Wasgoedlyn Woorde
Verklein

Wasgoedlyn Woorde

Welkom by die plek waar Afrikaanse digkuns nie net gelees word nie — maar gesing, gefluister, geskree en soms half dronk om ’n kombuistafel onthou word. Wasgoedlyn Woorde is ’n verlengstuk van Die Wasgoedlyn se liefde vir lirieke, stories en die mense wat taal laat asemhaal.

Hier ontmoet digters soos Bibi Slippers, Breyten Breytenbach en ander woordmakers musikante wat glo dat ’n gedig soms net een kitaar of een stukkende hart weg is van ’n liedjie.

“Dis nog ’n projek waarvoor niemand gevra het nie,” lag Riku Lätti, “maar ek is baie bly ek het dit aangepak. Dis seker een van die projekte waarvoor ek die liefste is — juis omdat dit baie tyd vat en daar absoluut geen sprake van inkomste is nie. So dis eintlik baie punk, soos Bibi Slippers eenmaal vir my gesê het.”

Wasgoedlyn Woorde is vir mense wat nog glo woorde kan bly hang soos wasgoed in die wind — vol geheue, musiek en die reuk van iets mensliks.

Waneer Gedigte Begin Sing

Bibi Slippers praat poetry op die Wasgoedlyn

Bibi Slippers is 'n digter wat ook nou en dan ander goed skryf. Haar digbundels is Fotostaatmasjien (2016) en Soekenjin (2023). Vir meer oor Bibi besoek https://bibislippers.com en volg vir Bibi op instagram: @bibilioteek spesiale dank aan Uli en Jens!! Liefde Bibi Slippers het kom inloer by die Wasgoedlyn en ons het verse gepraat, gedigte gelees gesing en oor die wêreld en sy dinge besin. Slippers se beeld ontplof in mooi prente in die kop laat mens lus kry vir nog pouems, want hierdie pouetrie lewe wanneer sy haar asem en stem die woorde in blaas wat ons wegvoer na haar wonderlike wêreld. Die hele gesprek is 'n lafenis vir 'n nuuskierige agie wat op woorde wil reis. Lekker luister en laat ons weet hoe dit jou maak voel! #afrikaans #lewe #literatuur #poësie #gedigte #taal

Nuusblad

Sien almal →
Ontwaak deur Ons: Wanneer Ou Woorde Weer Wakker Word
Gedigte Toonsettings

Ontwaak deur Ons: Wanneer Ou Woorde Weer Wakker Word

Wat gebeur wanneer een van Afrikaans se grootste digters se woorde nuwe stemme kry? "Ontwaak deur Ons" bring die poësie van NP van Wyk Louw uit die boekrak en terug na die luisteraar deur musiek, voorlesings en vars interpretasies. Die projek is meer as 'n huldeblyk – dit is 'n bewys dat groot gedigte nie in die verlede leef nie, maar telkens weer ontwaak wanneer nuwe kunstenaars hulle eie stem daarin vind.
Riku Lätti Riku Lätti • 17 Jun 2026