Stefanus S. Vivier word groot op ’n plaas in die Potchefstroom-distrik. Hy studeer aan die Universiteit van Pretoria en Unisa, en behaal nagraadse kwalifikasies in Teologie en Sielkunde.
Na ’n aantal jare as predikant in die NG Kerk, verlaat hy die bediening en raak betrokke by die ontwikkeling en aanbieding van programme vir volwasse leierskap in die Afrika-konteks.
Hy is die outeur van ’n aantal interne publikasies vir verskeie organisasies oor hierdie onderwerp.
Opleidingskolleges in Afrika en ander ontwikkelende lande maak daarvan gebruik.
Van sy werk is in verskeie inheemse Afrika-tale vertaal. Hy het dikwels na lande in Afrika gereis om seminare aan te bied.
Hy en sy vrou verhuis na die Verenigde Koninkryk en woon ’n aantal jare in Skotland waar hulle burgerskap verkry. In 2017 keer hulle permanent terug na Suid-Afrika.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
HULLE SÊ DAT DIÉ WAT SONDER SONDE IS, DIE EERSTE KLIP MOET GOOI.
Jy sal moet luister. Hy praat net een keer.
Die Spoegvanger is die ontstellende, maar roerende vertelling van ‘n jong, wit seun wat grootword op ’n plaas aan die Vaalrivier. Hy is ’n kind met ‘n fyn waarnemingsvermoë, vasgevang in ‘n wêreld van stilte, geheime en harde waarhede. Sy pa is ‘n onderwyser, ‘n politikus-in-wording, en die draer van ‘n ideologie wat sy wêreld inkleur. Dis egter in die vriendskap met ‘n Xhosa-seun dat die kind iets van ‘n ander waarheid begin raaksien waarvoor daar in sy huis, en sy land, min plek is.
Teen die agtergrond van apartheid se hoogbloei en godsdiens as geregverdigde wapen, probeer hy verstaan, verwerk, vergewe – en praat. Met iemand wat deurentyd stilbly … Totdat die stilte aan die einde self begin praat.
Die Spoegvanger is ‘n diep menslike verhaal van groei, verlies en ontwaking, ‘n stem uit die verlede wat lank ná die laaste bladsy bly nadreun.