Terug na Lede
Carla van der Spuy
Carla van der Spuy
member
Carla van der Spuy is ‘n bekroonde vryskutjoernalis en skrywer van agt boeke waar onder ‘n aantal topverkopers. Sy is ook ‘n boekresensent, beoordelaar en bied slypskole vir skrywers aan. Sy woon in Hartbeespoort.  
Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
WAAR OOS & WES ONTMOET
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234409
Waar oos & wes ontmoet vertel die storie van Dina Tseng. Sy treur 14 jaar lank oor haar verlore kollegeliefde en ondergaan skrikwekkende skokterapie. Later ontmoet sy vir Tommy, ‘n Taiwannees, wat gedurende die Apartheidsjare met bykans niks Suid-Afrika toe kom nie. Hul verhouding is aan die ontvangkant van rassehaat en vooroordeel. Sy maak Tommy se drie Taiwannese seuns groot en saam bou hulle ‘n imposante sakeryk op. Die NG Kerk weier om hulle te trou omdat hy ‘n Boeddhistiese agtergrond het, maar doop tog hulle twee kinders, Iewan en Iemei, as Tommy belowe om die kinders as Christene groot te maak. Die gesin voer ‘n sprokiesbestaan en reis gereeld oorsee, maar ook húlle word nie teenspoed gespaar nie. Hul ondernemings word deur vloede, ‘n brand en ‘n tsoenami verwoes, maar telkens verrys hulle weer uit die stof en 33 jaar later is Tommy en Dina se huwelik sterker as ooit. Intussen stry Dina ‘n moedige stryd teen melanoom-, bors- en ongeneeslike rugmurgkanker. Sy bly egter positief, geniet die lewe voluit en vier elke kosbare oomblik. Dis ‘n verhaal van geloof, hoop en onsterflike liefde.

Stuur Boodskap

Kontak Carla van der Spuy direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗