Terug na Lede
Frik de Jager
Frik de Jager
member

Frik de Jager is reeds sedert 2018 ‘n gereelde gas op die gewilde RSG se Klets en Kook-program. Hy neem ook gereeld deel aan boekbesprekings oor sy boek StorieKos by Kunstefeeste en radioprogramme en was onlangs die sjef vir die bekende Sjefstafel op die gewilde kykNET-program Met ‘n huppel in die stap. Verder tree hy ook gereeld op as gasspreker, sjef en storieverteller by funksies. As eienaar en bestuurder van ‘n paar restaurante vanaf die vroeë 2000’s het hy veral daarop gefokus om sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos vanoor die hele wêreld uit te leef. By sy laaste restaurant in Rosendal en ook nou by sy huis in Pretoria, paar hy “peasant” disse met reisverhale en avonture wat hy oor die afgelope vier dekades ervaar het.

Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
2
KOESTERKOS
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234911
Na die sukses van Frik se eerste kookboek: StorieKos – op reis na resepte, waarin hy stories en resepte van regoor die wêreld met ons deel, volg hy dit op met sy tweede boek: Koesterkos – resepte uit ons ma’s se kombuise. Met Koesterkos nooi Frik jou uit om saam met hom te blaai deur onder andere sy ouma Lenie en moeder Hermana se handgeskrewe resepteboeke. Weereens neem hy die leser op ‘n kulinêre reis met ‘n skatkis van resepte wat dateer vanaf 1914 tot ongeveer 1989, geregte wat 75 jaar se Suid-Afrikaanse kostradisies en kookprosesse reflekteer. Hy onthou en koester van sy gunstelingdisse uit sy grootwordjare as kind en kyk ook na nuttige wenke vir die huisvrou van daardie era. In die laaste hoofstuk het hy ‘n groep vriende genooi om hul kosherinneringe en gunstelingresepte uit hul moeders se kombuise met ons te deel. Daar is bydraes deur o.a. Antoinette Pienaar, Amore Bekker, Amanda Strydom, Eldaleen Hugo, Elzabè Zietsman, Gielie Hoffmann, Jannie du Toit, Kobus Burger, Lizz Meiring, Michèle Meyer, Neels van Jaarsveld, Pieter van Zyl en Veronique van Heyningen Pieterse. Verlang jy ook na die kuiers om die kombuistafel in jou ma se kombuis … en koester jy steeds daardie koservarings wat jy saam met haar en jou familie en vriende gedeel het? Dan sal Koesterkos jou hart weer laat huppel en sing en dans!
StorieKos
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-0672341-9-5
StorieKos is veel meer as net nog ‘n kookboek. In StorieKos nooi Frik jou uit om saam met hom op reis te gaan vanaf die Karoo tot in Kaïro en van Rusland tot in Rome. Dit is ‘n kos-reisverhaal waarin hy sy passie vir “peasant food” of plattelandse kos deel – resepte en stories van mense en ervarings versamel oor ‘n tydperk van bykans vier dekades. Hy deel die eenvoud en opregtheid van hierdie geregte wat die toets van tyd weerstaan het en deur die jare aangepas is in die kombuise van generasies van huiskokke. Op sy reise dwarsoor die wêreld het mense hom ingenooi in hul huise en harte, die geheime van ou familieresepte met hom gedeel en het hy saam met hulle baie van hierdie disse leer kook in plattelandse kombuise en klein restaurante. As jy dus hou van reis, mense en hul stories en boonop ook lief is vir kook, is hierdie ‘n boek vir jou.

Stuur Boodskap

Kontak Frik de Jager direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗