek.
[President Steyn en Ruiter op 'n ander vlak – Ruiter gee vir die president 'n beker koffie. Die president wink vir hom hy moet vir homself iets inskink. President sit op veldstoeltjie. Ruiter moet nie met 'n Kaapse "bruin" uitspraak praat nie. Hy's 'n Karooman en spreek uit soos die Karoomense – miskien al met effense Vrystaatse klank. Ruiter kan gehurk sit, of sy eie klein veldstoeltjie hê. Hy trek die president se stewels uit]
RUITER:
Oubaas, ek hoor die Engelse sê ons maak nou gorilla-oorlog.

PRESIDENT:
Ja. Guerilla-oorlog.
Ja. Guerilla-oorlog.
RUITER:
Maar 'n gorilla is mos 'n baie groot bobbejaan, nè Oubaas.
Maar 'n gorilla is mos 'n baie groot bobbejaan, nè Oubaas.
PRESIDENT:
[Lag]: Ja, Ruiter.
[Lag]: Ja, Ruiter.
RUITER:
En is Oubaas nou vir hulle die groot bobbejaan? Of is dit baas De Wet?
En is Oubaas nou vir hulle die groot bobbejaan? Of is dit baas De Wet?
PRESIDENT:
[Lag lekker]: Hoe lyk dit vir my jy word 'n kakie, Ruiter?
[Lag lekker]: Hoe lyk dit vir my jy word 'n kakie, Ruiter?
RUITER:
Nooit, Oubaas. Nooit. En dié van ons mense wat kakie wil word – die kakies sien hulle mos ook nie vir regte kakies aan nie. 'n Mens moet glo vir hulle darem ook "Sir" sê, nie Baas nie. En sal hulle mý dan vir kakie vat? Nee, hulle sê vir diesulkes mos wolwe en tiers.

Hoe? Wolwe en... [Lag]: Volunteers! Wolwentiers. Mooi so, Ruiter.

Nee, dis glad nie mooi nie. Oubaas moet almal van ons mense wat wolwentier, laat vrek skiet.

Ons skiet nie sommer mense wat ons vang nie. Maar sê vir my reguit, Ruiter, soos jy vir Eerwaarde sal sê – as jy nie lieg nie – dié van die groot bobbejaan. Is jy en ek dit?

Ek dink só: daar's 'n verskil tussen 'n groot bobbejaan en 'n bobbejaan wat baie groot is. Dié is 'n gorilla. Maar Oubaas moet gaan slaap. Dié is mos altyd eerste op. Goeie nagrus, Oubaas.

Aai, Ruiter, dat 'n mens weer 'n nag gerus kan slaap. Die Engelse het vanmôre hier weggetrek uit Reitz, maar... goeie nagrus, Ruiter.

[Pieter op. Stap deur die sittende en lêende burgers na Steyn toe]
PRESIDENT:
[Hy wou net gaan lê]: Dis gaaf dat julle terug is. Gaan dit goed met generaal De Wet?

Ja, President. [Hy oorhandig briewe. Ruiter af]
Ja, President. [Hy oorhandig briewe. Ruiter af]
PRESIDENT:
Wat is dit, seun?
Wat is dit, seun?
PIETER:
Ek het alleen teruggekom.
Ek het alleen teruggekom.
PRESIDENT:
En Jan Visser? Tog nie geskiet nie?
En Jan Visser? Tog nie geskiet nie?
PIETER:
Ek skaam my byna om dit te sê: Jan is nie meer met ons nie.
Ek skaam my byna om dit te sê: Jan is nie meer met ons nie.
PRESIDENT:
Nie met ons nie? Nee! Nie hý nie. Nie hý nie.
Nie met ons nie? Nee! Nie hý nie. Nie hý nie.
PIETER:
President, dit was so: toe ons van generaal De Wet af weg is hiernatoe, het ons omtrent 'n uur saamgery, voor ons uitmekaar sou draai soos rapportryers moet. Ek merk al hy praat so min. En ons twee was byna soos broers...

Tog nie Jan Visser nie.
Tog nie Jan Visser nie.
PIETER:
Toe ons uitmekaar sou draai, sê hy net skielik: "Gaan jy met hierdie gemors voort?" "Wat makeer, Boetie," sê ek nog. Maar hy ruk sy perd om en sê: "Ek het opgehou mal wees," en met wat hy dit sê, jaag hy sommer die veld in – verkeerde kant toe.

[Steyn laat sak sy kop. Pieter voeg hom by een van die groepies burgers]
EERSTE BURGER:
[Van groep A]: Ek bekommer my mos nou nog. Daardie man van vroeër vanaand... waarom het hy nie geloop waar ek gewys het die veldkornet se vuur is nie.

Dink jy ons moet die veldkornet gaan vertel...

['n Fluit word 'n entjie weg geblaas. Drie note. Duidelik 'n teken]
EERSTE BURGER:
Hoor daar!
Hoor daar!
[Dan word van weerskante perdepote gehoor]
TWEEDE BURGER:
Verraad!
Verraad!
[Hulle spring op en hardloop na agter-verhoog. Lig op president Steyn se slaapplek. Ruiter storm daar binne]
RUITER:
Oubaas, die Engelse is hier!
[President gryp haastig sy stewels]
Kom, Oubaas, kom!
Oubaas, die Engelse is hier!
[President gryp haastig sy stewels]
Kom, Oubaas, kom!
PRESIDENT:
Pieter, waar's Pieter?
Pieter, waar's Pieter?
[Albei af. Pieter volg. Engelse soldate op. Hulle hensop burgers. Die lug is nou vol geluid. 'n Enkele skoot hier en daar. 'n Uitroep van "Halt! Hands up! Hands up!"]
STEM:
Shoot anyone trying to escape!
Shoot anyone trying to escape!
[Vermaas en Engelse offisier op met Ruiter as gevangene]
VERMAAS:
[Vir Ruiter]: Is jy gekwes?
[Vir Ruiter]: Is jy gekwes?
RUITER:
Aaai, Sir, ek weet nie, laat ek voel.
Aaai, Sir, ek weet nie, laat ek voel.
[Bevoel homself terdeë]
ENGELSE OFFISIER:
What's he scratching himself for? Hurry up!
What's he scratching himself for? Hurry up!
VERMAAS:
[Aan Ruiter]: Hou op met nonsies. Ek is haastig.
[Aan Ruiter]: Hou op met nonsies. Ek is haastig.
RUITER:
Maar Sir het gevra!
Maar Sir het gevra!
ENGELSE OFFISIER:
Is he wounded?
Is he wounded?
VERMAAS:
Hoekom het jy dan van die perd afgeval?
Hoekom het jy dan van die perd afgeval?
RUITER:
Sir! Lamgeskrik. Doodgeskrik. As Sir nie 'n wit sir was nie, sou ek sê: Sir, voel hier. [Vat aan sy hart]
Sir! Lamgeskrik. Doodgeskrik. As Sir nie 'n wit sir was nie, sou ek sê: Sir, voel hier. [Vat aan sy hart]
ENGELSE OFFISIER:
Hurry up! Steyn! We must get Steyn! The president!
Hurry up! Steyn! We must get Steyn! The president!
VERMAAS:
Wie was dit wat weggeja het toe ons skiet? Praat gou! [Stamp vir Ruiter]

Wat weggeja het? Oooo dié! Sommer 'n ou boer, Sir.
Wat weggeja het? Oooo dié! Sommer 'n ou boer, Sir.
VERMAAS:
Waar's die president?
Waar's die president?
RUITER:
[Hou hom dop]: Die president? Wa's dié? Nog nie gehoor nie.
[Hou hom dop]: Die president? Wa's dié? Nog nie gehoor nie.
VERMAAS:
Die groot baas. Die baas van almal.
Die groot baas. Die baas van almal.
RUITER:
Ooooo. Die Grootbaas. [Hy wys boontoe]: Hy's daar. Hy kyk vir ons.
Ooooo. Die Grootbaas. [Hy wys boontoe]: Hy's daar. Hy kyk vir ons.
ENGELSE OFFISIER:
This is clowning! Get to the point!
This is clowning! Get to the point!
VERMAAS:
[Desperaat]: Waar is oubaas Steyn?
[Desperaat]: Waar is oubaas Steyn?
RUITER:
O. Sir wil met oubaas Steyn gesels... Ja...
O. Sir wil met oubaas Steyn gesels... Ja...
VERMAAS:
Kom wys vir my!
Kom wys vir my!
RUITER:
Al te seker, Sir. Ek het hom gisteraand gesien.

[Ruiter, Vermaas en Engelse offisier af. Intussen, terwyl hierdie toneel aan die gang was, is 'n hele paar burgers aangekeer en sit hulle, bewaak deur Engelse soldate, hier en daar]
DERDE BURGER:
Daar het jy dit! Die klong gaan vir hulle wys waar die president is.
Daar het jy dit! Die klong gaan vir hulle wys waar die president is.
VYFDE BURGER:
Die soort goed moet ons skiet. Sommer skiet.
Die soort goed moet ons skiet. Sommer skiet.
TWEEDE BURGER:
Onze tijd voor schieten is voorbij, lijkt het mij.

[Pieter word binnegebring. Hy fluister vir hulle]
PIETER:
President het ontsnap. Hy's weg!
President het ontsnap. Hy's weg!
DERDE BURGER:
Ons dag die Hotnot...
Ons dag die Hotnot...
PIETER:
Ruiter? Mense, julle moes dit gesien het. [Hy kyk na die Tommies]: Lyk my hulle is almal rooies. [Hy loop na hulle toe]: Het jy 'n vuurhoutjie?
[Hy vra die een na die ander, maar hulle begryp hom klaarblyklik nie. Dan vra hy vir almal saam]: Have you got a match, please?

TOMMIES:
Here's one, Boor!
We're all good friends now. [Ens.]
Here's one, Boor!
We're all good friends now. [Ens.]
PIETER:
Julle moes dit gesien het. [Hy neem 'n vuurhoutjie by een van die Engelse soldate en knik vir die ander]: Thanks, tommie. Ek kom vir Ruiter verby. Hy en die Volunteer. "Wag," sê Ruiter, "Sir, hy was gisteraand in hierdie tent." Hulle loer in: leeg. "Nee Sir, maar as hy nie hier is nie, is hy dáár. Daardie ou boer slaap hom mos dood, Sir. Vas aan die slaap, ons gaan hom so in sy bulsak vang." En toe ek verbykom, knip Ruiter mos sy oog só.

[Te midde van die ellende kan hulle nie anders as om te lag nie. Een van die burgers wys hulle moet stilbly as hy Ruiter, Vermaas en Engelse offisier sien binnekom]
RUITER:
Sir, dis die laaste plek wat ek aan kan dink, sir. [Hy wys na plek waar Steyn geslaap het]

Nonsiens. Die president sou nie hier geslaap het nie en al sy mense in nagmaalkamers. Hou op met nonsiens!

[Is nou eers dom]: Ek is behoorlik tou in die bek, Sir, tou in die bek.
[Is nou eers dom]: Ek is behoorlik tou in die bek, Sir, tou in die bek.
VERMAAS:
[Vir Engelse offisier]: Hie siems môr stupid dan all of the brown piepel. Loek de foolies nonsiens.
[Vir Engelse offisier]: Hie siems môr stupid dan all of the brown piepel. Loek de foolies nonsiens.
ENGELSE OFFISIER:
I wonder how stupid you are.
I wonder how stupid you are.
VERMAAS:
Sorrie, sir.
Sorrie, sir.
ENGELSE OFFISIER:
Do you know what a cad is?
Do you know what a cad is?
VERMAAS:
Nou, sir.
Nou, sir.
ENGELSE OFFISIER:
Or an oaf?
Or an oaf?
VERMAAS:
Sorry, sir. Aai dount nou.
Sorry, sir. Aai dount nou.
[Engelse offisier trek sy skouers op]
VERMAAS:
[Wys na Ruiter]: Sêl aai kiek hiem ôf?
[Wys na Ruiter]: Sêl aai kiek hiem ôf?
ENGELSE OFFISIER:
Do!
Do!
VERMAAS:
[Skop na Ruiter se kant toe]: Loop! Loop jou onnosel Hotnot! [Wil weer in offisier se guns kom, kyk na die gevange burgers]: Loek dêr. Dat man is no Boer. He is a rebél. Colonial. I know.

[Vir Pieter]: Stand forward, you. [Pieter doen dit]: Are you a Cape rèbel?

[Pieter trek sy skouers op, dan skud hy sy kop van "nee"]
ENGELSE OFFISIER:
[Aan 'n Engelse soldaat]: Keep a special watch on him.
[Aan 'n Engelse soldaat]: Keep a special watch on him.
VERMAAS:
Sien jy nou! Julle word rebelle vir daardie ou Steyn – en hy jaag weg en laat jou in die steek. Goed so.

[Vir offisier]: Must I be insulted too?
[Vir offisier]: Must I be insulted too?
ENGELSE OFFISIER:
[Vir Vermaas, woedend]: Shut up, you... you filth!
[Vir Vermaas, woedend]: Shut up, you... you filth!
PIETER:
[Vir ander burgers]: Broers, ek wil vir julle nog dít sê. Moenie luister na goeters soos hierdie nie. [Wys na Vermaas]: Kyk, dié vir wie hy vuil werk doen, hoe verag hulle hom. [Vermaas af] Die president het soos 'n goeie bevelhebber gehandel – Dit was sy dure plig. Ek is bly en tevrede.

[Engelse soldate marsjeer hulle gevangenes af]
RUITER:
Wat sou met baas Pieter wees? Maar hy't darem mooi van die Oubaas gepraat. En dis nog wáár ook. Aag wat, die Engelse hou mos van rebelle: hulle maak dan groot mense van dié.

[Miskien kan een van die ander agterryers van 'n gevange burger nou bykom met sy ghitaar of mondfluitjie as hy Ruiter hoor sing]
RUITER:
Rhodes het gevrek
met 'n bottel in sy bek
op die joebel, op die joebel, op die dei.

[Hy maak 'n gebaar van drink, met die aanduiding dat dit nie onplesierig is nie]
RUITER:
En Buller het gevlug
met 'n meid op sy rug
op die joebel, op die joebel, op die dei.
En Buller het gevlug
met 'n meid op sy rug
op die joebel, op die joebel, op die dei.
[Hy maak gebare van hoe dit nie heeltemal onaardig sou wees, op daardie oomblik, om 'n meid (soos hy sê) op die rug te hê nie. Vir die gehoor – of die vriend met die ghitaar]
Haai, dis 'n lekker ding: oorlog. In Bloemfontein het ek die liewe Oubaas net so hiets gesien:
Môre Oubaas, koffie, Oubaas.
En hier bring Oubaas vir Ruiter koffie! Aaai, lekker!
[Hy slaan 'n paar askoeke]: Lekker!
Oorlog! Oorlog! [Weer 'n paar askoeke]:
Kom ons baie oorlog saam, Oubaas!

[Sing]
Vaarwel, vaarwel, vaarwel
vaarwel, toe see my Tannie
vaarwel, vaarwel, vaarwel!
Die kakie die wil, maar hy kán nie.
vaarwel, toe see my Tannie
vaarwel, vaarwel, vaarwel!
Die kakie die wil, maar hy kán nie.