Dr. Pierre Visser is gebore en getoë in Namibië, maar matrikuleer aan die Hoërskool Jan van Riebeeck in Kaapstad.
Hy verwerf die grade DScAgric (UP) en ook _ MBL (Unisa).
In 1966 tree hy toe tot die rekenaarbedryf waar hy tot 1994 werksaam is – aanvanklik by Sanlam, maar ook later by verskeie ander maatskappye.
Hy spits hom toe op die ontwikkeling van programmatuur en sakeanalise. Hy was die stigter en uitvoerende hoof van die rekenaar_rma Grinaker Informatics wat in die tagtigerjare Inligtingstelsels ontwikkel het.
Tydens die aanvangsjare van Rekenaarwetenskap as vakgebied, bied hy nagraadse kursus in sagteware-ingenieurswese by UP aan.
In 1984-1985 dien hy in die advieskomitee vir wiskundige wetenskappe van die WNNR en bied in medewerking met hulle, _ seminaar, “Development of Software Technology”, aan.
In 2004 publiseer hy Die Ekonomie van Rooivleisproduksie wat as leesstof vir…
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Die inhoud van die boek is nie filosofies van aard nie, maar feitelik. Daar word uitwysings van Bybelteks gemaak wat met relevante geskiedenis en wetenskaplike kennis aangevul word.
Die belangrikste deurlopende tema van die boek is die Goddelikheid van die Here Jesus wat aantoon dat die Profetiese rede die koms van God se koninkryk is. Dit word voorspel met ‘n anomalie van datums, wat ‘n onbetwisbare bewys van Sy beheer oor alles is. Dit bevestig die teken van die Seun van die Mens as die vulkaniese winter van 536 nC. Daarmee is die era van Sy heerskappy deur aktiewe teenwoordigheid (“parousia”) ingelei.
Die tweede deurlopende tema is die Wet van Moses wat die sleutel tot die Ou Testament is. Die Egiptiese monoteïsme is ‘n aanduiding van die oorspronklike Wet. Die derde deurlopende tema, God is Gees, is die Here se uitklaring aan die vrou by die put in Samaria. Hy is op ‘n onsigbare wyse betrokke, soos die herstel van Judea vir Christus se koms volgens Daniël se profesieë, asook die Profetiese rede se vervulling. Sy onsigbare invloed geld ook vir die evolusie van die heelal, aarde, biologiese lewe, samelewing en ontwikkeling van godsdiens. God is Gees en skep alles deur natuurlike ontwikkeling.
God kan nie wetenskaplik bewys word nie, maar Christus het vir moderne gelowiges tekens gegee wat aan Sy geboorte en opstanding gekoppel is. Uit ‘n wetenskaplike oogpunt is dit net so onmoontlik soos vir ‘n afgestorwe mens om weer lewendig te word. Anders as die opstanding egter, is dit herkenbaar vir almal, onbetwisbaar en onveranderbaar.
Die derde deurlopende tema, God is Gees, is die Here se uitklaring aan die vrou by die put in Samaria. Hy is op ‘n onsigbare wyse betrokke, soos die herstel van Judea vir Christus se koms volgens Daniël se profesieë, asook die Profetiese rede se vervulling. Sy onsigbare invloed geld ook vir die evolusie van die heelal, aarde, biologiese lewe, samelewing en ontwikkeling van godsdiens. God is Gees en skep alles deur natuurlike ontwikkeling.
God kan nie wetenskaplik bewys word nie, maar Christus het vir moderne gelowiges tekens gegee wat aan Sy geboorte en opstanding gekoppel is. Uit ‘n wetenskaplike oogpunt is dit net so onmoontlik soos vir ‘n afgestorwe mens om weer lewendig te word. Anders as die opstanding egter, is dit herkenbaar vir almal, onbetwisbaar en onveranderbaar