Die Halwe Kring
NP van Wyk Louw
WINTERBOME

DIS altyd jy, net altyd jy; 

die een gedagte bly my by 

soos skadu's onder bome bly: 

net altyd jy, net altyd jy. 


Langs baie weë gaan my smart; 

blind is my oë, en verward 

is alle dinge in my hart. 


Maar dít sal een en enkeld bly, 

en aards en diep sy laafnis kry 

al staan dit winter-kaal in my: 

dié liefde in my, dié liefde in my. 


[bl. 22]


uit die bundel Die Halwe Kring
🟢 f
✓ Deel-skakel gekopieer