Margaret Gardiner het op 16 ‘n internasionale voorbladmeisie geword, Mej. Heelal op 18 en uiteindelik die moderedakteur by GoldenGlobes.com. Sy het saam met gesogte sterre, van Angelina Jolie tot Zendaya, gewerk. Sy weet hoe dit voel om op die rooi tapyt te wees, in die kollig – en wat agter die skerms aangaan. Met ‘n graad in sielkunde en ‘n fokus op diversiteit, gelykheid en insluiting, is haar debuutroman vir elke vrou wat al ooit minderwaardig gevoel het.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
MARGARET GARDINER BESOEK SUID-AFRIKA IN MAART 2025
‘n STYLVOLLE SEXY LOKETTREFFER
Welkom in die wêreld van die model Joey Superster – ‘n warrelwind van kokaïen, seks en geld.
Dit lyk asof Josephine Brinkley alles het: Sy is ‘n superstermodel in Amerika tydens die 1980’s, ‘n voorbladmeisie wat kaal op mode-advertensieborde bo Sunset Boulevard pryk.
Vroue wil soos sy wees. Mans wil haar eenvoudig net hê.
Maar onder die blink lagie fineer skuil ‘n traumatiese verlede. Die einde van haar huwelik met die Italiaanse aristokrasie het gelei tot ‘n tydperk in rehabilitasie. Met haar terugkeer na partytjies, premières en modelwerk, hoop sy dat ‘n lewe van ontwerpersklere en glansmense haar nie weer op haar ou weë sal terugneem nie. As sy maar net werklik gesien, gehoor en verstaan kon word, sou sy dalk nie weer op ‘n pad van selfvernietiging gaan nie.
Joey wil die oorsaak van haar wilde, ongetemde gedrag konfronteer – maar moet toegee dat ‘n daad uit haar jeug by haar spook. Terwyl Joey veg van verslawing tot verlossing, kan sy die rigting van haar lewe verander, haar donker verlede hanteer en die superster word wat sy altyd bestem was om te wees?
Die voormalige Mej. Heelal, Margaret Gardiner, gee lesers die sleutel tot geheime wêreld van supermodelle, seks, styl en skandaal in haar heerlik meesleurende debuut, Joey Superster, die eerste in ‘n opwindende Bedorwe Skoonheid-reeks.
MARGARET GARDINER TO VISIT SOUTH AFRICA DURING MARCH 2025 TO LAUNCH HER BOOK
A STYLISH SEXY BLOCKBUSTER
Welcome to the world of model Joey Superstar—a whirlwind of cocaine, sex, and money.
Josephine Brinkley seems to have it all: she’s a superstar model in 1980’s America, a cover girl plastered naked on fashion billboards above Sunset Boulevard. Women want to be her. Men simply want her.
But underneath the glossy veneer, she hides a traumatic past. The end of her marriage to Italian aristocracy led to a stint in rehab. As she returns to parties, premieres, and modelling, she’s hoping a life of designer clothes and beautiful people won’t take her back to blow. If only she could be truly seen, heard, and understood, perhaps she wouldn’t self-destruct again?
Joey sets out to confront the roots of her wildness—but must admit to a youthful act that haunts her.
As Joey fights from addiction to redemption, can she change the course of her life, deal with her dark past, and become the superstar she was always destined to be?
Former Miss Universe, Margaret Gardiner, gives readers the key to a secret world of supermodels, sex, style and scandal in her deliciously intoxicating debut, Joey Superstar, the first in an exciting Damaged Beauty series.