🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Gerhard Bothma omslagprent
Gerhard Bothma

Gerhard Bothma

Nie-fiksie • South Africa

DIE WÊRELD VERANDER VOORTDUREND.

ONS OOK.

 

Hoe verstaan ons onsself, die wêreld waarin ons leef en die betekenis wat ons daaraan gee?

 

Ek is Gerhard Bothma, navorser, skrywer, spreker en betekenisvormer.


My werk gaan oor een eenvoudige maar ingrypende waarneming:

 

Mense leef nie net in die wêreld nie. Ons vorm voortdurend betekenis van die wêreld, van onsself en van mekaar.

 

Ons doen dit deur wat ons waarneem, die stories wat ons vertel, die idees wat ons aanvaar, die waardes wat ons ontwikkel, die verhoudings wat ons vorm en die keuses wat ons maak.

Maar wat gebeur wanneer die wêreld vinniger verander as wat ons vermoë om dit te verstaan?

Dit is waar my werk begin.

 

SIGNIFICANS

’n Ruimte vir mense wat wil verstaan

 

Ons leef in ’n tyd van buitengewone verandering.

 

Kunsmatige intelligensie verander hoe ons werk en leer. Wetenskap verander ons begrip van menswees. Sosiale en kulturele verandering daag gevestigde wêreldbeelde uit. Ons leef langer, maar moet ook langer betekenisvol leef. Die ou definisies van werk, sukses, identiteit en selfs menswees is nie altyd meer voldoende nie.

 

En tussen al hierdie verandering moet ons steeds leef.

 

Ons moet besluite neem.

Verhoudings vorm.

Werk doen.

Ouer word.

Verlies hanteer.

 

’n Toekoms probeer voorstel.

 

Ons moet uitvind wat vir ons saak maak.

 

Dit verg meer as inligting. Dit verg oriëntasie.

 

Significans is ’n groeiende gesprek oor menswees in ’n veranderende wêreld.

 

Die naam kom van die Latynse significare: om betekenis te gee, te beteken, aan te dui.

 

Vir my beskryf dit iets fundamenteels van menswees:

Ons is betekenisvormende wesens.

 

Ons probeer verstaan wat gebeur. Ons verbind dinge met mekaar. Ons onderskei wat belangrik is. Ons vorm wêreldbeelde, identiteite en stories. En ons leef volgens die betekenis wat ons gevorm het.

 

Die probleem is dat betekenis nie altyd goed gevorm word nie.

 

Ons kan vasgevang raak in ou stories. Ons kan verkeerde aannames vir feite aanvaar. Ons kan ons wêreld verkeerd verstaan. Ons kan seker wees van dinge wat ons eintlik nie weet nie.

 

Daarom het ons nie bloot méér inligting nodig nie.

Ons moet beter leer betekenis vorm.

 

Significans is my poging om ’n ruimte daarvoor te skep.

 

Nie ’n plek waar ek vir jou vertel wat om te dink nie.

’n Plek waar ons saam beter leer dink, verstaan en leef.

 

 

DIE REGTE VRAAG IS NIE ALTYD:

“WAT IS DIE ANTWOORD?” nie

 

Soms is die belangriker vraag:

“Hoe het ek by hierdie antwoord uitgekom?”

 

Ons leef in ’n tyd waarin mense voortdurend aangemoedig word om seker te wees.

Seker van wie hulle is.

Seker van wat hulle glo.

Seker van hul wêreldbeeld.

Seker van wie reg en verkeerd is.

Seker van wat die toekoms gaan bring.

 

Maar die vermoë om te sê:

“Ek weet nie. Kom ons ondersoek dit.” 

is nie swakheid nie.

 

Dit kan die begin van wysheid wees.

 

Jy mag vrae vra.

Jy mag twyfel.

Jy mag jou eie aannames ondersoek.

Jy mag van gedagte verander.

 

Jy mag sê:

“Ek het dit verkeerd verstaan.” 

 

En jy mag steeds weet dat jou lewe waardevol is.

 

 

BETEKENISVORMING

 

Ek gebruik die woord betekenisvorming doelbewus.

 

Ons “vind” nie noodwendig betekenis soos ’n verlore voorwerp wat êrens vir ons wag nie.

 

Ons vorm betekenis.

 

Ons brein, liggaam, geskiedenis, herinneringe, verhoudings, kultuur en omgewing werk voortdurend saam om vir ons ’n wêreld te vorm wat verstaanbaar en bewoonbaar is.

 

Betekenis is daarom nie bloot ’n filosofiese onderwerp nie.

 

Dit raak die praktyk van menswees.

 

Hoe ons onsself verstaan.

Hoe ons ander mense verstaan.

Hoe ons besluite neem.

Hoe ons met verandering en verlies omgaan.

Hoe ons werk.

Hoe ons liefhet.

Hoe ons ouer word.

Hoe ons oor geluk en welwees dink.

Hoe ons kennis en wetenskap verstaan.

Hoe ons kunsmatige intelligensie gebruik.

 

En uiteindelik:

hoe ons kies om te leef.

 

Die mens – leer ons uit betrubare navorsingsresultate – is ’n lewende organisme wat voortdurend in wisselwerking met sy liggaam, brein, ander mense, kultuur en omgewing verkeer.

 

Ons word nie in isolasie nie.

 

Ons word in interaksie.

 

Interago ergo fio.

Ek tree in wisselwerking... ek interaksioneer. Dus word ek.

 

 

WAT DOEN EK?

 

My werk is daarop gerig om mense te help om beter te verstaan wat met hulle en rondom hulle gebeur, sodat hulle meer bewustelik en verantwoordelik kan reageer.

 

Dit gebeur deur navorsing, skryfwerk, gesprekke, opleiding, fasilitering, toesprake en ontwikkeling van leerinhoud.

 

Die onderliggende doel bly dieselfde:

Om mense se vermoë om betekenis te vorm, te versterk.

 

Dit kan veral belangrik wees wanneer die ou manier van verstaan nie meer voldoende is nie.

 

Wanneer jy vasgehaak voel.

Wanneer ’n lewensfase verander.

Wanneer jou werk of identiteit verander.

Wanneer jy met groot besluite worstel.

Wanneer jou wêreldbeeld nie meer werk soos voorheen nie.

Wanneer jy wonder wat volgende kom.

 

Of wanneer jy eenvoudig besef:

“Ek wil die res van my lewe meer bewustelik leef.”

 

 

WAAROOR PRAAT ONS?

 

Significans ondersoek menswees vanuit verskillende hoeke, omdat geen enkele dissipline die mens volledig kan verklaar nie.

 

MENSWEES

Wie en wat is ons? Hoe ontstaan die menslike ervaring? Wat beteken dit om ’n menslike lewe te leef?

 

BREIN, LIGGAAM EN BEWUSSYN

Hoe vorm ons brein en liggaam die wêreld wat ons ervaar? Wat weet ons oor bewussyn?

 

BETEKENIS EN WÊRELDBEELDE

Hoe vorm mense betekenis? Hoe ontstaan ons oortuigings, waardes, identiteite en stories?

 

GELUK EN WELWEES

Wat beteken dit om goed te leef? Is gelukkig wees die doel, of is daar iets ruimer?

 

WYSHEID EN VERANTWOORDELIKE DENKE

Hoe onderskei ons tussen wat ons weet, wat ons dink ons weet en wat ons bloot glo?

 

WETENSKAP EN MENSLIKE ERVARING

Hoe kan wetenskap ons begrip van menswees verdiep sonder om die rykdom van menslike ervaring te reduseer?

 

BESLUITNEMING EN KEUSES

Hoe vorm ons besluite? Wat beïnvloed ons keuses? En hoe kan ons leer om beter besluite te neem onder onsekerheid?

 

TEGNOLOGIE EN KUNSMATIGE INTELLIGENSIE

Wat gebeur met menswees wanneer ons intellektuele vermoëns toenemend met masjiene verweef raak?

 

VERHOUDINGS EN GEMEENSKAP

Hoe bou ons betekenisvolle verhoudings en gemeenskappe in ’n gefragmenteerde wêreld?

 

OUER WORD EN DIE TWEEDE HELFTE VAN DIE LEWE

Hoe herontwerp ons ons lewe wanneer die ou definisies van sukses, werk en identiteit nie meer voldoende is nie? Hoe verouder ons aktief?

 

DIE TOEKOMS

Hoe leef ons verantwoordelik wanneer niemand presies weet wat volgende kom nie?

 

 

GEGRONDE BETEKENISVORMING

 

Dit is die begrip waarmee ek my huidige werk die beste beskryf.

 

Gegronde betekenisvorming beteken om so na as moontlik aan die werklikheid te probeer leef terwyl ons voortdurend betekenis daaruit vorm.

 

Dit beteken om ons ervaring ernstig te neem, maar nie elke ervaring as waarheid te aanvaar nie.

 

Om wetenskaplik verantwoord te probeer dink, sonder om menslike ervaring tot blote data te reduseer.

 

Om ons eie aannames te ondersoek.

Om oop te bly vir nuwe kennis.

Om onsekerheid te kan verdra.

Om van gedagte te kan verander.

 

En om steeds ruimte te laat vir verwondering, nuuskierigheid en menslike kompleksiteit.

 

Dit is nie ’n nuwe stel antwoorde nie.

 

Dit is ’n ander manier om met vrae, kennis, onsekerheid en die lewe om te gaan.

 

 

VAN ANTWOORDE NA BETER VRAE

 

My eie verhaal is deel van hierdie reis.

 

Oor meer as vier dekades het ek deur verskillende wêrelde beweeg: die reg, teologie, bediening, akademie, navorsing, opleiding, mense-ontwikkeling, besigheid, skryfwerk en die openbare gesprek.

 

Op die oog af lyk dit soos uiteenlopende hoofstukke.

 

Vir my vorm hulle deel van een voortgaande ondersoek:

Hoe verstaan mense hulleself, mekaar en die wêreld waarin hulle leef?

 

My akademiese vorming het aan die destydse Randse Afikaanse Universiteit begin, waar ek deeltyds regte studeer het terwyl en bedags as ingeskrewe leerklerk by prokureurs gewerk het. Ek het my studies in my tweede jaar gestaak om aan die Universiteit van Pretoria teologie te studeer en verwerf die grade BA (Teologie) en BD – albei met lof (in 1988 en 1991) en ’n doktorsgraad in 2004.  

 

Ek het as predikant, navorser, akademikus en dosent gewerk en was oor baie jare betrokke by akademiese begeleiding, opleiding, navorsing, fasilitering, afrigting en mentorskap.

Hiernaas het ek ook opleiding in verskillende benaderings tot persoonlikheids- en mensontwikkeling en welwees deurloop. Ek het geleer om onder andere die Myers-Briggs Type Indicator, Keirsey Temperament Sorter, DISC en die Enneagram, te benut en is ’n gesertifiseerde Neethling Brain Instruments®-praktisyn.

 

Maar my belangrikste opleiding het waarskynlik nie net in klaskamers en universiteite plaasgevind nie.

 

Dit het in gesprekke met mense plaasgevind.

 

In verandering.

In verlies.

In werk.

In verhoudings.

In vrae.

 

En in die bereidheid om van gedagte te verander.

 

My werk het mettertyd beweeg van ’n enkele dissipline na ’n geïntegreerde gesprek ter wille van die alledaagse lewe.

 

Ek skryf.

Ek doen navorsing.

Ek praat.

Ek ontwikkel kursusse.

Ek fasiliteer gesprekke.

Ek ondersoek idees.

Ek werk met mense.

 

Maar onder dit alles lê dieselfde belangstelling:

Hoe word ons wie ons is?

Hoe word ons wie ons word?

Hoe vorm ons betekenis?


En hoe kan ons leer om meer bewustelik, verantwoordelik en betekenisvol te leef?

 

 

MEER AS ’n NUWE BEGIN

 

Jy hoef nie alles te weet nie.

Jy hoef nie seker te wees nie.

Jy hoef ook nie iemand anders se antwoorde te aanvaar nie.

 

Maar jy kan momentum bou deur beter vrae te vra.

Deur nuuskierig te bly.

Deur jou aannames te ondersoek.

Deur nader aan die werklikheid te probeer leef.

 

En deur bewuster deel te neem aan die proses waardeur jy voortdurend besig is om jouself en jou wêreld te verstaan.

 

Dit is die gesprek waarvoor ek Significans geskep het.

Kom ons ondersoek dit saam. 


Huidige fokus

Betekenisvorming • Neurowetenskap en Bewussynstudies • Identiteit • Welwees • Wysheid • Kritiese denke • Wetenskap • Filosofie • Kunsmatige intelligensie • Menslike wording • Leierskap • Die Toekoms   

Hoogtepunte

Stroom

Sien alles op Die Punt
Halloween herinner ons dat vrees deel van ons biologiese erfenis is, maar dat ons nie elke skaduwee,
HALLOWEEN: Die fees wat vrees se angel trek
Halloween herinner ons dat vrees deel van ons biologiese erfenis is, maar dat ons nie elke skaduwee, vreemde geluid of o
avsa.net.za

Halloween herinner ons dat vrees deel van ons biologiese erfenis is, maar dat ons nie elke skaduwee, vreemde geluid of onbekende ervaring in 'n bonatuurlike bedreiging hoef te verander nie. Terwyl sommige mense vrees vir denkbeeldige monsters en ander dit vir geld of godsdienstig…

01 Nov 2026 · 15:35
Woorde help ons om sin te maak van ons ervarings. Dit stel ons in staat om kennis te deel, saam te w
DIE WOORDE WAARMEE ONS WERKLIKHEID BOU Hoe taal ons help om te verstaan, maar ons ook kan laat glo dat ons reeds weet
Woorde help ons om sin te maak van ons ervarings. Dit stel ons in staat om kennis te deel, saam te werk en oor moontlikh
avsa.net.za

Woorde help ons om sin te maak van ons ervarings. Dit stel ons in staat om kennis te deel, saam te werk en oor moontlikhede te dink wat nog nie bestaan nie. Die woorde waarmee ons die werklikheid probeer verstaan, kan egter maklik met die werklikheid self verwar word.

16 Oct 2026 · 17:59
Blog
Hoe weet ons wat ons weet, en hoe besluit ons wat om daarmee te doen?

Hoe weet ons wat ons weet, en hoe besluit ons wat om daarmee te doen?

Kritiese denke beteken nie dat ons alles verwerp nie, maar dat ons bereid is om aannames te ondersoek, vrae te vra en bewyse te beoordeel. 'n Inleiding tot Waag om te Weet.

13 Oct 2026 Lees meer →
Blog
Ons openbare verklaring van voorneme

Ons openbare verklaring van voorneme

Waarvoor ons ons beywer: kritiese denke, intellektuele eerlikheid en verantwoordelike betekenisvorming. Waag om te weet. Dink self. Ondersoek verantwoordelik. Leef bewustelik.

13 Oct 2026 Lees meer →
Blog
Vrae om oor na te dink: vir jouself en vir die groep

Vrae om oor na te dink: vir jouself en vir die groep

Tien vrae om kritiese denke aan die gang te sit — vyf vir persoonlike refleksie en vyf vir groepsbespreking.

13 Oct 2026 Lees meer →
Die toekoms is nie iets wat ons binnegaan nie. 
Ons mede-skep die toekoms. 
Om êrens tussen wensde
Van toekomspassiwiteit na toekomsagentskap
Die toekoms is nie iets wat ons binnegaan nie. Ons mede-skep die toekoms. Om êrens tussen wensdenkery en 'n plan bew
avsa.net.za

Die toekoms is nie iets wat ons binnegaan nie. Ons mede-skep die toekoms. Om êrens tussen wensdenkery en 'n plan bewus betekenis te vorm help 'n beter toekoms skep.

03 Oct 2026 · 18:36
Blog
Die toekoms is reeds hier... Hoe gerat is jy?

Die toekoms is reeds hier... Hoe gerat is jy?

Die toekoms lyk vandag anders as wat dit 'n klompie jare gelede gelyk het. Watter toekoms verbeel jy en hoe bou jy daaraan? Is jy gerat vir die toekoms?

02 Oct 2026 Lees meer →
Kan jy onthou waaroor jy gedroom het toe jy op laerskool was? 
En toe jy aan die begin van jou werk
Waag om te droom
Kan jy onthou waaroor jy gedroom het toe jy op laerskool was? En toe jy aan die begin van jou werksloopbaan gekom het?
waagomteweet.co.za

Kan jy onthou waaroor jy gedroom het toe jy op laerskool was?
En toe jy aan die begin van jou werksloopbaan gekom het?
Ons in nooit te oud om te droom nie.
Ja - ook jy kan waag om te droom.

30 Sep 2026 · 20:25
Hello. Gaan loer gerus na my splinternuwe webwerf https://gerhardbothma.co.za

Hello. Gaan loer gerus na my splinternuwe webwerf https://gerhardbothma.co.za

22 Sep 2026 · 11:11
Blog
Moenie vir jouself jok nie

Moenie vir jouself jok nie

Soms is die moeilikste waarheid die een wat ons aan onsself probeer wegsteek. Gerhard Bothma skryf oor die belangrikheid daarvan om eerlik met jouself te wees – ook wanneer die waarheid ongemaklik is.

18 Sep 2026 Lees meer →

Foto's

Springbokrugby
0

Stories

HALLOWEEN: Die fees wat vrees se angel trek ⭐ Uitgelys
01 Nov 2026 · 24 min lees

HALLOWEEN: Die fees wat vrees se angel trek

Halloween herinner ons dat vrees deel van ons biologiese erfenis is, maar dat ons nie elke skaduwee, vreemde geluid of onbekende ervaring in 'n bonatuurlike bedreiging hoef te vera

Lees meer
DIE WOORDE WAARMEE ONS WERKLIKHEID BOU  Hoe taal ons help om te verstaan, maar ons ook kan laat glo dat ons reeds weet
16 Oct 2026 · 10 min lees

DIE WOORDE WAARMEE ONS WERKLIKHEID BOU Hoe taal ons help om te verstaan, maar ons ook kan laat glo dat ons reeds weet

Woorde help ons om sin te maak van ons ervarings. Dit stel ons in staat om kennis te deel, saam te werk en oor moontlikhede te dink wat nog nie bestaan nie. Die woorde waarmee ons

Lees meer
Van toekomspassiwiteit na toekomsagentskap
03 Oct 2026 · 15 min lees

Van toekomspassiwiteit na toekomsagentskap

Die toekoms is nie iets wat ons binnegaan nie. Ons mede-skep die toekoms. Om êrens tussen wensdenkery en 'n plan bewus betekenis te vorm help 'n beter toekoms skep.

Lees meer
Waag om te droom
30 Sep 2026 · 10 min lees

Waag om te droom

Kan jy onthou waaroor jy gedroom het toe jy op laerskool was? En toe jy aan die begin van jou werksloopbaan gekom het? Ons in nooit te oud om te droom nie. Ja - ook jy kan wa

Lees meer

Publikasies

Ja! Jy kan gelukkig(er) wees

Ja! Jy kan gelukkig(er) wees

2026 Kejafa Knowledge Works Boek
R200.00 (e-boek R200.00)
Geluk is iets waarna ons almal verlang – soms sag en stil, soms dringend en diep. Tog voel dit dikwels broos: naby vandag, ver môre; helder in een seisoen, skemer in die volgende. Baie van ons leef redelik gelukkig, maar met ’n onderstroom van onsekerheid: “Hou dit? Sal ek dit verloor? Hoekom voel dit soms net buite my bereik?”

Ja! Jy kan gelukkiger wees is ’n rustige uitnodiging om anders te leef – met teenwoordigheid, betekenis en innerlike vrede. Dit is nie ’n boek vol groot beloftes of kitsoplossings nie. Dit is ’n sagte metgesel vir gewone mense in gewone lewens wat weer wil leer om asem te skep, te voel, te leef en te behoort.

Hier ontdek jy:
• watter gewoontes jou welstand werklik versterk
• wat jy mag laat gaan om ligter te leef
• hoe stilte, aandag, bewussyn en dankbaarheid jou menswees kan verdiep
• hoe jou liggaam, emosies, energie en leefstyl saam ’n geheel vorm
• en hoe geluk nie ’n bestemming is nie, maar ’n lewenswyse

Met insigte uit neurowetenskap, positiewe sielkunde, lewensfilosofie en jarelange ervaring in mensontwikkeling, wys hierdie boek dat geluk begin in klein oomblikke — asem vir asem, besluit vir besluit, dag vir dag.
Taal:Afrikaans
Bladsye:106
ISBN:978-1-0492-3593-6
Uitgewer:Kejafa Knowledge Works
Jaar:2026
God, gode en godinne in ons wêreld

God, gode en godinne in ons wêreld

2026 Dr Gerhard Bothma Boek
R220.00 (e-boek R220.00)
Hierdie boek is vir mense wat nuuskierig is oor waar ons idees van God vandaan kom, wat bereid is om moeilike vrae te vra, en wat die menslike verhaal met eerlikheid, deernis en verwondering wil verken.

God, gode en godinne is 'n eerlike en toeganklike reis deur die geskiedenis van menslike verbeelding, geloof en betekenisvorming. Die boek volg die ontwikkeling van gode vanaf die vroegste beskawings van Mesopotamië, Egipte en Kanaän, deur die ontstaan van Israel se geloof in Yahweh, tot die ontwikkeling van Judaïsme, Christendom en moderne spiritualiteit.

Deur geskiedenis, argeologie, Bybelwetenskap, mitologie, sielkunde en neurowetenskap saam te bring, wys die boek hoe mense deur die eeue sin probeer maak het van die wêreld, die natuur, lyding, dood, hoop en hul plek in die kosmos.

Hierdie boek ondersoek:
• die ontstaan van gode en godinne in die antieke wêreld
• die ontwikkeling van Yahweh en Israel se godsbegrip
• hoe die menslike brein patrone, agente en betekenis vorm
• wat van godsdiens, spiritualiteit en verwondering oorbly
in die wêreld waarin ons leef.
Taal:Afrikaans
Bladsye:240
ISBN:978-1-0483-5956-5
Uitgewer:Dr Gerhard Bothma
Jaar:2026

Samewerkings

Pieter Craffert
Pieter Craffert
Pieter Craffert het ook saamgewerk met:

Curriculum Vitae

2023 – Synergetica Training

Begeleiding van meesters- en doktorale studente

Ontwikkeling van opleidingsmateriaal 


2019 – 2020 – MyLife

Redakteur van aanlyn tydskrif

Projekbestuurder


2018 – 2019 – DreamBig

Bedryfshoof 


2015 – Dr Gerhard Bothma (Edms.) Bpk.

Konsultasie, fasilitering, persoonlike ontwikkeling en mentor


Entrepreneuriese predikant


1994 – 2014 – NG Kerk Bendorpark

Gemeentepredikant 


1992 – 1994 – NG Kerk Pietersburg-Oos

Gemeentepredikant


1984 – 1985 – Retief, Coetsee & Scheepers Prokureurs

Ingeskrewe Leerklerk



Navorsingsgenoot, Departement Praktiese Teologie, Universiteit van Pretoria (2013–) 

Buitengewone Dosent, Fakulteit Teologie, Noordwes-Universiteit (2012–2013) 

Eksterne Eksaminator (ad hoc), Universiteit van Pretoria & UNISA (2005–) 

Lektor, Sentrum vir Kontekstuele Bediening, Universiteit van Pretoria (2009–) 

Lektor, Departement Praktiese Teologie, Universiteit van die Noord (2000) 

Navorsingsassistent, Departement Praktiese Teologie, UP (1989–1991) 

Onderwysassistent, Bybelkunde & Verdere Teologiese Opleiding, UP (1991)




Gedetailleerde Ervaring

Opvoeding

Universiteit van Pretoria

Ph.D. (Praktiese Teologie)
VERHANDELING: 'n Prakties-Teologiese ondersoek na die kerklike jaar in die prediking van die NG Kerk

Universiteit van Pretoria

BD (Met lof)
1989 – 1991
SKRIPSIE: 'n Prakties-teologiese ondersoek na die bediening van die NG Kerk in veranderende omstandighede

Universiteit van Pretoria

BA (Teologie) (Met lof)
1986 – 1988

Hoërskool Voortrekkerhoogte

Matriek
1977 – 1981

Media

Skakels

Stuur 'n Boodskap

Kontak Gerhard Bothma direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek