Terug na Lede
Pieter de Villiers
member
Pieter de Villiers het al baie skryfwerk agter die rug. Die meeste van die inhoud wat hy publiseer, is akademies en navorsingsgebaseer. Maar as ’n gewese predikant het hy met kinders, tieners en ouers gewerk. Hier het hy die krag van stories ontdek. Hy het gesien hoe stories een van die sterkste instrumente is in die hande van ouers en opvoeders om kinders te help om duidelikheid te kry oor komplekse lewensvrae. Hy het ook navorsing gedoen wat bevestig hoe stories wat herhaaldelik vertel word, ’n kind se besluite beïnvloed. Indien hierdie gedrag volgehou word, vorm dit ’n lewenspatroon wat uiteindelik die kind se karakter bepaal. Pieter spesialiseer in die gewoontes wat mense se lewens rig en vorm. Stories wat kinders verstaan, vorm die beginpunt van gewoontes wat voortleef in hul volwasse lewe as die raamwerk van hulle denke, verhoudings en identiteit. Hierdie versameling sprokies h…
Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
SPROKIES WAT LEEF
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234799
Is mense nie maar soos waterdruppels wat maats maak, saamleef en dan weer deur die lewe van mekaar verwyder word nie? Die sprokies in hierdie boek bied vir ouers en hulle kinders die geleentheid om oor lewensvrae te gesels en saam in hulle gedagtes te speel. In Kabouterland is Dokter Wallie die slim kabouter wat die hele dorp leer hoe om met mense wat moedswillig is, te werk. Elkeen van ons moet dit leer, en hierdie sprokie skep die geleentheid om te gesels en te kuier oor die belangrike beginsel van moedswillige mense. Dit leer die kind om te luister en sy verbeelding in te span om die wêreld van die sprokie in ‘n gedagtevlug te sien. Dit is wat die kind se brein moet oefen om fiks te word vir die lewe wat voorlê. ’n Tweeling wat na hulle pa gaan soek, wat in ’n oorlog veg, help ouers om kinders te leer hoe ons dapper moet wees en altyd moet vashou aan wat reg is – al het ons die mag om te doen wat verkeerd is. Sprokies wat Leef is presies dit waarna ouers soek om hulle kinders in sprokiesland te ontmoet en toe te rus vir die werklike lewe. Dis die soort sprokies wat die kind sal vra om weer te hoor – dalk weer en weer. Die sprokies is uiters geskik vir kinders in die ouderdomsgroep tussen vier en twaalf jaar.

Stuur Boodskap

Kontak Pieter de Villiers direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗