Terug na Lede
Carina van der Walt
Carina van der Walt
member

Carina van der Walt is ’n digter, kunskritikus en -redakteur en filmresensent, laasgenoemd in Nederland waar sy woon en vir Brabant Cultureel skryf. Haar eerste bundel is in 2015 in Nederland gepubliseer. Haar eerste digbundel in Suid-Afrika was Landluisteraar in 2021. Landluisteraar het as ’n literêre verlengstuk by haar monografie oor Strijdom van der Merwe se landkuns die lig gesien. Stilspraak, Strydom van der Merwe en Landkuns was in 2021 op die kortlys vir niefiksie van die kykNET-Rapport-Boekprys.  

Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
2
Frankofiel
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476511
Tussen verwondering en nuuskierigheid, tussen vreemd en bekend – in dié tussenruimte kan ’n vermoede ontstaan oor waar jyself vandaan kom. Dit is die genealogiese reis wat Carina van der Walt in haar gedigte maak. Via die vervolging van die Katare en die Franse Hugenote in Suid-Frankryk kom sy in Kaap de Goede Hoop aan. Frankofiel is ’n ryk digbundel wat familiegeskiedenis oopskryf en leemtes met mites aanvul. Frankofiel bestaan uit twee dagboeke: Oksitaanse dagboek en Paryse dagboek – soms in verhalende poësie geskryf. Die bundel begin met ’n Europese reis van Carcassonne na Parys en eindig aan die suidpunt van Afrika by Franschhoek. Frankofiel is ook ’n tydsreis vanuit die Middeleeue wat veral fokus op die Katolieke se kruisridderaanval op Carcassonne in 1209, die toenemende bedreiging van die Franse Hugenote se godsdiensvryheid en hulle aankoms in die Kaap. Daaronder tel beide Van der Walt se stamvaders Pierre Jaubert en Jacques Pinard in 1688. Joubert, Pienaar en andere het met hul wynplase die Suid-Afikaanse wynbou gevestig. Goeie wyn vloei deur baie gedigte. Is Parys romanties? Ja en nee. As kulturele hoofstad van die ou wêreld bied Parys ikoniese argitektuur, moderne kunsgeskiedenis, haute couture en verfynde cuisine. Min daarvan ontsnap aan Van der Walt se digterlike aandag in die voetspore van haar Joubertpa. Ook hý het ’n glimps gekry van hoe belangrik die vroue van Parys vir die Franse kultuur is. Parys is ’n vrou – kwesbaar en sterk. Binne ’n dekade beland sy op haar knieë na terroristiese aanslae en staan sy op om die Olimpiese Spele aan te bied. Vryheid om jou eie lewenspad te loop én verwondering oor waarheen jou nuuskierigheid jou lei, is vir Van der Walt om sinvol te leef. Die skering en inslag van ’n selfgeweefde lewe – hoe nederig van aard ook al – geld waarskynlik vir elke Franse Hugenootafstammelinge.
Landluisteraar
Naledi
Naledi ISBN: 9781928530527
Landluisteraar is Carina van der Walt se debuutbundel in Suid-Afrika. Die bundel bevat toeganklike gedigte soos strome klank deur ’n dorre landskap   Carina van der Walt 100 bladsye 213mm x 137mm

Stuur Boodskap

Kontak Carina van der Walt direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗