<p><strong>Wie en wat ons is</strong></p><p><br></p><p>Hierdie forum het ontstaan uit ’n verklaring waarin 48 progressiewe Afrikaners hul kommer uitgespreek het oor disinformasie dat Afrikaners slagoffers van ’n beweerde volksmoord is en oor die algemeen in Suid-Afrika te na gekom word. Hierdie d...
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Hierdie nuwe versameling gedigte is die bekroonde digter Marlise Joubert se elfde digbundel. Met hierdie gedigte bestendig Joubert haar reputasie as gerespekteerde digter, maar eweso as ’n belangrike bydraer tot “laatpoësie” soos wat letterkundiges die subgenre van gedigte deur ’n ouer persoon beskryf.
Ofskoon temas van veroudering sedert Joubert se veel bekroonde bundel, grondwater (2019) al hoe meer na vore dring, kom daar met dié nuwe versameling ook heelwat ánder kwessies ter sprake.
Gedigte oor die vrou as argetipiese aardsmoeder, naas aangrypende persoonlike verse oor die vrou as huweliksmaat, moeder en ouma te midde van ’n bedreigende sosio-politieke realiteit, word hier gevind.
Buiten die verse oor veroudering, uiteraard, is ’n verdere hoogtepunt die aantal gedigte oor die digkuns self deur ’n digter wat haar tans in die volle krag van haar vakmanskap bevind.