Welkom by die plek waar Afrikaanse digkuns nie net gelees word nie — maar gesing, gefluister, geskree en soms half dronk om ’n kombuistafel onthou word. Wasgoedlyn Woorde is ’n verlengstuk van Die Wasgoedlyn se liefde vir lirieke, stories en die mense wat taal laat asemhaal.Hier ontmoet digters soos Bibi Slippers, Breyten Breytenbach en ander woordmakers musikante wat glo dat ’n gedig soms net een kitaar of een stukkende hart weg is van ’n liedjie.“Dis nog ’n projek waarvoor niemand gevra het nie,” lag Riku Lätti, “maar ek is baie bly ek het dit aangepak. Dis seker een van die projekte waarvoo