Dr. Pieter Mulder was 30 jaar lank ’n parlementslid waartydens hy talle parlemente regoor die wêreld besoek het. Voordat hy die politiek betree het, was hy ’n dosent, medeprofessor en hoof van die Departement Kommunikasiekunde aan die Noordwes-Universiteit (Potcefstroom kampus) waar hy ook sy doktorsgraad verwerf het. Hy het later postdoktorale studies aan die Universiteit van Wisconsin-Madison in die Verenigde State voltooi. Deur te steun op hierdie rykdom van kennis en ervaring, is hy besonder goed gekwalifiseerd om hierdie unieke boek oor die parlement saam te stel. Sy sin vir humor skyn deur terwyl hy ware verhale en amusante voorvalle uit die parlementêre lewe vertel. Dit is ook ’n kenmerk van sy vorige boek waarin hy ’n kykie agter die skerms bied op gebeure in die parlement na 1994, Kan Afrikaners toyi-toyi?
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Die parlement het eienaardige tradisies asook unieke name vir ampsdraers – woorde soos speaker, swepe, ampstaf, ampswag, lesings, afpaar en verdelings.
Dit kan verwarrend wees.
Die parlement het’n voorsitter wat min praat. Hoekom noem hulle die persoon steeds ’n “speaker”?
Waarom stribbel ’n nuutverkose speaker teë en moet hy letterlik deur die swepe na die voorsitterstoel gesleep word?
Parlementslede kan sekerlik lees. So hoekom word ’n wetsontwerp ’n eerste en tweede keer aan hulle voorgelees?
Ons hoor in die nuus van ’n hoofsweep. Kom die begrip “sweep” werklik van die Britse parlement soos kenners beweer? Dit klink meer soos iets uit die dae van die Groot Trek en ossewaens.
Waarom het die parlement twee kamers nodig om ’n besluit te neem, terwyl die meeste organisasies net een nodig het?
Hierdie boek beantwoord al hierdie vrae en nog meer op ’n boeiende – en dikwels vermaaklike – manier. Die hoofstukke is doelbewus lig en humoristies, gevul met ware staaltjies oor amusante situasies en unieke parlementêre persoonlikhede.
Die boek is gebaseer op ’n reeks praatjies wat die skrywer op RSG gelewer het.