Terug na Lede
Naledi Uitgewers
member
Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
18
Afskeid van ‘n volk
Naledi
Naledi
Geloof Alleen
Naledi
Naledi
As ’n Afrikaanse kerkmens uit Afrika moes wens vir ’n boek wat saamval met die 500-jaarviering van die Reformasie, sou ’n mens kwalik kon wens vir ’n meer fassinerende boek as dié. In Geloof alleen neem André Pretorius sy leser op ’n pelgrimstog na ’n verskeidenheid plekke waar sleutelgebeure van die Reformasie afgespeel het of waar dié geskiedenis spore gelaat het. Hy neem jou na daardie gebeure toe en dan weer terug na die hede en die neerslag daarvan. Uiteindelik neem hy sy leser na ’n dieper verstaan van die Kerkhervorming van 500 jaar gelede, en daarmee saam na ’n dieper verstaan van onsself. Wat sou ’n mens meer kon vra? – Neels Jackson (Redakteur: Kerkbode)   Hamerslae teen ’n Duitse kerkdeur. Vyf eeue later weergalm hulle steeds van waar Martin Luther sy rebellie teen die Kerk begin het. Van hierdie kerkdeur loop die spore van Kerkhervorming deur aangrypende landskappe. Die reisskrywer, André Pretorius, gaan loop daardie voetval na en hoor die eggo’s in ons tyd. Hy volg Luther waar sy weg kruis met dié van Calvyn. Hy reis na plekke waar geloof geformuleer is op ’n manier wat steeds ons wêreld vorm.  Die spore lei hom van Europa na Indië en Amerika waarheen Katolieke sendelinge en Calvinistiese Puriteine uitgewaaier het. Maar ook deur sy eie familiegeskiedenis na Suid-Afrika, van middagete op die Duitse plaas waar die Pretoriusse vandaan is tot sy NG-kinderjare op die Afri­kaanse platteland.  Onderweg kom hy geloof teë, en geweld.  Skoonheid vind hy in die kunstenaars van die Hervorming – Rembrandt en Bach en die Bybelvertalers.  Maar ook die geskonde erflating van konflik en ikonoklasme. Op sy reise eet, drink en gaan hy kerk toe waar die moderne wêreld baie lank gelede beslag gekry het.  Dit is ’n meesleurende reis deur ’n wêreld wat beide oud en eietyds is.
Honniball Trilogie
Naledi
Naledi
ISBN: 9780620391276 Ja, Oom Kaspaas, Jakkals en Wolf en Adoons-hulle is terug! Na herhaalde versoeke om weer van T.O. HONIBALL se gewildste sketse met die stories uit te gee, is hierdie pragtige stel boekies nou weer deur NALEDI herdruk.  
I wish I'd said
Naledi
Naledi
Jagstories, Liegstories en ander verhale
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476641
Jagstories, liegstories en ander verhale is gegrond in die unieke kultuur van die Suid-Afrikaanse platteland, jagveld en Bosveld, waar feite, herinneringe en kampvuurstories dikwels op verrassende maniere vermeng. Met ‘n skerp oog vir mense en ‘n liefde vir die kuns van storievertel, probeer die skrywer die humor, kameraadskap en onverwagse avonture van gewone Suid-Afrikaners vasvang. Hy bieg: Sommige van die stories in hierdie boek het regtig gebeur. Van die ander het waarskynlik gebeur. En van sommige sal net die mense wat daar was, regtig ooit die volle waarheid ken. Maar onthou asseblief: die waarheid was nog nooit die belangrikste deel van ’n goeie storie nie. Ná die dag se jag het almal nader geskuif met ’n koppie koffie, iets kouds of sommer net ’n stoel. Dan het die stories begin. Die manne het vertel van die koedoes wat hulle gemis het, van lang skote wat wonderbaarlik raak was en van bokke wat op onverklaarbare net agter die volgende bos gestaan het. Van voetseer gestap en deur dorings gekrap, maar tevrede – of daar nou iets in die koelkamer gehang het of nie, want môre was nog ’n dag.
Minder as môre
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476481
BESKIKBAAR IN Augustus 2026 GENRE: SAGTEBAND FORMAAT: 213 X 137 mm PRYS: R240.00 96 BLADSYE ISBN 9781997476481 Minder as Môre is ’n viering van die fyn kuns van die kortverhaal. Hierdie besondere versameling is die vrug van die Sandy Schoeman-kortverhaalprys, ’n gesogte jaarlikse instelling van die Klerksdorp Boekefees wat die rykdom en diversiteit van die Afrikaanse vertelkunst bevorder. Met die tema “Daar’s net een jy” het 55 skrywers die uitdaging aanvaar om die uniekheid van die menslike gees in woorde vas te vang. Voor in die koor is die bekroonde skrywer Nanette van Rooyen, wie se wenverhaal, “Die fluistertaal van blomme”, die hart van die bundel vorm. Saam met ’n keur van ander opwindende stemme verken die verhale in hierdie bundel die broosheid en krag van identiteit – ’n bewys dat daar in die kleinste oomblik dikwels veel meer opgesluit lê as wat die oog kan sien.
Mission, Post-Colonialism and Decolonisation
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476504
This book challenges current views on post-colonialism and decolonial theology. A Kingdom perspective is presented. Jesus is Lord of the Kingdom. This has implications for every aspect of life. Therefore, it offers a much better solution for the fullness of life in the struggling continent of Africa than post-colonial and decolonial theology.
Op pad na Grysberg
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-77617-288-7
Op pad na Grysberg is ʼn baanbrekerroman waar 22 van die van die land se grootste Afrikaanse skywers deelgeneem het aan hierdie unieke projek. Op pad na Grysberg vertel die storie van M, ʼn vrou wie se menswees deur die ongenaakbare elemente van ʼn post-apokaliptiese wêreld afgetakel word.
RITES OF PASSAGE
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476191
This book provides an overview of his visual work over the last five decades. In it, he presents a survey of his development as an artist from his school years up to the present. He aims to bring together as many of his interests, influences, and passions as possible, while also allowing the book to serve as inspiration for aspiring artists. He also discusses his motivations, background, processes, and inspirations. It is an autobiography which is unusual for an artist’s book, but ideal, as the artist gets the opportunity to write about his own vision and his own objectives. He was trained as a jeweller/goldsmith, but his primary focus is sculpture and drawing. The main body of the book consists of a curated selection of artworks that demonstrate the three mediums in which he works, spanning approximately 50 years. The book is around 235 pages long. The foreword is written by the land artist Strijdom van der Merwe and includes an essay by South African graphic designer Garth Walker. There is also an interview with the novelist and visual artist Ingrid Winterbach. The book is deeply personal to him. On the one hand, it functions as a kind of artist’s autobiography, but it is also a stocktaking—a documentation of his development as an artist. A recurring motif throughout the years has been his interest in the blending of high art (the Western art tradition) and pop culture (comic artists and rock iconography). Since his school days, he has had a passion for comics and rock music. After completing his BA in Fine Art, specialising in jewellery design, he went on to earn a master’s degree in sculpture. He then began teaching at an independent art institute in Pretoria, where, over the past seventeen years, he has lectured in subjects including research methodology, art history, design, illustration, and drawing. His motivation for publishing the book, rather than keeping it private, lies in its role as a work of communication. Like any artwork—and he regards it as such—…
SEL SES
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-991256-98-0
“Waagmoedige verhale oor die ongenaakbare lewe in die tronk.” – Frederick F. Botha “… hierdie is kragtige, hardcore realisme …” – Eben Venter (LitNet Om te skryf slypskool) “Hoewel hierdie verhaal grafies en in ʼn groot mate ontnugterende leesstof is, vind ek dit nodig dat hierdie stories wel geskryf word.” – Anzil Kulsen (LitNet Om te skryf slypskool) Na drie en twintig jaar in die tronk staan Roux Steyn die kans om op parool vrygelaat te word, maar daarvoor moet hy een jaar sonder geweld skoon loop. Vir iemand soos Steyn is dit egter onmoontlik; hy het die Anger Management kursus alreeds drie maal gefaal. Buitendien is hy ʼn bendeleier en dwelmsmous. En hy het ʼn magdom vyande wat nie kan wag om ʼn mes in sy niere te plant nie. Lesers word uitgedaag om deur Steyn se oë waar te neem; soms te voel, maar meestal te verstaan: Daar is in elke monster ook ʼn mens. sel ses is ʼn samelopende kortverhaalbundel en honderd persent fiksie. Wees egter gewaarsku, die tronk is nie ʼn plek vir teddiebere nie – druk jou vingers in die kragprop en sit die krag aan.
Sewe keer Sondig
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-991256-75-1
Beskikbaar April 2024 Saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie 25 kortverhale, die een sondiger as die ander, sal die leser vermaak, ontroer, laat naels kou en dalk selfs laat glimlag. Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid, wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid.
Sewe keer Sondig (e-book)
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-991256-75-1-1
Beskikbaar April 2024 Saamgestel deur Stefaans Coetzee en Anschen Conradie 25 kortverhale, die een sondiger as die ander, sal die leser vermaak, ontroer, laat naels kou en dalk selfs laat glimlag. Volgens oorlewering bestaan daar sewe dodelike sondes waaruit alle ander onheilighede voortspruit: hoogmoed, gierigheid, wellus, afguns, vraatsug, toorn, en luiheid.
Slanghoek
Naledi
Naledi
SPANJE
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234539
In 1992 loop ‘n 17-jarige André Pretorius op sy eentjie in Barcelona rond. Onder die Olimpiese Vlam ontbrand ‘n hartstog wat hom vir die volgende drie dekades keer op keer terugneem na Spanje. In hierdie boek – ‘n onbedoelde tweeluik met sy hoog-aangeskrewe Italiaanse intermezzi – beskryf hy daardie Spaanse reise. Op die perkament van ‘n ou Spanje met sy eggo’s van drie operas – van kerk en staat, van sensualiteit, van spoke van die verlede – vind hy die filmmaker Pedro Almodóvar se skets van die nuwe Spanje van ons leeftyd. Pretorius bevind hom aan die uithoeke van hierdie besonge skiereiland, loop die stories na van Lorca en Goya, gaan kyk sokker se El Clásico, swymel voor die doodsveragting van die matadors in Sevilla, sien hoe die tuna “geoffer” word by Barbate, sit aan in Spanje se teaters van kos by El Bulli, en vind selfs daardie meisie wat in 1992 hot dogs aan hom verkoop het. In die eerste vollengte reisbeskrywing van Spanje in Afrikaans sedert Olé! van André P.Brink in die 1960s, bring Pretorius ‘n aangrypende land na die leser.
TO Honiball
Naledi
Naledi
Verdediging van die ortodokse geloof
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476627
Michael Servetus sterf in 1553 stadig op ʼn brandstapel wat uit groen hout bestaan het. Enkele maande later skryf Johannes Calvyn, die bekende hervormer, ʼn boek getiteld: Verdediging van die Ortodokse geloof aangaande die Heilige Drie-eenheid teen die monsteragtige dwalinge van Michael Servetus, die Spanjaard: waar aangetoon word dat ketters deur die reg van die swaard bedwing moet word, en in besonder dat die straf op hierdie goddelose man regverdig en verdiend in Genève voltrek is. Dié publikasie van Calvyn was meer as 470 jaar lank slegs in Latyn beskikbaar. Dit is nou in Afrikaans. Wat is die rol van die staat om die godsdiens oor die algemeen en gelowiges in besonder teen dwaalleringe te beskerm? Wat was Calvyn se rol in die skuldigbevinding en teregstelling van Servetus? Hy verduidelik dit in sy eie woorde. Hy gee sy siening oor onderwerpe soos die Drie-eenheid, die kinderdoop en predestinasie. Calvyn gee aan die einde van sy werk ʼn opsomming wat die teologie van Servetus bondig saamvat. Om Calvyn werklik te verstaan, is dit nodig om hierdie boek van hom te lees.
Wie is ek
Naledi
Naledi
‘n Handvol Verlies (E-Boek)
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476658-1
Kanker kies sy slagoffers ongeag aansien of kennis. Selfs my mediese agtergrond kon my dit nie laat vryspring nie. Ek het almal aangeraai om gereeld vir ʼn jaarlikse mammogram te gaan; daadwerklik ’n voorbeeld gestel en getrou vir my eie gegaan. Tog is my borskanker aanvanklik gemis en was reeds in ʼn gevorderde stadium toe die diagnose uiteindelik gemaak is. Ek was agt-en-veertig, ʼn voltydse narkotiseur en enkelma met kinders nog op laerskool. Die onkoloog het nie doekies omgedraai nie en my duidelik laat verstaan dat my kans om vyf jaar te oorleef aan die skraal kant is. Indien chemoterapie en bestraling onsuksesvol sou wees, sou palliatiewe sorg waarskynlik my voorland wees. Dis amper twintig jaar later. Ver verwyderd van my siekte se begindae toe ek boekwinkel na boekwinkel deurkruis het op soek na ʼn soort reddingsboei – leesstof deur iemand in dieselfde bootjie. Al wat ek destyds kon vind, was boeke met raad vir gesonde diëte en leefstylveranderinge om kanker te voorkom. ’n Handvol Verlies is dáárdie boek. Nie net vir borskankerlyers nie, maar ook vir dié na aan hulle. Met afwisselende humor en erns, word die lewe met borskanker beskryf deur iemand wat weet hoe dit voel om daarmee saam te leef.

Stuur Boodskap

Kontak Naledi Uitgewers direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗