Dr. Piet Müller is soveel meer as net ’n baanbreker van nuwe, ontdekkende en skeppende spirituele denke in Afrikaans. Hy is ook ’n brugbouer en rigtingwyser vir baie as dit kom by die verstaan en ontsluiting van ou wysheidstekste vir nuwe generasies. Hierdie nuwe boek van hom is ’n juweel en ’n onmisbare reisgenoot!
– Dr Abel Pienaar (Filosoof, skrywer en digter) Boeke: “God sê oë is Blou” en Afrikaanse vertaling van “Tao Te Ching”
Piet Muller myn die antieke en mistieke wortels van godsdiens, asook die moderne sielkunde, om ’n aangrypende prent te skets van hoe ’n spiritualiteit vir die 21ste eeu kan lyk. Enigeen wat ’n spiritualiteit met sowel diepte as relevansie nastreef, behoort van hierdie boek kennis te neem.
– Johannes de Villiers, skrywer van “Kalmte in die Malle Gejaag” en “Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe”.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...