Terug na Tuis Alle artikels
Sand in die Lakens

Sand in die Lakens

Ons Pa het 'n erf gekoop

en 'n huis laat bou

met geld wat hy nie gehad het nie

hoe weet ek nog steeds nie

maar die mure het geruis

een baksteen op 'n belofte


Ons was sestien

skoolkinders uit Bloemfontein

met die Vrystaat nog in ons skoene

en die see nog nuut

ons het soontoe geloop na Voëlklip

sonder dat iemand gevra het waarheen

en ons was nie alleen nie

daar was ander gesinne uit die Vrystaat

en ons het 'n bende geword

'n stam met sonbrand


Toe die weermag

en Hermanus het 'n storie geword

wat ander vertel het


Op Stellenbosch

ek het vriende gebring

as bewys dat ek hoort

'n naweek van meisies en vure en vleis

Ma het na die vloere gekyk

my suster het na my gekyk

Pa het na die strandbuggie gekyk

vol sand

die enjin gedood in die duine na Gansbaai

die huis het niks gesê nie

dit het net sand in sy lakens gedra


Toe bring ek en Isolde

vir Irina en vir Tommie

om Ma en Pa te laat kyk

eerste indrukke

'n eksamen sonder vraestel

en die huis het hulle laat slaag


Later het hulle self gekom

Ma en Pa

vir goed

en ek het gery na hulle toe

soos net 'n seun ry

dit is ook 'n soort tuiskoms


Die sleutels het na my en Isolde gegaan

om te pas

al het ons altwee geweet

dit is eintlik van ons twee


En nou is dit Isolde en Tommie se kinders

wat met sand tussen hul tone

die gang afhardloop

en ek staan in die deur

en sien 'n sestienjarige

wat nog nie weet

wat Pa hier gebou het nie


Die buurman kom elke keer

met 'n goeie hart

en sê as ons ooit wil verkoop

dan is dit hy wat koop

die erf is meer werd as wat Pa kon droom

ons glimlag

en sê nee


Dis nog 'n mooi dorp

al is dit luid en vol

met karre en kameras

en die walvisse kom nog elke jaar

asof hulle ook net wil kyk

of die huis nog staan

'n dorp wat werk

waar selfs die biblioteek

die beste in die Wes-Kaap is


Ek is gelukkig hier


en iewers in 'n hoek van die kamer

sit nog sand

wat niemand wil uitvee nie

👍 1 ❤️ 1
Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗