🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek
Terug na Tuis Alle artikels
Die Kruistog van die beswaardes.

Die Kruistog van die beswaardes.

My mening in soos gepubliseer in Rapport 6 September 2026.

Wat wil beswaardes bereik met hul Kruistog na die VSA in September?

Terwyl oorloë woed en menseslagtings plaasvind regoor die wêreld gaan plant beswaardes 3,000 kruise in die VSA in September.

Dít in 'n land wat self 'n rol speel in menseveragtende vergrype oor die wêreld en 'n aanslag loods op minderheidsgroepe in hulle eie land wat anders lyk en glo.

Niemand ontken die onaanvaarbare hoë vlakke van misdaad in SA nie, maar Swart Suid Afrikaners word die hardste getref. Die dubbele standaarde van Vlugtelingstatus gemik op Wit Suid Afrikaners, skreeu ten hemele en verdeel ons weer op raslyne.

Dit staan in skrille kontras met die 3,000 sokkerballe wat Betereinders uitdeel aan die jeug. Dit word gedryf deur mense wat bou aan verhoudings tussen al ons mense. Die balle simboliseer saambou en saamspeel na 'n beter toekoms vir al ons mense.

Ek het Suid Afrika in verskeie lande verteenwoordig en het in gepubliseerde opinies beswaar gemaak teen Suid Afrikaners wat ons land se beeld beswadder in die buiteland. Hulle bevuil die nes van mense wat verkies om in Suid Afrika te bly. Dis 'n vorm van verraad.

Ironies genoeg is dit onlangs bekend gemaak dat die drywers van hierdie kampanje, bevoorregte Suid Afrikaners is wat reuse salarisse verdien. Hul kampanje van vrees, is gebou op die leuen van 'n Wit Volksmoord.

Is die einddoel om alle Wit Suid Afrikaners in die VSA te hervestig?

Dit sou ook interessant wees om te weet wat die koste beloop van hierdie veldtog van 3,000 kruise en verbandhoudende aksies in die VSA, waarvoor mense selfs uit SA ingevlieg gaan word, en wie befonds dit? Dié geld kon beter aangewend word in Suid Afrika onder behoeftige mense.

Verder is die program direk gekoppel aan die persoon van die huidige 80-jarige President wie se bewind tans baie wankelrig is. Wat gebeur as hy nie meer aan bewind is nie?

Casper Kruger
Hallo Dawie

Kan nie help om notisie te neem van jou stelling:

Ironies genoeg is dit onlangs bekend gemaak dat die drywers van hierdie kampanje, bevoorregte Suid Afrikaners is wat reuse salarisse verdien. Hul kampanje van vrees, is gebou op die leuen van 'n Wit Volksmoord.

Na verdere navorsing blyk dit waninformasie te wees, so ge opper deur News24. Maar ja, as jy dit gebruik om n punt te probeer staaf is dit jou reg

Trump en sy bende het die volksmoord ding aangeblaas, nerens kon ek waarneem dat die witkruisprojek verwys na volksmoord nie. Die witkruis projek lyk vir my na n hulpkreet om bewustheid te skep van gru-misdaad, tereg moet daar eintlik n groter bewusmaking wees van die totale geweldsmisdaad in ons pragtige land en ons regering se totale onbeholpenheid om dit te bekamp. En dan natuurlik onbereidwilligheid om n plaasmoord epidemie te erken, kan dalk bloot net roof wees, die marteling van die plaasbewoners laat egter veel te wonder oor
16 Sep, 11:00
Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗
🏡 Taalhuis 🇿🇦 Die Punt 👤 Die Mens ✍️ Die Skrywer 🎨 Die Kunstenaar 📰 Die Koerant 🧠 Die Gewete 🎤 Die Stem 🎓 UvdL 📻 Die Radio 📺 Die TVkamer 🎬 Die Fliek