Terug na Lede
Thérèse Bartman
member
Thérèse Bartman debuteer as digter in Nuwe Stemme 3 (2005). Van haar gedigte is in versamelbundels opgeneem, insluitend Groot Verseboek. Onder haar ander naam, Thérèse Hulme, skryf sy verskeie kinderboeke, asook Praat jy! Idees vir die skep van ‘n skryfkultuur in die klas (2022) en My Word, Ideas for creating a writing culture in the classroom (2022). Hierdie publikasies is gebaseer op haar werk oor agttien jaar om jong mense in gemarginaliseerde gemeenskappe aan die skryf te kry. Sy self-publiseer jong skrywers van Scottsville se werk in piemp (2009).Thérèse is ook ‘n Narratiewe terapeut in privaatpraktyk, en ‘n mentor vir onderwysers en mense wat met kinders werk. Oor dekades verwerf sy die grade BA Drama, BA Honneurs Afrikaans/Nederlands, MA en DTh in Praktiese Teologie met Spesialisasie in Pastorale terapie. Sy woon in Houtbaai.  
Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Die helfte is jou nie vertel nie
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234669
In die helfte is jou nie vertel nie verken Thérèse beide die noodsaaklikheid én beperkings van die geskrewe woord. Sy keer terug na die orale, klankryke tradisie van poësie – veral as dit gaan oor die ervarings van mense wat nie kon lees of skryf nie, of wat deur die gemeenskap stemloos gelaat is. Daarom het Thérèse met Jitsvinger saamgewerk om ‘klankbane’ te skep vir elf van haar gedigte. Elkeen van dié gedigte het hul eie QR kode in die bundel. In die helfte is jou nie vertel nie gaan Thérèse die onvertelde Suid-Afrikaanse geskiedenis in. Sy besin oor die ervarings van vroue en kinders in die Suid-Afrikaanse oorlog, asook die van haar eie voorouers. “Hoekom?” word die eerste kletsrym in Afrikaans oor wit en swart kindersterftes tydens die Suid-Afrikaanse oorlog. Sy wil deur haar poësie ook die huidige traumas wat jong mense raak, sigbaar maak, en van haar persoonlike verliese merk.

Stuur Boodskap

Kontak Thérèse Bartman direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗