Adri Scholtz is ’n kreatiewe mamma met verf op haar vingers, stories in haar kop en ’n hart propvol liefde vir haar dogtertjie — die vonkie wat haar verbeelding laat dans! Sy is getroud met haar superheldman, wat haar kreatiewe drome aanmoedig. Adri het ’n passie vir kuns, kultuur en alles wat mooi is in Afrikaans.
Haar stories is kleurvol, snaaks en vol hart, want in haar wêreld is enigiets moontlik … solank daar gelag en gelees word.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ontmoet vir Vetvlooi en Vabond, ‘n vlooi en sy hond … of is dit ‘n hond en sy vlooi? Vetvlooi is die vetste, jeukerigste, stoutste en grootste vlooi in die Wilde Weste. Vabond is ‘n slobberige, morsige en altyd honger straathond. Die twee maats is mal oor rondloop, leeglê en slaap. In Vetvlooi en Vabond, Adri Scholtz se debuutkinderboek, kry Vabond lus vir slaghuiswors en dit lei tot ‘n groot avontuur.