Terug na Lede
Robert Schall
member
Robert Schall is in Duitsland gebore en het daar grootgeword. Hy studeer aan die Universiteite Karlsruhe (Duitsland) en Kaapstad en is Emeritus Professor in Wiskundige Statistiek aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy vertaal GR von Wielligh se Boesmanstories in Duits as Die Sterne sind glühende Kohlen und Asche (Kuiseb Publishers, 2005). Sy vertaling van ʼn bloemlesing uit die werk van die veelbekroonde Duitse digter Jan Wagner verskyn onder die titel Wat ek van klippe weet (Naledi, 2021); dit was op die kortlyste van die SA Akademieprys vir Vertaalde Werk en van die UJ Prize for Literary Translation. Sy versvertaling van Johann Wolfgang von Goethe se drama Faust (Naledi, 2023) was op die kortlys van die SA Akademieprys vir Vertaalde Werk. Daar word dikwels gesê dat Duitsers geen humorsin het nie. Of dié stelling nou juis is of nie, feit is dat daar ʼn groot aantal humoristiese ged…
Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
2
Faust
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-991256-52-2
Johann Wolfgang von Goethe (1749-1832) is stellig die grootste Duitse digter; Goethe se drama Faust is sy bekendste werk en een van die grootste literêre werke in die Westerse kanon. Die hoofkarakter, Faust, begeer onbeperkte kennis, mag en aardse genot, en in sy strewe daarna verkoop hy sy siel aan die duiwel. Die gevolge is ontstellend en bring groot ongeluk oor dié wat hom die naaste aan die hart lê. Faust is die beliggaming van elke individu wat morele waardes verruil vir eie gewin. Hierdie nuwe vertaling van Faust is getrou aan die groot verskeidenheid rym-, metrum- en versboupatrone van die oorspronklike teks. Sowel die “verhewe” taal van die aanvangstonele en van Faust se alleensprake, asook die “boerse”, soms vulgêre taal van ander tonele (“Voor die poort”, “Auerbach se kelder in Leipzig”, “Heksekombuis”, “Walpurgisnag”) vind ʼn tuiste in Afrikaans.
SONNETTE VIND EK ABSOLUUT PATETIES
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476375
Daar word dikwels gesê dat Duitsers geen humorsin het nie. Of dié stelling nou juis is of nie, feit is dat daar ʼn groot aantal humoristiese gedigte deur Duitstalige skrywers bestaan. Robert Gernhardt, Christian Morgenstern en Joachim Ringelnatz is seker die drie gewildste 20ste-eeuse Duitse digters van speelse verse. In hierdie vermaaklike bloemlesing is hulle gedigte in Afrikaans vertaal, met behoud van die rym, ritme, taalspel en humor van die oorspronklike.

Stuur Boodskap

Kontak Robert Schall direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗