DIE WÊRELD VERANDER VOORTDUREND.
ONS OOK.
Hoe verstaan ons onsself, die wêreld waarin ons leef en die betekenis wat ons daaraan gee?
Ek is Gerhard Bothma, navorser, skrywer, spreker en betekenisvormer.
My werk gaan oor een eenvoudige maar ingrypende waarneming:
Mense leef nie net in die wêreld nie. Ons vorm voortdurend betekenis van die wêreld, van onsself en van mekaar.
Ons doen dit deur wat ons waarneem, die stories wat ons vertel, die idees wat ons aanvaar, die waardes wat ons ontwikkel, die verhoudings wat ons vorm en die keuses wat ons maak.
Maar wat gebeur wanneer die wêreld vinniger verander as wat ons vermoë om dit te verstaan?
Dit is waar my werk begin.
SIGNIFICANS
’n Ruimte vir mense wat wil verstaan
Ons leef in ’n tyd van buitengewone verandering.
Kunsmatige intelligensie verander hoe ons werk en leer. Wetenskap verander ons begrip van menswees. Sosiale en kulturele verandering daag gevestigde wêreldbeelde uit. Ons leef langer, maar moet ook langer betekenisvol leef. Die ou definisies van werk, sukses, identiteit en selfs menswees is nie altyd meer voldoende nie.
En tussen al hierdie verandering moet ons steeds leef.
Ons moet besluite neem.
Verhoudings vorm.
Werk doen.
Ouer word.
Verlies hanteer.
’n Toekoms probeer voorstel.
Ons moet uitvind wat vir ons saak maak.
Dit verg meer as inligting. Dit verg oriëntasie.
Significans is ’n groeiende gesprek oor menswees in ’n veranderende wêreld.
Die naam kom van die Latynse significare: om betekenis te gee, te beteken, aan te dui.
Vir my beskryf dit iets fundamenteels van menswees:
Ons is betekenisvormende wesens.
Ons probeer verstaan wat gebeur. Ons verbind dinge met mekaar. Ons onderskei wat belangrik is. Ons vorm wêreldbeelde, identiteite en stories. En ons leef volgens die betekenis wat ons gevorm het.
Die probleem is dat betekenis nie altyd goed gevorm word nie.
Ons kan vasgevang raak in ou stories. Ons kan verkeerde aannames vir feite aanvaar. Ons kan ons wêreld verkeerd verstaan. Ons kan seker wees van dinge wat ons eintlik nie weet nie.
Daarom het ons nie bloot méér inligting nodig nie.
Ons moet beter leer betekenis vorm.
Significans is my poging om ’n ruimte daarvoor te skep.
Nie ’n plek waar ek vir jou vertel wat om te dink nie.
’n Plek waar ons saam beter leer dink, verstaan en leef.
DIE REGTE VRAAG IS NIE ALTYD:
“WAT IS DIE ANTWOORD?” nie
Soms is die belangriker vraag:
“Hoe het ek by hierdie antwoord uitgekom?”
Ons leef in ’n tyd waarin mense voortdurend aangemoedig word om seker te wees.
Seker van wie hulle is.
Seker van wat hulle glo.
Seker van hul wêreldbeeld.
Seker van wie reg en verkeerd is.
Seker van wat die toekoms gaan bring.
Maar die vermoë om te sê:
“Ek weet nie. Kom ons ondersoek dit.”
is nie swakheid nie.
Dit kan die begin van wysheid wees.
Jy mag vrae vra.
Jy mag twyfel.
Jy mag jou eie aannames ondersoek.
Jy mag van gedagte verander.
Jy mag sê:
“Ek het dit verkeerd verstaan.”
En jy mag steeds weet dat jou lewe waardevol is.
BETEKENISVORMING
Ek gebruik die woord betekenisvorming doelbewus.
Ons “vind” nie noodwendig betekenis soos ’n verlore voorwerp wat êrens vir ons wag nie.
Ons vorm betekenis.
Ons brein, liggaam, geskiedenis, herinneringe, verhoudings, kultuur en omgewing werk voortdurend saam om vir ons ’n wêreld te vorm wat verstaanbaar en bewoonbaar is.
Betekenis is daarom nie bloot ’n filosofiese onderwerp nie.
Dit raak die praktyk van menswees.
Hoe ons onsself verstaan.
Hoe ons ander mense verstaan.
Hoe ons besluite neem.
Hoe ons met verandering en verlies omgaan.
Hoe ons werk.
Hoe ons liefhet.
Hoe ons ouer word.
Hoe ons oor geluk en welwees dink.
Hoe ons kennis en wetenskap verstaan.
Hoe ons kunsmatige intelligensie gebruik.
En uiteindelik:
hoe ons kies om te leef.
Die mens – leer ons uit betrubare navorsingsresultate – is ’n lewende organisme wat voortdurend in wisselwerking met sy liggaam, brein, ander mense, kultuur en omgewing verkeer.
Ons word nie in isolasie nie.
Ons word in interaksie.
Interago ergo fio.
Ek tree in wisselwerking... ek interaksioneer. Dus word ek.
WAT DOEN EK?
My werk is daarop gerig om mense te help om beter te verstaan wat met hulle en rondom hulle gebeur, sodat hulle meer bewustelik en verantwoordelik kan reageer.
Dit gebeur deur navorsing, skryfwerk, gesprekke, opleiding, fasilitering, toesprake en ontwikkeling van leerinhoud.
Die onderliggende doel bly dieselfde:
Om mense se vermoë om betekenis te vorm, te versterk.
Dit kan veral belangrik wees wanneer die ou manier van verstaan nie meer voldoende is nie.
Wanneer jy vasgehaak voel.
Wanneer ’n lewensfase verander.
Wanneer jou werk of identiteit verander.
Wanneer jy met groot besluite worstel.
Wanneer jou wêreldbeeld nie meer werk soos voorheen nie.
Wanneer jy wonder wat volgende kom.
Of wanneer jy eenvoudig besef:
“Ek wil die res van my lewe meer bewustelik leef.”
WAAROOR PRAAT ONS?
Significans ondersoek menswees vanuit verskillende hoeke, omdat geen enkele dissipline die mens volledig kan verklaar nie.
MENSWEES
Wie en wat is ons? Hoe ontstaan die menslike ervaring? Wat beteken dit om ’n menslike lewe te leef?
BREIN, LIGGAAM EN BEWUSSYN
Hoe vorm ons brein en liggaam die wêreld wat ons ervaar? Wat weet ons oor bewussyn?
BETEKENIS EN WÊRELDBEELDE
Hoe vorm mense betekenis? Hoe ontstaan ons oortuigings, waardes, identiteite en stories?
GELUK EN WELWEES
Wat beteken dit om goed te leef? Is gelukkig wees die doel, of is daar iets ruimer?
WYSHEID EN VERANTWOORDELIKE DENKE
Hoe onderskei ons tussen wat ons weet, wat ons dink ons weet en wat ons bloot glo?
WETENSKAP EN MENSLIKE ERVARING
Hoe kan wetenskap ons begrip van menswees verdiep sonder om die rykdom van menslike ervaring te reduseer?
BESLUITNEMING EN KEUSES
Hoe vorm ons besluite? Wat beïnvloed ons keuses? En hoe kan ons leer om beter besluite te neem onder onsekerheid?
TEGNOLOGIE EN KUNSMATIGE INTELLIGENSIE
Wat gebeur met menswees wanneer ons intellektuele vermoëns toenemend met masjiene verweef raak?
VERHOUDINGS EN GEMEENSKAP
Hoe bou ons betekenisvolle verhoudings en gemeenskappe in ’n gefragmenteerde wêreld?
OUER WORD EN DIE TWEEDE HELFTE VAN DIE LEWE
Hoe herontwerp ons ons lewe wanneer die ou definisies van sukses, werk en identiteit nie meer voldoende is nie? Hoe verouder ons aktief?
DIE TOEKOMS
Hoe leef ons verantwoordelik wanneer niemand presies weet wat volgende kom nie?
GEGRONDE BETEKENISVORMING
Dit is die begrip waarmee ek my huidige werk die beste beskryf.
Gegronde betekenisvorming beteken om so na as moontlik aan die werklikheid te probeer leef terwyl ons voortdurend betekenis daaruit vorm.
Dit beteken om ons ervaring ernstig te neem, maar nie elke ervaring as waarheid te aanvaar nie.
Om wetenskaplik verantwoord te probeer dink, sonder om menslike ervaring tot blote data te reduseer.
Om ons eie aannames te ondersoek.
Om oop te bly vir nuwe kennis.
Om onsekerheid te kan verdra.
Om van gedagte te kan verander.
En om steeds ruimte te laat vir verwondering, nuuskierigheid en menslike kompleksiteit.
Dit is nie ’n nuwe stel antwoorde nie.
Dit is ’n ander manier om met vrae, kennis, onsekerheid en die lewe om te gaan.
VAN ANTWOORDE NA BETER VRAE
My eie verhaal is deel van hierdie reis.
Oor meer as vier dekades het ek deur verskillende wêrelde beweeg: die reg, teologie, bediening, akademie, navorsing, opleiding, mense-ontwikkeling, besigheid, skryfwerk en die openbare gesprek.
Op die oog af lyk dit soos uiteenlopende hoofstukke.
Vir my vorm hulle deel van een voortgaande ondersoek:
Hoe verstaan mense hulleself, mekaar en die wêreld waarin hulle leef?
My akademiese vorming het aan die destydse Randse Afikaanse Universiteit begin, waar ek deeltyds regte studeer het terwyl en bedags as ingeskrewe leerklerk by prokureurs gewerk het. Ek het my studies in my tweede jaar gestaak om aan die Universiteit van Pretoria teologie te studeer en verwerf die grade BA (Teologie) en BD – albei met lof (in 1988 en 1991) en ’n doktorsgraad in 2004.
Ek het as predikant, navorser, akademikus en dosent gewerk en was oor baie jare betrokke by akademiese begeleiding, opleiding, navorsing, fasilitering, afrigting en mentorskap.
Hiernaas het ek ook opleiding in verskillende benaderings tot persoonlikheids- en mensontwikkeling en welwees deurloop. Ek het geleer om onder andere die Myers-Briggs Type Indicator, Keirsey Temperament Sorter, DISC en die Enneagram, te benut en is ’n gesertifiseerde Neethling Brain Instruments®-praktisyn.
Maar my belangrikste opleiding het waarskynlik nie net in klaskamers en universiteite plaasgevind nie.
Dit het in gesprekke met mense plaasgevind.
In verandering.
In verlies.
In werk.
In verhoudings.
In vrae.
En in die bereidheid om van gedagte te verander.
My werk het mettertyd beweeg van ’n enkele dissipline na ’n geïntegreerde gesprek ter wille van die alledaagse lewe.
Ek skryf.
Ek doen navorsing.
Ek praat.
Ek ontwikkel kursusse.
Ek fasiliteer gesprekke.
Ek ondersoek idees.
Ek werk met mense.
Maar onder dit alles lê dieselfde belangstelling:
Hoe word ons wie ons is?
Hoe word ons wie ons word?
Hoe vorm ons betekenis?
En hoe kan ons leer om meer bewustelik, verantwoordelik en betekenisvol te leef?
MEER AS ’n NUWE BEGIN
Jy hoef nie alles te weet nie.
Jy hoef nie seker te wees nie.
Jy hoef ook nie iemand anders se antwoorde te aanvaar nie.
Maar jy kan momentum bou deur beter vrae te vra.
Deur nuuskierig te bly.
Deur jou aannames te ondersoek.
Deur nader aan die werklikheid te probeer leef.
En deur bewuster deel te neem aan die proses waardeur jy voortdurend besig is om jouself en jou wêreld te verstaan.
Dit is die gesprek waarvoor ek Significans geskep het.
Kom ons ondersoek dit saam.
Huidige fokus
Betekenisvorming • Neurowetenskap en Bewussynstudies • Identiteit • Welwees • Wysheid • Kritiese denke • Wetenskap • Filosofie • Kunsmatige intelligensie • Menslike wording • Leierskap • Die Toekoms
Stroom
Sien alles op Die Punt
Halloween herinner ons dat vrees deel van ons biologiese erfenis is, maar dat ons nie elke skaduwee, vreemde geluid of onbekende ervaring in 'n bonatuurlike bedreiging hoef te verander nie. Terwyl sommige mense vrees vir denkbeeldige monsters en ander dit vir geld of godsdienstig…
Woorde help ons om sin te maak van ons ervarings. Dit stel ons in staat om kennis te deel, saam te werk en oor moontlikhede te dink wat nog nie bestaan nie. Die woorde waarmee ons die werklikheid probeer verstaan, kan egter maklik met die werklikheid self verwar word.
Die toekoms is nie iets wat ons binnegaan nie. Ons mede-skep die toekoms. Om êrens tussen wensdenkery en 'n plan bewus betekenis te vorm help 'n beter toekoms skep.
Kan jy onthou waaroor jy gedroom het toe jy op laerskool was?
En toe jy aan die begin van jou werksloopbaan gekom het?
Ons in nooit te oud om te droom nie.
Ja - ook jy kan waag om te droom.
Foto's
Stories
⭐ Uitgelys HALLOWEEN: Die fees wat vrees se angel trek
Halloween herinner ons dat vrees deel van ons biologiese erfenis is, maar dat ons nie elke skaduwee, vreemde geluid of onbekende ervaring in 'n bonatuurlike bedreiging hoef te vera
Lees meer
DIE WOORDE WAARMEE ONS WERKLIKHEID BOU Hoe taal ons help om te verstaan, maar ons ook kan laat glo dat ons reeds weet
Woorde help ons om sin te maak van ons ervarings. Dit stel ons in staat om kennis te deel, saam te werk en oor moontlikhede te dink wat nog nie bestaan nie. Die woorde waarmee ons
Lees meer
Van toekomspassiwiteit na toekomsagentskap
Die toekoms is nie iets wat ons binnegaan nie. Ons mede-skep die toekoms. Om êrens tussen wensdenkery en 'n plan bewus betekenis te vorm help 'n beter toekoms skep.
Lees meer
Waag om te droom
Kan jy onthou waaroor jy gedroom het toe jy op laerskool was? En toe jy aan die begin van jou werksloopbaan gekom het? Ons in nooit te oud om te droom nie. Ja - ook jy kan wa
Lees meerPublikasies
Ja! Jy kan gelukkig(er) wees
Ja! Jy kan gelukkiger wees is ’n rustige uitnodiging om anders te leef – met teenwoordigheid, betekenis en innerlike vrede. Dit is nie ’n boek vol groot beloftes of kitsoplossings nie. Dit is ’n sagte metgesel vir gewone mense in gewone lewens wat weer wil leer om asem te skep, te voel, te leef en te behoort.
Hier ontdek jy:
• watter gewoontes jou welstand werklik versterk
• wat jy mag laat gaan om ligter te leef
• hoe stilte, aandag, bewussyn en dankbaarheid jou menswees kan verdiep
• hoe jou liggaam, emosies, energie en leefstyl saam ’n geheel vorm
• en hoe geluk nie ’n bestemming is nie, maar ’n lewenswyse
Met insigte uit neurowetenskap, positiewe sielkunde, lewensfilosofie en jarelange ervaring in mensontwikkeling, wys hierdie boek dat geluk begin in klein oomblikke — asem vir asem, besluit vir besluit, dag vir dag.
God, gode en godinne in ons wêreld
God, gode en godinne is 'n eerlike en toeganklike reis deur die geskiedenis van menslike verbeelding, geloof en betekenisvorming. Die boek volg die ontwikkeling van gode vanaf die vroegste beskawings van Mesopotamië, Egipte en Kanaän, deur die ontstaan van Israel se geloof in Yahweh, tot die ontwikkeling van Judaïsme, Christendom en moderne spiritualiteit.
Deur geskiedenis, argeologie, Bybelwetenskap, mitologie, sielkunde en neurowetenskap saam te bring, wys die boek hoe mense deur die eeue sin probeer maak het van die wêreld, die natuur, lyding, dood, hoop en hul plek in die kosmos.
Hierdie boek ondersoek:
• die ontstaan van gode en godinne in die antieke wêreld
• die ontwikkeling van Yahweh en Israel se godsbegrip
• hoe die menslike brein patrone, agente en betekenis vorm
• wat van godsdiens, spiritualiteit en verwondering oorbly
in die wêreld waarin ons leef.
Samewerkings
Ben du Toit
Bruwer Swanepoel
Charles Darwin (1809–1882)
Confucius (Kongzi)
Deep Thought
Dr Tristán Kapp
Gerhard Bothma
Homeros (ongeveer 8ste eeu v.C.)
Jackie Hancke (aka Jax Music)
Jean Oosthuizen
John Milton (1608–1674)
Lao Tzu (Laozi)
Marcus Aurelius
Outeur Onbekend
Riku Lätti
Sakkie Spangenberg
Sun Tzu (Sunzi)
Tersia tcdp
Vyasa
Wian Anders
Zhuangzi (Chuang Tzu)
Daniel
Latinda
Akkedis
Andries Bezuidenhout
Anna V
Antjie Krog
Bacchus Nel
Bibi Slippers
Breyten Breytenbach
C. Johan Bakkes
Churchil Naude
Danie Marais
George Rautenbach
Gerhard Bothma
Gert Vlok Nel
Hanru Niemand
Hunter Kennedy
Jackie Lätti
Jaco Botha
Jeanne Goosen
Johan Jack Smith
Johann Nel
Jolyn Phillips
Juanita Swanepoel
Kobus de Kock Jnr
Kristoe Strauss
Lao Tzu (Laozi)
M.M. Walters
Marcus Aurelius
Nardus du Plooy
NP van Wyk Louw
Pieter Hugo
Rian Malan
Riku Lätti
Sun Tzu (Sunzi)
Tom Dreyer
Zhuangzi (Chuang Tzu)
Curriculum Vitae
2023 – Synergetica Training
Begeleiding van meesters- en doktorale studente
Ontwikkeling van opleidingsmateriaal
2019 – 2020 – MyLife
Redakteur van aanlyn tydskrif
Projekbestuurder
2018 – 2019 – DreamBig
Bedryfshoof
2015 – Dr Gerhard Bothma (Edms.) Bpk.
Konsultasie, fasilitering, persoonlike ontwikkeling en mentor
Entrepreneuriese predikant
1994 – 2014 – NG Kerk Bendorpark
Gemeentepredikant
1992 – 1994 – NG Kerk Pietersburg-Oos
Gemeentepredikant
1984 – 1985 – Retief, Coetsee & Scheepers Prokureurs
Ingeskrewe Leerklerk
Navorsingsgenoot, Departement Praktiese Teologie, Universiteit van Pretoria (2013–)
Buitengewone Dosent, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit (2012–2013)
Eksterne Eksaminator (ad hoc), Universiteit van Pretoria & UNISA (2005–)
Lektor, Sentrum vir Kontekstuele Bediening, Universiteit van Pretoria (2009–)
Lektor, Departement Praktiese Teologie, Universiteit van die Noord (2000)
Navorsingsassistent, Departement Praktiese Teologie, UP (1989–1991)
Onderwysassistent, Bybelkunde & Verdere Teologiese Opleiding, UP (1991)
Gedetailleerde Ervaring
Opvoeding
Universiteit van Pretoria
Universiteit van Pretoria
Universiteit van Pretoria
Hoërskool Voortrekkerhoogte
Media
Skakels
Agora Café | Is dit reg om reg te wees? | met Gerhard Bothma⭐
'n Gesprek wat saak maak met Gerhard Bothma. Hoe kan jy oor jou geloof praat op 'n denkende manier? Hoe verdedig jy jou geloof in 'n wetenskaplike era? Join ons by Agora Café, waar jy kan leer hoe om, nie net lief te hê en te voel onder leiding van die Heilige Gees nie, maar om krities te dink en die waarheid oop te maak, en om volgens die waarheid te leef, in 'n wêreld wat sy pad verloor het.
Waarom dominees bly of gly
In hierdie artikel word gekyk na ’n vraag waarmee baie predikante en voormalige predikante oor die wêreld heen worstel: Wat gebeur wanneer die beroep waarvoor jy jare lank opgelei het, nie meer ooreenstem met jou verstaan van jouself, jou geloof of die kerk nie? Gerhard Bothma word in die artikel aangehaal uit ’n tyd toe hy self as predikant in die NG Kerk gewerk het en al hoe meer begin nadink het oor sy roeping, sy verhouding met die kerk en sy plek binne die bediening. Hy beskryf sy liefde vir die kerk en sy oortuiging dat dit steeds ’n belangrike rol in die samelewing kan speel, maar ook die frustrasie wat kan ontstaan wanneer mense met nuwe idees en ander geloofsbeskouings nie altyd maklik binne bestaande strukture ’n plek vind nie. Sy verhaal is een van verskeie in die artikel wat wys dat daar nie net één rede is waarom predikante die bediening verlaat of dit begin bevraagteken nie. Vir sommige gaan dit oor geloof; vir ander oor kerklike strukture, verwagtings, identiteit, uitbranding of die spanning tussen persoonlike oortuiging en die eise van die amp. Gerhard se eie pad het hom uiteindelik van die voltydse bediening na ’n breër werk met mense geneem – as akademikus, navorser, konsultant, afrigter, berader en spreker. Sy ervaring as predikant bly egter ’n belangrike deel van wie hy is en van die manier waarop hy vandag oor mense, geloof, verhoudings en persoonlike ontwikkeling dink. Die artikel bied daarom ’n interessante kykie op ’n hoofstuk in Gerhard se eie lewensverhaal – en op die groter vraag hoe ’n mens jou roeping behou wanneer jou verstaan van jou plek binne ’n instelling verander.