Cas Vos is ’n bekende digter, vertaler, teoloog en akademikus. Sy eerste digbundel het in 1999 verskyn. Sedertdien het hy talle digbundels die lig laat sien. As vertaler munt hy uit met die vertaling van Fragmente uit Die Ilias en Fragmente uit Die Odusseia uit Grieks. Verder vertaal hy onlangs Dante se Il Paradiso en die Inferno uit Italiaans en dele van Hooglied in Onder die vlerke van jou liefde uit Hebreeus. Cas Vos het op versoek van RSG Die Stabat Mater uit Latyn vertaal wat toe deur wyle Paul Lückhoff voorgelees is. Hy ontvang verskeie toekennings vir sy literêre werk, o.a. die Pieter van Drimmelen-medalje en Die Orde van die Goue Pen van Cordis Trust. In Maart 2024 is sy digbundel, Wisselende Stemminge, deur Naledi uitgegee en in Augustus 2024 word Geloofsgedigte ook deur Naledi uitgegee waarvoor hy in 2025 die Andrew Murrayprys ontvang.
Kontak Cas Vos direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.