Die Held

Die Held

NP van Wyk Louw
📖 Koop / lees die boek
1 gedigte
Al die gedigte — kies een om te lees en te deel
1
DIE HELD
ROLLE: DR. RENÉ MÉNARD KOLONEL VON OBERHORST van die Duitse besettingsleër in Frankryk. KAPTEIN MÜLLER van die S.S. JACQUES BAUDIER Franse boer. LOUIS GIROD SOLDAAT LUITENANT JEANNE, vrou van Girod. SIPIER STEM van 'n tweede soldaat.DOKTER AS VERTELLER: [Sy stem is dié van 'n ou man.] My naam is Ménard, dr. René Ménard. Die name wat ek vir u noem, veral een bepaalde naam, is fiktief. Ek het hulle almal geken. . . só, soos 'n mens mense ken. Maar wat ek van dié een man gehoor het, het ek as dokter gehoor; en hoewel sy siekte 'n siekte was wat ek as gewone dorpsdokter niks aan kon doen nie - 'n siekte van ons land en van ons eeu, 'n siekte waaraan ons almal siek is - moet die geheim van sy naam met hom en saam met my sterf. En ek is oud... Ek was vanmiddag by die jaarlikse huldiging van dié wat twintig jaar gelede vir ons vaderland, ons Frankryk, my Frankryk, in die Tweede Wêreld- oorlog gesterf het. . . Waarom huldig ons nog? Is dit om haat wakker te hou? Is dit om te onthou? Maar het ons dan vergeet? Of: Moet ons aanhou met huldig, elke jaar, elke dag, sodat ons ons eie hart kan ondersoek na wat die heldhaftigheid of die waan, die dwaasheid is.Die vlag was halfstok. Daar was toesprake. Toe is die vlag in die top geruk . . . En, toe ons almal weer weggeloop het, het ek mense om my hoor praat hulle was jonk en onthou niks van ons ellendes nie en een het gesê: "Dit was alles avontuur-soek." En een het gesê: “Dis alles na- sionalisme" .. Ek wens ek kon vir hulle hierdie verhaal vertel het. Dit moes ongeveer só begin en verloop het:Kolonel Von Oberhorst van die Besettingsmag - 7selfs as teenstander moet ek erken dat hy 'n man van eer was; maar die kaptein van die S.A. onder hom, dié was van die nuwe soort. Ek stel my voor dat die kolonel hom só laat binneroep het op 'n middag. Maar ek weet ook nie . . . ek was maar gevangenisdokter daar. . . 
Elke gedig het sy eie deelbare bladsy.  ·  Lees die volledige boek »
✓ Verstek gestoor