Naòmi Morgan is ’n bekroonde vertaler van veral Franse dramas. In 2025 word die Kyknet-Fiësta vir die Beste Vertaling van ’n Teks aan haar toegeken vir Samuel Beckett se Ons wag vir Godot. Sy het reeds drie novelles van Eric-Emmanuel Schmitt vertaal wat ook vir die verhoog verwerk is: Oskar en die Pienk Tannie, Monsieur Ibrahim en die Blomme van die Koran en Madame Pylinska en die Geheim van Chopin. Vir eersgenoemde twee titels het sy in 2015 die Suid-Afrikaanse Vertalersvereniging se prys vir Uitnemende Vertaling van Kinderliteratuur ontvang. Die Ander Dogter deur Annie Ernaux (Nobelprys 2022) is die tweede Nobelprywenner wat sy in Afrikaans vertaal. In 2010 verskyn Die Afrikaan deur Jean-Marie Le Clézio (Nobelprys 2008). Sy is ’n Chevalier de l’ordre des Arts et des Lettres van die Franse Republiek en ’n navorsingsgenoot van die Universiteit van die Vrystaat.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Op tienjarige ouderdom hoor Annie Ernaux ’n gesprek wat nie vir haar ore bedoel is nie. Sy was onder die indruk dat sy haar ouers se enigste kind is, maar daar was ’n ander dogter, wat op sesjarige leeftyd aan witseerkeel oorlede is, en wie se bestaan, naam en foto’s weggesteek is sodat Annie nie aan die hartseer van ’n kindersterfte blootgestel moes word nie. Hierdie roman is ’n brief aan die suster wat sy nooit geken het nie.
Die Nobelprys vir Letterkunde is in 2022 aan die Franse skrywer Annie Ernaux toegeken.
Madame Pylinska en die Geheim van Chopin
Eric-Emmanuel Schmitt is die geliefde skrywer van Oskar en die Pienk Tannie en Monsieur Ibrahim en die Blomme van die Koran. In Madame Pylinska en
die Geheim van Chopin vertel Schmitt die vermaaklike en dikwels roerende verhaal van sy lesse by ‘n Poolse klavieronderwyseres, Madame Pylinska. Sy
‘Saterdae saam met Madame Pylinska’ sluit ook lesse in oor die geskiedenis van Pole en komponiste wat vir die klavier geskryf het, veral Chopin en Liszt.
Onder die talle boeke met ‘n donkie as hoofkarakter, is Paul Gallico se A Small Miracle een van die mees bekoorlike. Dit is die roerende verhaal van ‘n Italiaanse oorlogswesie, Pepino, wie
se liefde vir sy donkie, Violetta, en sy geloof in Sint Franciskus hom van Assisi na die Vatikaan in Rome neem. Gallico is veral bekend vir sy Dunkirk-verhaal, The Snow Goose.
-Naledi Boeke
Ons wag vir Godot is die eerste Afrikaanse vertaling wat uit die oorspronklike Franse teks vertaal is; die première sal plaasvind by
die Vrystaat Kunstefees in Julie 2024.
Soos alle goeie dramas, is hierdie speelteks ook ‘n leesteks:
Almal wat belangstel in drama en in dramavertaling behoort ‘n kopie daarvan te hê.
Die oorspronklike Franse uitgewer, Les Editions de Minuit, het toestemming gegee dat slegs 300 eksemplare daar-van deur Naledi
gedruk mag word. Om een só ‘n eksemplaar te besit, is om reeds die vreugdevure aan te steek vir Afrikaans se honderdste verjaardag in 2025. Dit sal definitief ‘n versamelaarsitem word.
Die toneelstuk waar niks gebeur nie.
In Ons wag vir Godot word elke oomblik ’n openbaring en elke reël ’n poëtiese besinning oor die raaisels van die lewe. Twee mans wag langs ‘n verlate pad vir iemand genaamd Godot. Hulle verwyl die tyd met igsinnige speletjies, mymerende redenasies, en deur hul hoede uit te ruil. Dit word aand, en dit word môre. Hulle wag verder. Wat volg, is uiters vermaaklike tragikomedie wat jou tot in jou kern sal roer.
Ontdek opnuut Samuel Beckett se tydlose meesterstuk, en herontdek die intrige wat oor die laaste 70 jaar wêreldwyd miljoene se lewensuitkyk verryk het. Al “gebeur daar niks nie, al kom niemand nie, en al gaan niemand ooit weg nie,” is daar altyd hoop.
Een van die belangrikste dramas van die afgelope eeu kry unieke Suid-Afrikaanse baadjie in hierdie opwindende Afrikaanse vertaling deur die bekroonde vertaler, Naòmi Morgan.
Soos alle vertalings, is ook hierdie een ’n respekvolle eerbetoon aan die outeur van die brontekste, maar ook aan die teikentaal, wat in 2025 eenhonderd jaar oud sal wees.
Almal wat betrokke is by hierdie projek (die vertaler, die uitgewer, die produksiespan) is trots om Afrikaans op hierdie wyse te vier: Vladimir sou ook gedink het dat honderd jaar ’n goeie getal is om ’n taal te slyp vir die vertaling van een van die bekendste dramas in die wêreldrepertoire.