Elsabé Welman se gereedskapkas bevat haar rekenaar, verfkwaste en ‘n verkyker om interessante karakters te vind. Met haar kleinkind op die skoot, droom hulle groot stories en verslind boeke. As voltydse skrywer gryp sy terug na lewenservaring, gevorm van ‘n primitiewe Noord-Mosambiek, groter en kleiner dorpe, tot in Riviersonderend in die Wes-Kaap. Met ‘n agtergrond in hoër-onderwys, entrepreneurskap, korporatiewe wêreld en nagmerries, het sy genoeg verbeelding om romantiese spanningsverhale en misdaadfiksie op te tower.
Kontak Elsabé Welman direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.