Skrywer Suné Steenberg woon in Centurion saam met haar man, Jaco, en dogtertjie, Adené.
Haar oupa het haar as kind tydens vakansies op die plaas geïnspireer om haar liefde vir lees en skryf uit te leef. Sy hoop om hierdie passie aan haar dogtertjie oor te dra. Suné is ook lief vir musiek en speel kitaar. Sy en haar gesin geniet die buitelewe en reis gereeld. Thysie kan nie slaap nie is haar debuutboek.
Erna van der Merwe, ’n talentvolle kunstenaar wat al verskeie kinderboeke geïllustreer het, is verantwoordelik vir die pragtige waterverftekeninge.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Thysie die vlermuis het ‘n groot probleem. Hy het sowaar vergeet hoe om te slaap. Nou vlieg hy rond om by ander te leer hoe om te slaap.
Maar diere slaap op allerhande vreemde maniere. Sommige slaap met oop oë. Ander slaap onderwater. Thysie gaap so moeg is hy, maar die slaap bly weg. Sal hy ooit weer weet hoe ‘n vlermuis slaap?