Terug na Lede
Johan Buitendag
Johan Buitendag
member
Johan Buitendag is teoloog, dosent en voormalige dekaan aan die Universiteit van Pretoria, asook voormalige moderator van die NHKA. Vir meer as veertig jaar dink en skryf hy oor geloof, wetenskap en ons verhouding met die aarde. Hierdie boek is deel van ’n lewenslange soeke: van heerskap na gemeenskap.  
Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Van heerskap na gemeenskap
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476610
As omgewingsjoernalis lees ek hierdie boek as ’n dringende bydrae tot ons tyd se ekologiese krisis. Die mens het hierdie krisis meegebring en leef nou met die gevolge: smeltende gletsers, uiterste weer, uitsterwende spesies en toenemende menselyding. Wat staan ons te doen? Van heerskap na gemeenskap is nie ’n akademiese handboek nie, maar ’n toeganklike boek vir gewone lesers wat nie langer bloot toeskouers wil wees nie. Dit help ons om die krisis beter te verstaan en verantwoordelik te reageer. In helder Afrikaans bied Johan Buitendag ’n oortuigende visie: die aarde behoort nie aan ons nie; ons behoort aan die aarde – en aan God in wie ons leef, beweeg en bestaan. Die krag van die boek lê in sy oproep tot ’n nuwe paradigma: nie heerskap nie, maar gemeenskap – ’n lewe van verbondenheid binne ’n brose wêreld. – Elise Tempelhoff Van heerskap na gemeenskap is ’n deurleefde teologiese rekenskap van dekades se nadenke oor God, mens en aarde in ’n wêreld onder druk. Dit verbind persoonlike ervaring en refleksie tot ’n samehangende geheel. In ’n eeu van klimaatskrisis vra die boek nie óf geloof nog relevant is nie, maar watter soort geloof geloofwaardig is. Met ’n eerlike styl neem Johan Buitendag die leser op ’n reis van oorgelewerde geloof na ’n ryker verstaan van werklikheid. Die sentrale skuif is dié van heerskap na gemeenskap: ’n visie waarin die aarde as ’n netwerk van lewende verhoudings begryp word waarin God intiem teenwoordig is. Dit open ’n weg na anders dink en anders doen – met hoop te midde van krisis. – IW Ferreira

Stuur Boodskap

Kontak Johan Buitendag direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗