Terug na Lede
June Botha
June Botha
member
June Botha is ’n tweetalige Suid-Afrikaanse skrywer wat bekendheid verwerf het vir haar verbeeldingryke kinderboeke Sebastian die Leeuwelpie en Wielie die Wyse Uiltjie en misdaadfiksie, Vlug van die Nag en Huil van die Naguil. Haar ware verhaal Lodene het internasionale erkenning ontvang deur die VSA Abortion Survivors-organisasie. Met deernis, durf en ’n vaste geloof in die helende krag van woorde, skryf June Botha om te bemoedig, op te voed en mense met mekaar te verbind.  
Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
9
eBoek-Lodene deur June Botha
Naledi
Naledi
EISBN: 978-1-928530-00-8
ebook – Lodene (English)
Naledi
Naledi
978-1-928518-89-1
Huil van die Naguil
Naledi
Naledi ISBN: 9781928530985
HUIL VAN DIE NAGUIL – JUNE BOTHA Wanneer die Naguil huil, glimlag Mördare, die gevreesde moordenaar, wrang en trek sy swart leerhandskoene hoër teen sy gewrigte op. Sy skadu glip ongemerk tussen die swart skynsel van die bome deur – al langs die rivier af tot by sy slagoffer op die oewers van die Vaalrivier. Sou die roep van die Visarend, die brul van die Leeu en die lag van die Hiëna, Mördare terselfdertyd ook die prooi van die Jagluiperd maak die nag toe hy sy verterende hart in die hunkering na liefde verloor het?
LODENE by June Botha
Naledi
Naledi
ISBN 978-1-928518-77-8  
LODENE deur June Botha
Naledi
Naledi
ISBN: 978-1-928518-76-1  
Sebastian die leeuwelpie
Naledi
Naledi
Sebastian die leeuwelpie In die leeuwelpie-kamp word Sebastian, ’n avontuurlustige leeuwelpie tot tropleier on nadat hy in veilige bewaring gebring is toe hy nieserig, vieserig en knieserig onder die toesig van die groot waaksame leeutrop, weggeglip het. “Vir wat blaas jy soos ’n omgeëlliede plaaseend?” vra ’n ou, swaar, diep stem dig duskant Sebastian se sitvlak. Sebastian kreun saggies hulpsoekend en wil net ongemerk by die gat se ingang uitsluip toe die stem hom met wysheid bejeën. “Ek sal dit nie doen as ek jy is nie,” waarsku die stem goedmoedig. “Daar is ’n bosbrand oppad hierheen.”Sebastian luister na die geskuifel binne die gat voordat die stem rustig voortgaan. “En jy gaan soos ’n klein bondeltjie misoes met swart donsies lyk as jy in daardie vlamme beland,” koggel die stem en lag sag en diep in sy keel.  Waar het jy gehoor van ’n leeuwelpie wat helikopter vlieg, spoorsny, brande bestry, bosberaad hou en nog sommer vele meer sonderlinge gebeurtenisse onderneem? Trek jou lees-pantoffels aan want Sebastian is ’n besonderse leeuwelpie wat kinders, ouers én die ouer gardes wegvoer op ’n opvoedkundige wyse na onvoorspelbare avonture en ’n hele bondel geesdriftige vermaaklikhede. Hierdie kinderboek is heerlike leesstof vir almal.
Slag van die Golf
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234966
• ’n Kragtige, emosioneel gelaaide verhaal teen die wilde en mistieke agtergrond van L’Agulhas. • Ondersoek die menslike hart se soeke na liefde te midde van trauma, skuld en verlange. • Liriese, beeldryke taal wat die leser ten volle in die wêreld van pyn en verlossing intrek. • ’n Meesleurende storielyn wat aanklank sal vind by lesers van sielkundige rillers, familieverhale en literêre fiksie. Slag van die Golf vertel van gebroke nalatenskappe en onrusbarende geeste. Aan die suidpunt van Afrika, waar die oseaan teen die kranse bots, staan Stoffel Barnard se groot wit huis – ’n stomme getuie van dekades se geheime, seer en sondes. Aluné, vasgevang in die kloue van ’n generasie vloek en ’n liefde wat haar verteer, vind haarself op die rand van ondergang. Terwyl die waarheid soos ‘n gety styg, en die verlede nie langer stilbly nie, roep die dooies om geregtigheid. Tog bly liefde die fyn draad wat alles verbind – meedoënloos, maar vol waarheid.        
Vlug van die nag
Naledi
Naledi ISBN: 9781928530848
VLUG VAN DIE NAG – JUNE BOTHA Iewers in dié boeiende moordverhaal verloor Jört, hoofspeurder van Moord- en Roof, sy hart op die skynbare– en waarskynlik – eerbare moordenares, Luna, wat die vermoorde se kind op die nag van die moord ontvoer, en haar onder die veiligheid van haar erfporsie bring – daar waar die gesiene Jan Barnard, haar pa, tot sy ontsteltenis ontdek dat sy sogenaamde kleinkind die ontvoerde kind van die vermoorde is.
Wielie die wyse uiljie
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234782
Wielie die Wyse Uil, ’n gevlekte uil met groot oë en nog groter wysheid, besluit om sy nagtelike leefwyse te verruil sodat hy saam met sy beste vriend Wimpie die Uiltjiekleuterklas kan bywoon. Wielie se reis is vol verrassings. Met sy sonbril op sy nares en ore gespits, leer Wielie belangrike lesse van hitte-uitputting, haarsny – of te wel, die styl van oordonsies – tot die uitroei van ‘n rotteplaag. Wielie is ’n unieke en vrolike storie wat die verbeelding van kleuters en jong kinders aanwakker. Met temas van gesonde leefstyl, die begrip en bestuur van emosies en die vreugde van luister, oorbrug Wielie die wêrelde van die natuur en kinderjare op ‘n prettige, verbeeldingryke manier. Onderwerpe soos voeding, selfidentiteit, daaglikse roetines en die vreugde van vriendskap word op gemaklike manier bekendgestel.

Stuur Boodskap

Kontak June Botha direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗