Terug na Lede
Dirk van Zyl Smit
Dirk van Zyl Smit
member
Dirk van Zyl Smit is in 1946 in Krugersdorp gebore en matrikuleer aan die Hoër Landbouskool Bekker. Hy verwerf ’n paar kwalifikasies aan die UP. Vandag is hy baie aktief in ’n paar besighede wat hy bedryf waarvan eiendomsontwikkeling die belangrikste is.  
Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
1
Opgeklim en weer gery
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234485
Dirk van Zyl Smit bied vir die leser motivering en praktiese wenke oor die omkeer van ʼn negatiewe situasie in ʼn suksesverhaal. Deur positiewe denke, geloof en harde werk het hy dit reggekry om een keer meer op te staan as wat hy geval het. Sy lewe was een van afval en seerkry, maar opklim en weer ry. “Vir die konsert van die lewe, kry niemand ʼn program nie.” Dirk Smit is ’n vermoënde sakeman wat al deur die meul van die lewe gegaan het. In dié boek vertel hy sy verhaal kru-eerlik. Dis ’n verhaal van val en opstaan; van seerkry en heelword. Dis egter baie meer as ’n outobiografie. Dis ’n gids vir elke sakeman met uiters praktiese wenke om sy persoonlike en ook sy besigheid se finansies te laat floreer. Dis ook ʼn moet-lees boek vir elke jongmens wat ’n sukses van sy/haar lewe wil maak. – Dr. Roelf Opperman Hy beklemtoon die belangrikheid van denke en eienskappe soos selfdissipline, deursettingsvermoë, vasberadenheid, motivering en entoesiasme vir die lewe. Hy help jou glo dat daar weer lewe, ’n toekoms, vooruitgang en geluk na enige trauma of ramp kan wees. – Liesel Krause-Wiid

Stuur Boodskap

Kontak Dirk van Zyl Smit direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗