ST Potgieter is ’n sielkundige wat in Bellville, Kaapstad, in praktyk staan. Hy is goed gekwalifiseerd en verwerf sy doktorsgraad by Unisa. Hy het verskeie boeke geskryf oor aspekte van inspirasie, wysheid, selfhelp en hoe om moeilike tye te hanteer. In sy vrye tyd hou hy van lees, fliek, teater en die buitelewe. Die liefde en trots in sy lewe, is sy twee kinders, ST en Tania.
<p>Naledi, as ’n onafhanklike Suid-Afrikaanse boekuitgewer wat met sorg, moed en visie stories die lig laat sien wat andersins dalk stil sou bly. Die naam “Naledi” – wat in verskeie Suid-Afrikaanse tale “ster” beteken – is gepas: dié uitgewer is daarop gerig om nuwe stemme te laat skitter en geve...
In die gewilde radioprogram Pitkos op RSG gesels Dr ST Potgieter oor interessante en lewensverrykende aspekte vir enige mens. Hier saamgevat is die keur van sy gesprekke. Hierdie boek bring aan jou wysheid en antwoorde op jou pad. Bowenal sal dit jou inspireer, vreugde en perspektief vir jou lewe gee. Pitkos is reguit en lees maklik en is ’n boek om geniet te word.
Die Sirkel van Noodlot speel af teen die agtergrond van internasionele misdaadsindikate wat fokus op mensehandel. Tamara Brink is ’n joernalis wat veral sekskartels ondersoek. Oorspronklik van Suid-Afrika, werk sy nou vir ’n onafhanklike Britse tydskrif. Haar ondersoek lei haar na Thailand. In ’n Bangkok-bordeel ontmoet sy ’n meisie van Suid-Afrika wat as ’n seksslaaf werk. Dit bring ’n kettingreaksie mee met verreikende gevolge vir almal. Tamara keer terug na haar geboorteland om haar ondersoek voort te sit. Nie net is sy steeds in die visier van gewetenlose internasionele skurke nie, maar ’n senutergende liefdesdriehoek ontwikkel, en sy is vasgevang in die middel daarvan.
Die Sirkel van Wraak se premis is: Wat het van Tamara geword? Dis twintig jaar later en haar groot liefde, die psigiater Theo Rudman, word met ’n moordenaar se anonieme oproepe gekonfronteer. Die maniak dreig om ’n jong vrou in ’n hospitaal vir geestesversteurdes te vermoor, en Rudman kom voor een van die moeilikste besluite van sy loopbaan te staan. Intussen is Liu Xióng, internasionale skrywer van verskeie toptreffers, besig om op ’n onbekende plek haar nuutste manuskrip af te rond. Rudman beskik oor die volledige Xióng-versameling by sy Scarborough strandhuis. Wanneer hy met die pasiënt na hierdie stil, mistige kusdorp vlug, verdiep die misterie en intrige.
Vandat jy gebore is, het elke asemteug, elke besluit en elke aksie jou gelei na hierdie tyd van moeilike omstandighede en swaarkry. Rampe en krisisse tap die energie en lewenslus uit jou hele wese. Dit laat jou moeg en moedeloos; sonder rigting en sonder hoop. Jy veg teen magte wat jou verswelg tot jy uiteindelik alle hoop verloor.
Mense het jou seergemaak. Onreg het jou verniel. Omstandighede het teen jou gedraai. Ernstige probleme staar jou in die gesig. Selfverwyt oor verkeerde keuses druk swaar op jou gemoed.
In Staan op in Moeilike Tye vind jy antwoorde en oplossings vir daardie donker dae in jou lewe. Hierdie is ’n praktiese gids met toepaslike riglyne om op te staan en te seëvier wanneer storms om jou slaan.
Platgeslaan, vertrap? Jy kán opstaan, oorwin en nuut begin.
Die boodskap is duidelik: daar ís hoop en daar ís rigting.