Terug na Lede
Dietloff van der Berg
Dietloff van der Berg
member
Dietloff van der Berg is op 30 Maart 1950 in Germiston gebore waar hy grootgeword en gematrikuleer het. Na 'n jaar in die Valskermbataljon het hy sy BAHons aan die Universiteit Stellenbosch voltooi en daarna as onderwyser by St. Andrews Kollege in Grahamstad begin werk. Hy het sy MA oor die digter Hans Lodeizen aan Rhodes Universiteit verwerf en in 1979 'n pos as lektor aan die Universiteit van Natal in Pietermaritzburg aanvaar, waar hy sy PhD voltooi en tot hoof van die Departement Afrikaans en Nederlands bevorder is. Van der Berg het as akademikus die kursus Skeppende Skryfwerk in Pietermaritzburg ingestel en 40 jaar lank Letterkunde en Vertaalkunde gedoseer. Sy boeke oor letter- en taalkunde is ook in skole gebruik en hy was Moderator van die Gemeenskaplike Matrikulasieraad vir Letterkunde. Vir meer as 20 jaar het hy Die Skrywerskring in Maritzburg gelei. Sedert sy uittrede as professor in 2010 kon hy hom op sy digkuns toespits. Alhoewel hy reeds meer as vyftig jaar gelede begin het om gedigte in tydskrifte soos Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde te publiseer, het sy debuutbundel Feesmaalgang eers in 2025 verskyn. Die bundel getuig van sy sensitiewe én geslypte woordvernuf en skeppingskrag. Hy bly aktief betrokke by die Afrikaanse digkuns deur gereeld gedigte en artikels op platforms soos Versindaba te publiseer.
Lid sedert 4 Sep 2026
1
Naledi
member 459 Lede
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
Ander Lede
3
Apofatiese Lens
Naledi
Naledi ISBN: 9781997476054
Na sy suksesvolle Rumi: Liefdesverse en aanhalings in 2024 en Feesmaalgang in 2025 gee Dietloff van der Berg vanjaar met Apofatiese lens ‘n beduidende stap vooruit. Dis ‘n ryk bundel met ‘n ruie intertekstuele en religieuse (en mistieke) lading. Die toonaard wissel tussen die majeur- en mineursleutels, maar heelwat verse is geestig, spottend, lig en ironies (of self-ironiserend). Die digter wys sy vakmanskap, ook met reekse kwatryne, wat eweneens prikkelend is. Sy kennis van mitologie, geskiedenis, die Afrikaanse taal en veertien onderwerpe waarvolgens die bundel gerubriseer is, is boeiend, maar nie swaarwigtig nie. Hy het al meer as vyftig jaar gelede begin gedigte publiseer in tydskrifte soos Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde, asook in versamelbundels soos flikker-gram en Merang tot vanjaar in Onthou is die dag wat breek. Sy heg gestruktureerde nuwe bundel getuig van sy sensitiewe én geslypte woordvernuf en skeppingskrag.
Feesmaalgang
Naledi
Naledi ISBN: 9781067234553
Feesmaalgang is die debuutbundel van Dietloff van der Berg. Hy het al meer as vyftig jaar gelede begin gedigte publiseer in tydskrifte soos Standpunte en Tydskrif vir Letterkunde, asook in versamelbundels tot vanjaar in flikker-gram. Sy heg-gestruktureerde bundel getuig van sy sensitiewe én geslypte woordvernuf en skeppingskrag.
Rumi
Naledi
Naledi ISBN: 978-1-991256-54-6
Rumi: Liefdesverse en aanhalings is ’n keur uit Jalāl al-Dīn Rūmī, die Midde-Oosterse Shakespeare, se omvangryke digkuns, uitgesoek en vertaal deur Dietloff van der Berg. Rumi se werk het sedert die 1960’s in Engelse vertalings ’n geweldige aanklank by lesers gevind en is steeds die topverkoper van alle digkuns in Amerika. Sy wêreldwye invloed is so groot dat UNESCO 2007 as die Rumi-jaar verklaar het ter herdenking van die 800ste jaar van sy geboorte. Rumi: Liefdesverse en aanhalings (Love Poems and Quotes) is a selection of poems by Jalāl al-Dīn Rūmī, the Middle-Eastern Shakespeare’s extensive volume of poetry chosen and translated by Dietloff van der Berg. Rumi’s works in English translation have resonated so strongly with readers since the 1960s that it is still the bestselling poetry in America. His worldwide influence is such that UNESCO declared 2007 as the year of Rumi, in commemoration of the 800th anniversary of the birth of the poet.

Stuur Boodskap

Kontak Dietloff van der Berg direk. Jou boodskap sal per e-pos gestuur word.

Deel van die Taalhuis Netwerk
Die Netwerk
Taalhuis
Die tuiste van Afrikaans aanlyn
↗
Onderhou deur
Die Gewete
Diepte-analise & onafhanklike kommentaar
↗
Geborg deur
Die Koerant
Gestig 2026 · Afhanklike Joernalistiek
↗
'n Bymekaarkompunt
Die Punt
Afrikaanse Gemeenskap Aanlyn
↗
Gebou deur
DieMens
Digitale oplossings vir die Afrikaner
↗
Vir die kreatiewe
Die Kunstenaar
Kuns, kultuur & skepping
↗
Vir die skrywende
Die Skrywer
Afrikaanse letterkunde & skryfkuns
↗
Vir die spreker
Die Stem
Afrikaanse stem & podiumkultuur
↗