Pieter Haasbroek het aan die Universiteit van Pretoria, die Universiteit van KwaZulu-Natal, en Universiteit van die Witwatersrand se sakeskool politieke ekonomie doseer. Van 1988 tot 2004 was hy die groepsekonoom van Barloworld, en het die maatskappy in die
Afrikaanse Handelsinstituut, die SA Chamber of Commerce en NEDLAC verteenwoordig. Tans woon Pieter en Estelle in Greyton.
Gedurende die sewentigerjare het PJ Haasbroek kortverhale begin skryf. Ses bundels: Heupvuur, Roofvis, Skrikbewind, Verby die vlakte, Voornagvlug, en Kruispunt. Hierna publiseer Human en Rousseau sy roman, Lem en daarna, Die ander vennoot. De Jager
Haum publiseer sy novelle, Die jaar nul, en Protea, Oemkontoe van die nasie. Vir Heupvuur ontvang hy van die Akademie die Eugene Marais-prys. Vir Die ander vennoot ontvang hy die Afrikanerbond se 300 Jaar Afrikanerprys.
Hierbenewens skryf PJ Haasbroek ook twee jeugv…
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Hoe vergoed ‘n seun uit ‘n arm gemeenskap vir ‘n ongeluk waaraan hy aandadig is? Sy skuldgevoel vir die dood van ‘n vriend dryf hom deur sy skool- en universiteitsjare. Hy word betrek by ‘n student-opstand, beleef selfs die geweld van die Mosambiekse bevryding. Nooit kry hy ‘n kans om te help nie. Dan word hy gewerf om mediese opleiding in Kuba te ondergaan.
In Havana bots die opvattings van die seun Shando uit die klein Dunn-gemeenskap met die van sy dosente en die veiligheidspolisie. Hulle verban hom en lanseer hom suid in ‘n lugballon. Sy vaart voer hom weg na ‘n nuwe wêreld, oorkant die bladbeen van Suid Amerika, tot in ‘n ander tyd.
Shando se nuwe lewe begin hy onder die Selk’nam Indiane van“Tierra del Fuego;” ‘n primitiewe gemeenskap van jagters, vissers en versamelaars van veldkos. Watter rol is daar vir hom in die afloop van hul geskiedenis?
Kan hy hulle help oorleef?