Gerrit Pool is al meer as 60 jaar by rugby betrokke.
Hy het as student op Stellenbosch onder Danie Craven rugby studeer en later vir vier jaar provinsiale rugby gespeel.
As afrigter het hy onder meer Suidwes-Afrika, die Universiteit van Pretoria, die Stellenbosch Universiteit, die Westelike Provinsie en ook Griekwas afgerig.
Hy was ook tegniese adviseur vir die WP, die Cats en die Springbokke, en het jare lank in die tegniese komitee van SA Rugby gedien.
Internasionaal het hy Duitsland afgerig, en in Italië, en studiebesoeke gebring aan Brittanje, Ierland en Frankryk.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Tromp-op is vir ALLE rugbyliefhebbers en spelers.
Dok Pool gebruik sy 60 jaar ervaring om geskiedenis, spelers en hedendaagse gesprekke te verweef – met die flair van ’n storieverteller.
Dit het as tweeweeklikse rugbyrubriek in Rapport begin en is op versoek van lesers en oudspelers in boekvorm saamgevat.
Die boek fokus hoofsaaklik op hoe rugby ’n spel vir alle liggaamstipes kan bly, én vir toeskouers aantreklik kan wees.
Reëlveranderings wat die spel se wese ondermyn en kortsigtige reëls wat skeidsregters se rol vergroot, word bespreek.
Die boek bied konstruktiewe voorstelle oor hoe om rugby se identiteit te bewaar.
Interessante toeligting handel oor die wesenlike verskil en wanbalans tussen die afrigting van verdediging en aanval.