Willie Spies is ‘n prokureur van Pretoria en reeds sedert Augustus 2011 betrokke by Pretoria FM, aanvanklik as tussentydse uitvoerende hoof en later as uitvoerende voorsitter van die direksie. Spies praktiseer reeds meer as 25 jaar as prokureur wat spesialiseer in grondwetlike reg, burgerregte, uitsaai- en mediareg en eiendomsreg. Hy was vir vyf jaar tussen 2004 en 2009 ‘n parlementslid. Hy het ook die grade BCom. LLB en MBA aan die Universiteit van Pretoria verwerf. Afgesien van sy prokureurspraktyk is hy ook ‘n gereelde rubriekskrywer,
voorheen by Netwerk24 en Beeld en tans vir die weeklikse publikasie Nuusweek. In Maart 2024 is ‘n bundel van hierdie rubrieke, Eie Rigting, deur Naledi uitgegee.
Spies is ook ‘n toegelate prokureur in Wallis en Engeland.
Toe die destydse Radio Pretoria vir die eerste maal in September 1993 gelisensieer is om tydelik vir twee naweke uit te saai, het d…
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Eierigting is‘n regsterm wat beteken dat jy die reg in jou eie hande neem.
In ‘n grondwetlike bestel is die uitgangspunt dat die burgery kollektief hul reg om hulself te beskerm oordra aan die staat. Wanneer die staat faal en nie meer sy burgers beskerm nie, verander die situasie. Dan raak eierigting nodig.
Willie Spies skryf sedert 2016 – die jaar van Fees Must Fall in Suid-Afrika en die verkiesing van Donald Trump in die VSA – rubrieke vir Beeld en Netwerk 24.
Die rubrieke ontgin die stand van die makro-omgewing van verval van die staat waarin Suid-Afrikaners hulle bevind gedurende die jare van staatskaping, die einde van die Zuma-bewind, die EFF, die einde van Afrikaans in die universiteitswese, die era van Rama-forie, die COVID-pandemie en gepaardgaande wêreld gebeure in historiese konteks.
Dit keer telkens terug na die mikro-werklikheid van eie menswees, geloof, hartseer, eensaamheid, verlies, ouer-word en vergifnis.
Dit ondersoek ’n nuwe vryheidsideaal, 30 jaar na die verkiesing van 27 April 1994 en beskryf hoe eierigting regmatig deur instellings van die burgerlike samelewing plaasvind wat leemtes vul wat die staat ooplaat.

Hierdie woorde het ‘n leuse geraak waarmee die radiostasie, gebore in die storm-en-drang-jare van die politieke oorgang van 27 April 1994, sy vele uitdagings trotseer het.
Die uitdagings het gewissel van ‘n giftige media-omgewing van etikettering en stereotipering waarin die radiostasie ontstaan het, tot insidente waar polisiemanne van die destydse onlusteeenheid van die ou Suid-Afrikaanse Polisie in Caspir-voertuie op Donkerhoek opgedaag het om die uitsendings te stop en uiteindelike hofaansoek op hofaansoek totdat die radiostasie vir die eerste maal in 2010 permanente uitsaailisensie ontvang het.
Die stasie het gegroei van ‘n rebelle-strydradio tot ‘n gerekende media-instelling met visie om onafhanklike
Afrikaanse inhoud in elke huis waar Afrikaans gepraat word, te skep.
Vandag word die stasie nie net landwyd op DStv se oudio-boeket geluister nie, maar ook wêreldwyd via die
internet en selfoontoepassing asook op FM vanuit verskeie sentra.
Die boek Dan hou ons net aan! vertel hierdie verhaal soos neergepen deur die oprigters van die radiostasie,
ds. Mossie van den Berg, prof. Adriaan Pont, prof. Schalk Botha en oud-regter Bill Prinsloo en verskeie rolspelers en aktiviste wat ‘n radiostasie uit uitgediende SAUK-toerusting aanmekaar gesit het en net aangehou
het, ten spyte van die hewigste teenkanting.
Die boek word onder redakteurskap van Willie Spies uitgegee.