Lanie van Reenen is die skrywer van C’est la Vie (2013), Net mooi fine (2019) en nou ook Vandagsedag (2025)
Deesdae woon sy rustig op ’n plattelandse dorpie in die Overberg, verlustig haar in die eenvoud en ongerepte
skoonheid van die omgewing, gooi haar gewig in by die doen en late van ’n klein gemeenskap en skryf steeds haar los en vas gedagtes neer in die notaboek in haar handsak.
Sy werk reeds die afgelope veertig of wat jaar as ’n binnehuise ontwerper en is ma en ouma van ’n hele krosie.
Om haar kop skoon te hou en haar lyf gesond, swem sy so dikwels as moontlik in yskoue water of spring op haar e-fiets.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Hierdie is ’n storie met ’n begin en ’n einde wat weer begin. Blou Feetjie is, nes alles en almal om haar, deel van die siklus van die
lewe. Sy huppel en lag en wens almal geluk toe. Soms speel sy naby tien Baie Spesiale Stene wat hul oeroue wysheid met haar
deel. Sy moet doodstil sit en baie, baie mooi luister om te hoor hoe sy die lewe vir ander makliker en beter en mooier en gelukkiger en
ligter en liewer kan maak.
BLUE FAIRY –
This is a story with a beginning and an end that begins again. Like
everything and everyone around her, Blou Feetjie is part of the cycle
of life. She wishes everyone happiness as she laughs and frolics
gaily. Sometimes she plays near ten Very Special Stones that share
their ancient wisdom with her. She has to sit very quietly and listen
very carefully to how she can make life easier, and better, and more
beautiful, and happier, and lighter, and dearer, for others.
***
Lizette Rabe, a journalist and media academic, has approximately twenty years of experience
in the media industry. Previously the editor of Sarie, she became head of the postgraduate
Department of Journalism at Stellenbosch University in 2001. She is the author of several
academic and non-academic publications. She came up with the story of the blue fairy a
long, long time ago, but never wrote it – until the fairy forced her to finally tell her story
***
Illustrator:
Mandi Fuchs, a talented graphic designer and jewellery designer, lives in Struisbaai. She enjoys
creating jewellery, art and ceramics in her studio.
***
CHILDREN 5 jr +
SOFT COVER
260 mm x 210 mm
44 Pages
ISBN: 9781776172306
C’est la Vie (2013) is die inspirerende memoires van ’n vrou wat, ten spyte van terugslae en teleurstellings, haar eie pad met energie en passie baan. Deernisvol, by tye roerend en soms skreeusnaaks – altyd vol lewensvreugde.
Wanneer Lanie van Reenen haar suksesvolle gastehuis in Kaapstad verkoop, gaan sy met vakansie na Frankryk en koop ʼn Chateau in Aubusson op die Franse platteland wat sy en ʼn paar vennote omskep in die vierster hotel, Chateau Sallandrouze en waar sy vir drie jaar die bouery oorsien en uiteindelik die hotel bestuur.
Niks kon haar egter voorberei op hoe uitmergelend anders dit is om in ʼn land waar jy die taal nie praat nie,
nóg die tradisies verstaan, ʼn sukses te probeer maak van ʼn hotelletjie in die Franse platteland nie. Die projek is ontnugterend moeilik en uiteindelik onmoontlik.
Om aan haarself te verduidelik hoe dinge so kon skeefloop, begin sy skryf en met dié gaan haar onthou ver terug in haar verlede.
Net mooi fine (2019) is die opvolg van Lanie van Reenen se suksesvolle boek C’est la Vie. Hierin beskryf sy
die gebeure sedert die hotel-projek in Frankryk gefaal het; hoe sy die nuwe realiteite van haar eie gestroopte lewe te bowe moet kom terwyl sy ook die verwerende chateau moet probeer red of verkoop.
In die proses om vrede te maak met alles wat gebeur het, spandeer Lanie eindelose ure op die blou bank
van haar sielkundige.
Op haar pad na heling onderneem Lanie vele avonture. In hierdie ontroerende omstandighede ontstaan
die vraag: Wat is die somtotaal van verlies? En hoe groot is die wins wat verlies tot gevolg kan hê as jy bewustelik daarmee omgaan, sodat ʼn mens ten slotte kan sê: “Eintlik is alles Net mooi fine”?
Sedert haar boeke C’est la Vie (2013) en Net mooi fine (2019), word Lanie van Reenen dikwels gevra wat sy
deesdae skryf. Sy systap die vraag deur te antwoord: Ek lewe gelukkig en klein en onder die radar, dankie.
Daar is niks om oor te skryf nie. Tog skryf sy steeds haar beste gedagtes in haar notaboek neer en wanneer dié verlore raak, voel dit soos ’n klein persoonlike ramp. Dit is soos om ’n hand vol pêrels te verloor, en is om te skryf al wat sy wil doen; al met die tydlyn van die afgelope vyf jaar langs, te probeer onthou, die juwele weer bymekaar te hark.
In Vandagsedag deel Lanie van Reenen die juwele van hierdie kleiner, onder-die-radar-lewe; die huis wat
sy liefderik restoureer in die plattelandse dorpie waar sy land, hoe sy, ten spyte van die beperkinge wat met die ouderdom saamkom, steeds ja sê vir avonture. Sy beleef die laaste jare van haar ma se lewe intens en bring haar eie gedagtes oor oudword in perspektief. Sy verlustig haar in die klein detail van ’n vervullende alleenlewe, besef dat sy dit tot ’n kunsvorm kan verhef in die wete dat al wat sy – ons almal – het, is inderdaad vandag se dag.
Die herdruk van Lanie van Reenen se boeke C’est la Vie en Net mooi fine val saam met die publikasie van haar nuwe boek, Vandagsedag, wat haar memoires-trilogie voltooi.