Annemarie le Roux is in Pretoria gebore en getoë. Sy verwerf haar MA-graad aan UP cum laude.
Haar man, Johan, is ʼn siviele ingenieur en as gevolg van sy beroep is die gesin genoodsaak om vir sewe jaar by verskeie konstruksieterreine te woon. Gedurende hierdie jare word vier kinders gebore.
Later verwerf sy HOD-, BEd- en MEd-grade met lof aan die UOVS en word as topstudent aangewys. Tydens haar studiejare doseer sy filosofie en registreer ʼn doktorale proefskrif. Smiddae vervoer sy vier besige kinders van bakboord na stuurboord.
Haar lewe word tot stilstand geruk toe sy haar eerste major depressie-episode ervaar. Sy beleef die hel waardeur depressielyers gaan en dit stel haar in staat om Jy is goed genoeg te skryf, en so ander by te staan.
Ander boeke, uitgegee deur CUM en Lux Verbi, sien ook die lig.
Toe tree demensie in en sluit aan by haar stryd teen depressie.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Annemarie lê Roux skryf met insig oor die twee d’s – depressie en demensie. Sy deel haar ervaring van hierdie siektes openlik met haar lesers. Sy gee agtergrond, waardevolle wenke vir lyers en versorgers, maar bowenal gee sy hoop. Die gevallestudies wat sy aanhaal, getuig van die grondige kennis van ’n vrou wat baie moes opoffer a.g.v. haar siekte, maar steeds die pad daarmee saam dapper aandurf.
Alhoewel die 2 d’s dikwels dansmaats is, hoef dit nie die einde van lig en vreugde te wees nie. Wanneer die siektes betyds en met die regte sorg behandel word, kan lyers steeds vol en betekenisvolle lewens leef. Selfs in die uitdagendste tye is liefde, ondersteuning en sorg waardevolle ankers aan HOOP wat nooit oorweldig kan word nie.