Hercules Boshoff is Navorsingsgenoot by die Independent Institute of Education se Varsity College kampus in Kaapstad. Hy dien voorheen as vakhoof by filosofie en besigheidsetiek by Akademia, en as post-doktorale navorser by Noordwes-Universiteit. Hy studeer aan die UP en voltooi daaropvolgens ‘n doktorale studie aan die Universiteit van die Vrystaat getiteld Ekonomie en subjektiwiteit in 2019. Hy skryf ook gereeld rubrieke.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Verantwoording handel oor die mens as antwoordende wese in ‘n tyd van kitsantwoorde. Juis in so ‘n tyd is dit nodig om die idee van die mens as talige wese, en as politieke dier– twee van Aristoteles se insigte, te heroorweeg. Tesame met hierdie twee dimensies word die natuur en die geestelike dimensie betrek om sodoende ‘n geheelbeeld te vorm waarin die mens bestaan. In ‘n tyd waarin inligting in klein stukkies opgekap word is dit juis nodig om weer ‘n begrip van die geheel te vorm, ‘n geheel wat egter nie meer staties en in streng kompartemente bedink kan word nie. Om ‘n dinamiese en interafhanklike geheel te bedink vereis voegsaamheid, die ingesteldheid om die geheel soos dit uitdrukking vind in ‘n bepaalde tyd, in gesprek met ander tydsgewrigte te plaas. Verantwoording bied dan so ‘n geheelbeeld sonder om dit as die finale begrip van die geheel daar te stel. Dit is ‘n dialogiese, tydsgewrigtelike poging om die geheel te bedink deur die deel en die deel deur die geheel.